Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » n brief aan Mbeki
n brief aan Mbeki [boodskap #38226] Wo, 10 Januarie 2001 20:18 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
n brief wat aan Mbeki geskryf is

Reenen van Niekerk

Beste Mnr Mbeki

>> Verskoon my verwaandheid. Maar ek gaan vandag met die deur in die huis
>> val.
>> Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het. Of u
>> my brief gaan lees, weet ek nie. Moontlik is u iewers in 'n verre
>> land, besig om buitelandse beleggers te oortuig dat SA nes Kanaan van
>> ouds, die land van melk en heuning is. Min weet hulle dat die melk so
>> suur is, jy kan
>> joghurt daarmee maak.

>> En die heuning, wel, dit gebruik ons om gawe mense soos Robert Mugabe
>> se mond mee blink te smeer. Of dalk, meneer die president, is u iewers
>> by 'n mediese kongres. Besig om 'n aangrypende toespraak te lewer oor
>> 'n sakie wat u tog so na aan die hart le. Die vigsprobleem, u weet,
>> daardie siekte wat 'n mens kry as jy nie agter jou ore was nie.

>> Mnr Mbeki, ek is nie 'n bitterbek nie. Ek is nie emosioneel nie. Ek ly
>> nie aan post-traumatiese stres nie. Ek is net wat 'n mens sal noem
>> ordentlik en indringend de donner in. Na 'n rustige naweek keer ek
>> terug na my tuiste in Yeoville. My ou huisie wat reeds 3 jaar in die
>> mark is. Maar niemand wil dit koop nie. Want (a) hulle wil nie in 'n
>> voorstad van Lagos woon nie,
>> (b) hulle wil dit so na aan verniet hê moontlik, (c) die banke weier
>> om 'n
>> verband te gee (of vra 'n belaglike deposito).

>> Die hek staan oop. Die hond is weg. My hart sit in my keel. Voor in
>> die tuin lê my tennisraket. Toe weet ek. Statistieke het my ingehaal.
>> Ek is nie verknog aan 'n TV-stel of 'n CD-speler of 'n rekenaar of 'n
>> M-Net-dekodeerder of 'n videomasjien of 'n ketel of 'n verwarmer of 'n
>> haardroer of 'n selfoon of 'n kamera of tasse of 'n strykyster of
>> klere of beddegoed of handdoeke of skoene of juwele of parfuum of 200
>> CD's of enigiets waarop die bliksems nog hul hande kon lê nie. Die
>> gevriesde vegetariese worsies inkluis.... En (sonder enige
>> versekering) sal dit 'n wyle duur voordat ek weer enige van bogenoemde
>> kan vervang. Maar, dink ek, terwyl ek my bene onder my invou en op my
>> kniee neersak tussen die gemors wat oor die vloere gestrooi lê - dat
>> hulle my Energade gedrink het, dis nou my dinges se deksel. 'n Vriend
>> vertel my van 'n prostituut wat by hom gekla het dat een van haar
>> klante haar besteel het.

>> "Maar weet jy, Francois," se sy hoogs verontwaardig, "die geld is nie
>> so erg nie. Maar die vark het al my Tab uitgedrink." En dis hoe ek
>> nou voel.

>> Verontwaardig. Ontnugter. Teleurgesteld. Moedeloos. Soos derduisende
>> ander mense. Wit en swart. Wat al moes deurloop. En die hemel weet,
>> soveel het reeds met hul lewe daarvoor betaal. Mnr Mbeki, ek wil nie u
>> probleme myne maak nie. Ai, hoe glip my pen nou. Ek is ook nie iemand
>> wat erg aan betogings of enige verrigtinge van demonstratiewe aard
>> nie. Dus huil ek maar op u denkbeeldige skouer. Elke enkele laai is
>> uitgepluk. Die inhoud sorgvuldig deurgesoek vir enigiets waardevols.
>> Pille, hoesstroop, sjampoe... is soos confetti rondgestrooi. Net die
>> stof het hulle gelos.

>> In Essex het diewe onlangs in 'n huis op 'n sak poeier afgekom, gemerk
>> Charlie. Dog toe hulle val met hulle neuse in die botter. En "snuif"
>> tog te lekker aan die wit dwelm. Min wetend dat dit die stoflike
>> oorskot van die huiseienaar se hond was. Gelukkig kan niemand jou sin
>> vir humor steel nie.

>> Oral lê daar gebruikte kerse. En op my bed, 'n kombuismes. Ingeval
>> iemand onverwags instap of wakker word? Volgende dag bel ek die
>> polisie se noodnommer. "Ek is besteel!", verduidelik ek. "Kan jy my
>> dalk help?"
>> "Met wat?", vra sy.
>> Ek is nie seker wat om te antwoord nie. My kennis van misdaadtaal is
>> beperk.
>> Miskien moet ek sê: "Met kaartjies vir die kriekettoets." Maar ek tel
>> tot tien en begin van voor.

