Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "My Vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH
"My Vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #26940] Vr, 01 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou
Re: "My Vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #26969 is 'n antwoord op boodskap #26940] So, 03 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
Was dit nou voor hy bekend geword het?

Oeps, nee, dis mos kuns... ons moet respek he, al verstaan ons nie.

skryf in boodskap news:37F4274A.DF74D5D6@sympatico.ca...
> MY VROU
> Breyten Breytenbach

> my vrou se naam is Yolande
> sy is 'n vrou

[snip]

> my Yolande
> hier kom sy nou
> my Vrou

Jilll

--
NB : when I write here, I spell the way I speak,
but when I translate professionally, I write well.

Samuel Murray (translator and proofreader)
smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
or try my personal page http://ey.to.hey.to/
Re: "My vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #38501 is 'n antwoord op boodskap #26940] Ma, 22 Januarie 2001 01:39 Na vorige boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina.

Een van sy bestes.

Ek "cringe" nou nog as ek dink destyds, toe die regering
geweier het dat hy sy fyn, intellegente, beeldskone Vietnamese
vrou die land in kon bring. Nee, sy moes geklassifeer word as n "nie blanke"
Watter arrogansie. Watter bedreiging was daar. Mens kan net wonder . . . .

pop

skryf in boodskap news:3A6B88DD.19A5E25C@home.com...
MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou
Vorige onderwerp: "My vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 17:16:07 MGT 2024