Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "'n Wit Berk het in die bos gestaan" deur BAREND TOERIEN
"'n Wit Berk het in die bos gestaan" deur BAREND TOERIEN [boodskap #35911] Do, 26 Oktober 2000 03:17 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

‘N WIT BERK HET IN DIE BOS GESTAAN - Variasies
Barend Toerien

1
‘n Wit berk het in die bos gestaan
drie wit stamme met wit basse aan

dun vingers
met vingertoppe in 'n blou bak blare

2
Die spikkels op die berk
die sproete op jongmeisiebene
die negatief van 'n naghemel-foto

3
As ek net lank genoeg hier wag
sal 'n meisie verskyn en haar lang wit arms
saggies om my slaan. Ag -

4
Waar sit die blaarmatryse?
Soms dink ek hulle is ondergronds
in 'n groot doenigheid
soos die groen deeg uitgerol
en uitgedruk word in soetkoek-vormpies.

5
Herfs is haar blaartjies geel
‘n anemiese sitroen
en op vlug van die boom
giggel hulle en jil
en pointe.

6
‘n Wurm met 'n mond vol verrotte blare
sê : “Dankie tog, Tannie Berk, dat jy hulle vir my afgooi.”
Toe kom daar 'n koor van ver stemmetjies, versmoor:
Sy’t my g’n afgegooi nie, ek het self laat los!
(en stiltewaarts gesneeu?)

7
Winters is dit 'n gewedywer
om wie is die witste wit.
Witter as sneeu laat my skyn
kraak die takkies, saggies
en die nuwe bassies.

8
Deur die splete van die hemel
dring die vlokke kapok.
Die berk trek haar nerts net stywer.

9
In die diep sneeu het 'n bokkie kom skuur
teen die stamme, en die bassies geknaag
en toe ek my asem ophou, het dit effe gehurk
en 'n string stomende krale die sneeu ingestuur.
Re: "'n Wit Berk het in die bos gestaan" deur BAREND TOERIEN [boodskap #35927 is 'n antwoord op boodskap #35911] Vr, 27 Oktober 2000 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barend Toerien se gedig is een van my geliefkoosde gedigte.
Dis een van die gedigte wat vir my die mooiste die herfs in
Noord-Amerika in enige taal beskryf. En dis in Afrikaans
geskryf! Barend Toerien het glo vir 'n ruk in New York gebly.
Berke-bome (birch trees) het 'n spesiale plek in die
bewussyn van die inwoners van die noord-oostelike deel van
Noord-Amerika.(Ek weet nie hoe ver wes en suid hulle strek
nie.) Die eerste nasies het eeue gelede die bas van die berke-
boom gebruik om hulle kanoes waterdig te maak. Die bas
word maklik los van die stam, en val soms vanself in repe
af. Die berkebome het glo sanderige grond nodig, en staan
gewoonlik in groepe tussen die ander bome. Hulle is slanke
bome, met hulle wit stamme met hier en daar 'n swart streep,
en groei gewoonlik regop na bo. In die herfs hou hulle hul
blare gewoonlik nadat die ander rooi en oranje blare al af
is. In die laat herfs sien mens hulle geel dan tussen die silwer
en swart van al die ander boomstamme in die woude.
Dis in die seisoen waarin ons nou is. Dis die laat-laat
herfs. Orals val die blare van die berkebome af as die
windjie net effens stoot. Die dae is blou, behalwe in
die oggende wanneer daar 'n digte mis oor alles hang.
Gister het ons langs die rivier gaan stap. Daar is letterlik
duisende groot vet canada geese wat nog op die Ottawa-
rivier wei, wagtende op die teken om suidwaarts te
emigreer. As hulle opvlieg, vlieg hulle in formasie verby.
Eers hoor jy hulle honk. Dan kyk jy op en sien die
v-formasie bo jou verbygaan. Daarna volg hulle
skaduwees op die grond.

