Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Inkosi Jesu" deur RAE TOMLIN
"Inkosi Jesu" deur RAE TOMLIN [boodskap #37668] |
Sun, 10 December 2000 21:17 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
INKOSI JESU
Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
(teks: Rae Tomlin.)
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:52:38 UTC 2025
|