Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38021] |
Thu, 28 December 2000 20:50  |
Klipspringer
Boodskappe: 18 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Op Donderdag, 28 Dec 2000, het Danielle dit gese:
> Geskryf deur: Ilda Jacobs
>
> Washington D.C. - Ek kan skaars skryf vanoggend. Die trane lê sommer
> baie vlak. Vanoggend bel my liefste ouma met haar bietjie geldjies uit
> 'n klein dorpie in die Transvaal uit om vir my geseënde Kersfees te
> sê.
Baie dankie vir jou moeite om Kytie se weeklikse brief ook na hierdie
nuusgroep te pos, Danielle.
|
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38023 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Fri, 29 December 2000 09:16   |
Skunk
Boodskappe: 192 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kytie klink vir my nes Gloudina. Ook midde in apartheid grootgeword, maar
niks fout gedoen nie... Is die skole al vanaf '91 oop? As ek dit goed het
was Kytie in '91 dertien jaar oud. Dit maak haar nou so 22 en sy sit al in
die buiteland. Sy't dus nie eers PROBEER om 'n sukses van haar loopbaan of
lewe te maak in SA nie. Terloops, ek het al vroeg in die 70's met klein
kaffertjies gespeel, geen kuns. Ook nie om anderskleuriges oor te nooi vir
tee nie...
Die Kaap is agter die druiwegordyn, of is dit boereworsgordyn?
Skunk
Danielle schreef in berichtnieuws
p85n4tsd88n11am2dpbn144dcbeuoedu6i@4ax.com...
>
> Geskryf deur: Ilda Jacobs
>
> Washington D.C. - Ek kan skaars skryf vanoggend. Die trane lê sommer
> baie vlak. Vanoggend bel my liefste ouma met haar bietjie geldjies uit
> 'n klein dorpie in die Transvaal uit om vir my geseënde Kersfees te
> sê.
>
> Ek kry 'n e-mail van my ma waarin sy sê sy hou nie die jaar kersfees
> in haar hart nie, want haar kind is nie by die huis nie. Miskien sou
> ons vreeslik baklei het as ek by die huis was. Oor die nuwe "Tuiste
> vir almal" dokument wat Antjie Krog en Carl Niehaus geloods het. As jy
> die dokument teken, het dit implikasies.
>
> As jy wit is, erken jy aandadigheid in apartheid en jy maak 'n
> finansiële bydrae. Jou handtekening beteken: Ja, ek is deur apartheid
> bevoordeel, ja, ek dink wit mense het almal deur die bank aktief of
> passief bygedra tot apartheid. Ja EK HET AKTIEF OF PASSIEF BYGEDRA TOT
> APARTHEID.
>
> Vra jouself vandag die vrae. My ma sê sy is nie skuldig nie. Moet sy
> nou vir haar wit vel om verskoning vra, vra my ma? Soos swart mense in
> die apartheidsregering vir hulle kleur moes? Sy sê sy het nooit
> nasionalisties gestem nie, en my pa ook nie.
>
> Ek weet nie mamma. Ek weet nie met wie ek saam stem nie. Alles is so
> relatief.
>
> My ma en my pa was "polities liberaal" volgens standaarde in klein
> Afrikaanse dorpies.
>
> My ma was 'n onderwyseres by 'n "gekleurde skool", my pa 'n dosent by
> die Universiteit van Wes-Kaapland. Hulle was nie NG kerk, soos die
> meeste Afrikaners nie.
>
> Hulle was Valies wat skielik in 1984 in die Afrikaanse voorstede van
> Kaapstad "agter die boereworsgordyn" kom intrek het.
>
> Ons was anders, ons het dit van altyd af geweet. Daarom was
> Stellenbosch universiteit nie eers vir my 'n opsie nie, want dit was
> die Afrikaner bastion.
>
> Daar was geen swart mense in die suburbs nie. My 5 jaar ou kop het
> gedink dit is maar 'n geografiese gegewe: sommige plekke in die land
> het nie swart mense nie.
>
> Eendag het ek by die skool gese my ma'le stem PFP. Dit was soos 'n
> kriminele oortreding. ALMAL was nasionalisties.
>
> So ek het geglo my ma'le was anders, nog altyd. Nou moet ek baklei om
> hulle te verdedig. Want hulle was nie liberaal genoeg nie. Hulle was
> nie aktief in die Struggle nie.
>
> En hulle moet om verskoning vra. Dan moet die Britte ook om verskoning
> vra, sê my ma. "Ek het vir alles bleddie hard gewerk."
>
> Wat van die arme vroue wat uit die konsentrasiekampe gekom het met
> niks nie? Wat van die plasie waar my oupa grootgeword het wat eers in
> 1986 elektrisiteit gekry het?
>
> My ma was 'n myndorpie- kind; hulle was brandarm. Sy't in die bank
> gewerk tot sy geld gehad het vir haar studies. Al hierdie goed gaan
> deur my kop.
>
> Suid-Afrika maak nog steeds van alles 'n swart of wit issue maak. Dit
> is nie so eenvoudig nie.
>
> My ma se Frankryk moet verskoning vra, en die hele Europa. Ek dink
> daai ou simpele NP regering moet boet, P.W. Botha in sy mansion in die
> Wildernis, die mediamagnate wat informasie van ons weerhou het, ek
> dink nie daardie mense regte skenders moet Amnestie kry nie..ja, ja,
> whatever, sug almal oor my tirades.
>
> Die feit van die saak is, elke dag as ek aan Suid-Afrika dink vanuit
> die vreemde, sien ek die arm swart vraagstuk. Die misdaad. Die AIDS.
>
> Dan konfronteer die geskiedenis my. Almal kan maar moun en kla oor die
> regering en korrupsie en sê ons moet die verlede agter ons sit, maar
> ek vermoed ou attitudes klou nog vas, orals.
>
> Ek dink miskien is hierdie dokument "Tuiste vir Almal" noodsaaklik
> omdat rou nerwe aangeraak word.
>
> Dit dwing jou om jouself te konfronteer. Dit laat ook daardie
> inherente, geindoktrineerde rassistiese houdings,orals hulle
> monsteragtige koppies uitsteek.
