Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ek is lief vir Gloudina !
ek is lief vir Gloudina ! [boodskap #38867] Sa, 03 Februarie 2001 10:29 na volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sy bring verskeidenheid, amusement, verskil van mening,

kontoverse. Kortom sy is 'n baie standvastige mens,

ek is lief vir haar insendinge en standpunte.

Gloudina, moenie ophou nie !

Patrick,

(van die Wes Europese ondersteuningsgroep "Gloudina moet bly")
Re: ek is lief vir Gloudina ! [boodskap #38871 is 'n antwoord op boodskap #38867] Sa, 03 Februarie 2001 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sy is 'n vrou en nie 'n man nie...

"l&p" skryf in boodskap news:ant031044868M3Mb@camerama.demon.nl...
>
>
> Sy bring verskeidenheid, amusement, verskil van mening,
>
> kontoverse. Kortom sy is 'n baie standvastige mens,
>
> ek is lief vir haar insendinge en standpunte.
>
> Gloudina, moenie ophou nie !
>
> Patrick,
>
> (van die Wes Europese ondersteuningsgroep "Gloudina moet bly")
>
Koekkoeknes [boodskap #38878 is 'n antwoord op boodskap #38867] Sa, 03 Februarie 2001 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

l&p wrote:

> ek is lief vir haar insendinge en standpunte.
>
> Gloudina, moenie ophou nie !
>
> Patrick,
>
> (van die Wes Europese ondersteuningsgroep "Gloudina moet bly")

Dankie, Patrick. I aim to please.Ek lê elke dag, soos die koekkoek,
eiers in hierdie nuusgroep
en sien dan wat uitbroei. Somtyds kry ons 'n derde Boere-oorlog,
somtyds ontbloot iemand ( soos Danielle) die leegheid onder die
oppervlakte, somtyds (soos met Davie Davis) die leegheid onder
die leegheid.

Gloudina
Re: Koekkoeknes [boodskap #38880 is 'n antwoord op boodskap #38878] Sa, 03 Februarie 2001 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 Feb 2001 19:23:05 GMT, @home.com wrote:

> Dankie, Patrick. I aim to please.Ek lê elke dag, soos die koekkoek,
> eiers in hierdie nuusgroep
> en sien dan wat uitbroei. Somtyds kry ons 'n derde Boere-oorlog,
> somtyds ontbloot iemand ( soos Danielle) die leegheid onder die
> oppervlakte, somtyds (soos met Davie Davis) die leegheid onder
> die leegheid.
>
> Gloudina
>

Wanneer my glas leeg is, berus ek my in sy leegheid; maar wanneer dit
halfvol is, verwyt ek hom sy halfvolheid.

DD
Re: Koekkoeknes [boodskap #38887 is 'n antwoord op boodskap #38880] Sa, 03 Februarie 2001 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 Feb 2001 21:59:04 +0200, Davie Davis wrote:

> On Sat, 03 Feb 2001 19:23:05 GMT, @home.com wrote:
>
>
>> Dankie, Patrick. I aim to please.Ek lê elke dag, soos die koekkoek,
>> eiers in hierdie nuusgroep
>> en sien dan wat uitbroei. Somtyds kry ons 'n derde Boere-oorlog,
>> somtyds ontbloot iemand ( soos Danielle) die leegheid onder die
>> oppervlakte, somtyds (soos met Davie Davis) die leegheid onder
>> die leegheid.

>> Gloudina

>
> Wanneer my glas leeg is, berus ek my in sy leegheid; maar wanneer dit
> halfvol is, verwyt ek hom sy halfvolheid.
>
> DD

Dit is wys vir die kreupele om nie sy krukke oor die hoof van sy vyand
stukkend te slaan nie

DD
Re: Koekkoeknes [boodskap #38892 is 'n antwoord op boodskap #38878] Sa, 03 Februarie 2001 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Dit is wys vir die kreupele om nie sy krukke oor die hoof van sy vyand
> stukkend te slaan nie
>
>

Ja, Davie, as jy nou altyd sulke oulike dinge kwytraak, dansal mens
miskien vir jou daardie amper-pornografiese
stukke van maande gelede kan vergewe.Doe so voort.

