Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rede vir menswording
Rede vir menswording [boodskap #35689 is 'n antwoord op boodskap #35703] |
Wed, 18 October 2000 00:00  |
KaapseKind
Boodskappe: 82 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek sal graag jou antwoord wou hoor Elaine:
Vraag: In die Christologie - of bloot volgens Christene - waarom het Jesus
mens geword?
Elaine skryf in boodskap news:39ed99bd.0@news1.mweb.co.za...
> Toe ek op skool was, was daar 'n outjie in my klas wat in die Rhema kerk is.
> Hy't dit nog in die bybel klas vir ons vertel, en 'n hele paar versies uit
> die bybel gehaal om dit te staaf. Hy't ook gesê dat Jesus deur al die dinge
> moes gaan, sodat hy kon verstaan hoe ons voel, anders was sy kruisdood vir
> niks. I kid you not, ek het dit daarna weer gehoor by 'n tannie wat ook aan
> die kerk behoort, en 'n pastoor wat by my ma se winkel ingekom het en dit
> vir ons vertel het.
> Real twisted people we're dealing with here. Hulle is ook nie die enigste
> sekte wat dit glo nie hoor, ek het dit al 'n paar keer gehoor.
>
> Elaine
>
> Oitaroh Margoloh wrote in message
> news:ZSfH5.2258$iY1.51951@sodalite.nbnet.nb.ca...
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:39ed74c4.0@news1.mweb.co.za...
>>> Jy laat my dink aan die mense van die Rhema kerk wat te vertelle het dat
>>> Jesus Vigs gehad het en saam met mans en prostitute geslaap het
>>
>> Elaine, is jy nou ernstig dat mense van die Rhema kerk sulke dinge sê?
>> Soos in Ray McCauley se Rhema kerk? Wanneer en waar is dit gesê?
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rede vir menswording [boodskap #35855 is 'n antwoord op boodskap #35703] |
Sun, 22 October 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Daar is seker ander mense daarbuite wat sterk genoeg is om vir God te sterf,
> maar is hulle sterk genoeg om 3 dae lank in die hel deur te bring?
Ek sal graag wil weet hoe jy dit vir jouself interpreteer
dat Christus ter helle gedaal het. Wat beteken dit vir
jou om in die hel te wees? Dis 'n opregte vra, nie 'n
vasvra vraag nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Rede vir menswording [boodskap #35885 is 'n antwoord op boodskap #35703] |
Mon, 23 October 2000 00:00  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis 'n plek waar God nie is nie. Dis 'n plek van pyn en hartseer. Die
bybel sê "daar sal 'n geween en 'n gekners van tande wees". Baie mense sê
dis letterlik 'n plek van vuur, ander sê weer dis 'n plek waar al die sondes
van jou verlede jou teister en jy kan nie daarvan af wegkom nie. Ek dink
dit kan dalk albei wees.
Wat ek van die hel dink is ongelukkig kompleks en 'n lang storie en moeilik
vir my om te verduidelik. Baie mense sê Jesus was nie regtig daar nie, dat
Hy nie regtig dood is nie, maar dat Hy in 'n koma was en Hy "gedroom" het.
Dis natuurlik baie meer kompleks as wat ek nou net hier verduidelik het.
Maar ek glo dit nie, ek glo dat Jesus regtig daar was sodat ek en jy nie
daai pyn hoef te ervaar nie.
Elaine
wrote
> Ek sal graag wil weet hoe jy dit vir jouself interpreteer
> dat Christus ter helle gedaal het. Wat beteken dit vir
> jou om in die hel te wees? Dis 'n opregte vra, nie 'n
> vasvra vraag nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:53:16 UTC 2025
|