Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme/Apartheid
Rassisme/Apartheid [boodskap #35273] |
Sat, 07 October 2000 00:00  |
poppie
Boodskappe: 188 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy praat die grootste klomp kaf Nasty. Clinton is baie gewild. Die mense
vergewe hom sy Monica episode net soos hulle Kennedy al sy vroue
episodes vergeef het. Mag bring seksuele belangstelling (ek stel dit
bietjie stupid, maar julle verstaan tog wat ek bedoel). Die land
is sterk en almal is gelukkig.
Die mense hier in Amerika is myns insiens nogal baie godsdienstig
en probeer goed doen. Die kerke doen oral werk onder die armes,
het sopkombuise en meeste skole het godsdiensklubs wat of net
voor of net na skool gehou word, en meeste kinders woon dit by. Hulle
word beslis nie geleer dat God nie bestaan nie. Ek het twee kinders op
skool, ek behoort te weet wat hulle leer of nie.
pop
Nasty Quaker skryf in boodskap news:%wID5.98$iH.121392@news.uswest.net...
> Julle besef blykbaar nie wat in die VSA aan die gang is nie.
>
> Clinton sou nooit herverkies geword het nie, meeste Amerikaners verag hom
> vir die leuens oor Lewinsky ens ens. Die interessante ding tov die VSA, is
> dat die Christene, meesal nie-blankes is. Blankes in die VSA word al-hoe
> meer Goddeloos. In die VSA, is daar nie die S.A. kultuur dat jy saam met
> een-of-ander Godsdiens grootword nie. Amerikaners word op skool, en tuis,
> geleer dat God nie bestaan nie, en dat Evolusie en Big Bang die waarheid
is.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36276 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Thu, 09 November 2000 07:31   |
Jaco
Boodskappe: 13 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Haai Sue
Ek stem saam met alles wat jy gesê het. Kom ons begin by die opvoeding. Ja,
ek het wonderlike ouers. My Pa is laasjaar oorlede, maar dit maak die
herinneringe wat ek van hom het net soveel mooier. Maar ja, ek het in 'n
haatlose, liefdevolle huis grootgeword en stem saam dat jy baie gelukkig of
baie geseënd of baie regdenkend moet wees om uit te breek uit dit waarmee jy
grootgemaak is (as dit verkeerd was). Dit is onder andere hoekom ek so
geskok was om hierdie newsgroup te betree. Dit was vir my regtig hartseer om
te sien dat daar nog grootmense (waarskynlik met kinders) is wat met 'n
absolute haat, nie net vir ander rasse nie, maar vir enigiets wat anders is,
rondloop. En obviously word dit oorgedra aan kinders. Dit is een klein rede
van baie hoekom ek dink Stellenbosch so 'n groot herlewing ondergaan. Hier,
in die jare van ons ontwikkeling waar ons uiteindelik genoeg kop het om vir
onsself te dink, weg van ons ouers af, staan die deur wyd oop vir, gegee:
baie negatiewe, maar ook baie positiewe beïnvloeding.
En ek is jammer as ek dit laat blyk het dat net Christene liefdevol en
vredeliewend kan wees. Verseker nie. Ek het 'n baie goeie Joodse vriendin
wat, as ek dit nou so mag sê, 'n beter Christen sou gemaak het as baie
Christene wat ek ken. Maar ok, Jodedom en Christenskap is baie nou verwant,
al is dit twee verskillende gelowe. Maar ja nee, dit hang ook maar baie af
van watter soort mens jy is. Party mense word bekeer tot Christenskap, en
moet dan regtig inspan om hulself te verander om ander lief te hê. Vir ander
kom dit bloot natuurlik. En die vir wie dit natuurlik kom, sou net sulke
liefdevolle vreedsame Hindus, Moslems en Buddhiste gewees het. Ek wou nou
Satanisme ook noem, maar uit beginsel is die aanbidding van die duiwel iets
wat haat en dood saai.
