Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "tyd van vlerke" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
"tyd van vlerke" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #38224] Wo, 10 Januarie 2001 19:48
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

tyd van vlerke
Christine Barkhuizen le Roux

ek het nie gedink
dat die somer verby was nie
die bome was nog groen
die wolke van die eerste reën
nog agter die horison

ek het wakker geword uit 'n droom
waar my hart aan vlerke was

anderkant die vensterbank
het drie swaels
ook die wind getoets
Vorige onderwerp: "Gabloematiem" deur RONNIE BELCHER
Volgende onderwerp: "Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 13:48:08 MGT 2024