Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Onderons" deur HENRI LAURIE
"Onderons" deur HENRI LAURIE [boodskap #38694] Ma, 29 Januarie 2001 18:57 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Onderons
Henri Laurie

Daar was vanaand geen wenners nie,
al het die bloed gesous, en kluite
op 'n kis gaan reën. Daar was net die:
as vriende vyand word, en binne buite
bars, loop leeg wat vol is, hart
en derms word 'n grot van smart
en rondom lê 'n vrot moeras,
die slot van al wat vloeibaar is,
die laagtepunt. En hoop verkas,
en bitter elke lafenis.

O hou tog op beloftes maak
om stand te hou tot hemelkraak,
want elke trou vind sy bestek,
en vriendskap sal verraad ontdek.
Re: "Onderons" deur HENRI LAURIE [boodskap #38697 is 'n antwoord op boodskap #38694] Ma, 29 Januarie 2001 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Laurie is DJO se skoonseun, sy vrou, Trinke Opperman dig ook,
ek sal kyk of ek van haar gedigte kry en dit plaas.

Gloudina, wat is die storie van gedigte plaas op hierdie nuusgroep nou weer,
ek wil nie op iemand se tone trap nie.

pop

skryf in boodskap news:3A75BD80.8CD79BF2@home.com...
Onderons
Henri Laurie

Daar was vanaand geen wenners nie,
al het die bloed gesous, en kluite
op 'n kis gaan reën. Daar was net die:
as vriende vyand word, en binne buite
bars, loop leeg wat vol is, hart
en derms word 'n grot van smart
en rondom lê 'n vrot moeras,
die slot van al wat vloeibaar is,
die laagtepunt. En hoop verkas,
en bitter elke lafenis.

O hou tog op beloftes maak
om stand te hou tot hemelkraak,
want elke trou vind sy bestek,
en vriendskap sal verraad ontdek.
Re: "Onderons" deur HENRI LAURIE [boodskap #38698 is 'n antwoord op boodskap #38694] Ma, 29 Januarie 2001 23:51 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

poppie wrote:

> Henri Laurie is DJO se skoonseun, sy vrou, Trinke Opperman dig ook,
> ek sal kyk of ek van haar gedigte kry en dit plaas.
>
> Gloudina, wat is die storie van gedigte plaas op hierdie nuusgroep nou weer,
> ek wil nie op iemand se tone trap nie.
>
> pop
>

Nee, Henri Laurie is die broer van Dirk Laurie. Dirk Laurie is
getroud met die dogter van D. J. Opperman. Henri Laurie, laaste
wat ek nog met hom in aanraking was, het klasgegee by die
Universiteit van Kaapstad.
Die storie van gedigte plaas op hierdie nuusgroep? Ek dink jy
moet net plaas. Daar was mense, soos Leendert destyds, wat
allerhande reëls en regulasies wou gemaak het oor hoe en wat
gepos kan word. Ek ignoreer dit net eenvoudig. Wat ek pos
is 'n mengsel van gedigte wat mense aan my stuur ( gepubliseerd
of ongepubliseerd) en wat ek uit boeke uit kry. Die hoofsaak is
die gedig. Alle ander oorwegings is bysaak. En ek dink dat om
gereeld gedigte op die nuusgroep te sit, 'n goeie kulturele gebruik
is van die internet, en 'n goeie manier om die voortbestaan van
Afrikaans oor baie vastelande te propageer. Ek sal dit verwelkom
as jy gereeld gedigte opsit.

Gloudina
Vorige onderwerp: Gedichtendag
Volgende onderwerp: "Gedigte van 'n Vaderland" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 18:47:36 MGT 2024