Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Optog...
Optog... [boodskap #36088 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Mon, 06 November 2000 00:02  |
Londenboer
Boodskappe: 18 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gaan julle klompie daar in SA bietjie julle gewig ingooi? Ek sien die Porras
het darem die inisiatief begin neem...
Vanuit die Beeld:
"'Dis genoeg!'
Philip de Bruin
Burgerlike verset "soos die land selfs in die apartheidsjare nie gesien het
nie" word vir die volgende twee weke verwag weens die publiek se "woede en
ontsteltenis" oor die verslegtende misdaadsituasie in Suid-Afrika.
Van dié optredes waarby honderdduisende lede van die publiek betrek kan
word, sluit in die stigting van 'n maatskappy om individuele gevalle van die
polisie se onvermoë om misdaad te bekamp, oop te vlek; 'n reuse optog teen
misdaad in Pretoria; en 'n hofgeding waarmee klaers die staat wil verplig om
sy grondwetlike plig na te kom om die publiek teen misdaad te beskerm.
Môre in Johannesburg kom 'n groep mense van oor die land heen in 'n
regsfirma se kantore byeen om 'n art. 21-maatskappy - 'n maatskappy sonder
winsbejag - te stig wat primêr daarop gemik gaan wees om polisienalatigheid
en sy onvermoë om misdaad te bekamp, aan die groot klok te hang.
Die dryfveer agter die maatskappy is mnr. Johan Marx van Johannesburg, wat
self die slagoffer van inbrekers was en dae lank gepook het om reaksie van
die polisie te kry.
"Die geweldige reaksie wat ek op my dilemma gekry het, het my oortuig dat
ons in Suid-Afrika nie langer reaktief kan optree nie. Ons moet pro-aktief
wees.
"Op môre se vergadering sal die direkteure van die maatskappy aangestel word
en dan gaan die hele land gemobiliseer word om teen misdaad op te staan."
"Ons betaal belasting deur ons nekke, maar oral hoor jy verskriklike verhale
van mense wat onder misdaad moes deurloop. Ons maatskappy, waarvan die
voorlopige naam Priora is, sal toesien dat die gemeenskap die polisiediens
kry waarop hulle geregtig is."
Belangstellendes kan (011) 475 1883 of 082 490 5631 bel.
Op 15 November vind 'n optog teen misdaad in Pretoria plaas waaraan na
verwagting tienduisende mense gaan deelneem.
Die optog is geïnisieer deur die Portugese gemeenskap en sal om 09:00 by
Kerkplein begin.
Die organiseerders vra mense om hul sakeondernemings vir die duur van die
optog te sluit en aan die protes deel te neem. Die persoon agter dié
inisiatief is vader Carlos Gabriel van die Lady Fatima-kerk, die oudste
Portugese kerk in Suid-Afrika. (Volledige berig op bl. 2.)
Nader inligting kan verkry word by (011) 973 5214.
In Pretoria staan me. Linda Erasmus aan die spits van 'n organisasie, SA
Fund for Bodily and Mentally Injured Persons (Safbip), wat binnekort met 'n
hooggeregshofgeding gaan begin waarin die hof gevra gaan word om te bevind
dat die staat se grondwetlike plig om die gemeenskap teen misdaad te
beskerm, regtens opdwingbaar is.
Safbip is as welsynorganisasie geregistreer. Erasmus-hulle gaan die hof ook
vra dat die staat R110 miljoen in 'n fonds stort om die slagoffers van
misdaad geldelik by te staan.
Sy kan by (012) 808 1635 of 082 259 6152 gebel word. "
|
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36090 is 'n antwoord op boodskap #36088] |
Mon, 06 November 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Eers antwoord ek vir Gloudina - dit was nie duisende nie Glouds....moenie so
oordryf nie.
Sue, dis gaan regtig oor die persoon, as jy voel jy kan nie meer gelukkig
hier wees nie, dan moet jy gaan. As daar niks is wat jou hier hou nie,
moenie hier bly as jy nie wil nie. Ek sal kwyn in 'n ander land, maar jy
moet eers goed seker wees van jou saak voor jy weggaan. Soos is die gras
regtig groener aan die ander kant, het jy al werk, gaan jy werk kan kry, wat
van jou familie en vriende, gaan jy die nuwe klimaat kan hanteer, ens? Daar
so baie dinge wat ons nie oorweeg voordat ons emigreer nie, dat 70% van alle
Suid Afrikaanse emigrante net so weer terugkom, want die gras was toe
eindelik net gedie.
Maar as jy die dag besluit om te emigreer.....aanvaar jou nuwe land en
moenie skuldig voel oor die land wat jy agter gelaat het nie, en moenie maak
soos Gloudina en ons wat agter bly kritiseer, oordeel en sleg sê nie. Dan
sal jy gelukkig wees.
Elaine
>
> @home.com wrote:
>>
>> Sue wrote:
>>
>>> I Moet mense (wit en swart), wat
>>> graag wil leef, Suid Afrika verlaat so spoedig as moontlik? Is dit
>>> verkeerd om die land te verlaat, m.a.w moet mens sleg voel as mens die
>>> land verlaat het? :-)
>>>
>>
>> Nee, ek voel nie sleg dat ek die land gedurende
>> die apartheidsregime verlaat het nie - 'n wrede
>> koelbloedige regime wat duisende en duisende
>> Suid-Afrikaners doodgemaak het en uit hulle
>> eie land laat vlug het, was rede genoeg om te
>> vlug. Om op die oomblik van SA weg te vlug
>> na 'n VSA wat ook maar nie te veilig is nie,
>> is meer problematies.
>>
>> Gloudina
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36091 is 'n antwoord op boodskap #36088] |
Mon, 06 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sue wrote:
> I Moet mense (wit en swart), wat
> graag wil leef, Suid Afrika verlaat so spoedig as moontlik? Is dit
> verkeerd om die land te verlaat, m.a.w moet mens sleg voel as mens die
> land verlaat het? :-)
>
Nee, ek voel nie sleg dat ek die land gedurende
die apartheidsregime verlaat het nie - 'n wrede
koelbloedige regime wat duisende en duisende
Suid-Afrikaners doodgemaak het en uit hulle
eie land laat vlug het, was rede genoeg om te
vlug. Om op die oomblik van SA weg te vlug
na 'n VSA wat ook maar nie te veilig is nie,
is meer problematies.
