Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Hologram: is dit manlik of vroulik?
Re: Die Hologram: is dit manlik of vroulik? [boodskap #35600 is 'n antwoord op boodskap #35482] Ma, 16 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kabouster  is tans af-lyn  Kabouster
Boodskappe: 10
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Junior Lid
Click - filter - ernst - click - weg-is-hy!

Hoeveel alter eggos van die aap sal ons nog hier moet sien!

Ernst wrote:
>
> Jan (greyling) hier is duidelik ferdi greyling se half-broer.
> Want hy praat net soveel kak met dieselfde skeinheilige
> lang-gesig stemtoon.
>
> Jan wrote in message
> news:01c03523$e8b86520$80d3f09b@jan-hazen.agric.za...
>>
>> @home.com wrote in article ...
>>> Jan wrote:
>>>
>>>> Ek wonder hoeveel sou emigreer as die nuwe Suid Afrika 'n
>> wetsgehoorsame en
>>>> veilige land was?
>>>
>>> Maar wanneer laas was SA 'n "wetsgehoorsame en veilige
>> land."?Miskien was
>>> die persepsie in wit SA van die sestigs en sewentigs
>>> en tagtigs dat SA 'n wetsgehoorsame land was. Tog was daar
>>
>> Ferdi het dit nou die ander dag baie duidelik opgesom in die bespreking
>> oor rassiste. Hy hou nie van misdadigers (en rassiste) nie. Die kleur,
>> regverdiging, verantwoordbaarheid en motiverings van misdadigers is
>> eintlik nie nou hier ter sake nie. Die feit is dat Suid Afrika in die
>> sesde jaar van volle demokrasie staan, dat die wereld Suid Afrika as 'n
>> volle demokrasie erken, dat ons nou op gelyke vlak kan meeding in baie
>> markte wat vantevore vir ons ontoeganklik was, dat skenkergeld Suid
>> Afrika binnegestroom het, ens. ens. en dit moet daarop dui dat die
>> misdaadvlakke na 1994 sou begin afneem en nie toeneem nie. Mens kan
>> redeneer dat veral die misdade gepleeg (deur blankes?) voor 1994
>> ondergerapporteer is, maar korrekte rapportering is nie die oorsaak van
>> die drastiese toename in misdaad na 1994 nie. 'n Ander rede wat beslis
>> meer daarmee te make het, is die verswakkende ekonomie, en die probleem
>> hier is dat die bose kringloop (verwakkende ekonomie - meer misdaad -
>> ekonomie verswak verder as gevolg van misdaad - misdaad neem verder
>> toe) iewers gebreek moet word. Deur net te wag vir die ekonomie om te
>> herstel (byvoorbeeld deur te sê dat die misdaad slegs die gevolg van
>> armoede is en dat armoede eers uitgeroei moet word voordat die
>> misdaadsituasie sal regkom) word die probleem deurentyd erger.
>>
>> Ek dink wat ons hier om ons nie sien nie, is effektiewe wetstoepassing
>> (weens verskeie redes). My pa het altyd gesê dat ek in die huis kon
>> doen net wat ek wou, maar dat ek verseker die volle verantwoordelikhede
>> van my dade sou moes aanvaar.
>>
>> Wetsoortredings word geanaliseer en daar word verskonings voorgehou
>> waarom die persoon nie verantwoordelik gehou kan word vir sy misdade
>> nie. Dit strek van padoortredings tot moord, en ons is almal reeds in
>> hierdie groef (watter verskoning kan ek aanvoer sou ek vir 'n
>> spoedoortreding gevang word). My gevoel is dat ons nie kan wag vir baie
>> geld wat iewers vandaan moet kom, of probeer om die voorafbevoordeeldes
>> se geld te herverdeel om armoede by die voorafbenadeeldes uit te roei
>> en probeer om die wetteloosheid op te los nie, ons moet eers
>> wetsgehoorsaam word, dan sal die ekonomie draai en ons sal almal beter
>> daaraan toe wees. Kyk maar na die lande in die wereld wat vandag
>> ekonomies welvarend is - almal van hulle is lande waar die mense
>> grootendeels wetsgehoorsaam is, of hulle nou van die wette hou of nie.
>> Demokrasie beteken dat die wet gehoorsaam word, maar dat hy verander
>> kan word as dit 'n swak of onregverdige wet is.
>>
>> Die essensie van 'n "nuwe" Suid Afrika is dat dit vir almal wat hier
>> bly beter moet gaan en dat die nuwe demokrasie vir een en elk 'n
>> veilige bestaan waarborg.
>>
>>> Ek dink nog dat enigiemand met talent in SA goeie kanse het
>>> op werk. As hulle emigreer, is dit merendeels omdat hulle
>>> dink hulle of hulle kinders sal onder 'n swart baas moet werk.
>>
>> Wat talent betref is jy reg. Mense met talent en die wil om hard te
>> werk vind 'n werk, skep 'n werksgeleentheid en as dit nie werk nie vind
>> hulle 'n werk elders. Dit geld boonop vir alle rasse. Dis miskien nie
>> altyd die werk wat die persoon in gedagte gehad het nie, maar dit is 'n
>> werk. Die kwessie is nie of die kinders wat nou grootword vir 'n swart
>> baas moet werk of nie (as hy/sy eendag 'n werknemer gaan word, sal dit
>> beslis vir 'n swart baas wees - bowendien werk die meeste van ons,
>> insluitende ekself, reeds vir 'n swart baas), maar of die kind sal
>> vorder tot volwassenheid sonder om self direk of indirek 'n slagoffer
>> van ernstige misdaad te word. Ek praat hier van die volgende misdade:
>> aanranding, gewapende roof, verkragting, moord.
>>
>> Ek kan die volgende vraag vra: Hoeveel mense ken jy persoonlik wat 'n
>> slagoffer van bg. vier misdade is? Ek dink nie daar is een mens in Suid
>> Afrika, ongeag van oortuiging, denominasie, geslag of ras, wat nie ten
>> minste een persoon ken wat reeds deurgeloop het nie (ons
>> praat hier van 25000 mense per jaar wat vermoor word, 28000 verdere
>> pogings tot moord, nagenoeg 70000 gevalle van gewapende roof, 52000
>> verkragtings). Ek het drie mense geken wat vermoor is, ken twee wat
>> slagoffers van gewapende roof en (ernstige) aanranding was. Hierdie is
>> nie mense van wie ek weet nie, hulle is/was deel van my werk- en
>> vriendekring. Ek weet van heelwat meer maar ken hulle nie persoonlik
>> nie. Vra maar uit in die swart gemeenskappe - daar is die toestand nog
>> erger, veral na 1994. Die mense in my vriendekring wat aan emigrasie
>> dink, dink uitsluitlik daaraan om 'n soortgelyke lot vry te spring,
>> want daar is oënskynlik nie 'n dringendheid by die betrokke owerhede om
>> hierdie probleem hok te slaan nie.
>>
>> Die amptelike SAPS misdaadsyfers word bereken op die totale bevolking
>> van digby 43.4 miljoen. As jy in aanmerking neem dat die aantal
>> stemgeregtigdes in SA (bo 18) net minder as 18.2 miljoen is en dat
>> gewapende roof nie primer teen kinders onder 18 gemik word nie, sal een
>> uit elke 260 volwassenes een of ander stadium hierdie jaar in die loop
>> van 'n wapen vaskyk. Oor die volgende twee jaar is dit een in elke 130,
>> oor die volgende vyf jaar een in elke 52 volwassenes...
>>
>> Verkragting word gemik teen nagenoeg die helfte van die 43.4 miljoen,
>> dus ongeveer 21.65 miljoen (die amptelike verkragtingsyfers sluit nie
>> dié in wat gevang is bloot vir geslagsgemeenskap met minderjariges of
>> vroulike swaksinniges nie). 'n Vroulike persoon in Suid Afrika staar na
>> 'n waarskynlikheid van een in 416 om hierdie jaar verkrag te word (as
>> jy sou aanneem dat hierdie misdaad slegs teen vrouens bo 18 gemik word
>> is die waarskynlikheid een in 175). Oor 'n tien jaar periode is een uit
>> elke 42 vroue waarskynlik 'n slagoffer en as jy sou aanneem dat die
>> lewensverwagting van 'n vrou net sestig jaar sou wees, sal elke sewende
>> vrou in SA 'n verkragtingslagoffer gedurende haar lewe wees. Dis amper
>> dieselfde as om Russiese Roulette te speel en nie een van ons sien
>> daarvoor kans nie, so hoekom moet jy van 'n vrou verwag om met daardie
>> waarskynlikheid saam te leef? Ek dink nie enige regdenkende mens in
>> die wereld kan hierdie vlak van misdaad goedpraat nie.
>>
>> Die "beter toekoms vir kinders" waarna ek verwys is 'n toekoms waarin
>> hierdie waarskynlikhede om direk deur misdaad geaffekteer te word,
>> aanvaarbare afmetings aanneem, d.w.s. afmetings soos dié waaraan
>> Amerikaners, Nederlanders, Engelse, Nieu Seelanders en Kanadese gewoond
>> is.
>>
Re: Die Hologram: is dit manlik of vroulik? [boodskap #35601 is 'n antwoord op boodskap #35374] Ma, 16 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Krokkie wrote:

> Dan word jy nog kjêns ook.
>
> Gloudina
>
> Bedoel jy nie "kens" nie.

Ek, liewe Krokkie, praat nou soosdie mense daar in die noordweste
van Kaapland praat.

Gloudina
Re: Die Hologram: is dit manlik of vroulik? [boodskap #35606 is 'n antwoord op boodskap #35374] Ma, 16 Oktober 2000 05:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
RoomKoek  is tans af-lyn  RoomKoek
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ag nee wat.. HAHAHAHAHAH kan maar net gigel in my mou vir die twak wat hier
uitkom.... soos ek voorheen gese het, "as jy nie weet nie moet jy nie neuk
nie". Goudina as twak praat 'n kolletjie was , was jy sekerlik 'n
tarentaal....
Groete.

skryf in boodskap news:39E6FADA.CEC24C35@home.com...
Lou wrote:

> Maar as klein Kosie met
> 6 onderskeidings en Sipho met geen aansoek doen vir 'n beurs en Sipho
> kry dit - dan moet jy die skrif teen die muur lees.
>
> Al wat meeste mense wil he is dat ons kinders 'n regverdige kans sal he

Lou, jou kind het 'n regverdige kans in SA. Jy wil net die
melk en heuning van die apartheidsjare terug hê. Jy en jou
geslag is so bederf deur die apartheids-mentaliteit dat julle
nou sit en tjank. Net soos die ouens in die VSA sit en tjank
as daar swart ouens beurse kry wat hulle dink hulle moes
gehad het.

Gloudina
Re: Die Hologram: is dit manlik of vroulik? [boodskap #35649 is 'n antwoord op boodskap #35374] Di, 17 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jammer - ek het vergeet dat jy al lank uit die land uit is. Jy weet
seker nie wie liewe Heksie van Verna Vels is nie.

@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> Ek het net bietjie vergeet daarvan om my naam terug te verander na die
>> toets ...
>>
>
> Dan word jy nog kjêns ook.
>
> Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Archives: October 16, 1900
Volgende onderwerp: 'n ander 'angle'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 21:23:17 MGT 2024