Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Botsende Belange
Botsende Belange [boodskap #3762] Wo, 21 Januarie 2004 21:03 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy ry reg voor my op soek na 'n parkeerplek. Op soek teen 35kmu.
Kry die parkeerplek en trap rem sodat daardie Mazda net daar stop.
Ek moes regs swaai en het 'n botsing teen haar vermy maar die ou
in die regterbaan kon nie so vinnig wegswaai nie. My kar het 'n byna
onsigbare skraap teen die regter agtermodderskerm, maar sy linker
voormodderskerm lyk effe slegter.

Dit was 4:30 nm vandag. En sy klim in haar kar en ry terwyl sy weier
om te sê wie sy is. Weet nie regtig of haar registrasienommer iets
werd gaan wees nie. 'n Engelssprekende tannie.

Nou gaan ons poelieste toe. Ek neem die motorongelukvorm en
begin dit invul. Sy sê, nee, hulle moet dit self invul. ôrraait, vul
dit dan in. Geen enkele witmens agter die toonbank daar nie.
Dit was 4:50nm. Baie vriendelik verduidelik haar senior dat sy
die vorm moet invul. Weer 'n ôrraait van my af.

Sy sukkel, en hy moet haar wys waar om wat in te vul. En vir haar
sê hoe om die woorde te spel. Ek het gesê dat ons Suid gery het,
toe sê hy vir haar om East te skryf. En weer gee hy vir haar die regte
spelling van 'n woord.

Toe wil hy 'n skets van die ongeluk maak. Lekker moerrig teen die tyd,
gryp ek die papier onder sy pen uit, en sê dat hy wil raai. Toe skets
ek dit. Mooi vra hy of ek die skets op die vorm sal oordoen.
Nee, sê ek. jy het gesê dat julle die vorm doen. Nou doen julle dit.

My verklaring oor wat gebeur het. Sy vra of ek dit op die vorm sal
skryf. Nee, sê ek. Jy het gesê dat jy dit moet doen. Nou dòen jy dit.
Toe moet ek aan haar verduidelik wat 'bruise' beteken. Want, volgens
my het die modderskerms mekaar net so effe gekneus:-)
En ek moet haar leer spel.

5:40nm het ons daar uitgekom, en die vorm was so wrintiewaar
voltooi:-)

DD
Re: Botsende Belange [boodskap #3764 is 'n antwoord op boodskap #3762] Wo, 21 Januarie 2004 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:90pt00t6vaf76qvt85tpd5uoepgo1erj9t@4ax.com...
>
> 5:40nm het ons daar uitgekom, en die vorm was so wrintiewaar
> voltooi:-)
>
> DD
>

Ek hou van daai woord, ek gaan ook geleenthede soek om dit te gebruik.....
:-)
Gaan jou versekering vir die skade betaal?

Lorinda
Re: Botsende Belange [boodskap #3765 is 'n antwoord op boodskap #3764] Wo, 21 Januarie 2004 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 2004 21:11:17 -0000, "Lorinda" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:90pt00t6vaf76qvt85tpd5uoepgo1erj9t@4ax.com...
>>
>> 5:40nm het ons daar uitgekom, en die vorm was so wrintiewaar
>> voltooi:-)
>>
>> DD
>>
>
> Ek hou van daai woord, ek gaan ook geleenthede soek om dit te gebruik.....

Lorinda is so wrintiwaar nimlik, né Jonas:-)

> :-)
> Gaan jou versekering vir die skade betaal?
>
> Lorinda
>

Ja, eintlik het ek geen skade nie. Sou die merk(kie) kon
uitpolleer. Maar, ek gaan die ander ou se kar laat regmaak,
en dus die bybetaling doen, so dan kan die paneelklopper
maar die werk by myne ook doen. Hy sal wel rede vind om
te spuitverf, en wat ek daarby baat, is om 'n botteltjie
'touchup paint' te hou. Ek is baie op die pad, en klippies
maak merke op karre.

DD
Re: Botsende Belange [boodskap #3773 is 'n antwoord op boodskap #3765] Do, 22 Januarie 2004 14:35 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:...
>
> Ja, eintlik het ek geen skade nie. Sou die merk(kie) kon
> uitpolleer. Maar, ek gaan die ander ou se kar laat regmaak,
> en dus die bybetaling doen, so dan kan die paneelklopper
> maar die werk by myne ook doen. Hy sal wel rede vind om
> te spuitverf, en wat ek daarby baat, is om 'n botteltjie
> 'touchup paint' te hou. Ek is baie op die pad, en klippies
> maak merke op karre.
>
> DD


Ek is bly dit was nie 'n ersntige ongeluk nie, maar jy moer versigtig
wees as jy baie op die pad is. Die ongeluk syfers in SA lyk vir my
baie hoog.

Lorinda
Vorige onderwerp: Amerikaanse vrouens
Volgende onderwerp: HERMAN POTGIETER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 06:41:40 MGT 2024