Gloudina


@home.com wrote:

> ‘N WIT BERK HET IN DIE BOS GESTAAN - Variasies
> Barend Toerien
>
> 1
> 'n Wit berk het in die bos gestaan
> drie wit stamme met wit basse aan
>
> dun vingers
> met vingertoppe in 'n blou bak blare
>
> 2
> Die spikkels op die berk
> die sproete op jongmeisiebene
> die negatief van 'n naghemel-foto
>
> 3
> As ek net lank genoeg hier wag
> sal 'n meisie verskyn en haar lang wit arms
> saggies om my slaan. Ag -
>
> 4
> Waar sit die blaarmatryse?
> Soms dink ek hulle is ondergronds
> in 'n groot doenigheid
> soos die groen deeg uitgerol
> en uitgedruk word in soetkoek-vormpies.
>
> 5
> Herfs is haar blaartjies geel
> 'n anemiese sitroen
> en op vlug van die boom
> giggel hulle en jil
> en pointe.
>
> 6
> 'n Wurm met 'n mond vol verrotte blare
> sê : “Dankie tog, Tannie Berk, dat jy hulle vir my afgooi.”
> Toe kom daar 'n koor van ver stemmetjies, versmoor:
> Sy’t my g’n afgegooi nie, ek het self laat los!
> (en stiltewaarts gesneeu?)
>
> 7
> Winters is dit 'n gewedywer
> om wie is die witste wit.
> Witter as sneeu laat my skyn
> kraak die takkies, saggies
> en die nuwe bassies.
>
> 8
> Deur die splete van die hemel
> dring die vlokke kapok.
> Die berk trek haar nerts net stywer.
>
> 9
> In die diep sneeu het 'n bokkie kom skuur
> teen die stamme, en die bassies geknaag
> en toe ek my asem ophou, het dit effe gehurk
> en 'n string stomende krale die sneeu ingestuur.
Re: "'n Wit Berk het in die bos gestaan" deur BAREND TOERIEN [boodskap #35928 is 'n antwoord op boodskap #35911] Vr, 27 Oktober 2000 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n pragtige foto van stamme in 'n berkeboomwoud in die
noord-oostelike deel van Pennsylvania per geluk gekry nadat ons daar op
'n grondpad stilgehou het om van die grootste ratelslang wat ek ooit
gesien het, 'n foto te neem. Pragtige varings op die woudvloer met die
wit stamme, alles in die skadu van die woudlower. Ek sal hopelik een
van die dae die skyfie kan aftas en sal dit dan pos op een van die
binêre groepe.

Hier op die hoëveld sien ons deesdae heelwat groter troppe
skoorsteenveërs vlieg, en hulle formasie laat mens nogal aan die canada
geese dink. Hulle is, in teenstelling met die canada geese en hulle
ander nefies en niggies, die hadeda- en glansibisse, net besonder stil.
Doen hulle naam gestand (heilige ibisse - in antieke Egipte die simbool
van Thoth, die god van skrif en wysheid).

@home.com wrote in article ...
Barend Toerien se gedig is een van my geliefkoosde gedigte.
Dis een van die gedigte wat vir my die mooiste die herfs in
Noord-Amerika in enige taal beskryf. En dis in Afrikaans
geskryf! Barend Toerien het glo vir 'n ruk in New York gebly.
Berke-bome (birch trees) het 'n spesiale plek in die
bewussyn van die inwoners van die noord-oostelike deel van
Noord-Amerika.(Ek weet nie hoe ver wes en suid hulle strek
nie.) Die eerste nasies het eeue gelede die bas van die berke-
boom gebruik om hulle kanoes waterdig te maak. Die bas
word maklik los van die stam, en val soms vanself in repe
af. Die berkebome het glo sanderige grond nodig, en staan
gewoonlik in groepe tussen die ander bome. Hulle is slanke
bome, met hulle wit stamme met hier en daar 'n swart streep,
en groei gewoonlik regop na bo. In die herfs hou hulle hul
blare gewoonlik nadat die ander rooi en oranje blare al af
is. In die laat herfs sien mens hulle geel dan tussen die silwer
en swart van al die ander boomstamme in die woude.
Dis in die seisoen waarin ons nou is. Dis die laat-laat
herfs. Orals val die blare van die berkebome af as die
windjie net effens stoot. Die dae is blou, behalwe in
die oggende wanneer daar 'n digte mis oor alles hang.
Gister het ons langs die rivier gaan stap. Daar is letterlik
duisende groot vet canada geese wat nog op die Ottawa-
rivier wei, wagtende op die teken om suidwaarts te
emigreer. As hulle opvlieg, vlieg hulle in formasie verby.
Eers hoor jy hulle honk. Dan kyk jy op en sien die
v-formasie bo jou verbygaan. Daarna volg hulle
skaduwees op die grond.

