Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vandag was so warm
vandag was so warm [boodskap #38590] Vr, 26 Januarie 2001 17:42
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
vandag was so warm
en afrika so sloom
dat mens urelank in die skadu
oor die betekenis van woorde
en verlore liefdes kon droom

so donker
dat dorstige kinders
kwyn in sy son

vandag was te warm
om lank bedroef te wees
of bly

later: die nag
en blink swart water
stroom in arcadia se strate af
Vorige onderwerp: Re: ENGLISH: NEW S.A. VERSION
Volgende onderwerp: Re: DATE WOMEN FROM DIFFERENT CULTURE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 08:58:49 MGT 2024