Gloudina
Re: Koekkoeknes [boodskap #38897 is 'n antwoord op boodskap #38878] Sa, 03 Februarie 2001 23:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, jy noop mens om uit te wys dat die koekoe (cuckoo) nie
n nes het nie, hy steel ander se nesse - die fliek "One flew
over the cuckoo's nest" verwys daarna. Of is die koekoek en die cuckoo twee
voëls van ander vere :-)

pop

skryf in boodskap news:3A7C5B1C.DF1E7B39@home.com...
l&p wrote:

> ek is lief vir haar insendinge en standpunte.
>
> Gloudina, moenie ophou nie !
>
> Patrick,
>
> (van die Wes Europese ondersteuningsgroep "Gloudina moet bly")

Dankie, Patrick. I aim to please.Ek lê elke dag, soos die koekkoek,
eiers in hierdie nuusgroep
en sien dan wat uitbroei. Somtyds kry ons 'n derde Boere-oorlog,
somtyds ontbloot iemand ( soos Danielle) die leegheid onder die
oppervlakte, somtyds (soos met Davie Davis) die leegheid onder
die leegheid.

Gloudina
Re: Koekkoeknes [boodskap #38901 is 'n antwoord op boodskap #38878] Sa, 03 Februarie 2001 23:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

poppie wrote:

> Gloudina, jy noop mens om uit te wys dat die koekoe (cuckoo) nie
> n nes het nie, hy steel ander se nesse - die fliek "One flew
> over the cuckoo's nest" verwys daarna. Of is die koekoek en die cuckoo twee
> voëls van ander vere :-)
>

Nee, hulle is seker dieselfde. Volgens ons voëlboeke is daar
egter baie soorte.
Oor die spelling: ek het dit eers "koekoek" geskryf, toe lyk
dit vir my verkeerd, maar ek dink "koekoek" is die regte
spelling.
So hoekom verwys die titel van die fliek "one flew over the cuckoo's
nest" dan na 'n koekoek se nes?
En hoekom word mens "cuckoo" genoem as jy mallerig is?

Gloudina
Re: Koekkoeknes [boodskap #38902 is 'n antwoord op boodskap #38878] So, 04 Februarie 2001 00:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 03 Feb 2001 23:58:05 GMT, @home.com wrote:

> poppie wrote:
> wa wa wa....

> Gloudina sê toe ook:
> wa wa wa...

Davie Davis sê toe:
Nou waar kom dit wat ek as 'n Hoep Hoep (Hoop Hoop?) ken. klein en lyk
byna soos 'n houtkapper maar miskien meer kleurvol, in - en is dit nie
wat ek ken as 'n kakketoe, of een van die Kakketoe tipe (Golden
Crested bv.?) nie?

DD

>
Re: Koekkoeknes [boodskap #38903 is 'n antwoord op boodskap #38878] So, 04 Februarie 2001 01:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis wat ek op afgekom het Gloudina. Sover die movie aangaan, ek kon nooit
die
kloutjie by die oor bring oor die titel nie. Ek weet dit het Jack Nicholson
na vore
gebring as n groot akteur, en sy spel was meesterlik.

Oor die geveerde spesies die volgende:

Cuckoo
any of numerous birds of the family Cuculidae (order Cuculiformes). The name
usually designates some 60 arboreal members of the subfamilies Cuculinae and
Phaenicophaeinae. In western Europe "cuckoo," without modifiers, refers to
the most common local form, elsewhere called the common, or European, cuckoo
(Cuculus canorus). Many cuckoos have specialized names, such as ani, coua,
coucal, guira, and roadrunner. Members of the subfamily Neomorphinae are
called ground cuckoos (see ground cuckoo).

The attribute for which the cuckoos are best known is the habit of brood
parasitism, found in all of the Cuculinae and three species of
Phaenicophaeinae. It consists of laying the eggs singly in the nests of
certain other bird species to be incubated by the foster parents, who rear
the young cuckoo. Among the 47 species of cuculines, various adaptations
enhance the survival of the young cuckoo: egg mimicry, in which the cuckoo
egg resembles that of the host, thus minimizing rejection by the host;
removal of one or more host eggs by the adult cuckoo, reducing both the
competition from host nestlings and the danger of recognition by the host
that an egg has been added to the nest; and nest-mate ejection, in which the
young cuckoo heaves from the nest the host's eggs and nestlings. Some
species of Cuculus resemble certain bird-eating hawks (Accipiter) in
appearance and mannerisms, apparently frightening the potential host and
allowing the cuckoo to approach the nest unmolested.

