Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Skouspel" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
"Skouspel" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37690] Ma, 11 Desember 2000 22:28 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Skouspel
CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX

in wolke
kom swerms rooikwêlas
en kry hul sit in takke
opgewonde
oor twee troppies tarentale
wat die ooptes okkupeer
wagtend
op die enkele bosfisant
se skel geskree

dodelik
akkuraat pik 'n bosluisvoël
'n vlugtende springkaan uit
die lug
en hardloop doelgerig en
onbevange die bosruigte in
verby
twee gespoorde bospatryse
met stertvere omhoog

hoog reik
volstruis se soepel nek
en sy gewimperde blik
gooi hy
na benede waar kordaat
kwikstertjie geduldig wag
gereed
om stertswaaiend afgemeet
die pas en rigting aan te gee

verder terug
bespied die laksman opperheer
ongenaakbaar die ooptes weer
hy weet
waar en hoe 'n insek
vir latere verbruik
optimaal
aan pendoring of draad
opgehang kan word

in dartelvlug
kom 'n tortelduif verby
verwar die spikkelvoëls
maar byt
in veerbelade lug die stof
as edelvalk in doller vaart
neerswiep
met uitgestrekte kloue hom
sy vryevlug ontneem

vanaf nêrens
daal hordes aasvoëls uit die lug
gretig op die karkas neer
en soek
al hortende deurmekaar
maar oogpikkend akkuraat
na waar
daar in die geharwar dalk
nog 'n kriesel lewe is

rustig
vanaf 'n alleenboom se tak
amper in afgeskaalde spoed
berekend
kom 'n visarend aangesweef
sy kloue raak die oppervlak
sekuur
binne die bepaalde grense
van papkuil en riete

vir oulaas
wolk die rooikwêlas
weg van die skouspel
en onder
verlaat gehawende
bebloede tarentale
tevrede
die oopte om lafenis in
'n bosskuiling te vind
Re: "Skouspel" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37713 is 'n antwoord op boodskap #37690] Di, 12 Desember 2000 18:11 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

@home.com wrote:

> Skouspel
>
>
> in wolke
> kom swerms rooikwêlas
> en kry hul sit in takke
> opgewonde
> oor twee troppies tarentale
> wat die ooptes okkupeer

Ek moet groot verskoning maak. Hierdie gedig isaan my gestuur, en ek was
onder die indruk dat
dit 'n gedig van Christine Barkhuizen le Roux was.
Dit is egter nie deur haar geskryf nie. Ek vra diep
om verskoning aan Christine Barkhuizen le Roux.
Die gedig beeld glo 'n rugbywedstryd uit.

Gloudina
Vorige onderwerp: 'n Kat in 'n leë huis. Wislawa Szymborska
Volgende onderwerp: "verloop" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 15:46:57 MGT 2024