Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: emigrasie
Re: emigrasie [boodskap #35526] So, 15 Oktober 2000 00:00
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet net onthou dat almal nie kan emigreer nie. Hier sit mense wat nie
die geld het nie of nie die kwalifikasies het nie.So hier is van ons wat sal
moet bly en die beste van n kak saak moet maak.Almal dink dit gaan beter
oorsee maar gaan dit wel beter

Reenen van Niekerk

Magrietha skryf in boodskap news:8sc196$9q8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sterkte Tamix, jy is een van dié wat die regte argument aanvoer - jou
> lojaliteit lê by jou gesin en nie by enige land nie. As al die ou liberales
> (noem 'n mens hulle nog so?) maar net wil besef dat 'n mens 'n beter lewe
> vir al jou mense wil gee en nie wil hê dat hulle aan soveel aaklige dinge
> blootgestel moet word soos wat ons tans in SA ondervind nie.
>
>
>
>
> tamix wrote in message ...
>> Dis net ongelooflik om jou kinders vry te laat om in die straat te speel,
>> rond te loop en dies meer - hier word nie muti gekook van kinders nie,
>> gladnie ontvoer nie - net waardeer.
>>
>> Dis net so buitengewoon om 20 to 30 vakante poste (vir een beroep)
>> geadverteer te sien - Daagliks!!
>>
>> En om dan een die eerste aansoek te laat slaag - SJOE! EN, NIEMAND
> vra
>> of ek swart is nie.
>>
>> Ons besit geen vuurwapens nie - die polisie pas ons goed op - hulle vra
>> darem nie dat mense polisie-padblokkades moet ignoreer nie!
>>
>> Ons slaap met oop deure, want hier is maar twee verkragtings - gemiddeld -
>> per jaar. Ongeveer 10 moorde per jaar - almal hoofberigte op TV. En die
>> land het 4 miljoen mense.
>>
>> My lojaliteit is by my huisgesin - nie by enige land nie. Die Here het
> ons
>> die aarde gegee, nie net ';n lappie grond tussen mensgemaakte grense nie.
>>
>> Dus, as ek hoor van 'n "groot SA patriot" dan besluit ek outomaties dat
>> hy/sy of nie verstand genoeg het om te besef wat aangaan nie, of wel
>> verstaan maar nie die nodige fondse het om 'n "plan te maak" nie. Ek kry
>> hulle opreg jammer.
>>
>> Alles van die beste vanuit 'n ongelooflike ontspanne land.
>>
>
Re: emigrasie [boodskap #35527 is 'n antwoord op boodskap #35526] So, 15 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

tamix wrote:

> En die
> land het 4 miljoen mense.

Ja, die land het vier miljoen mense. En sit daar in die suidelikedeel van die
Stille Oseaan, ver van alles af. En dit reën
aanmekaar. En die mense is verveeld.
En ek weet van 'n vroumens wat nog gedurig SA toe kom
vir mediese aandag (haar man is op kontrak in NZ, en
mediese aandag en assuransie is so duur dat hulle dit nie kan
bekostig nie. )

>
>
> Dus, as ek hoor van 'n "groot SA patriot" dan besluit ek outomaties dat
> hy/sy of nie verstand genoeg het om te besef wat aangaan nie, of wel
> verstaan maar nie die nodige fondse het om 'n "plan te maak" nie. Ek kry
> hulle opreg jammer.
>
>

Ek, nou weer, sit en beny die mense in SA daagliks hulleheerlike opwindende
land. Mens moet eers in ander dele
van die wereld rondgery en gebly het, om te besef watter
unieke land SA is, veral op geografiese gebied. Mens is
in SA so binne bereik van die see, berge, vlaktes,
wereldwonders soos die Namakwalandse blomme as die
seisoen reg is. En die klimaat van SA is met weinige
uitsonderings van die beste in die wereld. So, die mense
wat daar bly, tel julle seëninge. (Al word julle kinders
nou daagliks vir muti doodgemaak, soos hierdie ou in
NZ sê. (Ek neem aan hy vertel sy bure in NZ dat dit
daarom is wat hy uit SA gevlug het.)