>
> Ten minste is daar die een of ander vorm van progressie: Ouma was
> gekant teen die Britte en het Nasionalisties gestem. Ma was gekant
> teen die Nasionaliste, en het PFP gestem. Toe kom hulle deurmekaar
> Afrikaanse dogter en vra te veel vrae en kry te veel antwoorde en
> immigreer na die VSA.
>
> As ek begin om verskoning vra vir my velkleur en my geskiedenis, bely
> ek dat ek nie meer in Suid-Afrika hoort nie? As ek bely, wat ek bely
> ek? Ek het kryte en boeke en 'n goeie skool gehad. Op die een of ander
> manier het ek uit apartheid voordeel getrek as 'n jong wit, Afrikaanse
> meisie'tjie.
>
> Ek weet ouma gaan nie bely nie. En sy het KP gestem. Oorspronklik VP,
> en sy wou nie vir die Natte stem nie. Toe stem sy maar KP.
> Konserwatiewe party.
>
> Ouma is 'n pensioentrekker, het 'n matriek agter haar naam. My oupa,
> dood net 'n paar maande na Mandela uit die tronk gekom het, het 'n
> standerd ses agter sy naam gehad. Met ander woorde hy is uit die skool
> uit toe hy 12 of 13 jaar oud was.
>
> Hulle, die Afrikaners, het na die Boere-oorlog die land opgebou tot 'n
> sogenaamde modelstaat met embarrasingly goedkoop arbeid en al die
> gruwels wat daarmee saamgegaan het; in die proses het 'n paar mense
> ryk geword en ander het middelklas gebly. En ander het arm, arm gebly.
> Is steeds vandag arm.
>
> Die legacy. Die Legacy van apartheid.
>
> Van arm grootword, is ma en pa nou middelklas. Sien daar is
> progressie. Dalk gaan ek hier in die VSA 'n man kry en dollars opgaar
> en ryk wees. Progressie, evolusie, wat ookal. Dalk gaan ek terug na
> Suid-Afrika en teken daardie "Tuiste vir Almal" en bou aan
> Suid-Afrika, op my manier.
>
> Soos my ma op haar manier probeer bou het: Ons het kleurlinge vir tee
> gehad in 1985 in ons woonbuurt en die bure was verstom. Ons het
> grootgeword en met ander kleure gespeel en tot in 1988 onthou ek hoe
> my ma die onbevoorregte "nie-blankes" probeer help het.
>
> Een ding weet ek kan ek voor dankie sê: Ons het grootgeword met "Jy
> moet jou naaste liefhe soos jouself."
>
> Daarom kon ek in 1991 toe die skole oopmaak, en die eerste nie-blanke
> meisie verlore op die skool speel grond staan, pouse by haar gaan sit.
>
> Ja, ek wou IETS demonstreer, as 'n 13 jarige met 'n konsep en 'n hero
> met die naam Nelson Mandela. En dalk was ek hipokrities en daaroor
> skuldig, maar dit was daardie iets wat my ma en pa gehad het, wat my
> gedryf het.
>
> Ek het goeie intensies gehad. My ma, en my KP ouma, het ook nog altyd
> net goeie intensies gehad.
>
> Goeie intensies is nie genoeg nie. Is my familie skuldig? Is ek
> skuldig? Bely ek, betaal ek? Gaan ek terug na SA toe?
>
> Hierdie Kersfees is alleen sonder my familie met hierdie hartseer vrae
> in my kop. Dit is my droom Kersfees, spierwit buite en die wêreld vol
> sneeu. Dit voel asof alles skoon is, witgewas is, asof die wêreld vol
> is van die genade wat ek, en my familie en my land so nodig het.
>
> Kytie K.
>
>
>
> � RSA-Overseas & Matheson Communications
>
>
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38032 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Sat, 30 December 2000 05:42   |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Carl Niehaus probeer bloot om die werk van SPROCAS voort te sit - onthou
julle die groep wat ten doel gehad het om die blanke skuldig te laat voel.
Ek wonder, voel die Britte skuldig oor die Iere? Ek sien en hoor Britte wat
Suid-AFrika toe kom - hulle eerste besoek is aan Robbeneiland - dan lewer
diesulkes kommentaar oor die wreedhede van apartheid - mein gott - hoe naief
kan ons nie wees nie.
Gaan reis vir 'n halfdag in Afrika - neem van die verwaande Suid-Afrikaanse
pienkies saam... Afrika skuld die Suid-Afrikaanse blanke - jy het nie nodig
om skuldig te voel nie. Die ouens wat nou gerieflik in die buiteland sit sal
weet wat die blankes deur die eeue hier opgeoffer het om iets tot stand te
bring.
Wat doen Carl Niehaus oor die armblanke probleem - wat doen ons almal in
hierdie verband? Niehaus is bloot weer besig om sy aandele in ANC-geledere
te probeer verhoog.
"Danielle" skryf in boodskap news:p85n4tsd88n11am2dpbn144dcbeuoedu6i@4ax.com...
>
> Geskryf deur: Ilda Jacobs
>
> Washington D.C. - Ek kan skaars skryf vanoggend. Die trane lê sommer
> baie vlak. Vanoggend bel my liefste ouma met haar bietjie geldjies uit
> 'n klein dorpie in die Transvaal uit om vir my geseënde Kersfees te
> sê.
>
> Ek kry 'n e-mail van my ma waarin sy sê sy hou nie die jaar kersfees
> in haar hart nie, want haar kind is nie by die huis nie. Miskien sou
> ons vreeslik baklei het as ek by die huis was. Oor die nuwe "Tuiste
> vir almal" dokument wat Antjie Krog en Carl Niehaus geloods het. As jy
> die dokument teken, het dit implikasies.
>
> As jy wit is, erken jy aandadigheid in apartheid en jy maak 'n
> finansiële bydrae. Jou handtekening beteken: Ja, ek is deur apartheid
> bevoordeel, ja, ek dink wit mense het almal deur die bank aktief of
> passief bygedra tot apartheid. Ja EK HET AKTIEF OF PASSIEF BYGEDRA TOT
> APARTHEID.