Gloudina
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36092 is 'n antwoord op boodskap #36088] |
Mon, 06 November 2000 00:00   |
Skunk
Boodskappe: 192 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons weet tog nou almal hoe SA "saamstaan"...
"Londenboer" skryf in boodskap news:8u4sfa$hvn$1@uranium.btinternet.com...
> Gaan julle klompie daar in SA bietjie julle gewig ingooi? Ek sien die Porras
> het darem die inisiatief begin neem...
>
> Vanuit die Beeld:
>
> "'Dis genoeg!'
> Philip de Bruin
>
>
> Burgerlike verset "soos die land selfs in die apartheidsjare nie gesien het
> nie" word vir die volgende twee weke verwag weens die publiek se "woede en
> ontsteltenis" oor die verslegtende misdaadsituasie in Suid-Afrika.
>
> Van dié optredes waarby honderdduisende lede van die publiek betrek kan
> word, sluit in die stigting van 'n maatskappy om individuele gevalle van die
> polisie se onvermoë om misdaad te bekamp, oop te vlek; 'n reuse optog teen
> misdaad in Pretoria; en 'n hofgeding waarmee klaers die staat wil verplig om
> sy grondwetlike plig na te kom om die publiek teen misdaad te beskerm.
>
> Môre in Johannesburg kom 'n groep mense van oor die land heen in 'n
> regsfirma se kantore byeen om 'n art. 21-maatskappy - 'n maatskappy sonder
> winsbejag - te stig wat primêr daarop gemik gaan wees om polisienalatigheid
> en sy onvermoë om misdaad te bekamp, aan die groot klok te hang.
>
> Die dryfveer agter die maatskappy is mnr. Johan Marx van Johannesburg, wat
> self die slagoffer van inbrekers was en dae lank gepook het om reaksie van
> die polisie te kry.
>
> "Die geweldige reaksie wat ek op my dilemma gekry het, het my oortuig dat
> ons in Suid-Afrika nie langer reaktief kan optree nie. Ons moet pro-aktief
> wees.
>
> "Op môre se vergadering sal die direkteure van die maatskappy aangestel word
> en dan gaan die hele land gemobiliseer word om teen misdaad op te staan."
>
> "Ons betaal belasting deur ons nekke, maar oral hoor jy verskriklike verhale
> van mense wat onder misdaad moes deurloop. Ons maatskappy, waarvan die
> voorlopige naam Priora is, sal toesien dat die gemeenskap die polisiediens
> kry waarop hulle geregtig is."
>
> Belangstellendes kan (011) 475 1883 of 082 490 5631 bel.
>
> Op 15 November vind 'n optog teen misdaad in Pretoria plaas waaraan na
> verwagting tienduisende mense gaan deelneem.
>
> Die optog is geïnisieer deur die Portugese gemeenskap en sal om 09:00 by
> Kerkplein begin.
>
> Die organiseerders vra mense om hul sakeondernemings vir die duur van die
> optog te sluit en aan die protes deel te neem. Die persoon agter dié
> inisiatief is vader Carlos Gabriel van die Lady Fatima-kerk, die oudste
> Portugese kerk in Suid-Afrika. (Volledige berig op bl. 2.)
>
> Nader inligting kan verkry word by (011) 973 5214.
>
> In Pretoria staan me. Linda Erasmus aan die spits van 'n organisasie, SA
> Fund for Bodily and Mentally Injured Persons (Safbip), wat binnekort met 'n
> hooggeregshofgeding gaan begin waarin die hof gevra gaan word om te bevind
> dat die staat se grondwetlike plig om die gemeenskap teen misdaad te
> beskerm, regtens opdwingbaar is.
>
> Safbip is as welsynorganisasie geregistreer. Erasmus-hulle gaan die hof ook
> vra dat die staat R110 miljoen in 'n fonds stort om die slagoffers van
> misdaad geldelik by te staan.
>
> Sy kan by (012) 808 1635 of 082 259 6152 gebel word. "
>
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36093 is 'n antwoord op boodskap #36088] |
Mon, 06 November 2000 00:00   |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo Sue,
Hier wil ek jou ook graag antwoord:
Gaan op jou knieë voor `n Lewendige God en vra hom om oor jou en jou
gesin te waak. Moet nie op en af met Geloof en Godsdiens nie, want dan
gaan jy soos vele ander die onderspit delf, so baie wat gesê het dit
sal nie met my gebeur nie.
God sê duidelik in Sy Woord: "Dit wat julle in My Naam vra sal julle
kry", maar soos ek voorheen gesê het, nie op en af nie. Dit is die
eerste besluit wat jy moet maak voor God. As `n Kind van God sal hy
jou beskerm..
Dit is nie nodig om te vlug nie, ons voorvaders het by Bloedrivier `n
laer getrek en daar is `n Gelofte, lees nou mooi, Gelofte: nie belofte
nie, aan God gemaak dat hy hulle moet lei en dat hulle daardie dag, 16
Desember sal gedenk ens. ens. ens.....
Nou, lelik maar waar voor God, waar was die helfte van ons laasjaar op
16 Desember, Antwoord jouself maar op hierdie een, maar nou wil ek
eintlik my stelling maak met hierdie een voorbeeld:
Is dit nie hoekom dit so sleg gaan met die BoereVolk en Blankes vandag
nie?????
Nee, ek kla wraggies nie, want die God wat ek aanbid, (maak nou GLAD
nie saak in watter geloof jy is nie hoor, dit is presies dieselfde God
wat ons aanbid, is goed vir ons.
Kyk bietjie om jou rond jong, maak nie saak waar jy is nie, kyk hoe
gaan dit onder die swartes, palesteine, jode, afrika, want ons het ons
God verraai.
