| Re: Geluk aan die Helsdingens [boodskap #38231] |
Wo., 10 Januarie 2001 23:07  |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ja geluk Gloudina! Vertel meer vir ons, is dit seuns of dogters
en die twee gaan seker lekker maats wees as hulle so na aan ouderdom
is. Daar is darem min dinge so dierbaar soos n pasgebore babatjie!
pop
Danielle skryf in boodskap news:capp5tsl6kb58hm4ckplnbfh4gdcgoh569@4ax.com...
> On Wed, 10 Jan 2001 22:23:42 GMT, @home.com wrote:
>
>> Ou Peet, arme Izak is op cloud nine nadat
>> hy twee kleinkinders in twee dae ryker
>> geword het. Ons gaan more vir vier dae
>> weg om na die een wat ons nog nie gesien
>> het nie, te gaan kyk. So hou jou in tot
>> volgende Maandag. Dan kan jy weer jou
>> gal spoeg.
>
> As dit wel waar is, wil ek darem net baie geluk aan ouma en oupa se.
> :-) Julle moet versigtig ry (as julle iewers heen moet ry), en kom
> veilig terug volgende week.
>
> (Ek sal solank my Afrikaans oefen, want al is ek al ene wat dink dat
> dit al baie verbeter het, weet ek, ek het nog baie om te leer voor ek
> ook so lekker gal kan spoeg soos die ander)
>
|
|
|
|
| Re: Geluk aan die Helsdingens [boodskap #38232 is 'n antwoord op boodskap #38231] |
Wo., 10 Januarie 2001 23:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
poppie wrote:
> Ja geluk Gloudina! Vertel meer vir ons, is dit seuns of dogters
> en die twee gaan seker lekker maats wees as hulle so na aan ouderdom
> is. Daar is darem min dinge so dierbaar soos n pasgebore babatjie!
>
Die een is 'n seuntjie, die ander 'n dogtertjie.
Die dogtertjie se ma is 'n Suid-Afrikaanse
meisie, wat ons seun ontmoet het toe hulle
albei 'n MBA by die Universiteit van Kaapstad
geloop het. So was die nageslagte van die
Afrikaners aan in die Afrikaner-diaspora.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: G [boodskap #38379 is 'n antwoord op boodskap #38360] |
Wo., 17 Januarie 2001 19:24  |
Davie Davis
Boodskappe: 1012 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
Tobie, jy's verdomp skerp!
Sue, ek weet al 'n rukkie dat dit jy is maar nét omdat Tobie dit vir
my gesê het.
Wat nog? Onthou jy die dag toe jy my gevra het om te beloof om slegs
een naam te gebruik?
Onthou jy die dag toe jy vir my gesê het "Davie, as jy iets gesê het
waaroor jy jammer is, sê askies en gesels saam - as Davie! Onthou jy
dat my antwoord was iets soos 'het niks gesê waaroor ek jammer is
nie..."
ktabanga whena palega ndaba whena telile tina whena iyase Zulu! Skati
whena saba tina nogola Zulu na whena?
On 16 Jan 2001 20:01:05 -0600, Klipspringer
wrote:
> On Tue, 16 Jan 2001 21:31:19 +0200, "Tobie" wrote:
>
>> ek het meer van jou gehou toe jy sue was :-(
>
> Ek sien. My naam is Sue, en jy dink jy kan biltong van my maak. Wat
> nog?
|
|
|
|