Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Fragment
Fragment [boodskap #38270] Vr, 12 Januarie 2001 18:49
Sandra Nortje  is tans af-lyn  Sandra Nortje
Boodskappe: 23
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
God bestaan nie, het hy gesê. God ontstaan. En dis waar. Die hemel bestaan
nie. Dit ontstaan uit kleur en klank.

Die lig was sag. So noordelik sesuur sag. Die spierwit ganse het langs die
vyver geloop en skree. Die ses spierwit ganse, die twee ingeteelde bruinwit
ganse en die een gekortwiekte bruin wildegans.

Oor die ronde tafel was daar 'n bottelgroen tafeldoek en die drie
plaatkoekies wat saam met die bietjie tee oorgebly het, het die gevlekte
goudbruin kleur van ryp piesangs gehad.

Sy oë was bruin en dromerig van die klanke wat by die huis uitgekom het.
Musiek behoort vir mense soos hy geskryf te word. Miskien word dit. Die
stemme was donker. 'n Ligte eilanddonker mansstem en 'n ryk afrikadonker
vrouestem.

Malaika, nakupenda malaika...het die man gesing. Angel, I love you. What
should I do. I am defeated by wealth. I don't have any. En dan het die
vrouestem bygekom. Pesa zasumbua roho yangu. Money is troubling my soul.

Op so'n manier dat hy moes vra: Hoe kan sy dit doen...?

Herfsdrade het in die lae lig geblink en die spinnekoppies het so alles met
mekaar verweef.
Vorige onderwerp: Wooden Bowl
Volgende onderwerp: Ek is jammer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 16:03:30 MGT 2024