Ons op en af te veel met hom, en Hy is `n jaloerse God, dit sê Hy ook
duidelik vir hom, maar niemand maak soos Hy sê nie. Verander en
verdraai die Bybel soos hulle wil om hulle te pas, maar alles behalwe
wat God vir ons gesê het om te doen.
God is besig met sy werke hier buite hoor. Kyk wat het so `n rukkie
gelede in Mosambiek gebeur. Kyk wat gebeur in Amerika, Palestina,
Afrika, Suid Afrika net soos jy wil, en nou eindig ek met een
vragie....
WIE is die meeste sterftes, NEE ek gaan hier eindig, as jy meer oor
God wil gesels, skryf gerus direk aan my, maar nie hier op die groep
nie want ek kan miskien bietjie klash met wat vroeer op hierdie groep
oor gepraat is en hierdie groep ios in elk geval 90% besig om die
satan te volg.
Groete
Frikkie
Asseblief ek oordeel nie nou nie hoor...Ek Sê:...
On Mon, 06 Nov 2000 19:05:09 GMT, Sue wrote:
> In article ,
> conr...@earthlink.net says...
>
>> Misdaad sal slegs stop as wanneer daar niks meer is om v/oor te baklei > nie.
>
> Wat is die alternatief volgens u siening? Moet mense (wit en swart), wat
> graag wil leef, Suid Afrika verlaat so spoedig as moontlik? Is dit
> verkeerd om die land te verlaat, m.a.w moet mens sleg voel as mens die
> land verlaat het? :-)
>
> Ek weet darem nie - die boere van ouds het mos 'n rugraat gehad - iets
> wat ek obviously nie het nie, want ek het die land verlaat...of wat dan
> nou?
>
> Sal graag wil hoor..:-)
>
> Mooi loop...
>
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36094 is 'n antwoord op boodskap #36088] |
Mon, 06 November 2000 00:00   |
jgj
Boodskappe: 19 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Frikkie Potgieter skryf in boodskap news:3a071565.986594@news.saix.net...
| Hallo Sue,
| Hier wil ek jou ook graag antwoord:
|
| Dit is nie nodig om te vlug nie, ons voorvaders het by Bloedrivier `n
| laer getrek en daar is `n Gelofte, lees nou mooi, Gelofte: nie belofte
| nie, aan God gemaak dat hy hulle moet lei en dat hulle daardie dag, 16
| Desember sal gedenk ens. ens. ens.....
|
| Nou, lelik maar waar voor God, waar was die helfte van ons laasjaar op
| 16 Desember, Antwoord jouself maar op hierdie een, maar nou wil ek
| eintlik my stelling maak met hierdie een voorbeeld:
| Is dit nie hoekom dit so sleg gaan met die BoereVolk en Blankes vandag
| nie?????
|
Nou moet jy darem baie seker wees van jou saak Frikkie. Die 'gelofte'
waarvan jy praat het nooit bestaan nie, die ding is opgemaak deur prof GBA
Gerdener. Sarel Cilliers het nooit daardie woorde gesê nie.
En nou sluit jy die hele boere volk in onder die gelofte. Selfs die wat in
die kaap gebly het, of hulle eie ding gedoen het. Meeste van hulle het nie
eens geweet van die slagting van Bloed rivier nie, daar was nie TV nie. Die
kerk het later jare die bevolking ge-'brain-wash' met die gelofte.
Dit is duidelik dat jy daar uit die Transvaal uitkom. Vir die Kapenaars
beteken daardie gelofte nie veel nie.
O-ja, en die helfte wat laasjaar nie by die monument was nie sit in die
buiteland.
Goeie dag vir jou,
jgj
|
|
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36115 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Tue, 07 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> moenie maak
> soos Gloudina en ons wat agter bly kritiseer, oordeel en sleg sê nie.
En wie is die "ons" waarvan jy praat? Vir wie kritiseer ek noueintlik in die SA
bevolking? Die 80 persent van die SA
bevolking wat nie jou velkleur het nie? Die 99 persent van
die mense wat jou velkleur het in SA en wat opreg en regop
hulle plek in SA inneem en volstaan? Of kritiseer ek nou
maar net die klomp rassistiese vuilbekke op hierdie nuus-
groep, wat nie eens ordentlike Afrikaans kan skryf nie al
sit hulle in die land? Natuurlik vaar ek ook uit teen die
apartheidsvarke. Maar so het jy al op hierdie nuusgroep.
So doen 'n hele klomp Boetmanne en hulle verwante nou
in die kultuurkrampe wat onder sekere Afrikaners ontstaan
as gevolg van wat in SA in die laaste halfeeu gebeur het.
Ek kry lekker as ek sien wie nou sit en braai in hulle
niks-sien-en-niks-hoor filosofie van die laaste paar dekades
nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36117 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Tue, 07 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Frikkie Potgieter wrote:
> almal wat hulself waare Boerde ag sal
> wel optree en volgens daardie gelofte gaan.
>
>
> maar al wat ek DUIDELIK wil s., of jy nou aan
> Bloedrivier glo of nie, moet nie speel met God nie, ai mense kan julle
> nie dit insien en verstaan nie..
>
Frikkie, jou waare Boerde, dink jy nie dat jy en
jou soort die Gelofte van Bloedrivier opsetlik
verkeerd verstaan het nie. En dat dit julle is wat
met God gespeel het, en gekry het wat mense kry
wat met God speel.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36120 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Tue, 07 November 2000 00:00   |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee niemand het van Sarel gepraat nie....
Wat die BoereVolk aanbetref, ja almal wat hulself waare Boerde ag sal
wel optree en volgens daardie gelofte gaan.
Onthou daar is baie mense wat hulself Boere noem maar wat uitgebaster
is en nie `n ware Boer is nie.
Ek probeer ook nie eintlik iets hier bewys nie, want die WARE Boer sou
dadelik weet waarvan ek gepraat het, so hieroor gaan eek ook nie nou
argumenteer nie, maar al wat ek DUIDELIK wil s., of jy nou aan
Bloedrivier glo of nie, moet nie speel met God nie, ai mense kan julle
nie dit insien en verstaan nie..
