Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG
"Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #20921] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SENDELINGARGITEK
Antjie Krog

bedags loop ons uit in die son
- jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano's dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38363 is 'n antwoord op boodskap #20921] Wo, 17 Januarie 2001 04:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het pas 'n boek "Intellectuals" van ene Paul Johnson gelees - ek beveel
dit aan. Al sou net een vraag uit die boek my by bly was dit die moeite
werd - mbt akademici / "intellectuals" die vraag... " How great is their
respect for truth? How do they apply their public principles to their
private lives?..."
Ek het my ernstige bedenking. Kan ek dan so 'n persoon se "waarhede" ernstig
opneem?
skryf in boodskap news:3A651B04.359FD4E@home.com...
SENDELINGARGITEK
Antjie Krog

bedags loop ons uit in die son
- jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano's dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38374 is 'n antwoord op boodskap #20921] Wo, 17 Januarie 2001 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Ek het pas 'n boek "Intellectuals" van ene Paul Johnson gelees - ek beveel
> dit aan. Al sou net een vraag uit die boek my by bly was dit die moeite
> werd - mbt akademici / "intellectuals" die vraag... " How great is their
> respect for truth? How do they apply their public principles to their
> private lives?..."
> Ek het my ernstige bedenking. Kan ek dan so 'n persoon se "waarhede" ernstig
> opneem?

Mense soos Jonas is natuurlik weer besig om swartskape
te soek, sodat hy in die nuwe bedeling nie mense soos Antjie
Krog of Christina Landman of Andre Brink of JM Coetzee
ernstig hoef op te neem nie, en dan kan voortgaan om te
glo in "kommies" en "liberales" en "intellektueles" as mense
wat nie "die waarheid" praat nie. Maar ek wed hy het in die
ou regime alles vir soetkoek opge-eet, alles wat die sogenaamde
apartheid-intellektueles vir hom opgedis het. Verwoerd was
so 'n intellektueel ( uit Nederland) en kyk watter verskriklike
nalatenskap het hy gelaat.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38375 is 'n antwoord op boodskap #20921] Wo, 17 Januarie 2001 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Me - ek het jou reeds laat weet dat jy goed geletterd klink maar
opvoeding... Opvoeding veral in soverre dit argumentasie betref - bepaal jou
by die onderwerp. Sou jy persoonlik wil raak is dit jou keuse. Maar dan
vorder die beredenering nie, verstaan? Lees weereens wat ek geskryf het. Wat
my en jou standpunte nou en in die verlede was, is nie hier tersake nie.
Dit is vir my reeds geruime tyd duidelik dat jy deurgaans diegene wat met
jou verskil persoonlik wil bykom, hoekom?
Ek stel voor jy lees Johnson se boek - en vra ernstige vrae oor mense wat
waarde-oordele uitspreek oor andere, maar is hulle persoonlike keuses en
lewens self verrot. Kan ek diesulkes ernstig opneem?
Het jy nie name wat jy hier wil meld nie - akademici / groot geeste in die
letterkunde, wie se werklike waardes soos vergestalt in hulle daaglikse
omgang, maar vrot is...
skryf in boodskap news:3A659FD6.2EFE8ADA@home.com...
> Jonas wrote:
>
>> Ek het pas 'n boek "Intellectuals" van ene Paul Johnson gelees - ek beveel
>> dit aan. Al sou net een vraag uit die boek my by bly was dit die moeite
>> werd - mbt akademici / "intellectuals" die vraag... " How great is their
>> respect for truth? How do they apply their public principles to their
>> private lives?..."
>> Ek het my ernstige bedenking. Kan ek dan so 'n persoon se "waarhede" ernstig
>> opneem?
>
> Mense soos Jonas is natuurlik weer besig om swartskape
> te soek, sodat hy in die nuwe bedeling nie mense soos Antjie
> Krog of Christina Landman of Andre Brink of JM Coetzee
> ernstig hoef op te neem nie, en dan kan voortgaan om te
> glo in "kommies" en "liberales" en "intellektueles" as mense
> wat nie "die waarheid" praat nie. Maar ek wed hy het in die
> ou regime alles vir soetkoek opge-eet, alles wat die sogenaamde
> apartheid-intellektueles vir hom opgedis het. Verwoerd was
> so 'n intellektueel ( uit Nederland) en kyk watter verskriklike
> nalatenskap het hy gelaat.
>
> Gloudina
>
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38376 is 'n antwoord op boodskap #20921] Wo, 17 Januarie 2001 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Ek stel voor jy lees Johnson se boek - en vra ernstige vrae oor mense wat
> waarde-oordele uitspreek oor andere, maar is hulle persoonlike keuses en
> lewens self verrot. Kan ek diesulkes ernstig opneem?
> Het jy nie name wat jy hier wil meld nie - akademici / groot geeste in die
> letterkunde, wie se werklike waardes soos vergestalt in hulle daaglikse
> omgang, maar vrot is...
>