OK nou vir die rassis definisie. Ek dink ek het nou al my hart goed genoeg
gewys oor wat ek voel oor liefde vir ander. Maar sosiologies gesproke erken
ek dat die wit kultuur en die swart kultuur (let wel ek praat van die
kultuur, nie individue nie) nie vreeslik baie compatible is nie. Selfs die
kleurlinge waarvan hier baie in Stellenbosch en die Kaap is, leef op 'n
ander manier wat ons witmense dalk soortvan kan insien, maar nooit nooit mee
sal kan saamleef nie. Daarom het ek maar geen probleem met woonbuurte waar
witmense verkies om te bly, en woonbuurte waar swartmense wil bly as aparte
gebiede nie. Maar ek wil amper sê dis waar ek die lyn trek. Om saam met
iemand te bly kan nag wees, vra maar vir my en my kamermaat :-) Maar ek kan
nie regtig goed genoeg gronde sien om enige verdere maatskaplike skeidings
te maak nie.
Dat ons geneties verskil is waar. Hoekom wen net Kenyane die 400 meter in
die Olimpiese spele? Hoekom is dit baie algemeen om swart werkers te sien
slaap ronddom middag? Dis nou maar Afrika wat hulle so gemaak het, en ons
nie. As jy in Afrika êrens wou kom drieduisend jaar terug het jy soontoe
gehardloop. Wanneer dit so warm is dat jy nie meer kan werk nie, slaap! As
jy nie nodig het om industriële tegnologie te ontwikkel nie omdat alles wat
jy nodig het in oorvloed rondom jou is, hoekom sal jy dit doen? Al die volke
in die wêreld is vir tienduisende jare letterlik gekweek om by hulle
omstandighede en fisiese omgewings aan te pas en te oorleef. Toe eweskielik
ontdek ons die wiel, die boot die vliegtuig, nou is almal deurmekaar en
niemand kan verstaan hoekom die ander mense dan so simpel of weird of dom of
mal is nie.
Ons is verseker verskilend. Maar dat ons almal mense is is ook waar, en
enige mens verdien my verdraagsaamheid en liefde. Ek dink jy verstaan, Sue.
'n Rassis in my oë is met ander woorde 'n persoon wat iemand van enige ander
ras / geloof / kultuur haat, net omdat hy anders is.
Ek MOET ongelukkig nou gaan swot! Skryf môre Chemie eksamen!
Lekker dag!
Jaco
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36304 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Fri, 10 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jaco wrote:
> Maar sosiologies gesproke erken
> ek dat die wit kultuur en die swart kultuur (let wel ek praat van die
> kultuur, nie individue nie) nie vreeslik baie compatible is nie. Selfs die
> kleurlinge waarvan hier baie in Stellenbosch en die Kaap is, leef op 'n
> ander manier wat ons witmense dalk soortvan kan insien, maar nooit nooit mee
> sal kan saamleef nie. Daarom het ek maar geen probleem met woonbuurte waar
> witmense verkies om te bly, en woonbuurte waar swartmense wil bly as aparte
> gebiede nie.
Ek wonder of jy nie vaskyk teen die gewoontes van middel-middelklaswitmense en
die gewoontes van laer werkersklas kleurlinge nie. As jy
met "kleurlinge" in aanraking kom wat dieselfde sosiale status en geleerdheid
het as jy het, sal jy baie baie min verskil sien tussen hulle en jou, behalwe
dat die kanse goed is dat hulle diep Christene sal wees. Dis wat ek gevind het
onder die swartmense met wie ek saam skoolgehou het.
Gloudina
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36306 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Fri, 10 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jaco wrote:
> Hoekom is dit baie algemeen om swart werkers te sien
> slaap ronddom middag? Dis nou maar Afrika wat hulle so gemaak het, en ons
> nie.
> Wanneer dit so warm is dat jy nie meer kan werk nie, slaap!
Jaco, was jy al ooit in Europa se suidelike dele, waar diesiesta se oorsprong
is. As jy na Spanje gaan, sluit alle
besighede hier om een-uur en maak eers weer teen vier
vyf uur oop (en bly dan oop tot in die laat aand.) Dis
rassisties om te sê swartes slaap altyd in die middag.