skryf in boodskap news:3A7C9B90.5216CD10@home.com...
poppie wrote:

> Gloudina, jy noop mens om uit te wys dat die koekoe (cuckoo) nie
> n nes het nie, hy steel ander se nesse - die fliek "One flew
> over the cuckoo's nest" verwys daarna. Of is die koekoek en die cuckoo twee
> voëls van ander vere :-)
>

Nee, hulle is seker dieselfde. Volgens ons voëlboeke is daar
egter baie soorte.
Oor die spelling: ek het dit eers "koekoek" geskryf, toe lyk
dit vir my verkeerd, maar ek dink "koekoek" is die regte
spelling.
So hoekom verwys die titel van die fliek "one flew over the cuckoo's
nest" dan na 'n koekoek se nes?
En hoekom word mens "cuckoo" genoem as jy mallerig is?

Gloudina
Re: Koekkoeknes [boodskap #38918 is 'n antwoord op boodskap #38902] So, 04 Februarie 2001 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koekoeke, hoep-hoep (Hoopoe op Engels) en Kaketoes is van heeltemal
verskillende voëlfamilies.

Vlg Prozesky se boek is koekoeke die familie 'Cuculidae' en sluit bekende SA
voëls soos Piet-my-vrou (whippoorwill of so-iets op Eng), Diederike en
Vleiloeries in. Almal behalwe die lg se grootste kenmerk is dat hulle
parasities is en hulle eiers in ander voëls se neste lê vir dié om groot te
maak. Insekvretend.

Hoep-hoepe is van die familie 'Upupidae'. Bekendste is die een wat op die
grond sy kos soek - hy's die bruin wit en swart een met die mooi kuif.
Hulle word maklik 'mak' en sal somtyds sommer naby aan jou kom sit en wurms
en peste uit die gras opdiep met hulle lang snawels. Een geneuk is dat
hulle daarvan hou om neste onder die dakteëls te bou en daar is baie luise
en peste want hulle hou nie die nes skoon nie. Inselvretend.

Kaketoes is die groot wit (ek dink daar's 'n pienke ook) Australiese voëls
wat soos 'n papegaai met 'n kuif lyk. Eet neute en vrugte, en so nou en dan
'n onverskillige vinger.

Dries

"Davie Davis" skryf in boodskap news:5c7p7t4oihra9g8ecu55ul98ovdiluo5hg@4ax.com...

> Nou waar kom dit wat ek as 'n Hoep Hoep (Hoop Hoop?) ken. klein en lyk
> byna soos 'n houtkapper maar miskien meer kleurvol, in - en is dit nie
> wat ek ken as 'n kakketoe, of een van die Kakketoe tipe (Golden
> Crested bv.?) nie?
Re: Koekkoeknes [boodskap #38940 is 'n antwoord op boodskap #38918] Ma, 05 Februarie 2001 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dries Venter wrote:
>
> Hoep-hoepe is van die familie 'Upupidae'. Bekendste is die een wat op die
> grond sy kos soek - hy's die bruin wit en swart een met die mooi kuif.
> Hulle word maklik 'mak' en sal somtyds sommer naby aan jou kom sit en wurms
> en peste uit die gras opdiep met hulle lang snawels. Een geneuk is dat
> hulle daarvan hou om neste onder die dakteëls te bou en daar is baie luise
> en peste want hulle hou nie die nes skoon nie. Inselvretend.
>

ook is die Hoep Hoep bekend daarvoro dat sy nes 'n heel stink spul is -
heelmoontlik as verdediging. Nou dit laat jou wonder waarop ons dit
vantoepassing kan maak. :)
Re: Koekkoeknes [boodskap #38943 is 'n antwoord op boodskap #38897] Ma, 05 Februarie 2001 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
poppie wrote:
>
> Gloudina, jy noop mens om uit te wys dat die koekoe (cuckoo) nie
> n nes het nie, hy steel ander se nesse - die fliek "One flew
> over the cuckoo's nest" verwys daarna. Of is die koekoek en die cuckoo twee
> voëls van ander vere :-)

Die koekoek lê sy eiers in ander se nes en gee nie juis om wat die
effek dan op die se kuikens sal wees nie. Onlangs 'n vink dopgehou wat
'n koekoekie probeer versadig hou het - geen tyd vir die ander kuikens
gehad nie. Ook is die koekoeke meestal trek voels wat verhuis sodra
dinge bietjie te koud word na hulle sin. Hulle bou dan ook nie 'n nes
nie en is intestaat vir hulle hele lewens...

