Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Morester" deur DONALD RIEKERT
"Die Morester" deur DONALD RIEKERT [boodskap #18872] Di, 03 November 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE MÔRESTER
Donald Riekert

Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine
Re: "Die Morester" deur DONALD RIEKERT [boodskap #28491 is 'n antwoord op boodskap #18872] Di, 14 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @home.com wrote:
> DIE MÔRESTER
> Donald Riekert
> Die môrester laat val
> kort voor dagbreek drie
> druppels nektar
> op die rooi duin
> en drie wyse manne
> het op drie wit
> môreblomme afgekom
> en die geur van =91n
> babatjie geruik
> en hom gevind
> wat sou praat
> oor die een ster
> bo verlate duine

Dankie vir die pragtige gedig. Partykeer 'n "disastar", partykeer 'n
"star". Die reisiger probeer om by hierdie ng perfek te wees, maar 'n
mens word in die lewe gebore om die lesse van die Universiteit hier op
Aarde te leer.

Re: "Die Morester" deur DONALD RIEKERT [boodskap #28492 is 'n antwoord op boodskap #18872] Di, 14 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , reisiger
wrote:

> Partykeer 'n "disastar", partykeer
> 'n
> "star".

Bg. moet lees:

Van 'n vlieg na 'n heuningby. Van 'n "disastar" na 'n "star".

Re: "Die Môrester" deur DONALD RIEKERT [boodskap #37577 is 'n antwoord op boodskap #18872] Di, 05 Desember 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
kak gedig

skryf in boodskap news:3A2D7671.E399752A@home.com...
DIE MÔRESTER
Donald Riekert

Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine
Re: "Die Môrester" deur DONALD RIEKERT [boodskap #38001 is 'n antwoord op boodskap #18872] Ma, 25 Desember 2000 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Wow!
Wat 'n pragtige gedig!
Ek sou graag wou weet: Wat is die betekenis van die gedig vir elkeen hier
wees - wat lus is om te antwoord.

Mag julle Kersdag 'n familiedag wees...net 'n oproep ver.

skryf in boodskap news:3A462BAF.FD3FCF88@home.com...
DIE MÔRESTER
Donald Riekert

Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine
Re: "Die Môrester" deur DONALD RIEKERT [boodskap #38014 is 'n antwoord op boodskap #38001] Wo, 27 Desember 2000 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
huisieb...@hotmail.com het gesê:
> Wow!
> Wat 'n pragtige gedig!
> Ek sou graag wou weet: Wat is die betekenis van die gedig vir elkeen hier
> wees - wat lus is om te antwoord.
>

Vir my beteken die gedig heeltemal NIKS...

Skunk

> Mag julle Kersdag 'n familiedag wees...net 'n oproep ver.
>
> skryf in boodskap news:3A462BAF.FD3FCF88@home.com...
> DIE MÔRESTER
> Donald Riekert
>
> Die môrester laat val
> kort voor dagbreek drie
> druppels nektar
> op die rooi duin
> en drie wyse manne
> het op drie wit
> môreblomme afgekom
> en die geur van 'n
> babatjie geruik
> en hom gevind
> wat sou praat
> oor die een ster
> bo verlate duine
>
Re: "Die Môrester" deur DONALD RIEKERT [boodskap #38024 is 'n antwoord op boodskap #38001] Vr, 29 Desember 2000 10:35 Na vorige boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
KaapseKind :
Wat 'n pragtige gedig!
Ek sou graag wou weet: Wat is die betekenis van die gedig vir elkeen hier
wees - wat lus is om te antwoord.

Barrie:
Dit is 'n mooi gediggie. Dit is ook 'n sprokie.
Ek glo dat die digkuns vir baie mense geslote bly
om die eenvoudige rede dat hulle "te veel"
in wat die digter hulle bied, wil soek. Daar is nie meer
'n metode wat die teks vir die gemiddelde leser ontsluit
nie. Taal dra tog gedagtes oor. En dit impliseer
'n direkte opdrag aan die leser/interpreteerder/
ontvanger van die boodskap. Mens moet
poog om die boodskap volgens jou sienswyse
te interpreteer - subjektief. Die teikengehoor
(the implied reader) sal self volgens vermoë,
die gegewe stel simbole verstaan. Dit gaan van
mens tot mens verskil.

Deur eenvoudig 'n transkripsie van Riekert se
aanbod te maak, kan enige ou baie naby aan
'n sinvolle interpretasie van die gegewe kom.
(Dit geld vir enige gedig!) Onthou egter dat
ervaringsveld/ verstandsouderdom/
intellek/ kultuuragtergrond/ jou hele menswees,
jou interpretasie beïnvloed. Wat jy as eg beskou,
kan deur ander as sinisisme gesien word. Soos enige
digter/ kunsteskepper is jy egter geregtig
op 'n eie opinie. (Ek preek nie vir jou
nie, want ek is bewus van jou agtergrond.
Eerder vir die ander ouens! :))

As eksperiment gaan ek interpreteer
wat ek in Riekert se woorde lees:

DIE MÔRESTER ( women are from Venus - men from Mars:)
Donald Riekert

Die môrester laat val ( stort -- soos saad)
kort voor dagbreek drie ( amper te laat, want dit word lig
en sterre verdwyn)
druppels nektar ( Alliterasie, nektar sny
blommotief aan)(Nektar is soet en voed)
op die rooi duin ( rooi soos in Kalahari?
Simbolies word rooi as gevaar gesien)
en drie wyse manne ( Nêrens in Bybel word van drie
wyse manne gepraat nie -
net drie soorte
geskenk: goud, wierook en mirre)
het op drie wit ( Dis die derde drie in die
gedig/ wit = rein
môreblomme afgekom (Môre = vars/nuut. Kyk na die
tydsaspek/ môreblomme
bestaan net in die
môre/ verwelk later / 'n soort blom)
Afgekom =
ontdek/toevallig?)
en die geur van 'n (Geur = aangenaam, vol
belofte)
babatjie geruik ( die Christuskind? Geruik =
bron van geur/
oop vir negatiewe
interpretasie, want nie alle
babatjies ruik lekker
nie!)
en hom gevind
wat sou praat (sou = Het hy?)
oor die een ster (Môrester? Ster soos in
rolprentheld?Wegwyser (
Ek kies lg.)
bo verlate duine ( Nihilistiese beeld / adem
gees van tevergeefsheid/
mislukking/
atiklimaktiese slot)

Op 'n dieper vlak: Kan dit wees dat outeur na die maagdelike geboorte
verwys/
'n kosmiese bevrugting? Die drie drie's kan ook verwys na die drie-enigheid
van die
Christelike geloof.

Maar net my opinie!
'n Geseënde nuwejaar vol belofte vir almal.
Vorige onderwerp: "Kersfees in Ouetehuis" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 19:13:31 MGT 2024