Daar is net so baie witmense wat slaap in die middag.
Ek het in die Noordkaap grootgeword, waar ons
almal as ons kon in die middae in die huis gebly het
omdat dit te warm buitekant was, en geslaap het in
die koelste dele van die huis. Winston Churchill
het gesê dat een van sy geheime vir energie die feit
was dat hy in die middag geslaap het. So hierdie storie
dat al die swartmense nou slaap en al die witmense so
op en wakker is gedurende die middag, is 'n urban
legend in SA en word deur rassiste gebruik om aan
te dui hoeveel slegter "hulle" is as "ons."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36351 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Sat, 11 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sue wrote:
> Maar moet tog rerig nie dink dat die civil war was oor slawe en rassisme
> nie Onthou dat
> op daardie stadium het Amerika nog probeer kyk hoe hulle ontslae kan raak
> van die swartes/slawe.
Dit is altyd vir my verbasend om te dink dat die
kwessie van slawerny so kort as 150 jaar gelede
nog so 'n groot rol gespeel het in die geskiedenis
van beide Amerika en Afrika. Slawerny is afgeskaf
in die British Empire dink ek in 1833 of daar rond,
(en dus in Kanada) maar nog nie in die VSA nie,
waar daar 'n bloedige burgeroorlog geveg is van
die Noorde teen die Suide ( oor die kwessie of
verskillende state die reg het om af te skei van die
sentrale staat.) Ek is nou te lui om die datums van
die Amerikaanse Burgeroorlog na te slaan, maar
ek dink dit was om en by 1863 of soiets. Dit was
in daardie jare dat die suidelike state die skip
Alabama uitgestuur het om teen die skepe van die
Noorde te veg. Die Alabama het die Kaap besoek.
Vandaar die lied "Daar kom die Alibama."
Nadat dit onwettig in Kanada geword het om
slawe aan te hou, het slawe uit die VSA op die
underground railway na Kanada gevlug. Daar is
'n sterk swart bevolking in Kanada van mense
wat hier aangekom het voordat Kanada nog as
'n federale staat gebore is in 1867.
Die vrylating van die slawe en die probleme
wat daaruit voortgespruit het, word natuurlik ook
gegee as een van die redes van die Groot Trek,
maar selfs hier dink ek nie dat die kwessie van
slawerny die grootste rede was nie.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36366 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Sat, 11 November 2000 01:19   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sue wrote:
> Sien, hier waar ek woon in die VSA, is almal ook "Christene". Die area
> word na verwys as "the bible belt",
> . Die kerk speel 'n geweldige belangrike rol in die
> alledaagse lewe hier. Maar weet jy dat rassisme geweldig "lewendig" hier
> is.
> In die Noorde van die land, bestaan rassisme omtrent nie meer nie. Maar
> in die Noorde gaan die mense ook nie meer kerk toe nie.
Hokaai, Sue-Anne, is dit nie darem 'n bietjievan 'n vreeslike veralgemening nie.
Ek dink die
mense in die noordelike VSA gaan nogal baie
kerk toe. En daar is ook baie rassisme in die
noordelike VSA. Boston was die "hotbed"
van rassisme toe hulle "bussing" probeer invoer
het.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36399 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Sun, 12 November 2000 00:00   |
Evelyn
Boodskappe: 12 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In die naam van Jesus kan alle siektes oorkom word.
Daar is heelwat gesiene Blanke Christene wat al met
swart mede-Christene getrou het, om van die beste
Christelike families in die land voort te bring.
Siektes was die minste van hulle probleme wat hulle
in die vorige apartheids-staat moes verduur.
Hulle moes die pyn en lyding van haat-gevulde
blankes verduur wat elke dag wreedaardige, vurige
pyle van rassisme teenoor hulle laat ontbrand het.
Daarvoor moet ons ook publiek en kerklik om verskoning vra.
Liefde Groete
Evelyn
Sue skryf in boodskap news:MPG.14753907e84f51f9989751@news...
> In article ,
> 1312...@maties.sun.ac.za says...