Die blote feit dat Johnson 'n boek oor "Intellectuals" skryf, wys
al klaar sy agenda. Hy wil mense aanval, en nou soek hy 'n stok.
Wat beteken die woord "intellectual" nou eintlik? En wat het
Einstein (seker tog een van jou "intellectuals"?) se dade in die
daaglikse lewe met die prys van eiers te doen. Of hoe Shakespeare
nou sy lewe bedryf het.
Vertel my die agtergrond van Paul Johnson. Waar bly hy?
Hoekom wou hy 'n boek oor "intellectuals" skryf? Waar kom die
term "intellectual" in sy boek vandaan? As hy wil argumenteer dat
om net met jou kop te dink, nie baie goed is nie, sal ek met hom
saamstem. Ek sou dit vir Verwoerd gesê het toe hy sy mooi plan
vir die aparte ontwikkeling van die rasse in SA uitgewerk het. Ek
sou vir hom gesê het dat mense nie net met hulle koppe nie, maar
ook met hulle harte en niere dink. Dis daarom dat sy plan so 'n
algehele mislukking was. Nie alleen het die arme rassegroepe wat
hy benadeel het, in opstand gekom nie, maar sy eie rassegroep het
later die dwaasheid van sy intellektuele denke gesien. NP van Wyk
Louw was 'n intellektueel, nie waar nie? Hy was ook 'n Broeder-
bonder. Moes 'n mens hom minder ernstig opgeneem het omdat
hy so 'n taamlike kleurvolle private lewe gehad het? Opperman,
seker ook een van jou intellektueles, en in my oë sekerlik die grootste
digter van die laaste deel van die twintigste eeu in Afrikaans, was 'n
volslae alkoholis vir meeste van die laaste deel van sy lewe (volgens
die biografie van Kannemeyer.) Sou jy hom as gevolg van sy
alkoholisme ook nie ernstig wou opneem nie?
Vertel my bietjie meer oor jou opinies oor "intellektueles." Hoekom
is jy so geinteresseerd in hierdie onderwerp? Waarom het hierdie
onderwerp jou aandag getrek?

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38385 is 'n antwoord op boodskap #20921] Wo, 17 Januarie 2001 23:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Ek sal graag wil hoor hoe jy onderskei tussen "liberale" en
> "konserwatiewe" denkpatrone, en of jy dink dieseflde denkpatrone word
> gevolg in die politiese arena. Ek sal dit waardeer om jou opinie te
> hoor.
>

Mens moet natuurlik nie vereenvoudigings maak nie, maar
"konwerwatiewe" denkpatrone is deels reaksioner, kleef
vas aan die verlede, is baie keer rassisties, en is ook baie
diktatoriaal en patriargaal. Dit is ook baie keer baie teen-
strydig wat logika betref. Die konserwatiewe persoon is
gewoonlik teen aborsie maar vir die doodstraf en wil nie
wette hê wat die gebruik van gewere beperk nie.Konser-
watieves is gewoonlik ook pro-besigheid en anti-werkers.
Meeste van die tyd vind mens dieselfde denkpatrone
in die politieke arenas: in die VSA is daar dieselfde
duidelike verskil tussen die Republikeinse en Demokratiese
partye. Hier in Kanada het ons die "Liberals" en die NDP
aan die een kant, en die konserwatiewes aan die ander
kant (alhoewel laasgenoemde nou in splinterpartye opge-
breek het, net soos die ou Nasionale Party in SA.)
Hoe gaan dit deesdae met Felina en Bernard Lord.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38386 is 'n antwoord op boodskap #20921] Do, 18 Januarie 2001 04:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Me
Jy is so dun en deursigtig in jou argumentasie dat ek my tyd reeds gemors
het met jou - dis vir my duidelik waar jou opvoeding plaasgevind het, en
waar dit tekortskiet. Kom terug tot die punt wat ek aanvanklik gemaak het,
en ons kan die beredenering voortsit. Jou berederingsmetodiek is presies
dieselfde as dit wat gelei het tot die sondes van die verlede waarvan jy
jouself wil distansieer. Onkunde en 'n onbereidwilligheid om na rede en
logiese denke te luister is/was die grondslag van daardie probleem.
Jammer dat ek my tyd met jou gemors het - ploeter voort in jou arrogansie en
onkunde - ek is oud genoeg om nie soos ander op die ng jou persoonlike op-
en aanmerkinge ernstig op te neem nie - sonder om jou ooit ontmoet het kon
ek 'n grondige indruk van jou kry - pêrels en swyne ...
skryf in boodskap news:3A65DFA0.5C016F0F@home.com...
Jonas wrote:

> Ek stel voor jy lees Johnson se boek - en vra ernstige vrae oor mense wat
> waarde-oordele uitspreek oor andere, maar is hulle persoonlike keuses en
> lewens self verrot. Kan ek diesulkes ernstig opneem?
> Het jy nie name wat jy hier wil meld nie - akademici / groot geeste in die
> letterkunde, wie se werklike waardes soos vergestalt in hulle daaglikse
> omgang, maar vrot is...
>

Die blote feit dat Johnson 'n boek oor "Intellectuals" skryf, wys
al klaar sy agenda. Hy wil mense aanval, en nou soek hy 'n stok.
Wat beteken die woord "intellectual" nou eintlik? En wat het
Einstein (seker tog een van jou "intellectuals"?) se dade in die
daaglikse lewe met die prys van eiers te doen. Of hoe Shakespeare
nou sy lewe bedryf het.
Vertel my die agtergrond van Paul Johnson. Waar bly hy?
Hoekom wou hy 'n boek oor "intellectuals" skryf? Waar kom die
term "intellectual" in sy boek vandaan? As hy wil argumenteer dat
om net met jou kop te dink, nie baie goed is nie, sal ek met hom
saamstem. Ek sou dit vir Verwoerd gesê het toe hy sy mooi plan
vir die aparte ontwikkeling van die rasse in SA uitgewerk het. Ek
sou vir hom gesê het dat mense nie net met hulle koppe nie, maar
ook met hulle harte en niere dink. Dis daarom dat sy plan so 'n
algehele mislukking was. Nie alleen het die arme rassegroepe wat
hy benadeel het, in opstand gekom nie, maar sy eie rassegroep het
later die dwaasheid van sy intellektuele denke gesien. NP van Wyk
Louw was 'n intellektueel, nie waar nie? Hy was ook 'n Broeder-
bonder. Moes 'n mens hom minder ernstig opgeneem het omdat
hy so 'n taamlike kleurvolle private lewe gehad het? Opperman,
seker ook een van jou intellektueles, en in my oë sekerlik die grootste
digter van die laaste deel van die twintigste eeu in Afrikaans, was 'n
volslae alkoholis vir meeste van die laaste deel van sy lewe (volgens
die biografie van Kannemeyer.) Sou jy hom as gevolg van sy
alkoholisme ook nie ernstig wou opneem nie?
Vertel my bietjie meer oor jou opinies oor "intellektueles." Hoekom
is jy so geinteresseerd in hierdie onderwerp? Waarom het hierdie
onderwerp jou aandag getrek?

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38390 is 'n antwoord op boodskap #20921] Do, 18 Januarie 2001 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En daar gaat sy al weer op haar ou ramkiekie met net een snaar - alles
waaroro SA'ers praat gaan nie oor apartheid nie. Wanneer gaan jy dit in
jou dik kop inkry ...

@home.com wrote:
>
> Jonas wrote:
>
>> Ek het pas 'n boek "Intellectuals" van ene Paul Johnson gelees - ek beveel
>> dit aan. Al sou net een vraag uit die boek my by bly was dit die moeite
>> werd - mbt akademici / "intellectuals" die vraag... " How great is their
>> respect for truth? How do they apply their public principles to their
>> private lives?..."
>> Ek het my ernstige bedenking. Kan ek dan so 'n persoon se "waarhede" ernstig
>> opneem?
>
> Mense soos Jonas is natuurlik weer besig om swartskape
> te soek, sodat hy in die nuwe bedeling nie mense soos Antjie
> Krog of Christina Landman of Andre Brink of JM Coetzee
> ernstig hoef op te neem nie, en dan kan voortgaan om te
> glo in "kommies" en "liberales" en "intellektueles" as mense
> wat nie "die waarheid" praat nie. Maar ek wed hy het in die
> ou regime alles vir soetkoek opge-eet, alles wat die sogenaamde
> apartheid-intellektueles vir hom opgedis het. Verwoerd was
> so 'n intellektueel ( uit Nederland) en kyk watter verskriklike
> nalatenskap het hy gelaat.
>
> Gloudina

--
http://lous.zzn.com/
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38396 is 'n antwoord op boodskap #20921] Do, 18 Januarie 2001 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Jy is so dun en deursigtig in jou argumentasie dat ek my tyd reeds gemors
> het met jou - dis vir my duidelik waar jou opvoeding plaasgevind het, en
> waar dit tekortskiet.
> ... sonder om jou ooit ontmoet het kon
> ek 'n grondige indruk van jou kry - përels en swyne ...