Klink vir my nogal na Gloudina :)
Re: Koekkoeknes [boodskap #38961 is 'n antwoord op boodskap #38918] Ma, 05 Februarie 2001 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dries - ek woon in die groter Pretoria vir geruime jare reeds. Ek merk 'n
geweldige toename in sekere voëls - soos die vieslike hadida (spelling?) -
waaraan word dit toegeskryf? Ek het op 'n tydstip gedink dis die droogtes
buite die stadgebied wat hulle indryf. Vertel my wat aangaan...

"Dries Venter" skryf in boodskap news:95kbn3$iq0$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Koekoeke, hoep-hoep (Hoopoe op Engels) en Kaketoes is van heeltemal
> verskillende voëlfamilies.
>
> Vlg Prozesky se boek is koekoeke die familie 'Cuculidae' en sluit bekende SA
> voëls soos Piet-my-vrou (whippoorwill of so-iets op Eng), Diederike en
> Vleiloeries in. Almal behalwe die lg se grootste kenmerk is dat hulle
> parasities is en hulle eiers in ander voëls se neste lê vir dié om groot te
> maak. Insekvretend.
>
> Hoep-hoepe is van die familie 'Upupidae'. Bekendste is die een wat op die
> grond sy kos soek - hy's die bruin wit en swart een met die mooi kuif.
> Hulle word maklik 'mak' en sal somtyds sommer naby aan jou kom sit en wurms
> en peste uit die gras opdiep met hulle lang snawels. Een geneuk is dat
> hulle daarvan hou om neste onder die dakteëls te bou en daar is baie luise
> en peste want hulle hou nie die nes skoon nie. Inselvretend.
>
> Kaketoes is die groot wit (ek dink daar's 'n pienke ook) Australiese voëls
> wat soos 'n papegaai met 'n kuif lyk. Eet neute en vrugte, en so nou en dan
> 'n onverskillige vinger.
>
> Dries
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:5c7p7t4oihra9g8ecu55ul98ovdiluo5hg@4ax.com...
>
>> Nou waar kom dit wat ek as 'n Hoep Hoep (Hoop Hoop?) ken. klein en lyk
>> byna soos 'n houtkapper maar miskien meer kleurvol, in - en is dit nie
>> wat ek ken as 'n kakketoe, of een van die Kakketoe tipe (Golden
>> Crested bv.?) nie?
>
>
Re: Koekkoeknes [boodskap #38971 is 'n antwoord op boodskap #38961] Di, 06 Februarie 2001 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, die Hadeda het heel 'verdorp'. Ek het op 'n beesplaas groot
geword en nie op die plaas gebly nie. Waarom moes die Hadeda daar bly?

Dit is alles in 'n heel ligsinnige bui geskryf. Maar... waarom noem jy
die Hadeda vieslik?
Ek word dikwels in die oggende wakker gemaak deur hul kenmerkende
geroep. Ook besit ek eiendom in Durban waar ek hulle gereeld sien en
hoor in die middestad.
Wat 'n lieflike voël ! Ook 'n voël wat baie mak is en naby mense wei.

DD

On Mon, 5 Feb 2001 20:37:16 +0200, "Jonas" wrote:

> Dries - ek woon in die groter Pretoria vir geruime jare reeds. Ek merk 'n
> geweldige toename in sekere voëls - soos die vieslike hadida (spelling?) -
> waaraan word dit toegeskryf? Ek het op 'n tydstip gedink dis die droogtes
> buite die stadgebied wat hulle indryf. Vertel my wat aangaan...
> "Dries Venter" wrote in message
Re: Koekkoeknes [boodskap #38991 is 'n antwoord op boodskap #38961] Wo, 07 Februarie 2001 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek's maar 'n amateur met dié dinge, maar wat ek wel weet is dat ons in die
dorp feitlik ideale toestande vir voëls soos hadedas, mossies, duiwe,
hoephoepe en spreeus skep:

1) Hulle is almal voëls wat nie regtig van van groot oop grasvelde hou nie,
so die baie bome wat ons aanplant en lekker kort grasperke is vir hulle
goeie 'weivelde'.
2) Vullishope voorsien voëls van 'n oneindige hoeveelheid kos. Nogal op 'n
manier waar goed soos katte hulle nie maklik kan bykom nie.
3) Kransduiwe vind die hoë geboue ideale nesplekke. Dink net hoeveel
kilometers kranse word nagemaak deur die geboue in die middestad.
4) Goed soos vrugtebome staan gewoonlik in boorde - dit verteenwoordig 'n
aardige klomp kos vir vrugtevreters, baie handig dat hy nie na enkelbome
(soos in die natuur) moet soek nie! Verder lok die bome en blomme baie
insekte, wat natuurlik weer vir die insekvreters 'n fees is.

Hoekom dink jy die hadeda is 'vieslik'? Het jy hom al ooit mooi van naderby
beskou? Dis 'n pragtige voël met sy metaalglans vere. En 'n paar hadedas
kan 'n groot hap in die slak en wurmbevolking op jou grasperk en in die
blombeddings maak. Hy los natuurlik een allemintige bol mis, so as dit jou
tref, gaan jy hom definitief swets! Terloops, weet jy waarom skree hulle
so? Hulle ly aan hoogtevrees...

Ons kan natuurlik baie doen om die voëllewe na ons tuine te lok, en om hulle
bevolkings mooi gesond te hou. Byv deur nie goed se krieke met gif te spuit
nie, maar eerder met 'n flou seepoplossing. Byv in hulle gatjies af. Die
krieke versmoor dan en kom sommer gou-gou uit hul gate, net reg vir mnr
hadeda of een van sy maats. Jy kan byv 'n klein daametjie (nie met regaf
kante nie) maak waarvan een deel half onder/naby bosse is, met 'n bietjie
biesies of langerige gras en 'n sandoewer en een deel lekker oop en sonnig.
Wat ook belangrik is, is om 'n strook bome deur die hele woonbuurt te laat
loop, om die 'skaam' voëls te lok en om 'n veilige hawe vir hulle te
verskaf. As die dammetjie hierbo met die strook bome 'verbind' is, gaan jy
sommer baie voëls lok, veral as jy 'n veilige voerder op 'n plek sit wat vir
die 'skaam' en 'oop' voëls toeganklik is, sal jy verbaas wees oor hoeveel
voëls jy aanlok. Om hulle dop te hou, is natuurlik 'n lekkerte van sy eie.

Dries

"Jonas" skryf in boodskap news:3a7ef31a$0$234@helios.is.co.za...
> Dries - ek woon in die groter Pretoria vir geruime jare reeds. Ek merk 'n
> geweldige toename in sekere voëls - soos die vieslike hadida (spelling?) -
> waaraan word dit toegeskryf? Ek het op 'n tydstip gedink dis die droogtes
> buite die stadgebied wat hulle indryf. Vertel my wat aangaan...
Re: Koekkoeknes [boodskap #39010 is 'n antwoord op boodskap #38991] Do, 08 Februarie 2001 04:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jammer Dries - hulle is die naaste wat ek nog aan dinosaurusse gesien het -
jy weet daai grotes wat ons op 'n tydstip sou opgevreet het. In my indeling
verskyn hulle saam met die "Indian Minor" - soveel van die dêm goed is daar
hier...