Gloudina
Re: emigrasie [boodskap #35528 is 'n antwoord op boodskap #35526] So, 15 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Magrietha  is tans af-lyn  Magrietha
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Junior Lid
Sterkte Tamix, jy is een van dié wat die regte argument aanvoer - jou
lojaliteit lê by jou gesin en nie by enige land nie. As al die ou liberales
(noem 'n mens hulle nog so?) maar net wil besef dat 'n mens 'n beter lewe
vir al jou mense wil gee en nie wil hê dat hulle aan soveel aaklige dinge
blootgestel moet word soos wat ons tans in SA ondervind nie.

tamix wrote in message ...
> Dis net ongelooflik om jou kinders vry te laat om in die straat te speel,
> rond te loop en dies meer - hier word nie muti gekook van kinders nie,
> gladnie ontvoer nie - net waardeer.
>
> Dis net so buitengewoon om 20 to 30 vakante poste (vir een beroep)
> geadverteer te sien - Daagliks!!
>
> En om dan een die eerste aansoek te laat slaag - SJOE! EN, NIEMAND vra
> of ek swart is nie.
>
> Ons besit geen vuurwapens nie - die polisie pas ons goed op - hulle vra
> darem nie dat mense polisie-padblokkades moet ignoreer nie!
>
> Ons slaap met oop deure, want hier is maar twee verkragtings - gemiddeld -
> per jaar. Ongeveer 10 moorde per jaar - almal hoofberigte op TV. En die
> land het 4 miljoen mense.
>
> My lojaliteit is by my huisgesin - nie by enige land nie. Die Here het ons
> die aarde gegee, nie net ';n lappie grond tussen mensgemaakte grense nie.
>
> Dus, as ek hoor van 'n "groot SA patriot" dan besluit ek outomaties dat
> hy/sy of nie verstand genoeg het om te besef wat aangaan nie, of wel
> verstaan maar nie die nodige fondse het om 'n "plan te maak" nie. Ek kry
> hulle opreg jammer.
>
> Alles van die beste vanuit 'n ongelooflike ontspanne land.
>
Re: emigrasie [boodskap #35529 is 'n antwoord op boodskap #35526] So, 15 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En dan kry jy mense soos ek wat kies om hier te bly. So 6 jaar terug wou my
pa ook sy goed pak en loop. Hy wou ons uit die land vat en hy's klaar
goedgekeur en het 'n werk gehad wat vir hom gesit en wag het in Australia.
Anyway om 'n lang storie kort te maak. Ek en my susters het my pa gesmeek,
ons wou nie gaan nie. Ons is gelukkig hier, ons het vriende en wat van ons
familie? My ouers het besluit om te bly, en hoewel ek nou jammer is vir my
pa wat sy werk verloor het a.g.v HOP, en nou te oud is om die regte punte te
kry, was ek nog nie een dag spyt dat ons gekies het om in SA te bly nie.
Miskien as ek eendag kinders het sal ek van plan verander, maar ek sal my
mooi, warm land te veel mis.
Vir my is dit nie net 'n lappie aarde nie, maar iets wat in my bloed is, 'n
gevoel wat jy nerens anders in die wereld sal beleef nie. Bruisend en warm.
Ek sal dalk na 'n ander Afrika land toe trek (soos Botswana) maar Afrika
self sal ek nooit kan verlaat nie. Ek dink nie enigiemand kan dit ontken
nie. Ek het al te veel stories gehoor van mense wat sak en pak terug gekom
het, omdat hulle nie in 'n ander land kon aanpas nie. Dit sal ek wees daai.

Elaine

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:39e99fa6.0@news1.mweb.co.za...
> Jy moet net onthou dat almal nie kan emigreer nie. Hier sit mense wat nie
> die geld het nie of nie die kwalifikasies het nie.So hier is van ons wat sal
> moet bly en die beste van n kak saak moet maak.Almal dink dit gaan beter
> oorsee maar gaan dit wel beter
>
> Reenen van Niekerk
>
Re: emigrasie [boodskap #35530 is 'n antwoord op boodskap #35526] So, 15 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Nasty Quaker  is tans af-lyn  Nasty Quaker
Boodskappe: 72
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek wil antwoord op die "kwalifikasies" ding.

Daar is 'n belangrike punt wat Suid-Afrikaners nie besef nie, nl: Dit gaan
glad nie om kwalifikasies, stand of geld nie. Nou-ja, jy moet jou
vliegkaartjies betaal, en jy moet seker eet as jy anderkant aankom. Maar dit
is bitterbelangrik dat julle wat werklik WIL emigreer, dit besef -
immigrasie in ander lande is in die hande van mense wat onder BAIE streng
anti-diskriminasiewette staan. M.a.w. hulle mag nie teen jou diskrimineer op
grond van daardie dinge nie. Jy is net so goed as ENIGE landsburger.