Wel, ou Jonas, dit moet teen hierdie tyd vir jouself
duidelik wees wat jóu agenda is: jy wil bewys dat
almal met wie jy nie saamstem nie, korrup is en nie
na geluister hoef te word nie. Nou wie gaan nou na Bill
Clinton vir morele advies? Hy is die hoof administra-
tiewe beampte van die VSA, en het 'n briljante ag
jaar administrasie agter die rug, waar hy die ekonomie
laat boom het, en misdaadsyfers afgebring het deur
die beter administrasie van polisiemagte ens. Dit
is wat jy by hom kan leer. Hoekom wil jy na die
Pous gaan vir geboortebeperkingsinformasie. Is
jy 'n Rooms Katoliek? (Ek het wel baie baie respek
vir die Katolieke respek vir die lewe. Ek dink nie die
Pous kan anders doen as om te verklaar dat alle lewe
heilig is nie.)
Ek dink, as mens 'n volwasse mens is, dan besluit
jy vir jouself wat jy kies en wat jy verkies om nie te
kies nie. Jy laat jou nie lei deur wat ander doen en sê
nie. Maar as jy nou 'n vete teen "Intellectuals" het,
soos Johnson blykbaar het, dan kry ek snuf in die
neus ( en die stuk wat Danielle aanhaal uit Amazon
se blurb bevestig dit). Johnson is maar net een van die
"konserwatiewe" "moralistiese" falanks wat probeer
om die "liberales" en die "intellektueles" aan te val,
noudat hulle nie meer die "kommies" kan aanval nie.
Ongelukkig gaan die VSA nou een van dié soort in
die Wit Huis kry.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38398 is 'n antwoord op boodskap #20921] Do, 18 Januarie 2001 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Jonas wrote:
>
>> Jy is so dun en deursigtig in jou argumentasie dat ek my tyd reeds gemors
>> het met jou - dis vir my duidelik waar jou opvoeding plaasgevind het, en
>> waar dit tekortskiet.
>> ... sonder om jou ooit ontmoet het kon
>> ek 'n grondige indruk van jou kry - përels en swyne ...
>
> Wel, ou Jonas, dit moet teen hierdie tyd vir jouself
> duidelik wees wat jóu agenda is: jy wil bewys dat
> almal met wie jy nie saamstem nie, korrup is en nie
> na geluister hoef te word nie.

RODVELMGA!!! Nou noem die ketel die pot swart ...
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38409 is 'n antwoord op boodskap #20921] Vr, 19 Januarie 2001 05:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis vir my duidelik dat jy 'n vrees het om dinge te bevraagteken - so 'n
twee dimensionele benaderinge tot dinge. Die vrees en weieringe om dinge te
bevraagteken was die sog. sondes van die verlede - jy is meer skuldig as
diesulkes aangesien jy nog nie die aanpassing gemaak het nie. Jou akademiese
onderhou kan met die die van 'n "flępjęk" vergelyk word - of was jy nooit op
'n kerkbasaar saam met die apartheidsvarke nie. Ek vertrou as hulle weer met
hulle vroom gesigte in 'n kerk bymekaar kom, dat hulle vir die
agtergeblewendes soos jouself sal bid. Mense wat 'n argument met 'n enkel
skelwoord wil verwerp is dieselfde mense wat nie tyd gehad het om andere
volgens waarde te oordeel nie, maar hulle met 'n enkel skelwoord verwerp
het. Lees 'n bietjie wyer as Antjie Somers en kie - jy kan net groei.
Geletterd maar 'n gebrek aan akademiese opvoeding bepaald - die resultaat
geloof ek jou, van 'n bosuniversiteit of een of ander normaalkollege....
skryf in boodskap news:3A66F4BB.75FB09C2@home.com...
Jonas wrote:

> Jy is so dun en deursigtig in jou argumentasie dat ek my tyd reeds gemors
> het met jou - dis vir my duidelik waar jou opvoeding plaasgevind het, en
> waar dit tekortskiet.
> ... sonder om jou ooit ontmoet het kon
> ek 'n grondige indruk van jou kry - pêrels en swyne ...