"Dries Venter" skryf in boodskap news:95seb3$i57$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's maar 'n amateur met dié dinge, maar wat ek wel weet is dat ons in die
> dorp feitlik ideale toestande vir voëls soos hadedas, mossies, duiwe,
> hoephoepe en spreeus skep:
>
> 1) Hulle is almal voëls wat nie regtig van van groot oop grasvelde hou nie,
> so die baie bome wat ons aanplant en lekker kort grasperke is vir hulle
> goeie 'weivelde'.
> 2) Vullishope voorsien voëls van 'n oneindige hoeveelheid kos. Nogal op 'n
> manier waar goed soos katte hulle nie maklik kan bykom nie.
> 3) Kransduiwe vind die hoë geboue ideale nesplekke. Dink net hoeveel
> kilometers kranse word nagemaak deur die geboue in die middestad.
> 4) Goed soos vrugtebome staan gewoonlik in boorde - dit verteenwoordig 'n
> aardige klomp kos vir vrugtevreters, baie handig dat hy nie na enkelbome
> (soos in die natuur) moet soek nie! Verder lok die bome en blomme baie
> insekte, wat natuurlik weer vir die insekvreters 'n fees is.
>
> Hoekom dink jy die hadeda is 'vieslik'? Het jy hom al ooit mooi van naderby
> beskou? Dis 'n pragtige voël met sy metaalglans vere. En 'n paar hadedas
> kan 'n groot hap in die slak en wurmbevolking op jou grasperk en in die
> blombeddings maak. Hy los natuurlik een allemintige bol mis, so as dit jou
> tref, gaan jy hom definitief swets! Terloops, weet jy waarom skree hulle
> so? Hulle ly aan hoogtevrees...
>
> Ons kan natuurlik baie doen om die voëllewe na ons tuine te lok, en om hulle
> bevolkings mooi gesond te hou. Byv deur nie goed se krieke met gif te spuit
> nie, maar eerder met 'n flou seepoplossing. Byv in hulle gatjies af. Die
> krieke versmoor dan en kom sommer gou-gou uit hul gate, net reg vir mnr
> hadeda of een van sy maats. Jy kan byv 'n klein daametjie (nie met regaf
> kante nie) maak waarvan een deel half onder/naby bosse is, met 'n bietjie
> biesies of langerige gras en 'n sandoewer en een deel lekker oop en sonnig.
> Wat ook belangrik is, is om 'n strook bome deur die hele woonbuurt te laat
> loop, om die 'skaam' voëls te lok en om 'n veilige hawe vir hulle te
> verskaf. As die dammetjie hierbo met die strook bome 'verbind' is, gaan jy
> sommer baie voëls lok, veral as jy 'n veilige voerder op 'n plek sit wat vir
> die 'skaam' en 'oop' voëls toeganklik is, sal jy verbaas wees oor hoeveel
> voëls jy aanlok. Om hulle dop te hou, is natuurlik 'n lekkerte van sy eie.
>
> Dries
>
> "Jonas" wrote in message
> news:3a7ef31a$0$234@helios.is.co.za...
>> Dries - ek woon in die groter Pretoria vir geruime jare reeds. Ek merk 'n
>> geweldige toename in sekere voëls - soos die vieslike hadida (spelling?) -
>> waaraan word dit toegeskryf? Ek het op 'n tydstip gedink dis die droogtes
>> buite die stadgebied wat hulle indryf. Vertel my wat aangaan...
>
Re: Koekkoeknes [boodskap #39062 is 'n antwoord op boodskap #38991] Vr, 09 Februarie 2001 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
as jy alle tipe voëls wil lok, verskaf dan slegs 'n badplek. Dis
makliker as om te 'cater' vir almal se die�t
------------------------------------------------------------ -------
--
Dries Venter wrote
------------------knip ---------------
As die dammetjie hierbo met die strook bome 'verbind' is, gaan jy
: sommer baie voëls lok,
-------- knip ---------------
: Dries
:
Re: Koekkoeknes [boodskap #39095 is 'n antwoord op boodskap #38878] Sa, 10 Februarie 2001 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In wie se brein sit pornografie nou vas. Ook maar al wat julle goed kan doen
en dit is om te teel...

skryf in boodskap news:3A7C74A0.37C20230@home.com...
> Davie Davis wrote:
>
>> Dit is wys vir die kreupele om nie sy krukke oor die hoof van sy vyand
>> stukkend te slaan nie
>>
>
> Ja, Davie, as jy nou altyd sulke oulike dinge kwytraak, dansal mens
> miskien vir jou daardie amper-pornografiese
> stukke van maande gelede kan vergewe.Doe so voort.
>
> Gloudina
>
Re: Koekkoeknes [boodskap #39098 is 'n antwoord op boodskap #38878] Sa, 10 Februarie 2001 18:07 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> In wie se brein sit pornografie nou vas. Ook maar al wat julle goed kan doen
> en dit is om te teel...
>
> wrote
>> Ja, Davie, as jy nou altyd sulke oulike dinge kwytraak, dan sal mens
>> miskien vir jou daardie amper-pornografiese
>> stukke van maande gelede kan vergewe.

Ja, Frikkie my klokkie , ek sal so maak.

M8

>
Vorige onderwerp: Formule 1
Volgende onderwerp: [soos flentertjies papier]
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 10:56:50 MGT 2024