Groete
Frikkie
O Ja, is gebore en het grootgeword hier in die Oos Kaap......
Nog steeds is ek `n Boer, het niks in gemeen met die Transvaal nie...
O ja, so van brainwash gepraat, bestudeer bietjie die NWO dan sal jy
sien hoe ons deur baie soorte mense, maar veral predikante
gebreinspoel is, dit ook maar nou daar gelaat...
On Mon, 06 Nov 2000 21:54:07 GMT, "jgj"
wrote:
> Nou moet jy darem baie seker wees van jou saak Frikkie. Die 'gelofte'
> waarvan jy praat het nooit bestaan nie, die ding is opgemaak deur prof GBA
> Gerdener. Sarel Cilliers het nooit daardie woorde gesê nie.
>
> En nou sluit jy die hele boere volk in onder die gelofte. Selfs die wat in
> die kaap gebly het, of hulle eie ding gedoen het. Meeste van hulle het nie
> eens geweet van die slagting van Bloed rivier nie, daar was nie TV nie. Die
> kerk het later jare die bevolking ge-'brain-wash' met die gelofte.
>
> Dit is duidelik dat jy daar uit die Transvaal uitkom. Vir die Kapenaars
> beteken daardie gelofte nie veel nie.
>
> O-ja, en die helfte wat laasjaar nie by die monument was nie sit in die
> buiteland.
>
> Goeie dag vir jou,
>
> jgj
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36125 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Tue, 07 November 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jaco
Dis seker een van die mooiste briewe wat ek nog gelees het (van die wat hier
gepos word anyway) Ek is self nog jonk (word oor 'n week 23) en soos jy was
ek self nie daar toe die apartheidsregime op sy sterkste was nie, maar ek
kan nie verstaan hoekom die ouer mense dit in ons gesigte moet bly vryf nie.
Ons is die toekoms van die land, en ons wil dit graag saam met die res van
die land - hetsy dit swart, groen, blou, rooi, bruin of wat ookal is, 'n
sukses maak. Ons kan en ons moet - dis ons plig.
Verder moet jy verstaan dat apartheid nou eenmaal deel geword het van ons
kultuur....dis of dit of die Amerikaanse kultuur van halloween wat nou begin
om sy lelike koppie hier uit te steek. Ek weet nie meer wat ons kultuur is
nie. Boeremusiek en braaivleis? Pap en wors? Biltong en rugby? Ek weet
nie meer nie, want almal probeer so hard om ander lande se kultuur hier in
te bring en op ons af te dwing en gerieflik van hul eie land se kultuur
vergeet, dat ek ook nie meer weet nie. Ons hele herkoms en kultuur is besig
om te kwyn, en eendag gaan iemand die helder wit streep sien van ons ster
wat verskiet....net jammer ons het nie agter gekom toe hy besig was om uit
te brand nie.
Elaine
Jaco wrote
> Al wat ek eintlik wil sê is: hê mekaar lief. Probeer dit en jy sal
> verstaan. Die nuusgroep se naam is soc.culture.South Africa.Afrikaans. "'n
> Vereniging van mense wat in Afrikaans gesels oor die kultuur van Suid
> Afrika". Kom ons praat oor en soos ons die kultuur in Suid-Afrika wil hê,
> en ek belowe julle dit sal so wees.
>
> Liefdegroete,
> Jaco Kemp
>
|
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36134 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Mon, 06 November 2000 23:37   |
Blommetjie
Boodskappe: 157 Geregistreer: February 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Frikkie
Jy praat van ('n) lewende God. Wie is dit ?
Kom ek Identifiseer die Ware God aan jou :
Want daar is nét één God, nl. Die God van Die Bybel.
Dit is Die God van Abraham, Isak en Jakob.
- Die God van Israel !
God se Ware Name in Hebreeus is :
Elohim - wat beteken "Die God bo al die gode".
Yahweh - wat beteken "Ek is wat Ek is".
Sy Enig-gebore Seun [Jesus] se Ware Naam in Hebreeus is :
Yahshuah - wat beteken "Yahweh Verlos".
Israel is God se Enigste Verbondsvolk.
Israel beteken ; "Regeer saam met Yahweh"
A) Eers praat jy van :
" 'n Kind van God" ; "voorvaders" ; "Bloedrivier" ;
"Gelofte" ; "16 Desember" ; "Boerevolk" en "Blankes".
B) Dan sê jy :
"maak nou Gladnie saak in watter geloof jy is nie hoor, dit
is presies dieselfde God wat ons aanbid, is goed vir ons."
C) Daarna sê jy :
"Kyk bietjie om jou rond jong, maak nie saak waar jy is nie,
kyk hoe gaan dit onder die swartes, palesteine, jode, afrika,
want ons het ons God verraai."
D) Hierna praat jy weer van "Die Bybel".
Maar Wat kan ons omtrent A, B, C en D sê ?
A) Die persone in (A) het die God van Die Bybel aanbid.
B) Die Bybel sê duidelik dat daar net Een God is, nl. Die God
van Die Bybel, die God van Israel, met net Een Naam !
Alle gelowe aanbid Nie dieselfde God nie !
Allah, Buddah, Krishna, ens. is Defenitief Nie dieselfde
God as Yahweh nie !
Yahweh Alleen is die God van Israel, en slegs Israel is die
geroepe Verbondsvolk van Yahweh !
C) Yahweh is Alleen die God van Israel, en nie van al daardie
ander volke nie. Die Bybel sê duidelik : "Want al die
volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar
óns [Israel] sal wandel in die Naam van die Here [Elohim]
onse God [Yahweh] vir ewig en altoos." -Miga 4:5.
D) Oor Israel as geroepe Verbondsvolk is daar letterlik
honderde verse om aan te haal. Indien benodig sal ek
ook dit doen.
Groete
Blommetjie
------------------------------------------------------------ -
Frikkie Potgieter skryf in boodskap news:3a071565.986594@news.saix.net...