Wel, ou Jonas, dit moet teen hierdie tyd vir jouself
duidelik wees wat jóu agenda is: jy wil bewys dat
almal met wie jy nie saamstem nie, korrup is en nie
na geluister hoef te word nie. Nou wie gaan nou na Bill
Clinton vir morele advies? Hy is die hoof administra-
tiewe beampte van die VSA, en het 'n briljante ag
jaar administrasie agter die rug, waar hy die ekonomie
laat boom het, en misdaadsyfers afgebring het deur
die beter administrasie van polisiemagte ens. Dit
is wat jy by hom kan leer. Hoekom wil jy na die
Pous gaan vir geboortebeperkingsinformasie. Is
jy 'n Rooms Katoliek? (Ek het wel baie baie respek
vir die Katolieke respek vir die lewe. Ek dink nie die
Pous kan anders doen as om te verklaar dat alle lewe
heilig is nie.)
Ek dink, as mens 'n volwasse mens is, dan besluit
jy vir jouself wat jy kies en wat jy verkies om nie te
kies nie. Jy laat jou nie lei deur wat ander doen en sê
nie. Maar as jy nou 'n vete teen "Intellectuals" het,
soos Johnson blykbaar het, dan kry ek snuf in die
neus ( en die stuk wat Danielle aanhaal uit Amazon
se blurb bevestig dit). Johnson is maar net een van die
"konserwatiewe" "moralistiese" falanks wat probeer
om die "liberales" en die "intellektueles" aan te val,
noudat hulle nie meer die "kommies" kan aanval nie.
Ongelukkig gaan die VSA nou een van dié soort in
die Wit Huis kry.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38417 is 'n antwoord op boodskap #38409] Vr, 19 Januarie 2001 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
>
>
> Geletterd maar 'n gebrek aan akademiese opvoeding bepaald - die resultaat
> geloof ek jou, van 'n bosuniversiteit of een of ander normaalkollege....

Stellenbosh ??? he he he

--
http://lous.zzn.com/
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38419 is 'n antwoord op boodskap #20921] Vr, 19 Januarie 2001 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> . Lees 'n bietjie wyer as Antjie Somers en kie - jy kan net groei.

Wel, ou Jonas, op die oomblik lees ek die biografie vanLangenhoven deur
Kannemeyer. Dit lees soveel makliker
as die onlangse biografie van NP. Kannemeyer se biografieë
is meer juicy as meeste, né? Het jy al die Langenhoven-
biografie gelees?

> Geletterd maar 'n gebrek aan akademiese opvoeding bepaald - die resultaat
> geloof ek jou, van 'n bosuniversiteit of een of ander normaalkollege....

Hou oud is jy, Jonas, dat jy nog die woord "normaalkollege"
gebruik? Wel, ou Jonas, ek weet nou nie hoe geletterd ek is
nie (ek is maar 'n nederige persoon), maar ek sal vir jou vertel
watter akademiese opleiding ek gehad het, dan kan jy besluit
watter gebrek ek het. Ek doen dit deels omdat ek weet Lou
sal tien groen tierkatjies kry as hy dit lees. So here goes:
B.A. Universiteit van Stellenbosch
S.O.D. Universiteit van Stellenbosch
BA Hons. (cum laude) Universiteit van Natal
M.A. (cum laude) Universiteit van Natal
Ph.D. Universiteit van Natal (met as eksterne
eksaminator NP van Wyk Louw. My
promotor was Stoffel Nienaber. Albei
my verhandelings het gegaan oor
Dirk Opperman.

Het jy nog enige besware, ou Jonas?

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38423 is 'n antwoord op boodskap #20921] Vr, 19 Januarie 2001 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die SOD spreek boekdele. Asook die feit dat jy Afr./Nederlands aan 'n
Engelse universiteit doen - die gehalte verskil bepaald van die van 'n
Afrikaanse universiteit mbt hierdie vakrigting. Die feit dat jy jou B aan
Skellembosch gedoen het verduidelik die gebrek aan 'n goeie liberale
akademiese onderbou - EG Malherbe sal in sy graf omdraai as hy die twee
dimensionele argumentasie sien van 'n persoon wat hul roem op 'n Ph.D. van
sy geliefde Universiteit van Natal. Jy sien poppie - daar is 'n verskil
tussen geletterheid en 'n goeie akademiese opvoeding. Sou ek EG onthou, dan
was dit sy onverskrokkenheid om alles, ja alles - selfs akademici en die sg.
intellektuele elite, te bevraagteken. In die ware sin 'n grootse liberalis
wat bereid was om die onderwerp, en nie die persoon aan te vat nie. En o
ja, ek is bepaald heelwat jonger as jy. Jou vermoë om die verkeerde dinge
tussen die lyne te lees verras.
Dankie vir die bietjie biografiese agtergrond - maar helaas, nêrens op
daardie kampus onthou hulle jou as 'n grootste kampvegter teen apartheid
nie. Ek het navraag gedoen... So, moenie die woord "apartheidsvark" te veel
gebruik nie...
skryf in boodskap news:3A68457A.4E210E94@home.com...
Jonas wrote:

> . Lees 'n bietjie wyer as Antjie Somers en kie - jy kan net groei.

Wel, ou Jonas, op die oomblik lees ek die biografie vanLangenhoven deur
Kannemeyer. Dit lees soveel makliker
as die onlangse biografie van NP. Kannemeyer se biografie�
is meer juicy as meeste, nê? Het jy al die Langenhoven-
biografie gelees?

> Geletterd maar 'n gebrek aan akademiese opvoeding bepaald - die resultaat
> geloof ek jou, van 'n bosuniversiteit of een of ander normaalkollege....