>
> Vra jouself vandag die vrae. My ma sê sy is nie skuldig nie. Moet sy
> nou vir haar wit vel om verskoning vra, vra my ma? Soos swart mense in
> die apartheidsregering vir hulle kleur moes? Sy sê sy het nooit
> nasionalisties gestem nie, en my pa ook nie.
>
> Ek weet nie mamma. Ek weet nie met wie ek saam stem nie. Alles is so
> relatief.
>
> My ma en my pa was "polities liberaal" volgens standaarde in klein
> Afrikaanse dorpies.
>
> My ma was 'n onderwyseres by 'n "gekleurde skool", my pa 'n dosent by
> die Universiteit van Wes-Kaapland. Hulle was nie NG kerk, soos die
> meeste Afrikaners nie.
>
> Hulle was Valies wat skielik in 1984 in die Afrikaanse voorstede van
> Kaapstad "agter die boereworsgordyn" kom intrek het.
>
> Ons was anders, ons het dit van altyd af geweet. Daarom was
> Stellenbosch universiteit nie eers vir my 'n opsie nie, want dit was
> die Afrikaner bastion.
>
> Daar was geen swart mense in die suburbs nie. My 5 jaar ou kop het
> gedink dit is maar 'n geografiese gegewe: sommige plekke in die land
> het nie swart mense nie.
>
> Eendag het ek by die skool gese my ma'le stem PFP. Dit was soos 'n
> kriminele oortreding. ALMAL was nasionalisties.
>
> So ek het geglo my ma'le was anders, nog altyd. Nou moet ek baklei om
> hulle te verdedig. Want hulle was nie liberaal genoeg nie. Hulle was
> nie aktief in die Struggle nie.
>
> En hulle moet om verskoning vra. Dan moet die Britte ook om verskoning
> vra, sê my ma. "Ek het vir alles bleddie hard gewerk."
>
> Wat van die arme vroue wat uit die konsentrasiekampe gekom het met
> niks nie? Wat van die plasie waar my oupa grootgeword het wat eers in
> 1986 elektrisiteit gekry het?
>
> My ma was 'n myndorpie- kind; hulle was brandarm. Sy't in die bank
> gewerk tot sy geld gehad het vir haar studies. Al hierdie goed gaan
> deur my kop.
>
> Suid-Afrika maak nog steeds van alles 'n swart of wit issue maak. Dit
> is nie so eenvoudig nie.
>
> My ma se Frankryk moet verskoning vra, en die hele Europa. Ek dink
> daai ou simpele NP regering moet boet, P.W. Botha in sy mansion in die
> Wildernis, die mediamagnate wat informasie van ons weerhou het, ek
> dink nie daardie mense regte skenders moet Amnestie kry nie..ja, ja,
> whatever, sug almal oor my tirades.
>
> Die feit van die saak is, elke dag as ek aan Suid-Afrika dink vanuit
> die vreemde, sien ek die arm swart vraagstuk. Die misdaad. Die AIDS.
>
> Dan konfronteer die geskiedenis my. Almal kan maar moun en kla oor die
> regering en korrupsie en sê ons moet die verlede agter ons sit, maar
> ek vermoed ou attitudes klou nog vas, orals.
>
> Ek dink miskien is hierdie dokument "Tuiste vir Almal" noodsaaklik
> omdat rou nerwe aangeraak word.
>
> Dit dwing jou om jouself te konfronteer. Dit laat ook daardie
> inherente, geindoktrineerde rassistiese houdings,orals hulle
> monsteragtige koppies uitsteek.
>
> Ten minste is daar die een of ander vorm van progressie: Ouma was
> gekant teen die Britte en het Nasionalisties gestem. Ma was gekant
> teen die Nasionaliste, en het PFP gestem. Toe kom hulle deurmekaar
> Afrikaanse dogter en vra te veel vrae en kry te veel antwoorde en
> immigreer na die VSA.
>
> As ek begin om verskoning vra vir my velkleur en my geskiedenis, bely
> ek dat ek nie meer in Suid-Afrika hoort nie? As ek bely, wat ek bely
> ek? Ek het kryte en boeke en 'n goeie skool gehad. Op die een of ander
> manier het ek uit apartheid voordeel getrek as 'n jong wit, Afrikaanse
> meisie'tjie.
>
> Ek weet ouma gaan nie bely nie. En sy het KP gestem. Oorspronklik VP,
> en sy wou nie vir die Natte stem nie. Toe stem sy maar KP.
> Konserwatiewe party.
>
> Ouma is 'n pensioentrekker, het 'n matriek agter haar naam. My oupa,
> dood net 'n paar maande na Mandela uit die tronk gekom het, het 'n
> standerd ses agter sy naam gehad. Met ander woorde hy is uit die skool
> uit toe hy 12 of 13 jaar oud was.
>
> Hulle, die Afrikaners, het na die Boere-oorlog die land opgebou tot 'n
> sogenaamde modelstaat met embarrasingly goedkoop arbeid en al die
> gruwels wat daarmee saamgegaan het; in die proses het 'n paar mense
> ryk geword en ander het middelklas gebly. En ander het arm, arm gebly.
> Is steeds vandag arm.
>
> Die legacy. Die Legacy van apartheid.
>
> Van arm grootword, is ma en pa nou middelklas. Sien daar is
> progressie. Dalk gaan ek hier in die VSA 'n man kry en dollars opgaar
> en ryk wees. Progressie, evolusie, wat ookal. Dalk gaan ek terug na
> Suid-Afrika en teken daardie "Tuiste vir Almal" en bou aan
> Suid-Afrika, op my manier.
>
> Soos my ma op haar manier probeer bou het: Ons het kleurlinge vir tee
> gehad in 1985 in ons woonbuurt en die bure was verstom. Ons het
> grootgeword en met ander kleure gespeel en tot in 1988 onthou ek hoe
> my ma die onbevoorregte "nie-blankes" probeer help het.
