Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Parys - Parys retoer
| Parys - Parys retoer [boodskap #3563] |
Ma., 05 Januarie 2004 21:55  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>>
>> Dit gaan goed met my, dankie Roely! Ek het gisteraand teruggekom. Ek
>> was nie naby die Champs Elysees nie, ek was in Montmartre vir Nuwe
>> Jaar, maar die riots op die Champs Elysees elke jaar is mos deel van
>> 'n ou gerespekteerde tradisie wat terugreik na die dae van die Paris
>> Commune :-))
>
> Jy is TERUG!! Baie welkom terug, Lorinda! ;-))
> Vertel vertel!!
Ek weet NIKS van die Paris Commune nie, wat jy ookal mag gehoor het ek
was nie daar nie ! (tyd het my daarvan gered) :-))
Baie dankie vir die verwelkoming, ek het my klein vakansie baie
geniet. Ek was in 'n baie oulike restaurant op Oujaarsaand, en daar
was 'n soort kabaret (liedjies van Kurt Weil ens). Het ook die
Botticelli uitstalling by die Musee du Luxembourg gesien (nie op
dieselfde aand nie :-))en het soos altyd in Parys myself doodgeëet. Ek
het al die sports op die Champs Elysees gemis, maar ek kla nie :-)
> Gie gie...ook tyd dat jy terug is, net betyds om te sien hoe ek
> alweer my kop in daardie hellhole (SCSAA) gaan steek het, en ai AI!!
> ;-)))
>
Ek was so lanklaas daar dat ek hard moes soek, en jy is reg, ai, AI!!
Dis moeilik om oor enigiets 'n gesprek daar te voer. Ek glo nie dit
maak saak wat mens sê nie, die resultaat is dieselfde. Ja, ons het
seker 'n water kliek hier! :-)
Oor die opskrif van hierdie pos, het jy ooit 'n bundel essays deur
Andre P Brink gelees met die titel Parys - Parys Retoer? Dit het
gegaan oor sy tyd in Parys en ek het baie daarvan gehou; ek dink sy
essays is baie beter as sy novelles (sy karakterisering is altyd so
een-dimensioneel - maar ek moet erken ek het lanklaas 'n boek deur hom
gelees, sy nuwe boeke mag dalk anders wees).
Lorinda
|
|
|
|
| Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3565 is 'n antwoord op boodskap #3563] |
Ma., 05 Januarie 2004 22:36   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Ek weet NIKS van die Paris Commune nie, wat jy ookal mag gehoor het ek
> was nie daar nie ! (tyd het my daarvan gered) :-))
LOL!!
> Baie dankie vir die verwelkoming, ek het my klein vakansie baie
> geniet. Ek was in 'n baie oulike restaurant op Oujaarsaand, en daar
> was 'n soort kabaret (liedjies van Kurt Weil ens). Het ook die
> Botticelli uitstalling by die Musee du Luxembourg gesien (nie op
> dieselfde aand nie :-))en het soos altyd in Parys myself doodgeëet. Ek
> het al die sports op die Champs Elysees gemis, maar ek kla nie :-)
Ag, dit klink absoluut wonderlik. Ek het nogal nou die aand met
iemand juis oor Kurt Weil gesels. Hoe ironies.
> Ek was so lanklaas daar dat ek hard moes soek, en jy is reg, ai, AI!!
> Dis moeilik om oor enigiets 'n gesprek daar te voer. Ek glo nie dit
> maak saak wat mens sê nie, die resultaat is dieselfde. Ja, ons het
> seker 'n water kliek hier! :-)
Skuus, ek het darem nie gedink jy sal gaan lees nie, anders kon ek vir
jou die opskrifte gegee het. Duh...:-))))
Jy's reg, dit maak werklik nie saak wat mens sê nie. Dit is so
ongelooflik eintlik. Eintlik so tragies/snaaks ook, want die Nude
Raider beledig hulle iets verskrikliks, maar hulle is so behep en
besig om mekaar te verskeur dat hulle dit nie eens raaksien nie, en in
die proses nogal heeltemal saamstem met die beledigings. LOL, as ek
kon skryf, sou dit darem ''n wonderlike tema gewees het. So Tom
Sharpe meets Monty Python tipe van skets. ;-))
Wel, heil aan die waterkliek. Mag ons nog lank kliek!!
;-)))
> Oor die opskrif van hierdie pos, het jy ooit 'n bundel essays deur
> Andre P Brink gelees met die titel Parys - Parys Retoer? Dit het
> gegaan oor sy tyd in Parys en ek het baie daarvan gehou; ek dink sy
> essays is baie beter as sy novelles (sy karakterisering is altyd so
> een-dimensioneel - maar ek moet erken ek het lanklaas 'n boek deur hom
> gelees, sy nuwe boeke mag dalk anders wees).
Ja. Hy is nogal een van die bitter min Afrikaanse skrywers wat ek
al gelees het.