> Hallo Sue,
> Hier wil ek jou ook graag antwoord:
>
> Gaan op jou knieë voor `n Lewendige God en vra hom om oor jou en jou
> gesin te waak. Moet nie op en af met Geloof en Godsdiens nie, want dan
> gaan jy soos vele ander die onderspit delf, so baie wat gesê het dit
> sal nie met my gebeur nie.
> God sê duidelik in Sy Woord: "Dit wat julle in My Naam vra sal julle
> kry", maar soos ek voorheen gesê het, nie op en af nie. Dit is die
> eerste besluit wat jy moet maak voor God. As `n Kind van God sal hy
> jou beskerm..
>
> Dit is nie nodig om te vlug nie, ons voorvaders het by Bloedrivier `n
> laer getrek en daar is `n Gelofte, lees nou mooi, Gelofte: nie belofte
> nie, aan God gemaak dat hy hulle moet lei en dat hulle daardie dag, 16
> Desember sal gedenk ens. ens. ens.....
>
> Nou, lelik maar waar voor God, waar was die helfte van ons laasjaar op
> 16 Desember, Antwoord jouself maar op hierdie een, maar nou wil ek
> eintlik my stelling maak met hierdie een voorbeeld:
> Is dit nie hoekom dit so sleg gaan met die BoereVolk en Blankes vandag
> nie?????
>
> Nee, ek kla wraggies nie, want die God wat ek aanbid, (maak nou GLAD
> nie saak in watter geloof jy is nie hoor, dit is presies dieselfde God
> wat ons aanbid, is goed vir ons.
>
> Kyk bietjie om jou rond jong, maak nie saak waar jy is nie, kyk hoe
> gaan dit onder die swartes, palesteine, jode, afrika, want ons het ons
> God verraai.
>
> Ons op en af te veel met hom, en Hy is `n jaloerse God, dit sê Hy ook
> duidelik vir hom, maar niemand maak soos Hy sê nie. Verander en
> verdraai die Bybel soos hulle wil om hulle te pas, maar alles behalwe
> wat God vir ons gesê het om te doen.
>
> God is besig met sy werke hier buite hoor. Kyk wat het so `n rukkie
> gelede in Mosambiek gebeur. Kyk wat gebeur in Amerika, Palestina,
> Afrika, Suid Afrika net soos jy wil, en nou eindig ek met een
> vragie....
> WIE is die meeste sterftes, NEE ek gaan hier eindig, as jy meer oor
> God wil gesels, skryf gerus direk aan my, maar nie hier op die groep
> nie want ek kan miskien bietjie klash met wat vroeer op hierdie groep
> oor gepraat is en hierdie groep ios in elk geval 90% besig om die
> satan te volg.
>
> Groete
> Frikkie
>
> Asseblief ek oordeel nie nou nie hoor...Ek Sê:...
>
>
>
>
>
>
>
>
>
> On Mon, 06 Nov 2000 19:05:09 GMT, Sue wrote:
>
>> In article ,
>> conr...@earthlink.net says...
>>
>>> Misdaad sal slegs stop as wanneer daar niks meer is om v/oor te baklei nie.
>>
>> Wat is die alternatief volgens u siening? Moet mense (wit en swart), wat
>> graag wil leef, Suid Afrika verlaat so spoedig as moontlik? Is dit
>> verkeerd om die land te verlaat, m.a.w moet mens sleg voel as mens die
>> land verlaat het? :-)
>>
>> Ek weet darem nie - die boere van ouds het mos 'n rugraat gehad - iets
>> wat ek obviously nie het nie, want ek het die land verlaat...of wat dan
>> nou?
>>
>> Sal graag wil hoor..:-)
>>
>> Mooi loop...
>>
>
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36166 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 00:00   |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo Sue,
Graag wil ek jou net reghelp hier asseblief...
daar is `n baie groot verskil tussen afrikaner mans en Boere Mans.
Die afrikaner mans het al lankal, nog voor die `94 verkiesing saam met
die swartes hand aan hand geloop, maar wat nou agterbly en opstaan is
die Boere Mans.
Boere Groete
Frikkie
O ja, dit het ook eintlik niks te doene met Nazisme nie, dit het meer
te doene met kultuur en morele waardes en dat daar nie `n manier is
dat `n Boer saam met die swart kultuur kan en sal meng nie...
On Wed, 08 Nov 2000 00:01:39 GMT, Sue wrote:
> In article , ang...@dotcool.com says...
>
>
>> soos Gloudina en ons wat agter bly kritiseer, oordeel en sleg sê nie. Dan
>> sal jy gelukkig wees.
>
> Die probleem is dat ek nogal saam met Gloudina stem. Miskien is dit
> omdat ek nuut in hierdie groep is, en nie mooi weet wat aangaan nie.
> Maar hier is darem hatige mense hier - dis nes soos ek Suid Afrika
> onthou. :-(
> Ek het gehoop dat dinge darem so bietjie sou verander het, veral wat die
> blanke afrikaner MANS se houdings betref, maar ek kry die gevoel dat die
> haat en Neo-Nazisme baie sterk in hulle are vloei.
> Moet nou nie woedend kwaad vir my raak nie seblief - ek se maar net wat
> ek "sien" op hierdie groep. Miskien is dinge baie anders in die werklike
> lewe daar in Suid Afrika?
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36168 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 00:00   |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439 Geregistreer: November 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine, niks kommentaar oor die snert wat die vorige skrywer gepos het
waarop jy nou antwoord nie, maar ek het een vraag aan jou en sal graag
`n BAIE EERLIKE antwoord van jou wil hoor ???
Hierdie PLIG waarvan jy praat... Watter plig is dit... Ek neem aan en
glo my dat ek hoop dat ek verkeerd is, maar ag jy dit miskien jou plig
om uit te baster en klein k4`rs te wil grootmaak en so ook jou Kultuur
wil afskryf....
Watter Kultuur en / of wat is die kultuur wat gekoppel word aan
Apartheid...