>
> Een ding weet ek kan ek voor dankie sê: Ons het grootgeword met "Jy
> moet jou naaste liefhe soos jouself."
>
> Daarom kon ek in 1991 toe die skole oopmaak, en die eerste nie-blanke
> meisie verlore op die skool speel grond staan, pouse by haar gaan sit.
>
> Ja, ek wou IETS demonstreer, as 'n 13 jarige met 'n konsep en 'n hero
> met die naam Nelson Mandela. En dalk was ek hipokrities en daaroor
> skuldig, maar dit was daardie iets wat my ma en pa gehad het, wat my
> gedryf het.
>
> Ek het goeie intensies gehad. My ma, en my KP ouma, het ook nog altyd
> net goeie intensies gehad.
>
> Goeie intensies is nie genoeg nie. Is my familie skuldig? Is ek
> skuldig? Bely ek, betaal ek? Gaan ek terug na SA toe?
>
> Hierdie Kersfees is alleen sonder my familie met hierdie hartseer vrae
> in my kop. Dit is my droom Kersfees, spierwit buite en die wêreld vol
> sneeu. Dit voel asof alles skoon is, witgewas is, asof die wêreld vol
> is van die genade wat ek, en my familie en my land so nodig het.
>
> Kytie K.
>
>
>
> � RSA-Overseas & Matheson Communications
>
>
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38034 is 'n antwoord op boodskap #38032] |
Sat, 30 December 2000 14:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jonas wrote:
> - mein gott - hoe naief
> kan ons nie wees nie.
HEIL, SON OF HITLER
> Die ouens wat nou gerieflik in die buiteland sit sal
> weet wat die blankes deur die eeue hier opgeoffer het om iets tot stand te
> bring.
Ha, ha, ha. Hoeveel onse op jou pond? Wie het die goud uit diegrond gegrawe? Wie
het die werk op die plase gedoen? Wie het
die vloere geskrop, sommige mense se kinders grootgemaak
terwyl die miesies op die voorstoep sit en tee drink het, die
wingerde natgelei terwyl die baas die wyn gemaak het.
Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38041 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Sat, 30 December 2000 21:34   |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 30 Dec 2000 14:53:32 GMT, @home.com wrote:
> Ha, ha, ha. Hoeveel onse op jou pond?
Se mens "in" of "op" jou pond?
> Wie het die goud uit diegrond gegrawe? Wie
My oupa het altyd stories vertel van sy armgat broer wat 'n delwer
was. So, ek dink dit was hierdie armgat broer van hom wat die goud,
robyne en diamante uit die grond gegrawe het. Ons praat nie juis met
daai deel van die familie nie, so ek sal seker nooit die waarheid weet
nie.
> het die werk op die plase gedoen? Wie het
My ma en pa werk nogsteeds baie hard op hulle plaas. Ja, hulle het
hulp, maar ek dink hulle werk baie harder as die plaashulp.
> die vloere geskrop, sommige mense se kinders grootgemaak
> terwyl die miesies op die voorstoep sit en tee drink het, die
Emma het my grootgemaak. My ma het nie op die voorstoep gesit en
teedrink nie. Sy het GEWERK! Timothy was die cook, en het die
heerlikste bobotie gemaak. Hy wou nooit vir my die resep geen nie, en
Timothy is nou nie meer met ons nie. Sophie was die wasmeid, en het
ons klere gewas en gestryk. Sophie het later 'n witchdoctor geword,
en ek het nooit weer van haar gehoor nie.
> wingerde natgelei terwyl die baas die wyn gemaak het.
Se vir ons wie? Ek het nie in die wynland grootgeword nie, so ek sal
nie kan raai nie.
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38042 is 'n antwoord op boodskap #38041] |
Sat, 30 December 2000 22:10   |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink dat sy bedoel dat Suid-Afrika ryk geword het d.m.v. goedkoop
(swart) arbeid Soos ek "delwer" verstaan, is dit iemand
wat onafhanklik delf na edelgesteentes. Baie van die delwers
was arm ja, maar dis omdat hulle vir hulle self moes sorg
en van diamant se opbrengs na die mond gelewe het. M.a.w. hulle
het nie n vaste inkomste gehad nie.
Pop
Danielle skryf in boodskap news:mlks4tkq46d1eqfoknoq6e9g5lg3od8i9g@4ax.com...
> On Sat, 30 Dec 2000 14:53:32 GMT, @home.com wrote:
>
>
>> Ha, ha, ha. Hoeveel onse op jou pond?
>
> Se mens "in" of "op" jou pond?
>
>> Wie het die goud uit diegrond gegrawe? Wie
>
> My oupa het altyd stories vertel van sy armgat broer wat 'n delwer
> was. So, ek dink dit was hierdie armgat broer van hom wat die goud,
> robyne en diamante uit die grond gegrawe het. Ons praat nie juis met
> daai deel van die familie nie, so ek sal seker nooit die waarheid weet
> nie.
>
>> het die werk op die plase gedoen? Wie het
>
> My ma en pa werk nogsteeds baie hard op hulle plaas. Ja, hulle het
> hulp, maar ek dink hulle werk baie harder as die plaashulp.
>
>> die vloere geskrop, sommige mense se kinders grootgemaak
>> terwyl die miesies op die voorstoep sit en tee drink het, die
>
> Emma het my grootgemaak. My ma het nie op die voorstoep gesit en
> teedrink nie. Sy het GEWERK! Timothy was die cook, en het die
> heerlikste bobotie gemaak. Hy wou nooit vir my die resep geen nie, en
> Timothy is nou nie meer met ons nie. Sophie was die wasmeid, en het
> ons klere gewas en gestryk. Sophie het later 'n witchdoctor geword,
> en ek het nooit weer van haar gehoor nie.
>
>> wingerde natgelei terwyl die baas die wyn gemaak het.
>
> Se vir ons wie? Ek het nie in die wynland grootgeword nie, so ek sal
> nie kan raai nie.
