Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "vir ma" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
"vir ma" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #39072] Sa, 10 Februarie 2001 00:23 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

vir ma
met altzheimers - oktober 1999
Christine Barkhuizen le Roux

vlug naaldekokervingers vlug
nou hier
vervaard
dan weg
verbouereerd verward
vat-vat die blokkiesraaisel
bybel geel borsspeld
wit vingers teen die hart
fladder
tussen sekondes werklikheid
en waas

jou oë is trekswaels
wat somerloos
tussen die winters flits
Re: "vir ma" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #39074 is 'n antwoord op boodskap #39072] Sa, 10 Februarie 2001 05:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
EK dink die siekte is baie erger vir die naasbestaandes as vir die persoon
self. Ek (verskoon ek) het mense hoor die verskil tussen Parkinsons en
Altzheimers hoor debateer - en almal is dit eens dat laasgenoemde die ergste
is.

"Danielle" skryf in boodskap news:8t698tsdrv17934ed72vckk5hh8k55mq1a@4ax.com...
> On Sat, 10 Feb 2001 00:23:11 GMT, @home.com wrote:
>
>> vir ma
>> met altzheimers - oktober 1999
>> Christine Barkhuizen le Roux
>
> Ai siestog - dit is darem 'n vreeslike nare siekte hierdie. Dit was
> mos Reagan se 90ste verjaarsdag die 6e. Ek het na Larry King se
> interview met Nancy Reagan op CNN gekyk. Dit is darem so hartseer om
> na haar te luister as sy oor "Ronnie" praat....
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
Re: "vir ma" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #39081 is 'n antwoord op boodskap #39072] Sa, 10 Februarie 2001 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
please_ask  is tans af-lyn  please_ask
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
vir ma[/color]
> met altzheimers - oktober 1999
> Christine Barkhuizen le Roux
>
> vlug naaldekokervingers vlug
> nou hier
> vervaard
> dan weg
> verbouereerd verward
> vat-vat die blokkiesraaisel
> bybel geel borsspeld
> wit vingers teen die hart
> fladder
> tussen sekondes werklikheid
> en waas
>
> jou oë is trekswaels
> wat somerloos
> tussen die winters flits>>

---------------

ENTROPIE

Dae spoel oor in mekaar.
Horlosies word ornamente in jou huis.
Tyd wen af
en word ten beste gepunktueer
met sneeu op die berge
en swaeltjies wat elke somer terugkeer.
Af in die straat
is die gebreekte ou man
elke dag stukkender in sy tuin.

Die verlede
beinvloed vir jou nie meer die hede nie
en die hede word n stoep vol vergeetagtigheid.

Is dit eensaamheid
wat skemeraand so sag om jou gaan lê
waar jy op die stoep sit
met n skinkbord, teepot en koppie?

En buite die berge ver na links
en voëls in die boom op regs.

Agter die huis
het die son al ondergegaan.
Re: "vir ma" [boodskap #39091 is 'n antwoord op boodskap #39072] Sa, 10 Februarie 2001 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi wrote:

> ENTROPIE
>
> Dae spoel oor in mekaar.
> Horlosies word ornamente in jou huis.
> Tyd wen af
> en word ten beste gepunktueer
> met sneeu op die berge
> en swaeltjies wat elke somer terugkeer.
> Af in die straat
> is die gebreekte ou man
> elke dag stukkender in sy tuin.
>
> Die verlede
> beinvloed vir jou nie meer die hede nie
> en die hede word n stoep vol vergeetagtigheid.
>
> Is dit eensaamheid
> wat skemeraand so sag om jou gaan lê
> waar jy op die stoep sit
> met n skinkbord, teepot en koppie?
>
> En buite die berge ver na links
> en voëls in die boom op regs.
>
> Agter die huis
> het die son al ondergegaan.
Re: "vir ma" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #39113 is 'n antwoord op boodskap #39074] So, 11 Februarie 2001 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Daar is nie 'n beter of minder erg degeneratiewe neurologiese siekte nie.
Die gevolg is dieselfde, die pad om daarby uit te kom verskillend. Almal
gaan gepaard met 'n verlies aan menswaardigheid en die liggaam word 'n
kerker sonder enige ontsnaproetes. Traumaties en verwoestend vir die persoon
wat dit kry sowel as sy/haar geliefdes.

