Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Op soek na SA Ossewa Kunswerk
Op soek na SA Ossewa Kunswerk [boodskap #37095] Vr, 24 November 2000 18:25 na volgende boodskap
Nasty Quaker  is tans af-lyn  Nasty Quaker
Boodskappe: 72
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
Hallo,

Het iemand dalk 'n afdruk, of ken iemand dalk die volgende kunswerk?

Die skildery lyk na waterverf, daar is twee of drie ossewaens in die
agtergrond, lyk na doringboombosveld, en op die voorgrond is 'n klong wat
hurk by 'n kampvuurtjie met 'n driepootpot. Ek dink daar is een of twee osse
en'n juk eenkant. Die skildery is meestal mostert- en liggroen met bruin, en
'n stukkie lug.

Ek weet nie wie die skilder was nie, en ek het die afdruk nie meer nie. Kan
iemand asseblief help?

Dankie,
Nasty
Re: Op soek na SA Ossewa Kunswerk [boodskap #37173 is 'n antwoord op boodskap #37095] So, 26 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wil jy dit langs die skildery van die voortrekkermonument hang? Sal mooi
lyk onder die "Wat is 'n huis sonder 'n Moeder?"

Boerekitch, pragtig. Hou vas daaraan, dit gaan BAIE werd word!!!

Jy moet maar by pandjieswinkels gaan snuffel... Veral in mindergegoede
blanke areas kry jy dié tipe kunswerkies.

Ons het 'n keer gekuier by "Kitch & Coffee" in Pretoria. Pragtige plek,
hoop hy bestaan nog. Hulle behoort ook vir jou te kan sê waar om dit te
kry. Dié plek het volgehang daarvan.

Ook mooi was al die langspeelplaatomhulsels (phew!) wat hulle as
plekmatjies gebruik het. Eina!

Sukses!

Skunk

"Nasty Quaker" skryf in boodskap news:PlyT5.1169$_j2.149439@news.uswest.net...
> Hallo,
>
> Het iemand dalk 'n afdruk, of ken iemand dalk die volgende kunswerk?
>
> Die skildery lyk na waterverf, daar is twee of drie ossewaens in die
> agtergrond, lyk na doringboombosveld, en op die voorgrond is 'n klong wat
> hurk by 'n kampvuurtjie met 'n driepootpot. Ek dink daar is een of twee osse
> en'n juk eenkant. Die skildery is meestal mostert- en liggroen met bruin, en
> 'n stukkie lug.
>
> Ek weet nie wie die skilder was nie, en ek het die afdruk nie meer nie. Kan
> iemand asseblief help?
>
> Dankie,
> Nasty
>
Re: Op soek na SA Ossewa Kunswerk [boodskap #37174 is 'n antwoord op boodskap #37095] So, 26 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Nasty Quaker  is tans af-lyn  Nasty Quaker
Boodskappe: 72
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek kan ongelukkig nie daaraan vashou as ek dit nie het nie.
Noem dit gerus wat jy wil, ek vind die werk inspirerend. Dit is een van die
heelgrootste probleme met Afrikaanse jongmense. Julle dink ons is die
enigste mense wat rassisme of lelike dinge in ons land se geskiedenis het --
maar julle is doodverkeerd. Dit is 'n leuen wat die Britte julle maar
onlangs (die afgelope 100jaar) wys probeer maak.

Van Australië tot by Amerika, dwarsreur Europa, is die ou wêreld deurspek
met kultuur en geskiedenis met lelike dinge. Dit beteken nie dat Amerikaners
nou skielik ontken dat daar Cowboys was, of die Italianers ontken dat die
Mafia of Mussolini bestaan; of die Duitsers skielik alle voor-oorlogse
kultuur ontken of afmaak nie. En selfs die Britte is trots op hul
wêreldoorname in plekke soos Suid-Afrika, Amerika en Rhodesië (!!). Xhosas
ontken ook nie die bokke en beeste wat hulle selfs vandag slag en die bloed
drink nie; en hulle is trots op die wrede oorloë wat hul voorvaders geveg
het.

Ons mense het swaargekry en die land deurreis op ossewaens en te voet. DIT
is kultuur. Daar is baie groot waarde daarin, en daarsonder is jy 'n mens
met geen verlede.

Nasty

"Skunk" skryf in boodskap news:8vr3um$p17$5@azure.nl.gxn.net...
> Wil jy dit langs die skildery van die voortrekkermonument hang? Sal mooi
> lyk onder die "Wat is 'n huis sonder 'n Moeder?"
>
> Boerekitch, pragtig. Hou vas daaraan, dit gaan BAIE werd word!!!
>
> Jy moet maar by pandjieswinkels gaan snuffel... Veral in mindergegoede
> blanke areas kry jy dié tipe kunswerkies.
>
> Ons het 'n keer gekuier by "Kitch & Coffee" in Pretoria. Pragtige plek,
> hoop hy bestaan nog. Hulle behoort ook vir jou te kan sê waar om dit te
> kry. Dié plek het volgehang daarvan.
>
> Ook mooi was al die langspeelplaatomhulsels (phew!) wat hulle as
> plekmatjies gebruik het. Eina!
>
> Sukses!
>
> Skunk
>
>
> "Nasty Quaker" wrote in message
> news:PlyT5.1169$_j2.149439@news.uswest.net...
>> Hallo,
>>
>> Het iemand dalk 'n afdruk, of ken iemand dalk die volgende kunswerk?
>>
>> Die skildery lyk na waterverf, daar is twee of drie ossewaens in die
>> agtergrond, lyk na doringboombosveld, en op die voorgrond is 'n klong
> wat
>> hurk by 'n kampvuurtjie met 'n driepootpot. Ek dink daar is een of
> twee osse
>> en'n juk eenkant. Die skildery is meestal mostert- en liggroen met
> bruin, en
>> 'n stukkie lug.
>>
>> Ek weet nie wie die skilder was nie, en ek het die afdruk nie meer
> nie. Kan
>> iemand asseblief help?
>>
>> Dankie,
>> Nasty
>>
>
Vorige onderwerp: By die see.
Volgende onderwerp: Staproetes in Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 03:48:49 MGT 2024