Gloudina

@home.com wrote:

> 'N WIT BERK HET IN DIE BOS GESTAAN - Variasies
> Barend Toerien
>
> 1
> 'n Wit berk het in die bos gestaan
> drie wit stamme met wit basse aan
>
> dun vingers
> met vingertoppe in 'n blou bak blare
>
> 2
> Die spikkels op die berk
> die sproete op jongmeisiebene
> die negatief van 'n naghemel-foto
>
> 3
> As ek net lank genoeg hier wag
> sal 'n meisie verskyn en haar lang wit arms
> saggies om my slaan. Ag -
>
> 4
> Waar sit die blaarmatryse?
> Soms dink ek hulle is ondergronds
> in 'n groot doenigheid
> soos die groen deeg uitgerol
> en uitgedruk word in soetkoek-vormpies.
>
> 5
> Herfs is haar blaartjies geel
> 'n anemiese sitroen
> en op vlug van die boom
> giggel hulle en jil
> en pointe.
>
> 6
> 'n Wurm met 'n mond vol verrotte blare
> sê : �Dankie tog, Tannie Berk, dat jy hulle vir my afgooi.�
> Toe kom daar 'n koor van ver stemmetjies, versmoor:
> Sy't my g'n afgegooi nie, ek het self laat los!
> (en stiltewaarts gesneeu?)
>
> 7
> Winters is dit 'n gewedywer
> om wie is die witste wit.
> Witter as sneeu laat my skyn
> kraak die takkies, saggies
> en die nuwe bassies.
>
> 8
> Deur die splete van die hemel
> dring die vlokke kapok.
> Die berk trek haar nerts net stywer.
>
> 9
> In die diep sneeu het 'n bokkie kom skuur
> teen die stamme, en die bassies geknaag
> en toe ek my asem ophou, het dit effe gehurk
> en 'n string stomende krale die sneeu ingestuur.

----------
Re: "'n Wit Berk het in die bos gestaan" deur BAREND TOERIEN [boodskap #35929 is 'n antwoord op boodskap #35911] Vr, 27 Oktober 2000 15:10 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jan wrote:

> Hier op die hoëveld sien ons deesdae heelwat groter troppe
> skoorsteenveërs vlieg, en hulle formasie laat mens nogal aan die canada
> geese dink. Hulle is, in teenstelling met die canada geese en hulle
> ander nefies en niggies, die hadeda- en glansibisse, net besonder stil.
> Doen hulle naam gestand (heilige ibisse - in antieke Egipte die simbool
> van Thoth, die god van skrif en wysheid).
>

Ek sien in ons "Roberts: Birds of South Africa" dat die
skoorsteenveërs orals in Suid-Afrika voorkom behalwe
in Boesmanland. Dis seker daarom dat ek hulle nie ken
nie. Wat ons wel somtyds op die lusernvelde langs die
Oranje-rivier opgemerk het, was die groot wit sprinkaan-
voël (ciconia ciconia) en dan net vir minder as twee weke.
Hulle doel dink ek was die Klein Karoo. Dis snaaks om
te dink dat die voëls so ver vandaan kom - dat hulle
hulle neste op die skoorstene van Europa bou.

Gloudina
Vorige onderwerp: Gedig
Volgende onderwerp: "Klein Siklus" deur G.A. WATERMEYER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 02:19:03 MGT 2024