>> Dalk moet ek my laat herdoop. In Birmingham, Engeland het 'n Mej
>> Nutting onlangs met mnr Toulouse getrou. Sy heet nou: Mevrou
>> Nutting-Toulouse.

>> Eintlik mnr Mbeki, wil ek net my verligting teenoor u uitspreek. Want:
>> hulle kon my vermoor het, vermink het, verkrag het. Maar deur die
>> genade is ek net beroof.

>> Paraguay is die agtste mees korrupste land ter wereld. 'n Ruk terug is
>> die hoof van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem. En aangekla
>> op negentien aanklagte van korrupsie. Maar ek is 'n burger van SA, 'n
>> pragtige demokratiese land waar eerbaarheid aan die orde van die dag
>> is. Waar diewe moet rekenskap gee van hul dade. Vra maar vir Hansie en
>> dr Boesak.

>> Ek groet u in 'n gees van patriotisme.
>> NS. My beste wense aan mevrou. En as sy dalk 'n ekstra paar nr
>> 7-tekkies
>> het, stuur gerus aan. Twee linkervoete sal ook doen. Die diewe het vir
>> my twee
>> regtervoete gelos.
Re: n brief aan Mbeki [boodskap #38227 is 'n antwoord op boodskap #38226] Wo, 10 Januarie 2001 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

>>> Ek is nie verknog aan 'n TV-stel of 'n CD-speler of 'n rekenaar...
>>> Maar, dink ek, dat
>>> hulle my Energade gedrink het, dis nou my dinges se deksel. '

Reenen, daar is byna altyd 'n boodskap en 'n onderliggendeskadu-boodskap in
enige stuk argumentasie. Jy dink jy pos 'n
stuk wat 'n aanklag is op die aksies van die huidige regime.
Maar onderliggend aan alles is die sieklike feit dat die mens
wat so kla, heelwaarskynlik wit, nog met groot oordadige
aardse besittings oorlaai is, (en dus rot en kaal gesteel kan
word). Die skrywer skilder dus 'n prentjie van indecent
rykdom in 'n land waar tagtig persent van die land se
bevolking (wit en swart en bruin) in die ellendigste armoede
sit. Pas dus op, liewe Reenen, watter stuk jy kies om te pos.

Gloudina
Re: n brief aan Mbeki [boodskap #38228 is 'n antwoord op boodskap #38226] Wo, 10 Januarie 2001 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
My dierbare bitterbek antie,

Jy sit lekker snoesig daar in die vreemde koue, eie regter oor die land
waarvandaan jy gevlug het. Het ek nuus vir jou poppie! Ek hoor hoeka
vanoggend oor die radio dat die SA publiek drie skelms vasgetrap het wat
iemand se handsak gegryp het. Een donner het weggekom, een is in 'n ernstige
toestand in die hospitaal en, shame, die ander een is vrek gemaak. Natuurlik
het die wonderlike SAPD eers laat daar opgedaag, dankie tog anders was daar
'n nikswerd lewe gered. Aangesien jy nou so slim is analiseer die gebeure in
jou wonderlike vergesigte wat jy onder-in jou teekoppie sien. Terloops, gee
my simpatie aan arme Izak (as hy nog leef) - ten minste kan ek die masjien
afskakel as ek genoeg van die Bouwer wysheid bekom het.

'n Stem Uit die Verlede
Re: n brief aan Mbeki [boodskap #38230 is 'n antwoord op boodskap #38226] Wo, 10 Januarie 2001 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Pete wrote:

> My dierbare bitterbek antie,
> gee
> my simpatie aan arme Izak (as hy nog leef)
>
> 'n Stem Uit die Verlede

Ou Peet, arme Izak is op cloud nine nadat
hy twee kleinkinders in twee dae ryker
geword het. Ons gaan more vir vier dae
weg om na die een wat ons nog nie gesien
het nie, te gaan kyk. So hou jou in tot
volgende Maandag. Dan kan jy weer jou
gal spoeg.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As Izak, dan sit ek hom weer deur.
Re: n brief aan Mbeki [boodskap #38304 is 'n antwoord op boodskap #38226] So, 14 Januarie 2001 17:47 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
EN SO GAAN NOG VELE WAKKER SKRIK, TE LAAT OU MAAT: JOU KOFFIE IS
ALREEDS KOUD.....

On Wed, 10 Jan 2001 22:18:19 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

> n brief wat aan Mbeki geskryf is
>
> Reenen van Niekerk
>
>
> Beste Mnr Mbeki
>
>>> Verskoon my verwaandheid. Maar ek gaan vandag met die deur in die huis
>>> val.
>>> Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het. Of u
>>> my brief gaan lees, weet ek nie. Moontlik is u iewers in 'n verre
>>> land, besig om buitelandse beleggers te oortuig dat SA nes Kanaan van
>>> ouds, die land van melk en heuning is. Min weet hulle dat die melk so
>>> suur is, jy kan
KNIP
Vorige onderwerp: Gloudina/miskruier
Volgende onderwerp: Inligting oor Voetslaanroetes in Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 07:18:07 MGT 2024