>
>
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38043 is 'n antwoord op boodskap #38042] |
Sat, 30 December 2000 22:33   |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 30 Dec 2000 16:10:48 -0600, "poppie" wrote:
> Ek dink dat sy bedoel dat Suid-Afrika ryk geword het d.m.v. goedkoop
> (swart) arbeid
Ja, ek weet. Ek was sommer net lus om domastrant te wees.
> Soos ek "delwer" verstaan, is dit iemand
> wat onafhanklik delf na edelgesteentes.
Ja, ek het so bietjie deurmekaar geraak met die goud-grawers en
edelgesteente goeters. :-)
> Baie van die delwers
> was arm ja, maar dis omdat hulle vir hulle self moes sorg
> en van diamant se opbrengs na die mond gelewe het. M.a.w. hulle
> het nie n vaste inkomste gehad nie.
Maar ernstig nou. Ek weet nie of dit net in ons familie was nie, maar
dit was altyd so "klad" op die familienaam om te erken dat een broer
'n delwer was. Oom Piet was altyd die "swerwer", en nikswerd en
watookal, maar vandag is hulle skatryk. Nogal ironies. :-))
Was jy al in Pelgrims Rus? Ek het daar naby grootgeword btw.
> Pop
>
>
> Danielle wrote in message
> news:mlks4tkq46d1eqfoknoq6e9g5lg3od8i9g@4ax.com...
>> On Sat, 30 Dec 2000 14:53:32 GMT, @home.com wrote:
>>> Ha, ha, ha. Hoeveel onse op jou pond?
>> Se mens "in" of "op" jou pond?
>>> Wie het die goud uit diegrond gegrawe? Wie
>> My oupa het altyd stories vertel van sy armgat broer wat 'n delwer
>> was. So, ek dink dit was hierdie armgat broer van hom wat die goud,
>> robyne en diamante uit die grond gegrawe het. Ons praat nie juis met
>> daai deel van die familie nie, so ek sal seker nooit die waarheid weet
>> nie.
>>> het die werk op die plase gedoen? Wie het
>> My ma en pa werk nogsteeds baie hard op hulle plaas. Ja, hulle het
>> hulp, maar ek dink hulle werk baie harder as die plaashulp.
>>> die vloere geskrop, sommige mense se kinders grootgemaak
>>> terwyl die miesies op die voorstoep sit en tee drink het, die
>> Emma het my grootgemaak. My ma het nie op die voorstoep gesit en
>> teedrink nie. Sy het GEWERK! Timothy was die cook, en het die
>> heerlikste bobotie gemaak. Hy wou nooit vir my die resep geen nie, en
>> Timothy is nou nie meer met ons nie. Sophie was die wasmeid, en het
>> ons klere gewas en gestryk. Sophie het later 'n witchdoctor geword,
>> en ek het nooit weer van haar gehoor nie.
>>> wingerde natgelei terwyl die baas die wyn gemaak het.
>> Se vir ons wie? Ek het nie in die wynland grootgeword nie, so ek sal
>> nie kan raai nie.
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38046 is 'n antwoord op boodskap #38043] |
Sat, 30 December 2000 23:28   |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Danielle skryf in boodskap news:j8os4t4j9c622f582205ep2mug8v8jspld@4ax.com...
Was jy al in Pelgrims Rus? Ek het daar naby grootgeword btw.
Ja, ek was al n hele paar keer in Pelgrims Rus. Ek dink die plek
het n wonderlike atmosfeer. Veral die begrafplaas waar daardie
een man (die dorps kroek) eenkant en anders begrawe is.
Ons het een jaar daar gaan kuier, en by Mount Sheba oornag,
watter wonderlike ondervinding is dit, ook Sabie, Graskop, die Potholes,
God's Window en al daai. Die heel lekkerste avokadopere, pynappels ens.
Daardie deel van die wêreld is en sal altyd magic wees.
Pop
>>
>> Danielle wrote in message
>> news:mlks4tkq46d1eqfoknoq6e9g5lg3od8i9g@4ax.com...
>>> On Sat, 30 Dec 2000 14:53:32 GMT, @home.com wrote:
>
>
>>>> Ha, ha, ha. Hoeveel onse op jou pond?
>
>>> Se mens "in" of "op" jou pond?
>
>>>> Wie het die goud uit diegrond gegrawe? Wie
>
>>> My oupa het altyd stories vertel van sy armgat broer wat 'n delwer
>>> was. So, ek dink dit was hierdie armgat broer van hom wat die goud,
>>> robyne en diamante uit die grond gegrawe het. Ons praat nie juis met
>>> daai deel van die familie nie, so ek sal seker nooit die waarheid weet
>>> nie.
>
>>>> het die werk op die plase gedoen? Wie het
>
>>> My ma en pa werk nogsteeds baie hard op hulle plaas. Ja, hulle het
>>> hulp, maar ek dink hulle werk baie harder as die plaashulp.
>
>>>> die vloere geskrop, sommige mense se kinders grootgemaak
>>>> terwyl die miesies op die voorstoep sit en tee drink het, die
>
>>> Emma het my grootgemaak. My ma het nie op die voorstoep gesit en
>>> teedrink nie. Sy het GEWERK! Timothy was die cook, en het die
>>> heerlikste bobotie gemaak. Hy wou nooit vir my die resep geen nie, en
>>> Timothy is nou nie meer met ons nie. Sophie was die wasmeid, en het
>>> ons klere gewas en gestryk. Sophie het later 'n witchdoctor geword,
>>> en ek het nooit weer van haar gehoor nie.
>
>>>> wingerde natgelei terwyl die baas die wyn gemaak het.
>
>>> Se vir ons wie? Ek het nie in die wynland grootgeword nie, so ek sal
>>> nie kan raai nie.
>
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38047 is 'n antwoord op boodskap #38040] |
Sun, 31 December 2000 00:23   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Hene, ons was darem lekker gebreinspoel as kinders....:-((
>
As enigiemand weer hierdie frase gebruik, gaan ek
opgooi. Dis maar net nog 'n kode vir "ons het nie
van beter geweet nie, ons is nie skuldig nie, moenie
vir ons verantwoordelik hou nie." Dis woorde van
papbroeke, van draadsitters, woorde van arrogansie
in die finale analise.