Hierdie ster wat verskiet is die werklikheid jong. Moet nie dat dit
toe oe verby jou gaan nie, want daar gaan nie `n tweede kans wees
nie... Hoe sê ons mense altyd." Dit sal NOOIT met MY gebeur nie, glo
my elke plaasboer wat vermoor is, seker nou al naby die 900, nie eens
die verkragte meisies, kinders en vrouens nie, HET ALMAL SO GESÊ......
Groete
Frikkie
On Tue, 7 Nov 2000 10:18:54 +0200, "Elaine" wrote:
> Jaco
>
> Dis seker een van die mooiste briewe wat ek nog gelees het (van die wat hier
> gepos word anyway) Ek is self nog jonk (word oor 'n week 23) en soos jy was
> ek self nie daar toe die apartheidsregime op sy sterkste was nie, maar ek
> kan nie verstaan hoekom die ouer mense dit in ons gesigte moet bly vryf nie.
> Ons is die toekoms van die land, en ons wil dit graag saam met die res van
> die land - hetsy dit swart, groen, blou, rooi, bruin of wat ookal is, 'n
> sukses maak. Ons kan en ons moet - dis ons plig.
> Verder moet jy verstaan dat apartheid nou eenmaal deel geword het van ons
> kultuur....dis of dit of die Amerikaanse kultuur van halloween wat nou begin
> om sy lelike koppie hier uit te steek. Ek weet nie meer wat ons kultuur is
> nie. Boeremusiek en braaivleis? Pap en wors? Biltong en rugby? Ek weet
> nie meer nie, want almal probeer so hard om ander lande se kultuur hier in
> te bring en op ons af te dwing en gerieflik van hul eie land se kultuur
> vergeet, dat ek ook nie meer weet nie. Ons hele herkoms en kultuur is besig
> om te kwyn, en eendag gaan iemand die helder wit streep sien van ons ster
> wat verskiet....net jammer ons het nie agter gekom toe hy besig was om uit
> te brand nie.
>
> Elaine
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36169 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 00:00   |
Jaco
Boodskappe: 13 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Sue, ek wil darem ook iets sê wat hopelik vir jou bietjie hoop kan gee.
Hoekom ek gister gevra het hoe oud julle mense is, is omdat dit vir my lyk
asof die meeste aktiewe mense op hierdie newsgroup ten minste 35+ is. Jammer
as ek op tone trap.
Ek is 'n 20-jarige student aan die Universiteit van Stellenbosch. Ek hou die
newsgroup nou al vir so twee dae dop, en ek was geskok om te sien hoe mense
hier praat en reageer. Mense soos Krokkie en Frik en Len. Ek verwag om uit
die staanspoor uit aangeval te word in reaksie op hierdie boodskap. Iets sal
foutgevind word met my. Iemand sal hulle onsekuriteit in hulself probeer
laat beter voel deur my uit te haal. Iemand sal my as 'n rassis uitkryt.
Iemand sal my as 'n satanis verdoem. Iemand sal sê ek moet my mond hou want
ek was nie daar toe die apartheidsregime op sy sterktste was nie en ek sal
nie weet waarvan ek praat nie. Iemand SAL bedreig voel deur my.
Ek is deel van 'n nuwe geslag jong mense in Suid Afrika. Swart, wit en
kleurling. Mense wat oortuigde Christene is. (wat m.a.w. glo dat ons God en
daarna ons naaste soos ons self moet liefhê). Mense wat nie tyd het vir
absolute twak uit 'n verlede waarmee ons boggerol te doen gehad het nie.
Mense wat aktief aan die werk is in Afrikaanse en Engelse kerke,
charismaties, NG you name it, wat besig is om 'n herlewing te ondergaan wat
selfs 'n flegmaat soos ek opgewonde maak. Mense wat hulle verhoudings en
huwelike bitter ernstig opneem omdat ons weier om onsuiwer te wees. Mense
wat soos in Rom 12:2 weier om te konformeer aan die wêreld, maar ons denke
laat vernuwe deur Iemand wat in elk geval veel beter weet as ons. Ek glo ons
is die sout en die lig. Nie net ons nie, nee verseker. Maar ons is.
En daarom gaan ek vir almal op hierdie newsgroup wat hulleself Christene
noem aanspreek, en nie toelaat dat enigiemand neersien op my jeug nie.
Asseblief verstaan wat die God wat ons almal erken van ons wil hê. Nie dat
ons moet haat en stry oor Hom nie, flippit dit kan mos vir niemand lekker
wees nie, nevermind nog vir God. Nee ag hoe duidelik is dit nie dat die Here
ons uitnooi om Hom te leer ken, om 'n verhouding met hom op te bou nie. Daar
is baie goeie versies wat ek nou kan aanhaal om God se hart hierteenoor te
openbaar, maar kyk maar eers net na Johannes 10. En kyk wat beteken
"verhouding" regtig en pas dit toe op hoe jy God benader. Hy is flippen lief
vir jou. Dink jouself in sy skoene in. Wat sal jy die graagste van jou wil
hê? Liefde en tyd. Dat jy Hom sal leer ken.
En dit maak my ook bang as ek dink aan wat Jesus gesê het hy vir ons sal sê
op die oordeelsdag in Matt 7:22. Baie van ons sal sê hoe nice en hoe goed
ons was en hoe vurig ons vir sy naam baklei het en spreekwoordelik hekse
verbrand het en selfs profesieë in Sy Naam uitgespreek het en demone
uitgedryf het en wondertekens gedoen het, alles in sy naam. Maar Hy sal na
ons kyk en sê "Ek het julle nooit geken nie." Hoe erg moet dit nie wees
nie?! Ons het Hom nooit geken soos mens iemand in 'n intieme
liefdesverhouding ken nie.