Hou oud is jy, Jonas, dat jy nog die woord "normaalkollege"
gebruik? Wel, ou Jonas, ek weet nou nie hoe geletterd ek is
nie (ek is maar 'n nederige persoon), maar ek sal vir jou vertel
watter akademiese opleiding ek gehad het, dan kan jy besluit
watter gebrek ek het. Ek doen dit deels omdat ek weet Lou
sal tien groen tierkatjies kry as hy dit lees. So here goes:
B.A. Universiteit van Stellenbosch
S.O.D. Universiteit van Stellenbosch
BA Hons. (cum laude) Universiteit van Natal
M.A. (cum laude) Universiteit van Natal
Ph.D. Universiteit van Natal (met as eksterne
eksaminator NP van Wyk Louw. My
promotor was Stoffel Nienaber. Albei
my verhandelings het gegaan oor
Dirk Opperman.

Het jy nog enige besware, ou Jonas?

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38426 is 'n antwoord op boodskap #38419] Vr, 19 Januarie 2001 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

@home.com wrote:

> S.O.D. Universiteit van Stellenbosch

Ek het vergeet om te sê: Die SekondêreOnderwysdiploma was ook cum laude.

As mens spog, moet jy volledig spog.
Nou, gee ons nou jou akademiese
agtergrond, Jonas.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38427 is 'n antwoord op boodskap #20921] Vr, 19 Januarie 2001 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Die SOD spreek boekdele. Asook die feit dat jy Afr./Nederlands aan 'n
> Engelse universiteit doen - die gehalte verskil bepaald van die van 'n
> Afrikaanse universiteit mbt hierdie vakrigting.

Wel, ek dink nie daar was enigiets verkeerd met
die Departement van Afrikaans-Nederlands aan die
Universiteit van Natal nie. (Ek het dit daar gedoen
terwyl ek onderwys gegee het by St. Anne's College
en later Adams College.) A. P. Grove (later van
die Universiteit van Pretoria) het toesig gehou oor my
meestersgraad-verhandeling, ek het Goties en die
Ontstaan van Afrikaans geleer van Dr. Gawie
Nienaber, en Stoffel Nienaber met sy vrou Miep
Nienaber-Luitingh was ook op die personeel.
So waar het jy jou adademiese en intellektuele
onderslag gekry, ou Jonas.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38435 is 'n antwoord op boodskap #20921] Vr, 19 Januarie 2001 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lous  is tans af-lyn  lous
Boodskappe: 124
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Tut tut - so ver geleer maar teselftertyd so stupid.

So bly jy het oor jou nederigheid gekom en ons vertel hoe ver jy geller
het Gloudina. En dit alles ten koste van die agtergeblewenes ne :)

@home.com wrote:
>
> Jonas wrote:
>
>> . Lees 'n bietjie wyer as Antjie Somers en kie - jy kan net groei.
>
> Wel, ou Jonas, op die oomblik lees ek die biografie vanLangenhoven deur
> Kannemeyer. Dit lees soveel makliker
> as die onlangse biografie van NP. Kannemeyer se biografieë
> is meer juicy as meeste, né? Het jy al die Langenhoven-
> biografie gelees?
>
>> Geletterd maar 'n gebrek aan akademiese opvoeding bepaald - die resultaat
>> geloof ek jou, van 'n bosuniversiteit of een of ander normaalkollege....
>
> Hou oud is jy, Jonas, dat jy nog die woord "normaalkollege"
> gebruik? Wel, ou Jonas, ek weet nou nie hoe geletterd ek is
> nie (ek is maar 'n nederige persoon), maar ek sal vir jou vertel
> watter akademiese opleiding ek gehad het, dan kan jy besluit
> watter gebrek ek het. Ek doen dit deels omdat ek weet Lou
> sal tien groen tierkatjies kry as hy dit lees. So here goes:
> B.A. Universiteit van Stellenbosch
> S.O.D. Universiteit van Stellenbosch
> BA Hons. (cum laude) Universiteit van Natal
> M.A. (cum laude) Universiteit van Natal
> Ph.D. Universiteit van Natal (met as eksterne
> eksaminator NP van Wyk Louw. My
> promotor was Stoffel Nienaber. Albei
> my verhandelings het gegaan oor
> Dirk Opperman.
>
> Het jy nog enige besware, ou Jonas?
>
> Gloudina

--
http://lous.zzn.com/
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38448 is 'n antwoord op boodskap #20921] Vr, 19 Januarie 2001 23:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> EG Malherbe sal in sy graf omdraai as hy die twee
> dimensionele argumentasie sien van 'n persoon wat hul roem op 'n Ph.D. van
> sy geliefde Universiteit van Natal.
> Sou ek EG onthou, dan
> was dit sy onverskrokkenheid om alles, ja alles - selfs akademici en die sg.
> intellektuele elite, te bevraagteken. In die ware sin 'n grootse liberalis
> wat bereid was om die onderwerp, en nie die persoon aan te vat nie.

