Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Afrikaner-hondename
Afrikaner-hondename [boodskap #37321] |
Tue, 28 November 2000 00:00  |
Simon van der Schans
Boodskappe: 263 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine vertel dat hulle Duitse herdershond se naam 'Hitler' is.
Ek weet van 'n Afrikaner-gesin uit die vroeë sestigs wie hulle
hond 'Nkrumah' genoem het.
So 'n ruk terug het ons dit hier gehad oor 'n verhaal uit die
Anglo-Boere-oorlog, waar die hond van 'n Boere-gesin die naam
'Jameson' (van Jameson Raid-faam?) gehad het .
Ek wonder, is dit 'n gebruik wat meer algemeen voorkom by
Afrikaners, om hulle hond te noem na iemand (veral 'n politieke
figuur) wie hulle verpes? Kom dit net by Afikaners voor of ook
by ander mense? Weet iemand van nog sulke voorbeelde?
Swart Simon
|
|
|
|
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37323 is 'n antwoord op boodskap #37321] |
Tue, 28 November 2000 00:00   |
Chr...[1]
Boodskappe: 85 Geregistreer: June 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Sue, ek gaan jou laaste vraag eerste antwoord.
Met "liefde" bedoel ek meer in die romantiese sin omdat jy gesê het "die man was
baie lief vir Winnie" en omdat hulle daagliks op tv, tydskrifte, ens sien hoe
daar romantiese "liefde gewys" word, doen hulle dit ook nou.
Trou was 'n manier om iets te bereik en het selde iets met liefde (romantiek) te
doen gehad.
Een voorbeeld. 'n Man vat 'n vrou om kinders te kry, verkieslik dogters sodat hy
"Lobola" vir hulle kan kry as hulle hubaar is. Dis wat van hom 'n gegoede
(gesiene) persoon kon maak en dis steeds so in die meeste gevalle.
Ek weet nie of daar ooit in die afsienbare tyd nie meer 'n "hulle" en "ons" sal
wees nie
Of jy nou wil glo of nie en ek het dit 'n tyd gelede al op hierdie nuusgroep
gesê. Apartheid word steeds oral deur die wêreld toegepas.Dit het 'n polemiek
veroorsaak maar my standpunt het baie steun gekry. (seker voor jy "gejoin" het)
*smile*
Wat jou vraag oor "dieselfde doel" betref, daaroor kan ons dik stukke gesels.
Jammer ek kan jou nie E-mail nie want ek glo ons kan baie interessante gesprekke
hê.
Groetnis
Christo
Sue wrote:
> Chr...@eskom.co.za says...
>
>> Sue, hulle is maar almal "lief" vir die "comrades" so dit sê nie juis veel
>> nie, hoor!
>
> Ek het 'n Suid Afrikaanse student in my klas wat vir my se dat ons
> Amerikaners is baie "naief". We take what people say at face value.
> Dit is miskien waar.
>
> Dink jy dat daar OOIT 'n tyd sal kom wat daar nie meer 'n "HULLE" en
> "ONS" sal wees nie?
> Hier in die Suide van Amerika, baklei party ouens nogsteeds teen die
> Yankees (in hulle koppe/gedagtes), en is hier selfs 'n "Confederate"
> politiese party, wat wil he dat die Suide moet weer wegbreek van die
> Noorde. Dan het ons die KKK, wat baie in gemeen blyk te he met julle
> regse Afrikaners?
>
> Dit is wat vir my ook so ironies is - die GOP (Republicans) beskou
> Lincoln as hulle ikoon, en GWB se dat hy wil bekend wees as "Lincoln's
> Party"....nou ja, dis wat Lincoln te se gehad het:
>
> "I am a firm believer in the people. If given the truth, they can be
> depended upon to meet any national crisis. The great point is to bring
> them the real facts, and beer."
>
> Ek dink hulle haal gewoonlik net die eerste gedeelte van daardie
> paragraaf aan. :-) Maar die BIER pas nogal by ou Dumbya se filosofie.
>
>> Die sg "struggle" het almal soort van bymekaar gebring. Alle mense is maar
>> "lief" vir mekaar as hulle, as groep of wat ookal, 'n gemeenskaplike vyand
>> beveg, dieselfde doel nastreef ens.
>
> Dit is waar. Waarom kan al die mense in SA dan nie dieselfde DOEL
> nastreef nie, of dink baie blanke SA'ners maar nog soos Lincoln van ouds,
> toe hy gese het:
>
> "I agree with Judge Douglas that he (Negroes) is not my equal in many
> respects, certainly not in color, and perhaps not in moral and
> intellectual endowment." - Abraham Lincoln
> en:
> "I have no purpose to introduce political and social equality between the
> white and black races. There is a physical difference between the two,
> which, in my judgment, will forever forbid their living together in
> perfect equality: and inasmuch as it becomes a necessity that there
> should be a difference, I, as well as Judge Douglas, am in favor of the
> race to which I belong having the supremacy." - Abraham Lincoln
>
>> My ondervinding is dat veral onder die swart nasies hier nie juis veel
>> waarde aan "liefde" soos ons dit ken, geheg word nie.