Daar is 'n sekere vrede wat oor mens kom as jy besef jy is oraait in die
hande van die Here. Oraait soos in veilig, maar ook oraait soos in goed
genoeg. Ons is vrygemaak. Vry om mekaar lief te hê en te dien. Is dit nie
wat Jesus gedoen het nie, en staan daar nie ook "wees Heilig want Ek is
Heilig" nie? Ek vind my vrede daarin om te weet ek hoef nie mense rassiste
te noem omdat hulle nie in my kerk is nie, maar in die kerk 200 meter in die
pad af nie. Ek wil en hoef nie alle swart en kleurling mense te haat net
omdat ons anders grootgemaak is nie. Want flippen hel pigmentselle is nie
genoeg om iemand oor te haat nie! En as jy nie daardie punt van vrede in
liefde wil bereik nie, maar almal steeds sien as jy vyand: SURPRISE!! "But I
say to you, love your enemies...that you may be sons of your Father in
Heaven...For if you love those who love you, what reward do you have? Do not
even the tax collectors (en die swartmense en die kleurlinge en die
sataniste) do the same?" Dit was Mattheus 5. En ja dit was in Engels. God
ontvang eer in enige taal.
Al wat ek eintlik wil sê is: hê mekaar lief. Probeer dit en jy sal
verstaan. Die nuusgroep se naam is soc.culture.South Africa.Afrikaans. "'n
Vereniging van mense wat in Afrikaans gesels oor die kultuur van Suid
Afrika". Kom ons praat oor en soos ons die kultuur in Suid-Afrika wil hê,
en ek belowe julle dit sal so wees.
Liefdegroete,
Jaco Kemp
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36170 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
lous wrote:
> Voor jy te veel jou mond uitspoel oor Boetman (Chris Louw) en sy maters
> moet jy miskien eers sien wie hy eintlik is nie. Hy was een van die
> eerste blanke afrikaans sprekendes om met die ANC in Dakar te gaan
> praat. Dus een van die uitgewekenes onder die ou regime en het hy dan
> ook gou 'n pos gekry by die Es-Y-Bie-Sie na die verkiesing. Hy is dus
> wat vroeer beken was as 'n verligte - duidelik die groep waarin jy jou
> skaar. Die enigste verskil is - hy is nog in SA!
Ja, maar hy sit en kla oor die ouer geslagse skuld in apartheid, hoe die
ouer geslag
vir hulle na die grens gestuur het, ens.
Hoekom het sy geslag nie vroeër gesê:
tot hier toe en nie verder nie. Maar dis
goed dat hy die debat begin het. Het jy
die fees (op Potchefstroom?) bygewoon
waar daar nou 'n toneelstuk oor die hele
ding is?
Gloudina
|
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36172 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 00:00   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jaco,
Ja, maar hier is baie geure en kleure van Christene op hierdie NG. Ek stem
saam met jou, maar, byvoorbeeld, as ek nou Blommetjie en kie reg opsom, gaan
ek en jy e.a Hel toe want ons is nie "Israeliete" nie. En ons kan ook nooit
dit word nie... En Gloudina verkondig 'n soort sinkretisme met elemente van
Boeddisme in.
Jy's nog net twee dae hier - hou bietjie langer dop.
Dries Venter
"Jaco" skryf in boodskap news:8ub3lu$1iif$1@news.adamastor.ac.za...
> En daarom gaan ek vir almal op hierdie newsgroup wat hulleself Christene
> noem aanspreek, en nie toelaat dat enigiemand neersien op my jeug nie.
> Asseblief verstaan wat die God wat ons almal erken van ons wil hê. Nie dat
> ons moet haat en stry oor Hom nie, flippit dit kan mos vir niemand lekker
> wees nie, nevermind nog vir God. Nee ag hoe duidelik is dit nie dat die Here
> ons uitnooi om Hom te leer ken, om 'n verhouding met hom op te bou nie. Daar
> is baie goeie versies wat ek nou kan aanhaal om God se hart hierteenoor te
> openbaar, maar kyk maar eers net na Johannes 10. En kyk wat beteken
> "verhouding" regtig en pas dit toe op hoe jy God benader. Hy is flippen lief
> vir jou. Dink jouself in sy skoene in. Wat sal jy die graagste van jou wil
> hê? Liefde en tyd. Dat jy Hom sal leer ken.
> En dit maak my ook bang as ek dink aan wat Jesus gesê het hy vir ons sal sê
> op die oordeelsdag in Matt 7:22. Baie van ons sal sê hoe nice en hoe goed
> ons was en hoe vurig ons vir sy naam baklei het en spreekwoordelik hekse
> verbrand het en selfs profesieë in Sy Naam uitgespreek het en demone
> uitgedryf het en wondertekens gedoen het, alles in sy naam. Maar Hy sal na
> ons kyk en sê "Ek het julle nooit geken nie." Hoe erg moet dit nie wees
> nie?! Ons het Hom nooit geken soos mens iemand in 'n intieme
> liefdesverhouding ken nie.
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36174 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jan wrote:
> Hierdie "klomp" op die nuusgroep is heelwat minder as wat jy dink. Die
> terminologie, trant, retoriek, patetiese skryfstyl, gebrek aan
> gemotiveerde en weldeurdagte standpunte en selfs (ja, kan jy glo!) die
> IP's is dieselfde -
> . Die som van die individuele bydraes lyk dus heelwat meer
> substansieel (mense dink werklik dis 'n "klomp") as die gebrekkige
> werklikheid.
Jy dink dus 'n klomp van hierdie persoonlikhedeis een en dieselfde persoon?
Tant Hessie met die tuitkappie
Die Ruiter in die Dag
Minnehaha
Tant Alie, voorsitster van die kappiekommando
van die Derde Vryheidsoorlog
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36175 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 00:00   |
krokkie[2]
Boodskappe: 60 Geregistreer: October 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Wat skok jou van my reaksies ?
Jaco wrote in message
...
> Sue, ek wil darem ook iets sê wat hopelik vir jou bietjie hoop kan gee.
> Hoekom ek gister gevra het hoe oud julle mense is, is omdat dit vir my lyk
> asof die meeste aktiewe mense op hierdie newsgroup ten minste 35+ is. Jammer
> as ek op tone trap.
> Ek is 'n 20-jarige student aan die Universiteit van Stellenbosch. Ek hou die
> newsgroup nou al vir so twee dae dop, en ek was geskok om te sien hoe mense
> hier praat en reageer. Mense soos Krokkie en Frik en Len. Ek verwag om uit
> die staanspoor uit aangeval te word in reaksie op hierdie boodskap. Iets sal
> foutgevind word met my. Iemand sal hulle onsekuriteit in hulself probeer
> laat beter voel deur my uit te haal. Iemand sal my as 'n rassis uitkryt.