Gloudina
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38048 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Sun, 31 December 2000 00:26   |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 31 Dec 2000 00:23:27 GMT, @home.com wrote:
Hene, ons was darem lekker gebreinspoel as kinders
> Danielle wrote:
>
>> Hene, ons was darem lekker gebreinspoel as kinders....:-((
>
> As enigiemand weer hierdie frase gebruik
"frase" is 'n vreeslike lelike afrikaanse woord. Ek is seker jy kan
aan 'n beter ene dink? Hmmmm?
> , gaan ek
> opgooi. Dis maar net nog 'n kode vir "ons het nie
> van beter geweet nie, ons is nie skuldig nie, moenie
> vir ons verantwoordelik hou nie." Dis woorde van
> papbroeke, van draadsitters, woorde van arrogansie
> in die finale analise.
>
> Gloudina
Hene, ons was darem lekker gebreinspoel as kinders
Hene, ons was darem lekker gebreinspoel as kinders
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38049 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Sun, 31 December 2000 00:44   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
>> Wie het die goud uit diegrond gegrawe?
>
> My oupa het altyd stories vertel van sy armgat broer wat 'n delwer
> was. So, ek dink dit was hierdie armgat broer van hom wat die goud,
> robyne en diamante uit die grond gegrawe het.
Ek dink dat as jy van 'n "delwer" in die SA konteks praat, jyomtrent
altyd verwys na diamante. Ek het grootgeword in die
Noordkaap waar hulle alluviale diamante in die heuwels
gedelf het. Ons het as kinders nog in die ou delfgate gaan
speel, en baie keer robyntjies opgetel daar. Robyne word
altyd saam met diamante gevind.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38050 is 'n antwoord op boodskap #38048] |
Sun, 31 December 2000 00:53   |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 30 Dec 2000 19:26:04 -0500, @Home wrote:
>> As enigiemand weer hierdie frase gebruik gaan ek
>> opgooi.
Goed. Nou is al die opgooiery hopelik agter die rug, en al die gif
uit tannie se lyf uit. Kan ons nou weer probeer gesels oor die ding
wat soveel bitterheid en haat teweeg bring?
>> Dis maar net nog 'n kode vir "ons het nie
>> van beter geweet nie, ons is nie skuldig nie, moenie
>> vir ons verantwoordelik hou nie." Dis woorde van
>> papbroeke, van draadsitters, woorde van arrogansie
>> in die finale analise.
Verduidelik nou mooi stadig vir my waarvan ek nou presies beskuldig
word, want ek is nie heeltemal seker nie.
Ek het probeer om terug te lees op Deja voordat ek op hierdie
nuusgroep ingespring het, maar daar is dinge wat nooit duidelik vir my
was of is nie.
Spel dit nou eens en vir altyd vir my uit asseblief. Dan baklei ons
lekker, en kry dit alles agter die rug.
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38051 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Sun, 31 December 2000 00:54   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Ek weet nie of dit net in ons familie was nie, maar
> dit was altyd so "klad" op die familienaam om te erken dat een broer
> 'n delwer was. Oom Piet was altyd die "swerwer", en nikswerd en
> watookal, maar vandag is hulle skatryk. Nogal ironies. :-))
>
Die mense wat met diamante deurmekaar was, het somtyds
die kans gehad om gou ryk te word deur met diamante te
smokkel. Om ongeslypte diamante te koop of te verkoop
was in my kinderdae onwettig (ek neem aan nou nog.) Daar
was baie keer mense by die agterdeur wat vir my pa wou
omrokkel om 'n steen van hulle af te koop. My pa het dan
gemaak of hy wil koop, net om hulle stories te hoor. Maar
tien teen een was dit nie 'n ware diamant nie, of dit was 'n
polisie-lokval. Maar dit was wyd bekend dat sekere
families in die omgewing hulle rykdom met die smokkel
van diamante gemaak het.
Gloudina
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38053 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Sun, 31 December 2000 01:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> "frase" is 'n vreeslike lelike afrikaanse woord. Ek is seker jy kan
> aan 'n beter ene dink? Hmmmm?
>
Sal "sinsgreep" jou tevrede stel? "Frase" is egter 'n
goeie Afrikaanse woord, wat deur taalkundiges
gebruik word. Net omdat dit na 'n Engelse woord
lyk, is dit nie altyd slegte Afrikaans nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Kytie Koekblik se weeklikse artikel [boodskap #38055 is 'n antwoord op boodskap #38021] |
Sun, 31 December 2000 01:43   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
poppie wrote:
> Wat is "sinsnede dan"
>
> Pop wie se Afrikaans nie altyd so lekker suiwer is nie.
>
Ek dink "sinsnede" is die regte woord. Ek dink egter
frase en sinsnede, alhoewel formeel dieselfde, sal
gebruik word in effens verskillende opsette. Ek kan
nie dink dat mens iets anders as "fraseer" kan
gebruik in sekere verbande nie.
Hoe is die weer daar by julle, Pop?
Gloudina
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38056 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Sun, 31 December 2000 01:53   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Verduidelik nou mooi stadig vir my waarvan ek nou presies beskuldig
> word, want ek is nie heeltemal seker nie.
Jy word daarvan beskuldig dat jy 'n papbroek en 'n lafaard
is as jy in hierdie post-apartheid periode kla dat jou ouers
jou gebreinspoel het. Hulle het van beter geweet. Jy het van
beter geweet. Maar dit was te lekker om niks aan die saak
te doen nie. En om nou in die post-apartheid era allerhande
aanklagte teen almal en nog wat te maak. Die huidige
regime te kritiseer op elke klein puntjie, terwyl jy, as jy
enigsins by jou volle verstand was, moes geweet het wat
in SA aangegaan het tot so kort as tien jaar gelede. So ek
kan nog mense verstaan wat sê ons het geveg vir ons
voortbestaan, ons wou die swartmense in die see jaag,
of hulle opsluit in swart areas sodat ons die res van die land
kon benut vir ons eie doeleindes. Dit is ten minste eerlik.
