Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dankie Danielle - En 'n toets om te sien of my nuwe Gravity werk!!!
Dankie Danielle - En 'n toets om te sien of my nuwe Gravity werk!!! [boodskap #37907] |
Sun, 17 December 2000 11:34  |
Skunk
Boodskappe: 192 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Danielle
Danksy jou kan ek ook weer die NG geniet :-)!!! Ek het jou raad gevolg
en Gravity gedownload. Enigste pyn is dat ek dit nou net vir 30 dae kan
gebruik. (Wonder of daar iemand is op dié NG met 'n crack!!!???)
Nou kan ek ook al julle hoedeny's lees. Maar nou wonder ek hoekom mens
op 'n nuusgroep wil post op 'n manier wat almal nie kan lees nie...?
Mens wil tog met almal daarbuite praat, anders email jy jou buddies tog
net gewoon? Miskien kan jy dit aan ons uitlê, siende dat jy dit ook
gebruik het...
Ivm die misverstand, sorry, ek het dit heeltemal verkeerd om gelees.
Groete
Skunk
|
|
|
|
Re: Dankie Danielle - En 'n toets om te sien of my nuwe Gravity werk!!! [boodskap #37915 is 'n antwoord op boodskap #37907] |
Mon, 18 December 2000 11:20  |
Skunk
Boodskappe: 192 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Danielle
Thanx, ek het 'n crack gekry en werk nou geregistreerd! As Deborah A
Alexander, nogals. Hoop sy's mooi!
Lekker wit Kersfees wat vir julle voorlê! Hier is die weer nog baie sag.
Sal nie kla as dit die hele winter so wil bly nie :-) Ek het egter my
twyfels.
Groete
Skunk
Danielle Said:
> On Sun, 17 Dec 2000 12:34:09 +0100, Skunk wrote:
>
>> Danksy jou kan ek ook weer die NG geniet :-)!!!
>
> Um....er.....okay :-)
>
>> Ek het jou raad gevolg
>> en Gravity gedownload. Enigste pyn is dat ek dit nou net vir 30 dae kan
>> gebruik. (Wonder of daar iemand is op dié NG met 'n crack!!!???)
>
> Sal met Robin Hood gesels - ek is seker ons sal kan help. Ons sal mos
> NOOIT enigiets onwettigs doen op die nuusgroep nie, jy verstaan mos?
> :->
> Maar as ek nou vir jou so prentjie stuur van die sneeu op 'n berg
> hier, dan sal jy mos weet wat dit is?
>
>> Nou kan ek ook al julle hoedeny's lees. Maar nou wonder ek hoekom mens
>> op 'n nuusgroep wil post op 'n manier wat almal nie kan lees nie...?
>
> Mens doen dit net as mens kwaad is vir iemand, en jy wil skinner agter
> sy rug in sy gesig. :-)
>
>> Mens wil tog met almal daarbuite praat, anders email jy jou buddies tog
>> net gewoon? Miskien kan jy dit aan ons uitlê, siende dat jy dit ook
>> gebruik het...
>
> Die ander rede waarom ek dit gebruik het, was om te probeer om mense
> te oortuig om beter newsreaders te gebruik.
> Die probleem met OE is dat dit uiters onveilig is om te gebruik, weens
> al die gate wat MS daar gelaat het vir exploits. As iemand 'n virus
> aanheg, selfs aan usenet boodskappe, sal OE users maklik besmet word.
> Agent en Gravity, en baie ander newsreaders is baie slimmer gekodeer.
> Meeste hackers (veral scriptckiddies) rig gewoonlik hulle aanvalle op
> OE users, want hulle weet dis die ouens wat nog nat agter die ore is
> wat Usenet betref, en natuurlik ook wat die algemene komper wereld
> betref. Maar dis nou 'n ander saak...
>
>> Ivm die misverstand, sorry, ek het dit heeltemal verkeerd om gelees.
>
> Dis okay, ou Robin het al laaankal vergeet. Hy is te besig om die
> blerrie sneeu uit te skel wat alweer sy driveway opgevul het.
>
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:11 UTC 2025
|