Ek onthou vaagweg dat hy mos juis die Mei gebeure daar in Frankryk
beskryf het met die opstand van die studente en so aan. Nee, ek sal
nou NIKS verder sê nie, Lorinda. ;'-))
|
|
|
|
|
|
| Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3580 is 'n antwoord op boodskap #3565] |
Di., 06 Januarie 2004 17:42   |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf in boodskap news:...
knip
> So Tom
> Sharpe meets Monty Python tipe van skets. ;-))
Dit sou baie goed werk! Onthou jy in Life of Brian "We must unite
against the common enemy" Uitroepe: "Yes, the Palestinian People's
Party, where are they?!"
Antwoord:"No, no the ROMANS..."
> Ja. Hy is nogal een van die bitter min Afrikaanse skrywers wat ek
> al gelees het.
> Ek onthou vaagweg dat hy mos juis die Mei gebeure daar in Frankryk
> beskryf het met die opstand van die studente en so aan. Nee, ek sal
> nou NIKS verder sê nie, Lorinda. ;'-))
LOL! Dankie... Dis reg, daar is 'n lang stuk in oor die nag van die
groot clash tussen die polisie en die studente (en werkers) toe hy so
heelnag deur die strate gedwaal het. As ek reg onthou was dit ook die
nag toe sy concierge heeltemaal die kluts kwyt geraak het en nadat sy
vir maande aanhoudend geteem het oor haar vrees vir die kommuniste
groet sy kom met "Dagsê kameraad!" en toe fluister sy "Op my kan jy
staatmaak, want ek, monsieur, is 'n kommunis"!
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3600 is 'n antwoord op boodskap #3580] |
Wo., 07 Januarie 2004 21:29   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>> So Tom
>> Sharpe meets Monty Python tipe van skets. ;-))
>
> Dit sou baie goed werk! Onthou jy in Life of Brian "We must unite
> against the common enemy" Uitroepe: "Yes, the Palestinian People's
> Party, where are they?!"
> Antwoord:"No, no the ROMANS..."
ROTFL!!! Ja, ek onthou dit baie goed. Dit is presies die tipe van
ding wat ek bedoel het.
Gisteraand lees blaai ek toe ook toevallig weer deur van my ou
Asterix comics, want ek het die ene gesoek van Asterix en die baba.
En toe dink ek ook weer aan die situasie van die "ander" en "ons".
;-)))
LOL! Ek het netnou gou hier kom lees, maar toe moes ek eers ophou
lees want ek het so gelag vir alles en almal.
> LOL! Dankie... Dis reg, daar is 'n lang stuk in oor die nag van die
> groot clash tussen die polisie en die studente (en werkers) toe hy so
> heelnag deur die strate gedwaal het. As ek reg onthou was dit ook die
> nag toe sy concierge heeltemaal die kluts kwyt geraak het en nadat sy
> vir maande aanhoudend geteem het oor haar vrees vir die kommuniste
> groet sy kom met "Dagsê kameraad!" en toe fluister sy "Op my kan jy
> staatmaak, want ek, monsieur, is 'n kommunis"!
PUIK PUIK!!! ;-)))
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Parys - Parys retoer [boodskap #3614 is 'n antwoord op boodskap #3607] |
Do., 08 Januarie 2004 17:15  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Lorinda - ek glo dat Eco bloot die sienswyse van 'n klomp mense, myne
> ingeslote, verwoord het. Die vergelyk met die Romeinse Ryk is 'n treffende
> vergelyking - ooreenkomste is legio.
> Ek vind dit egter eienaardig dat die "regse" partye suksesvol was in die
> uitbuiting van die situasie - waarskynlik omdat hulle die laer ekonomiese
> klasse verteenwoordig - juis daardie mense wat die bedreiging die nouste
> aanvoel.
Onthou egter dat Eco dit nie noodwendig as as 'n negatiewe verloop van
sake sien nie, meer as 'n "natuurlike" siklus.
Die regse partye skep baie keer ook 'n situasie waar daar nie een is
nie. In dele van Engeland waar daar min vlugtelinge ens is, doen hulle
partykeer baie goed. M.a.w. dis 'n abstrakte idee vir daardie mense,
hulle kry nie met die vlugtelinge (ekonomies of andersinds) te doen
nie. Ook is dit baie keer eenvoudig 'n maklike manier om die skuld
iewers te pak waneer dit eintlik elders hoort (by Blair se beleid
byvoorbeeld). In die employment tipe ekonomiese programme waarmee ek
te doen het is die ouens wat reguit sê "ek wil nie werk nie" sonder
uitsondering wit en Brits gebore. Somalis, Irakese ens wil almal graag
werk. Die eintlike probleem is die een van assimilasie(?)van sekere
van die groepe (nie almal nie, baie van hulle wil baie graag aanpas).
Lorinda
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 20:19:17 UTC 2026
|