> Iemand sal my as 'n satanis verdoem. Iemand sal sê ek moet my mond hou want
> ek was nie daar toe die apartheidsregime op sy sterktste was nie en ek sal
> nie weet waarvan ek praat nie. Iemand SAL bedreig voel deur my.
>
> Ek is deel van 'n nuwe geslag jong mense in Suid Afrika. Swart, wit en
> kleurling. Mense wat oortuigde Christene is. (wat m.a.w. glo dat ons God en
> daarna ons naaste soos ons self moet liefhê). Mense wat nie tyd het vir
> absolute twak uit 'n verlede waarmee ons boggerol te doen gehad het nie.
> Mense wat aktief aan die werk is in Afrikaanse en Engelse kerke,
> charismaties, NG you name it, wat besig is om 'n herlewing te ondergaan wat
> selfs 'n flegmaat soos ek opgewonde maak. Mense wat hulle verhoudings en
> huwelike bitter ernstig opneem omdat ons weier om onsuiwer te wees. Mense
> wat soos in Rom 12:2 weier om te konformeer aan die wêreld, maar ons denke
> laat vernuwe deur Iemand wat in elk geval veel beter weet as ons. Ek glo ons
> is die sout en die lig. Nie net ons nie, nee verseker. Maar ons is.
>
> En daarom gaan ek vir almal op hierdie newsgroup wat hulleself Christene
> noem aanspreek, en nie toelaat dat enigiemand neersien op my jeug nie.
> Asseblief verstaan wat die God wat ons almal erken van ons wil hê. Nie dat
> ons moet haat en stry oor Hom nie, flippit dit kan mos vir niemand lekker
> wees nie, nevermind nog vir God. Nee ag hoe duidelik is dit nie dat die Here
> ons uitnooi om Hom te leer ken, om 'n verhouding met hom op te bou nie. Daar
> is baie goeie versies wat ek nou kan aanhaal om God se hart hierteenoor te
> openbaar, maar kyk maar eers net na Johannes 10. En kyk wat beteken
> "verhouding" regtig en pas dit toe op hoe jy God benader. Hy is flippen lief
> vir jou. Dink jouself in sy skoene in. Wat sal jy die graagste van jou wil
> hê? Liefde en tyd. Dat jy Hom sal leer ken.
> En dit maak my ook bang as ek dink aan wat Jesus gesê het hy vir ons sal sê
> op die oordeelsdag in Matt 7:22. Baie van ons sal sê hoe nice en hoe goed
> ons was en hoe vurig ons vir sy naam baklei het en spreekwoordelik hekse
> verbrand het en selfs profesieë in Sy Naam uitgespreek het en demone
> uitgedryf het en wondertekens gedoen het, alles in sy naam. Maar Hy sal na
> ons kyk en sê "Ek het julle nooit geken nie." Hoe erg moet dit nie wees
> nie?! Ons het Hom nooit geken soos mens iemand in 'n intieme
> liefdesverhouding ken nie.
>
> Daar is 'n sekere vrede wat oor mens kom as jy besef jy is oraait in die
> hande van die Here. Oraait soos in veilig, maar ook oraait soos in goed
> genoeg. Ons is vrygemaak. Vry om mekaar lief te hê en te dien. Is dit nie
> wat Jesus gedoen het nie, en staan daar nie ook "wees Heilig want Ek is
> Heilig" nie? Ek vind my vrede daarin om te weet ek hoef nie mense rassiste
> te noem omdat hulle nie in my kerk is nie, maar in die kerk 200 meter in die
> pad af nie. Ek wil en hoef nie alle swart en kleurling mense te haat net
> omdat ons anders grootgemaak is nie. Want flippen hel pigmentselle is nie
> genoeg om iemand oor te haat nie! En as jy nie daardie punt van vrede in
> liefde wil bereik nie, maar almal steeds sien as jy vyand: SURPRISE!! "But I
> say to you, love your enemies...that you may be sons of your Father in
> Heaven...For if you love those who love you, what reward do you have? Do not
> even the tax collectors (en die swartmense en die kleurlinge en die
> sataniste) do the same?" Dit was Mattheus 5. En ja dit was in Engels. God
> ontvang eer in enige taal.
>
> Al wat ek eintlik wil sê is: hê mekaar lief. Probeer dit en jy sal
> verstaan. Die nuusgroep se naam is soc.culture.South Africa.Afrikaans. "'n
> Vereniging van mense wat in Afrikaans gesels oor die kultuur van Suid
> Afrika". Kom ons praat oor en soos ons die kultuur in Suid-Afrika wil hê,
> en ek belowe julle dit sal so wees.
>
> Liefdegroete,
> Jaco Kemp
>
|
|
|
Re: Optog... [boodskap #36199 is 'n antwoord op boodskap #36105] |
Wed, 08 November 2000 01:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sue wrote:
> Ek het gehoop dat dinge darem so bietjie sou verander het, veral wat die
> blanke afrikaner MANS se houdings betref, maar ek kry die gevoel dat die
> haat en Neo-Nazisme baie sterk in hulle are vloei.
Hier wil ek nou 'n lansie breek vir Afrikaner-mans. Meeste van hulle is opregte
mense
met ruggraat, en ek dink dat hulle help om die
ruggraat te vorm van die huidige SA. (Ek sien
so baie Afrikaner-name onder die mans (en
vrouens) wat woordvoerders is vir die polisie,
of allerhande soorte dienste van die staat.)
Hierdie klomp wat so haat spoeg en neo-
nazi sentimente verkondig, is sommer net 'n
klomp ruggraatlose mense met groot bekke,
wat ek nie eens as mans wil erken nie. Enig-
iemand wat dink dis macho om gedurig van
ekskrement te praat en van buite-egtelike
seks met ander etniese groepe , het
'n klap van die windmeuel weg.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 10:19:31 UTC 2025
|