Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opperman se aanvanklike waarde-oordele oor Le Roux, Rabie ens.
Opperman se aanvanklike waarde-oordele oor Le Roux, Rabie ens. [boodskap #38754] Do, 01 Februarie 2001 01:11 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit Kannemeyer se "D.J. Opperman, 'n Biografie" (bl. 291)

"In die vyftigerjare ontvang hy (Opperman) kortverhalde en "prosas"
van Etienne Leroux en Jan Rabie vir Standpunte, maar weier alles vir
publikasie. As Rabie se "Een-en-twintig" verskyn, maak dit op hom -
wat in elk geval alle eksperimente met versigtigheid bejeën het - nie 'n

besondere indruk nie. Hy laat na om "Die Eerste lewe van Colet,"
"Hilaria" en "Die Mugu" by hulle verskyning te lees en raak eers
geinteresseerd as Van Wyk Louw in "Vernuwing in die prosa" pertinent
op die belangrikheid van Leroux wys. Waarskynlik is hy in sy aanvanklike

negatiewe gesindheid beinvloed deur Canis Scholtz se sterk reaksie op
sy "nefie" se slordige prosa en swak taalgebruik en deur die feit dat hy
en
sy vrou by herhaling deur S.P. le Roux - Etienne Leroux se vader en
Minister van Landbou in die Malan- en Strydom-kabinette - vir ete na die

Volksraad genooi is om sy seun te ontmoet...."
Re: Opperman se aanvanklike waarde-oordele oor Le Roux, Rabie ens. [boodskap #38764 is 'n antwoord op boodskap #38754] Do, 01 Februarie 2001 08:58 Na vorige boodskap
Nospam[1]  is tans af-lyn  Nospam[1]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 01 Feb 2001 01:11:07 GMT, @home.com wrote:

> Uit Kannemeyer se "D.J. Opperman, 'n Biografie" (bl. 291)
>
> "In die vyftigerjare ontvang hy (O ...

Die storie wat ek destyds geghoor het is dat 'n jong digter sy gedigte
na Opperman gestuur het. Opperman het dit glo teruggestuur en gese
"mnr., so en so as jy 'n 1000 gedigte skryf sal daar waarskynlik een
goeie een tussen dit wees....

Die digter was glo Breyten. Wens iemand wil die storie uitcheck met
Bretyen.

Soos WB Yeats wat Wilfred Owen se gedigte uitgelaat het uit die Oxford
Book of English Verse toe hy die samestelling moes doen. Hy het gese
dis swak gedigte en werk nie.
Vorige onderwerp: Malkoeisiekte
Volgende onderwerp: Re: Gratis anonieme nuusverskaffer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 03:35:27 MGT 2024