Maar om nou te sê "ons ouers het ons gebreinspoel" -
dis 'n veragtelike pap morele manier van dink. En dis
ongelukkig die soort mense wat SA nou uitvoer na
plekke soos Kanada. Mense wat lekker daar in die
breinspoelings-era gebly het, maar nou is SA skielik nie
meer goed genoeg vir hulle nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38058 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Sun, 31 December 2000 03:54   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Maar jy is besig om
> ALLE Afrikaans sprekendes oor dieselfde kam te skeer, en volgens jou
> is ons almal vuilgoed wat nooit gebore moes word nie. Wel, dis hoe ek
> jou boodkap aan my lees...
>
Hier kom die volgende verdedigings-meganismee, die volgende
trite frase: " jy is besig om alle Afrikaners oor dieselfde kam te
skeer,... volgens jou is ons almal vuilgoed." Waar het ek dit ooit
gesê? Sover dit my aangaan, weet ek nie eens of jy Afrikaner of
Afrikaans-sprekend is nie. Maar wanneer jy verklaar in 'n vorige
pos "ons ouers het ons darem so gebreinspoel," dan erken ek dit
as 'n lamlendige verskoning, of dit nou geuiter was deur wit, swart
of bruin in SA. Mens hoor dit natuurlik amper uitsluitlik by witmense.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38065 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Sun, 31 December 2000 14:35   |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Danielle, ek sien die volgende stuk op Litnet, en dog toe dis heel relevant
vir ons huidige bespreking m.b.t. "moet ons jammer wees of nie". Dis
geskryf
deur n ene "Sarel Sambok". Dis bietjie lank, maar myns insiens het n beslis
n punt beet.
21 Desember 2000
NIE SORRY OOR ALLES ...
Ek het Dan Roodt se "verskoning" -, Gerrit Brand se "belydenis" -, en
Stephan se "multikulturele" bydraes met belangstelling gelees.
Ek wil net dít sê: ek bely nie 'n moer in my persoonlike hoedanigheid vir al
die sondes van my voorgeslag nie. Dit wat verkeerd was moet uitgewys word,
en veroordeel word. Maar oor alles, voor die voet, op my knieë gaan staan?
Not 'n moer!
Daar is al op hierdie forum gevra of ons as jongmense dan nie kon "sien" hoe
fucked up en onregverdig dinge was onder apartheid nie. Ja, ek het fucked up
dinge gesien. Mense wat gevra word om 'n pas te wys, en in 'n vangwa gegooi
word as hulle nie kon nie. Dis fucked up. Bordjies wat sê waar blankes /
swartes mag sit en nie mag sit nie. En mag pie en nie mag pie nie. Dis
fucked up. Mense wat van hulle historiese grond afgeboender word en elders
hervestig word. Dis fucked up. Uitbuiting van goedkoop arbeid. Dis fucked
up. Mense wat oor hulle velkleur nie toelating tot woonplekke,
opleidingsinstellings en sportspanne kon kry nie. Dis ook fucked up.
Vir hierdie stupid goed sê ek met graagte ek is sorry. Sorry dat hulle, my
ouer geslag, dinge uit verband geruk het, dat hulle onmenswaardig opgetree
het. Sorry dat ek self my stem nie genoeg verhef het teen hierdie euwels
nie.
Maar waarvoor ek nie sorry sê nie, is die regmatige materiële welstand wat
die toonaangewendes van die dag bekom het. Dit is wel so dat die stelsel 'n
sekere groep bevoordeel het om die toon aan te gee. Maar dan is dit ook so
dat daardie groep, as deel van 'n groter genepoel, die historiese leier was
op die gebied van tegnologiese uitvindings.
Sal diegene wat aan die voorpunt staan van moderne tegnologie, innovasie en
vooruitgang, dan nie geregtig wees om die vrugte van daardie prestasies te
pluk nie? Om die rykste deel van die oes na hulleself uit te keer voor die
res uitgedeel word nie? Ek sou so dink ja.
Die uitvinder van die wiel, die binnebrandenjin, die telefoon, die
transistor, die mikroprosesseerder; die totstandbringer van die satelliet en
die ruimteskip; die implementeerder van gevorderde boerderymetodes; die
bouer van paaie, damme en spoorlyne - sal daardie persone beskore wees om
die welvaart van hulle prestasies te geniet? Ja natuurlik, anders kon hulle
eerder onder 'n boom gesit het en niksdoen.
Sal die tegnologies gekniehalterdes ook deel in hierdie welvaart? Ja
natuurlik. En het hulle gedeel in hierdie welvaart? Ja natuurlik.
Werkskepping is die wonderlike uitvloeisel van tegnologiese ontwikkeling.
Selfs die minder bevoorregtes word bevoordeel as tegnologie ordentlik
bestuur word. Solank die verdeling van rykdomme regverdig is, en gereguleer
word deur ordentlike arbeidswetgewing.
Ek wou nie eers die gewraakte "A" woord gebruik het nie, want dit gaan hier
vir my nie oor rassepolitiek nie (al kan mens onmoontlik ooit heeltemal
daarvan wegkom). Dit is 'n voorspraak vir 'n kapitalistiese bestel waar die
skepper van welvaart sy regmatige beloning moet ontvang. En tweedens, dat
die hele bevolking mag voordeel trek daaruit - sonder om te moor, sonder om
te roof, sonder om te buit, sonder om soustreine te beklim, sonder om
aalmoese te vra. Dan is dit nie fucked up nie. Dan is ek nie sorry nie.
Sarel Sambok
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38066 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Sun, 31 December 2000 15:40   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
poppie wrote:
> Dit is 'n voorspraak vir 'n kapitalistiese bestel waar die
> skepper van welvaart sy regmatige beloning moet ontvang. En tweedens, dat
> die hele bevolking mag voordeel trek daaruit - sonder om te moor, sonder om
> te roof, sonder om te buit, sonder om soustreine te beklim, sonder om
> aalmoese te vra. Dan is dit nie fucked up nie. Dan is ek nie sorry nie.
