Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir antie gloudiena
briefie vir antie gloudiena [boodskap #37397] Do, 30 November 2000 00:00
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

my pa sê altyd dis beter lat 'n mens stilbly lat hille dink jys stoepid
as wat jy praat lat hille dit weet.

vat nou maar vir antie soe-ellen van dallas antie. jy-aar se vrou wat
haar self so stoepid gesyp het destyds oppie tiewie. ok van teksis soos
jorsie boes. sy dink die een wat die meeste stemme kry moet die
president wees. 'n mens sal dink lat iemand wat self in jammerika bly
sal weet hoe die reels werk wat hille self gemaak het antie. dan wil
die jammerikaners reels vir koning dawid se mense maak oor hoe hille
met die amalakiete en fillistyne moet maak antie.

en vat nou maar daai dimpel en preknint tjeds antie. wanner tel 'n
preknint tjed nou en wanner nie. oom hansie vannie pênnelbieters sê die
keer toe hy gedink hy maak net 'n dimpel op sy mysie se tjed toe raak
sy preknint. toe sê hy vir sy meisie se pa dit tel nie ma' toe gryp die
oom sy haalgeweer en skiet oom hansie se tjed lat hy soos 'n hêngieng
d�r lyk. toe tel dit antie.

ma' annerweek gaan ons self ytverkiesing hou, antie. vir sanien alleen
gaan ons sommer sestag presidente kies dan sal ons nie sikkel om te
beslyt wies baas nie. ma' ons neek nie met dimpels en preknint nie
antie ons krysig sommer die briewe. dis nou die van ons wat nie al
klaar gaan vakansie hou het op maargyt nie antie. kan antie dink hoe
moerig sou altyd goor gewees het as hy gaan vakansie hou het in hawaai
wanneer daar gestem word in pensilwynie. en nie eens regter krieglir
sou vir eerwaarde jessie j�ksin en die anner doemkraters kon verdydelik
hoe vryerig en geregverdig die ytverkiesing is nie antie. my pa sê die
jammerikaners moet by oom taboe enbedjie kom leer hoe om virkiesing te
hou.

ma' van stoepid gepraat antie het antie geweet lat dit nie 'n myshond
se piepie is wat hom so lat stink nie. my pa sê daai stink kom van sy
annale kliere af. ma' 'n myshond sal dit self nie weet nie al sê hy dit
ok om te wys hoe stoepid hy is antie.

koebaai antie

hennerietjie (sê vir antie soe sy moet ophou syp en gaan ytvind hoe lat
haar dimpels haar tjed lat preknint raak)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Vorige onderwerp: Vertaling: Einde en begin van Wislawa Szymborska
Volgende onderwerp: Re: Kennis van die Bybel.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 23:26:16 MGT 2024