Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vragie
Vragie [boodskap #38196] Di, 09 Januarie 2001 09:57 na volgende boodskap
Eugene  is tans af-lyn  Eugene
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Wel, dis omtrent die enigste afrikaanse nuusgroep wat ek van weet, so
miskien kan julle my bietjie raad gee.

Ek wil graag weet van mense wat deur UNISA swot. Sal julle dit aanbeveel of
is dit beter om maar liewers voltyds te gaan leer? Is daar dalk van julle
wat oorsee sit en deur UNISA leer? Hoe vind julle dit?

Miskien nou nie heeltemal relevant nie, maar dog maar net ek vra....

Ekke
Re: Vragie [boodskap #38219 is 'n antwoord op boodskap #38196] Wo, 10 Januarie 2001 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:4uun5tk91jr3fp84lll9dn3f47sskn26gh@4ax.com...
> On Tue, 9 Jan 2001 11:57:36 +0200, "Eugene"
> wrote:
>
>> Wel, dis omtrent die enigste afrikaanse nuusgroep wat ek van weet, so
>> miskien kan julle my bietjie raad gee.
>>
>> Ek wil graag weet van mense wat deur UNISA swot. Sal julle dit aanbeveel of
>> is dit beter om maar liewers voltyds te gaan leer? Is daar dalk van julle
>> wat oorsee sit en deur UNISA leer? Hoe vind julle dit?
>>
>> Miskien nou nie heeltemal relevant nie, maar dog maar net ek vra....
>
> Hallo Eugene,
>
> Ag, ek hoop rerig dat iemand anders jou 'n beter antwoord sal gee.
> Persoonlik is my raad aan jou om voltyds te gaan leer as jy dit
> enigsins kan bekostig. Daar is net "iets" aan kampus lewe, wat vir
> altyd deel van jou bestaan sal wees. Die lekker studentekroee is maar
> net een aspek van hierdie "kultuur".
>
> Dan wonder ek sommer of Tollies en die Dros op Stellensbosch nog
> bestaan....
Wel in ons huidige samelewing as jy werk kan kry en terselferte tyd kan
studeer sal ek sê gaan daarvoor. Onthou as jy die dag aansoek doen vir werk
gaan hulle jou nie vra was jy die coolste student of die ene wat die meeste
kon drink nie. Hulle gaan kyk na ondervinding en geletterdheid, deesdae tel
ondervinding meer as tweede genoemde, as jy die werk kan doen is dit joune.

Maar dit bly jou eie keuse.

DA
Re: Vragie [boodskap #38244 is 'n antwoord op boodskap #38196] Do, 11 Januarie 2001 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
As jy wil werk en leer - dan is Unisa uitstekend maar as jy dit kan
bekostig is Varsity iets wat jy moet beleef.

Ek het laas jaar 'n diploma deaur Unisa gedoen en dit was relatief goed
maar dit het 'n studieskool komponent gehad. Daar is ook ander soos
Tegnikon SA waardeur jy kan studeer en byvoorbeeld 'n B.Tech kan kry.

Eugene wrote:
>
> Wel, dis omtrent die enigste afrikaanse nuusgroep wat ek van weet, so
> miskien kan julle my bietjie raad gee.
>
> Ek wil graag weet van mense wat deur UNISA swot. Sal julle dit aanbeveel of
> is dit beter om maar liewers voltyds te gaan leer? Is daar dalk van julle
> wat oorsee sit en deur UNISA leer? Hoe vind julle dit?
>
> Miskien nou nie heeltemal relevant nie, maar dog maar net ek vra....
>
> Ekke
Re: Vragie [boodskap #38265 is 'n antwoord op boodskap #38196] Vr, 12 Januarie 2001 12:52 Na vorige boodskap
"hey...  is tans af-lyn  "hey...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek studeer al die afgelope 4 jaar deur UNISA terwyl ek voltyds werk en
het dit nie 'n probleem gevind nie. Ekhet hierdie jaar in Australie
my finale jaar klaargemaak en die ondersteuning ontvang was voldoende.
Die internet maak dit darem makliker as 'n mens so ver sit van die
huis.

On Tue, 9 Jan 2001 11:57:36 +0200, "Eugene" wrote:

> Wel, dis omtrent die enigste afrikaanse nuusgroep wat ek van weet, so
> miskien kan julle my bietjie raad gee.
>
> Ek wil graag weet van mense wat deur UNISA swot. Sal julle dit aanbeveel of
> is dit beter om maar liewers voltyds te gaan leer? Is daar dalk van julle
> wat oorsee sit en deur UNISA leer? Hoe vind julle dit?
>
> Miskien nou nie heeltemal relevant nie, maar dog maar net ek vra....
>
> Ekke
>
Vorige onderwerp: Spitbraai
Volgende onderwerp: Wooden Bowl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 08:10:27 MGT 2024