Dit lyk nie vir my dat jy baie by E G geleer het nie.Sover ek die afgelope dae
se poste van jou kan
onthou, het jy nog net persoonlike aanvalle gemaak
op my, 'n persoon wat jy van geen adamskant ken
nie. En watter wyshede het jy in die proses kwyt-
geraak? Sover ek kan onthou: net dat mens nie by
intellektueles morele direksie moet probeer vind
nie. Dit kon enige fool vir jou gesê het. Hoekom
gooi jy nie 'n paar pêrels voor ons swyne nie - dan
weet ons ten minste wat in jou kop omgaan. Of gaan
jy nou stilweg verdwyn, noudat jou innuendos op
droë grond geval het?

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38449 is 'n antwoord op boodskap #20921] Sa, 20 Januarie 2001 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n junior sertifikaat van die Natalse Onderwysdepartement - niks
ge-cum nie. Ook, geen kompleks mbt my akademiese agterstand nie -
inteendeel, ek dink nie dis nodig nie. Jy (en ek) sal nie aan ons sog
akademiese prestasies geen word nie. Wat ons daarmee doen is van belang. My
std 8 dien sy doel. Wat ek wel geleer het is om nie 'n man of vrou in die
gesig te klap ("apartheidsvarke") en te dink dat ek daarmee sal weg kom nie.
Dit is wat ek bedoel met opvoeding. Die std 8 is maw nie eens van belang
nie. Ook, een- of tweedimensionele benaderinge tot onderwerpe sal jou en my
nie op die ng help nie - maar sou jy 'n goedkoop sensasie kry van mense wat
polities met jou verskil - gryp die mielie.Dit sou nie vir jou nodig gewees
het om kredietwaardighede, akademies of andersins, te bevestig het nie sou
jy mense menswaardig behandel het nie. Sog. "active listening skills" kan
ook op leeswerk toegpas word.
skryf in boodskap news:3A688691.F54A12C0@home.com...
@home.com wrote:

> S.O.D. Universiteit van Stellenbosch

Ek het vergeet om te sê: Die SekondêreOnderwysdiploma was ook cum laude.

As mens spog, moet jy volledig spog.
Nou, gee ons nou jou akademiese
agtergrond, Jonas.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38452 is 'n antwoord op boodskap #20921] Sa, 20 Januarie 2001 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> . Ook, geen kompleks mbt my akademiese agterstand nie -
>

Ek stel voor dat jy wel so 'n kompleks het, vandaar
jou snedige opmerking oor "bos-universiteite." Hierdie
sogenaamde bos-universiteite (ek neem aan jy verwys
na die Universiteit van Zululand, Wes Kaap, ensovoorts)
was natuurlik die maaksel van die vorige apartheids-
regime, en het volgeloop van Afrikaner akademici wat
nie by die bestaande universiteite kon inkom nie. Hulle
was dus, met reg, gesien deur die swart bevolking as
wapens van die apartheidsvarke om vir hulle tweede-
rangse opvoeding te gee (nadat hulle toegang tot die
bestaande universiteite geweier is.) Maar met jou
akademiese agtergrond, sou ek nie so my neus optrek
selfs vir hierdie bos-universiteite nie. Wie is jy om aan
te dui dat mense wat uit die bos-universiteite kom,
enigsins slegter is as die mense wat uit die Universiteit
van Stellenbosch of Kaapstad of Potchefstroom kom.
Het jy enige ondervinding van enige van hierdie
universiteite, sodat jy 'n geinformeerde oordeel kan
waag.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38453 is 'n antwoord op boodskap #20921] Sa, 20 Januarie 2001 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Ek het 'n junior sertifikaat van die Natalse Onderwysdepartement

Weet jy dat toe die Natalse Onderwysdepartement syeeufees in 1952 (dink ek)
gehad het, hulle hulle oorsprong
dateer van die eerste skool wat Dr. Adams in die neëntiende
eeu op Adams Mission gestig het, vandaar die naam
Adams College. Dr. Adams was een van die Amerikaanse
sendelinge wat in Natal gewerk het. 'n Ander sendeling van
dieselfde groep was Daniel Lindley, wat die Voortrekkers
in Natal soms as predikant gebruik het. Adams Mission
is 'n plekkie sewe myl in die binneland in van Amanzimtoti
en dertig myl van Durban.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38454 is 'n antwoord op boodskap #20921] Sa, 20 Januarie 2001 15:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Jan 2001 23:23:53 GMT, @home.com wrote:

>Of gaan
> jy nou stilweg verdwyn, noudat jou innuendos op
> droë grond geval het?
>
> Gloudina

Moet seblief nie net stilweg verdwyn nie Jonas,
want jou skrywe is heelwat meer leesbaar
as dié van die liberale varke

DD
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38482 is 'n antwoord op boodskap #20921] So, 21 Januarie 2001 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet van Adams Mission en sy bydrae(s).. Was nog nooit daar nie, maar
weet daarvan. Van bos-Universiteite en hul produkte asook die huidige stand
van sake aldaar is ek ook bewus.
skryf in boodskap news:3A69AFCA.FB0C0564@home.com...
Jonas wrote:

> Ek het 'n junior sertifikaat van die Natalse Onderwysdepartement

Weet jy dat toe die Natalse Onderwysdepartement syeeufees in 1952 (dink ek)
gehad het, hulle hulle oorsprong
dateer van die eerste skool wat Dr. Adams in die neëntiende
eeu op Adams Mission gestig het, vandaar die naam
Adams College. Dr. Adams was een van die Amerikaanse
sendelinge wat in Natal gewerk het. 'n Ander sendeling van
dieselfde groep was Daniel Lindley, wat die Voortrekkers
in Natal soms as predikant gebruik het. Adams Mission
is 'n plekkie sewe myl in die binneland in van Amanzimtoti
en dertig myl van Durban.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38488 is 'n antwoord op boodskap #20921] So, 21 Januarie 2001 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Ek weet van Adams Mission en sy bydrae(s).. Was nog nooit daar nie, maar
> weet daarvan.
>
>

Kan ek aanneem dat jy nog in Kwazulu-Natal bly?
Ek het gehoor dat Adams College gesluit is. Is
dit waar?
Ek neem aan dat die plek Adams Mission nog 'n
historiese monument is. Dit was in my dae die
enigste PLEK in SA wat 'n historiese monument
was. Daar was 'n sitplek gebou uit die oorspronklike
klippe van Adams se eerste skool, as ek reg onthou.

Gloudina
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38492 is 'n antwoord op boodskap #20921] So, 21 Januarie 2001 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ongelukkig nie - ek woon nou in die apartheidshoofstad. (Pretoria het mi
die beste weer in die wêreld.) - sou die College gesluit wees sal dit jammer
wees. Ek sal daar besoek gaan aflê as ek weer in Natal kom. (Is dit waar
Gatsha skoolgegaan het?)

skryf in boodskap news:3A6AEE7A.8C85E96D@home.com...
> Jonas wrote:
>
>> Ek weet van Adams Mission en sy bydrae(s).. Was nog nooit daar nie, maar
>> weet daarvan.
>>
>
> Kan ek aanneem dat jy nog in Kwazulu-Natal bly?
> Ek het gehoor dat Adams College gesluit is. Is
> dit waar?
> Ek neem aan dat die plek Adams Mission nog 'n
> historiese monument is. Dit was in my dae die
> enigste PLEK in SA wat 'n historiese monument
> was. Daar was 'n sitplek gebou uit die oorspronklike
> klippe van Adams se eerste skool, as ek reg onthou.
>
> Gloudina
>
Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #38493 is 'n antwoord op boodskap #20921] So, 21 Januarie 2001 16:28 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Ek sal daar besoek gaan aflê as ek weer in Natal kom. (Is dit waar
> Gatsha skoolgegaan het?)
>

Ek weet nie of Buthelezi daar skoolgegaan het
nie. Ek verbeel my hy was by een van die
Katolieke skole, maar ek is nie seker nie. Die
skool was natuurlik oorspronklik as Adams
College bekend; toe is dit verander na
Amanzimtoti something or other gedurende
die periode toe Bantoe-Onderwys dit oorgeneem
het. Hulle het dit in die laaste jare weer herdoop
tot Adams College, ter ere van die oorspronlike
Amerikaanse sendeling wat dit gestig het. Snaaks
genoeg het Thula Mbata, 'n onlangse hoof van
die skool ( nou in die KWZ N Onderwys-
administrasie) gesoek na 'n foto van Dr. Adams.
Ek het hom in aanraking gebring met Bill
Booth, een van die sendelinge wat gedurende
my tyd by Adams was, en wat nou in die VSA
bly. Maar selfs Bill Booth kon nie by die
hoofkwartiere van die Amerikaanse Sending-
genootskap 'n foto van hom opspoor nie.
Tog het ons foto's van Daniel Lindley, een
van die ander sendelinge. Miskien is die rol
wat Lindley in die Voortrekkergemeenskap
gespeel het, verantwoordelik dat sy foto
vir die geskiedenis bewaar gebly het.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Intellectuals - was Re: "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "My vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 22:41:40 MGT 2024