>
> Sarel Sambok
Sarel Sambok sal seker 'n ander liedjie sing as mens virhom uitwys dat daar in
die 19de eeu in Engeland dieselfde
situasie bestaan het - waar die kapitalistiese laissez-faire
sisteem, gehelp van regeringskant deur wetgewing, die
onderklas van Engeland in die ergste armoede en ellende
gedompel het. Een wet, wat omheining toegelaat het, was
op sigself rede vir die verhuising van duisende en duisende
verplaastes wat na die stede moes trek en daar gekrepeer
het. Dis van hulle wat Dickens praat.
Om in vandag se wêreld die naakte kapitalistiese stelsel
voor te staan, is passé. Enige moderne staat is 'n gesonde
mengsel van sosialistiese organisasie, en 'n poging om armoede
uit te wis. Dis daarom dat daar so 'n polarisasie in die VSA
is tussen die denke van die Demokratiese Party en die
Republikeinse Party. Dis gesond as die pendulum tussen die
twee filosofiese denkrigtings swaai. Maar om vir
kapitalisme 'n lansie te probeer breek, is nie meer iets wat
mens in die 21ste eeu kan wegkom nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38071 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Sun, 31 December 2000 18:23   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Farmakologie - 2de boodskapper sisteme.
Wat is " tweede boodskapper sisteme."
> Nou sit ek en nettie alleen hier tussen die grou mure
Waar is die grou mure?
Oppas vir 'n artikel skryf voordat jy al die data het.
Veral in die Farmakologie, sou ek dink.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38095 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Wed, 03 January 2001 13:57   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> maar toe kon sy nie 'n pos by 'n wit skool kry nie en is toe na 'n nie
> blanke skool geskondeer
Vir jou inligting, Lou, was my eerste pos by die wit skoolSt. Anne's op
Hilton Road, naby Pietermaritzburg, suster-
skool van Michaelhouse, een van die duurste privaatskole
in SA. Hulle het my uitgenooi om daar te kom skoolhou.
Daarna is ek UITGENOOI (op aanbeveling van Prof.
Gerdener van die Kweekskool op Stellenbosch, wat
geweet het dat ek belangstel om na 'n swart skool te
verskuif) na Adams College, op daardie stadium een van
die beste skole in Afrika.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38100 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Thu, 04 January 2001 00:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> Hoe het dit dan gewerk as ek mag vra? Kon jy enige vak aanbied, en
> was daar 'n vaste kurrikulum wat jy moes volg?
>
Nee, natuurlik kon mens nie enige vak aanbied nie. Mens
moes die nodige kwalifikasies hê. My ander hoofvak vir
B.A. was Geskiedenis. Die Zulu skoolhoof by my eerste
swart skool wou hê dat ek hom uithelp met sekere
Geskiedenis-klasse. Ek sê toe vir hom: hoe kan ek nou
vir swart kinders oor die Slag van Bloedrivier vertel.
Toe sê hy vir my, jy is miskien nog die beste persoon om
dit te doen. En ek stem saam. Om Geskiedenis vir
enige student te gee, kan baie opwindend wees. Ek is
dus trots daarop dat ek die Geskiedenis-onderwyser
(en Afrikaanse onderwyser) was van ten minste een
Minister in die huidige SA kabinet, en ook van Pius
Langa, van die SA Konstitusionele Hof.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38110 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Thu, 04 January 2001 15:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
>> lous wrote:
>>
>>> maar toe kon sy nie 'n pos by 'n wit skool kry nie
>> Vir jou inligting, Lou, was my eerste pos by die wit skool
> Ek lees nou net weer die - wat sê jy eintlik? Besig om fyn te breg
> ne?!
>
> Die privaat skole is, a.g.v. hulle koste net vir die Hoi Poloi
> beskikbaar. Dit is dus daar waar die old boys clubs (lees illuminati)
> voorgeset word wat uiteindelik die ekonomie en dus ook die regering van
> die dag beheer. Ek sou nie so daaroor spog as ek jy was nie. :)
Ek dink jy yl 'n bietjie. Was die aanklag van jou niedat ek nie by 'n wit
skool werk kon kry nie, en ek
dui toe aan dat my eerste pos wel by 'n "wit" skool
was.
Verder, Lou, dink ek jy gebruik die term "hoi poloi"
verkeerd. Dit beteken juis "die mense in die straat", die
laer klasse.
Wat betref privaat-skole. Ek dink hulle verskil van
skool tot skool. St. Anne's was myns insiens nie 'n
vreeslik uitsonderlike skool nie, met baie van die
onderwyseresse sonder onderwyskwalifikasies, ens.
St. Anne's se broerskool, Michaelhouse, het vir
my beter gelyk. Toe ek by Adams College begin
skoolhou ( naby Amanzimtoti) was daar 'n "exchange
program" tussen Adams en Michaelhouse. 'n Klompie
seuns het van Michaelhouse oorgekom en vir 'n week
ons klasse bygewoon, en sommige van ons seuns is
Michaelhouse toe vir die week. Ons studente was
altyd so geamuseerd as die Michaelhouse-ouens
nie so goed in Afrikaans was as hulle nie, en ook in
baie gevalle nie die Geskiedenis-vrae so vlot kon
beantwoord soos hulle nie. Hulle het natuurlik 'n
"unfair advantage" gehad, want hulle eie Geskiedenis-
onderwyseres het die vrae gevra.
Gloudina
|
|
|
Re: Die sonde en skuld van Afrikaner wees.... [boodskap #38115 is 'n antwoord op boodskap #38050] |
Thu, 04 January 2001 23:17   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> hoi pol·loi (hoi' p?-loi')
> n.
> The common people; the masses.
>
> The other pitfall in the use
> of the phrase is the misuse of it to mean the elite, possibly
> brought about because hoi in the phrase the hoi polloi is reminiscent
> of high as in high and mighty and also because hoi polloi may recall
> hoity-toity.
So ou Lou was tog nie allenig in sy stupiditeit nie.Veral as hy
hoity-toity opmerkings oor my maak.
Gloudina, 'n lid van hoi polloi.
>
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 20:44:50 UTC 2025
|