>
> Jaco,
>
> Slem kjend! :-) En het jy ook geweet dat daar "swart gene" in die MEESTE
> blanke Suid Afrikaners ronddryf? Al gehoor van "sickel cell anemia"?
> Anyway dit is mos 'n siekte wat net in swartes kan voorkom - die GEEN
> daarvoor kan wel in baie blankes gevind word...laat mens dink ne? :-)
> Vanne soos bv Botha, Van Wyk, Potgieter, Van Rooyen, Du Toit en 'n hele
> spul ander is veral bekend hiervoor. Dan is daar ook die "Eve" konsep.
> Anyway...
>> n Rassis in my oë is met ander woorde 'n persoon wat iemand van enige ander
>> ras / geloof / kultuur haat, net omdat hy anders is.
>
> Okay, ons sien dinge met dieselfde oe. Ek wou net weet. Daar is baie
> sieninge van dieselfde woord.
>
> Jaco, hoop dit het goed gegaan met die Chemie. As jy eendag bietjie
> ekstra tyd het moet jy rerig 'n boek lees wat deur Jared Diamond geskryf
> is - "Guns, Germs and Steel". Dit sal vir jou 'n baie anders idee/begrip
> gee oor baie van die dinge waaroor ons altyd gesels.
|
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36417 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Sun, 12 November 2000 02:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sue wrote:
> en sit nou lekker toegebundel in 'n warm vere dinges (wat is
> duvet?). Dis lekker koud - selfs hier in Jajwa! :-) Sneeu seker al by
> julle?
>
Nee, hier by ons is daar nog geen sneeu op die
grond nie. Dit ten spyte van die feit dat dit al baie
laag af in die VSA gesneeu het. Die temperature
hier is nog mild vir hierdie tyd van die jaar. Dis
as gevolg van die pad wat die jet stream op die
oomblik volg. Uit die koue noorde van Kanada
se westekant waai dit ver af na die suide van
die VSA en bring baie koue temperature tot
selfs in New Mexico en Texas. Dan skep dit
die warmer weer daar en bring dit op na die
noorde aan die oostekant van die vasteland.
Maar ek dink ons gaan ook oor 'n paar
dae sneeu sien.
Gloudina
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36418 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Sun, 12 November 2000 02:37   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sue wrote:
> En hier dog ek dit was net om van die britte onstlae te raak. Ek moet
> erken dat my Groot Trek geskiedenis baie power is, maar sal graag meer
> wil hoor.
Dit word meestal aangeneem dat dit nie soseer was datdie grensboere slawerny
wou bedryf nie, maar dat hulle
objekteer het teen al die reëls en regulasies wat die Britse
regering gemaak het oor hoe hulle hulle vorige slawe
kon behandel (werksure, hoeveelheid slae wat hulle hul
kon toedien, ens.) Een van die grootste griewe was dus
teen die predikante van die London Missionary Society
(veral Dr. Philip) wat die grensboere gesien het as
vriende van die gekleurdes en teen hulle eie belange.
Mens moet ook onthou dat daar sedert 1820 'n beleid
van anglisering in Kaapland was, wat mense ook kwaad
gemaak het.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Rassis [boodskap #36474 is 'n antwoord op boodskap #35273] |
Mon, 13 November 2000 07:00  |
lou[1]
Boodskappe: 579 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
> Dit word meestal aangeneem dat dit nie soseer was datdie grensboere slawerny
> wou bedryf nie, maar dat hulle
> objekteer het teen al die reëls en regulasies wat die Britse
> regering gemaak het oor hoe hulle hulle vorige slawe
> kon behandel (werksure, hoeveelheid slae wat hulle hul
> kon toedien, ens.) Een van die grootste griewe was dus
> teen die predikante van die London Missionary Society
> (veral Dr. Philip) wat die grensboere gesien het as
> vriende van die gekleurdes en teen hulle eie belange.
> Mens moet ook onthou dat daar sedert 1820 'n beleid
> van anglisering in Kaapland was, wat mense ook kwaad
> gemaak het.
Weereens herskryf jy die geskiedenis ...
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:34:55 UTC 2025
|