Die prag van die gedig is in sy eenvoud en getuig nie net van absolute
deernis met die tragiese lot van 'n geliefde nie, maar ook van berusting wat
moeilik deur enige buitestaander verstaan kan word. Ten spyte van nie 'n
enkele verwysing na haar eie gevoelens nie weet mens dat die gedig nie met
ink nie, maar met trane geskryf is...

Natuurlike seleksie werk slegs tot puberteit. Dus is daar nooit natuurlik
teen siektes wat eers na puberteit tot uiting kom geselekteer nie. Ons dra
die gene vir hierdie, kanker en menige ander geriatriese toestande elke dag
in ons rond en ons gee dit gulhartig aan ons kinders. Tydbomme wat net wag
op 'n onbekende snellermeganisme.

Die feit dat bekendes hierdie siektes kry, gee nuwe dryfkrag aan en help met
befondsing van navorsing. So dra die Reeves-stigting geweldig by tot
navorsing oor werwelkolombeserings terwyl die sluitingsdatum vir die eerste
aansoeke vir befondsing aan die Michael J Fox Parkinsonisme
navorsings-stigting pas verstryk het.

Die Europese TSE-ellendes (malkoeisiekte) en pogings om dit te verstaan en
te bekamp dra ook baie by om aspekte van degeneratiewe breinsiektes in mense
te verstaan. Daar is hoop dat hierdie toestande in die toekoms in mense
voorkom of selfs genees sal kan word. Geenterapie is miskien die belowendste
in hierdie verband.
Hans

Jonas skryf in boodskap news:3a84d156$0$234@hades.is.co.za...
> EK dink die siekte is baie erger vir die naasbestaandes as vir die persoon
> self. Ek (verskoon ek) het mense hoor die verskil tussen Parkinsons en
> Altzheimers hoor debateer - en almal is dit eens dat laasgenoemde die ergste
> is.
> "Danielle" wrote in message
> news:8t698tsdrv17934ed72vckk5hh8k55mq1a@4ax.com...
>> On Sat, 10 Feb 2001 00:23:11 GMT, @home.com wrote:
>>
>>> vir ma
>>> met altzheimers - oktober 1999
>>> Christine Barkhuizen le Roux
>>
>> Ai siestog - dit is darem 'n vreeslike nare siekte hierdie. Dit was
>> mos Reagan se 90ste verjaarsdag die 6e. Ek het na Larry King se
>> interview met Nancy Reagan op CNN gekyk. Dit is darem so hartseer om
>> na haar te luister as sy oor "Ronnie" praat....
>>
>>
>>
>> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
>> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
>> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
>
Re: "vir ma" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #39119 is 'n antwoord op boodskap #39072] So, 11 Februarie 2001 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Natuurlike seleksie werk slegs tot puberteit. Dus is daar nooit natuurlik
> teen siektes wat eers na puberteit tot uiting kom geselekteer nie. Ons dra
> die gene vir hierdie, kanker en menige ander geriatriese toestande elke dag
> in ons rond en ons gee dit gulhartig aan ons kinders.

Ek het nog nooit so daaraan gedink nie -- dat natuurlike seleksie sorg
datsiektes wat voor puberteit hulle kop uitsteek, bekamp word deur die feit
dat hulle so vroeg tevoorskyn kom. Maar nou wonder mens. Met deesdae
se vooruitgang in mediese navorsing, sal hierdie veiligheidsklep vir die
natuur verdwyn? Ons ken mense wat 'n kind met cystic fibrosis het. In
die ou dae sou so 'n kind dit nie gemaak het tot sy twintigerjare nie. Nou
is die seun al in sy twintigerjare, en sal tog seker een van die dae wil
trou.

Gloudina
Re: "vir ma" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #39120 is 'n antwoord op boodskap #39072] So, 11 Februarie 2001 13:47 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hans wrote:

> Die feit dat bekendes hierdie siektes kry, gee nuwe dryfkrag aan en help met
> befondsing van navorsing. So dra die Reeves-stigting geweldig by tot
> navorsing oor werwelkolombeserings terwyl die sluitingsdatum vir die eerste
> aansoeke vir befondsing aan die Michael J Fox Parkinsonisme
> navorsings-stigting pas verstryk het.
>

Ja, Michael J. Fox kan bewonder word vir sy besluit om al sy
energie te gee aan die insameling van fondse vir Parkinsonisme,
liewers as om met sy loopbaan voort te gaan. Omdat hy 'n
Kanadees is, is ons spesiaal trots op hom.

Gloudina
Vorige onderwerp: [soos flentertjies papier]
Volgende onderwerp: Ek soek...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 21:15:45 MGT 2024