Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "waarheid" deur CHARL DURAND
"waarheid" deur CHARL DURAND [boodskap #36827] Ma, 20 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

waarheid
Charl Durand

dear charl, liewe jesus hier
kan ek met jou
afrikaans praat

sodat jy die stemme wat jy hoor
kan verstaan

bleek in agtermiddag
na hael en blou wolke vervaag
bye sonstraal god
agterlaat

op die wal van emmarentiadam
wag jy dat een of ander engel
soos vis sal opspring en
die waarheid dans

is dit nie als rasioneel
radio ingestel op 'n
frekwensie effens bokant alledaag
hoor jy iemand krakend

want jy't tog nie gedink
die evangelie sou
soos 'n poster aan 'n paal hang
Re: "waarheid" deur CHARL DURAND [boodskap #36926 is 'n antwoord op boodskap #36827] Di, 21 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stef Roux  is tans af-lyn  Stef Roux
Boodskappe: 8
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
In , @home.com writes:
> waarheid
> Charl Durand
>

Dankie vir die gediggie, Gloudina
Maar le dit tog nou bietjie vir my
uit want ek verstaan dit nie.

Stef
Re: "waarheid" deur CHARL DURAND [boodskap #36927 is 'n antwoord op boodskap #36827] Di, 21 November 2000 00:27 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Stef Roux wrote:

> In , @home.com writes:
>> waarheid
>> Charl Durand
>>
>
> Dankie vir die gediggie, Gloudina
> Maar le dit tog nou bietjie vir my
> uit want ek verstaan dit nie.
>
>

Eintlik "verstaan" jy die gedig. Jy dinknet jy verstaan dit nie, want
jy het 'n
hele klomp konsepte in jou kop van
wat 'n gedig nou eintlik moet beteken,
daar gesit deur 'n klomp onderwysers
wat nie vir jou die regte manier geleer
het om met digwerk om te gaan nie.
Lees weer die gedig.

Gloudina
Vorige onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Outspan" deur JOHAN MYBURG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 11:19:11 MGT 2024