>
> Wat beteken "liefde" vir jou?
>
>> Daar is meesal ander
>> redes waarom hulle trou of saamleef. Dis maar die westerse invloed wat maak
>> dat hulle soms " liefde wys". Verstaan wat ek bedoel?
>
> Nie heeltemal nie, ek moet erken.
>
>
>> Deernis is die regte woord, Jou afrikaans is goed hoor! geen rede om skaam
>> daaroor te wees nie.
>
> Dankie Christo. Gelukkig kan jy my nie HOOR nie, ne? :-)
> Ek weet dat my Afrikaans is swak, maar dit is een van die redes waarom ek
> hier "vassit". :-)
> Ek hoop om vroeg volgende jaar weer bietjie te gaan kuier in SA, en wil
> dan darem 'n groter woordeskat he as wat ek tans besit. :-)
>
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37326 is 'n antwoord op boodskap #37321] |
Tue, 28 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Chr...@eskom.co.za wrote:
> Een voorbeeld. 'n Man vat 'n vrou om kinders te kry, verkieslik dogters sodat hy
> "Lobola" vir hulle kan kry as hulle hubaar is. Dis wat van hom 'n gegoede
> (gesiene) persoon kon maak en dis steeds so in die meeste gevalle.
Een van die dinge wat rassiste altyd aandui as 'n teken
van agterlikheid by die swart rasse, is hierdie sisteem
van lobola. Volkekundiges sien lobola egter as 'n
baie intelligente manier van sosiale versekering. Die
man betaal die lobola vir die vrou, en kry arbeids-
hulp. As die vrou nie goed uitwerk nie, gaan sy
terug en die pa moet die lobola aan die man
terugbetaal.
Buitendien sit so 'n sisteem waarde op die vrou.
Dogters is dus welkom. In plaas daarvan sit die Europese
gewoonte van "dowry" die las op die pa van die dogter
om sy dogter met aardse besittings aan die man op te
veil.
Gloudina
|
|
|
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37327 is 'n antwoord op boodskap #37321] |
Tue, 28 November 2000 00:00   |
Chr...[1]
Boodskappe: 85 Geregistreer: June 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Sue, hulle is maar almal "lief" vir die "comrades" so dit sê nie juis veel
nie, hoor!
Die sg "struggle" het almal soort van bymekaar gebring. Alle mense is maar
"lief" vir mekaar as hulle, as groep of wat ookal, 'n gemeenskaplike vyand
beveg, dieselfde doel nastreef ens.
My ondervinding is dat veral onder die swart nasies hier nie juis veel
waarde aan "liefde" soos ons dit ken, geheg word nie. Daar is meesal ander
redes waarom hulle trou of saamleef. Dis maar die westerse invloed wat maak
dat hulle soms " liefde wys". Verstaan wat ek bedoel?
Christo.
Deernis is die regte woord, Jou afrikaans is goed hoor! geen rede om skaam
daaroor te wees nie.
Sue wrote:
> In article , Chr...@eskom.co.za says...
>> En hou sy van halsbandjies????
>
> Hehehehe....ag sies Christo!! Dit was PUIK!
>
> (Het gister vir Mandela op Operah gesien. Die man was baie lief vir
> Winnie, ne? Hy het na haar met teernis (deernis?) verwys as "comrade
> Winnie".) :-)
>
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37377 is 'n antwoord op boodskap #37321] |
Wed, 29 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Chr...@eskom.co.za wrote:
> Gloudina, weet jy wat. Jy is 'n pyn op 'n plek wat 'n mens nie graag van praat nie. Ek
> gee nie 'n duit om wat jou volkekunde en wie weet wat nog sê nie maar ek het saam met
> die swartes groot geword en ek weet presies waaroor Lobola eintlik gaan. En wie gee jou
> die reg om my 'n rassis te noem. Ek het gladnie jou mening gevra nie.
> Gaan soek moeilikheid met iemand anders OK???
En wie het JOU nou 'n rassis genoem?
Ek het alleen uit jou brief iets oor "lobola" aangehaal.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner-hondename [boodskap #37487 is 'n antwoord op boodskap #37389] |
Fri, 01 December 2000 00:00  |
DB
Boodskappe: 11 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
My ouers het toevallig 'n Staffordshire gekry net mooi daardie tyd toe die
nuwe Suid-Afrika aangebreek het.
Hy is pikswart en toe besluit ons om hom 'n polities korrekte naam te
gee.......
Sy naam is Cyril.........vernoem na Cyril Ramaphosa!
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:45:11 UTC 2025
|