Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Little chrome steel scooters...
Re: Little chrome steel scooters... [boodskap #37618] Do, 07 Desember 2000 00:00
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Beste voorbeeld wat ek gesien het, was in die Arlanda-lughawe naby
Stockholm: die grondpersoneel ry in die gebou rond met hulle skopfietsies!
Dit lyk nogal snaaks om so 'n ultra-verfynde Sweedse grondwaardin met haar
netjiese blou uniformpie (romp, bloes en baadjie) kiertsregop op haar
fietsie (hulle kry seker opleiding oor die korrekte houding!),en so elke
tien meter gee sy so 'n elegante skoppie, sonder om haar rug te buig, net
die knie van die been wat op die fiets is, buig so effentjies.

Dries

"Skunk" skryf in boodskap news:90oiv2$iq4$2@azure.nl.gxn.net...

> Is dié goedjies ook so gewild in SA? Ek wou vir myself een koop, maar
> die goed is te &^%$ duur!!! Lyk my handig vir groot winkelsentrums en
> stasies! Op sypaadjies sal ek my bek breek! Enigste probleem is dat jy
> geen los hande vir pakkies het nie - maksimaal 'n rugsakkie.
Vorige onderwerp: Re: Nuwe aangesig
Volgende onderwerp: Re: Ken iemand vir Cindy?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 19:24:41 MGT 2024