As jy werklik wil, KAN jy emigreer. Dink byvoorbeeld aan die miljoene
Meksikaners, Kubane en die uit Noord-Afrika. Die VSA word deur hulle
oorstroom, en tog mag hulle nie toegang geweier word nie. Die Amerikaanse
nasie bestaan 99% uit immigrante van oorsprong, en daarom is hulle baie
vriendelik en oop t.o.v. immigrante.

My ervaring is ongelukkig dat die VS-konsulaat in Johannesburg, 'n Nazi-tipe
houding het (wonder hoekom??), en dis skrikwekkend om daar met iemand te
praat. So, ek stel dus voor dat prospektiewe immigrante hul planne maak, en
dit eensydig uitvoer. As jy eers in die VSA is, sal niemand met jou lol nie,
veral as jy werk het. En ja, jy mag werk op 'n B1 -visum.

Nasty

"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:39e99fa6.0@news1.mweb.co.za...
> Jy moet net onthou dat almal nie kan emigreer nie. Hier sit mense wat nie
> die geld het nie of nie die kwalifikasies het nie.So hier is van ons wat sal
> moet bly en die beste van n kak saak moet maak.Almal dink dit gaan beter
> oorsee maar gaan dit wel beter
>
> Reenen van Niekerk
>
> Magrietha wrote in message
> news:8sc196$9q8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sterkte Tamix, jy is een van dié wat die regte argument aanvoer - jou
>> lojaliteit lê by jou gesin en nie by enige land nie. As al die ou
> liberales
>> (noem 'n mens hulle nog so?) maar net wil besef dat 'n mens 'n beter lewe
>> vir al jou mense wil gee en nie wil hê dat hulle aan soveel aaklige dinge
>> blootgestel moet word soos wat ons tans in SA ondervind nie.
>>
>>
>>
>>
>> tamix wrote in message ...
>>> Dis net ongelooflik om jou kinders vry te laat om in die straat te speel,
>>> rond te loop en dies meer - hier word nie muti gekook van kinders nie,
>>> gladnie ontvoer nie - net waardeer.
>>>
>>> Dis net so buitengewoon om 20 to 30 vakante poste (vir een beroep)
>>> geadverteer te sien - Daagliks!!
>>>
>>> En om dan een die eerste aansoek te laat slaag - SJOE! EN,
NIEMAND
>> vra
>>> of ek swart is nie.
>>>
>>> Ons besit geen vuurwapens nie - die polisie pas ons goed op - hulle vra
>>> darem nie dat mense polisie-padblokkades moet ignoreer nie!
>>>
>>> Ons slaap met oop deure, want hier is maar twee verkragtings -
> gemiddeld -
>>> per jaar. Ongeveer 10 moorde per jaar - almal hoofberigte op TV. En
> die
>>> land het 4 miljoen mense.
>>>
>>> My lojaliteit is by my huisgesin - nie by enige land nie. Die Here
het
>> ons
>>> die aarde gegee, nie net ';n lappie grond tussen mensgemaakte grense nie.
>>>
>>> Dus, as ek hoor van 'n "groot SA patriot" dan besluit ek outomaties dat
>>> hy/sy of nie verstand genoeg het om te besef wat aangaan nie, of wel
>>> verstaan maar nie die nodige fondse het om 'n "plan te maak" nie. Ek
> kry
>>> hulle opreg jammer.
>>>
>>> Alles van die beste vanuit 'n ongelooflike ontspanne land.
>>>
>>
>
Re: emigrasie [boodskap #35531 is 'n antwoord op boodskap #35526] So, 15 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Magrietha  is tans af-lyn  Magrietha
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Junior Lid
Die land word in 'n mens ingebore! Ek wonder of dit in ander lande ook so
is. Ek is self baie lief vir die land, maar as 'n mens sien en hoor hoe
alles afgebreek word, breek jou hart in duisend stukke. Ek dink nou maar
net aan al die klein dorpies se munisipaliteite wat nou saamsmelt en een
word. Een voorbeeld - By Parys (gaan nou Ngwathe wees) word Koppies,
Vredefort, Edenville en Heilbron bv. ingelyf en Parys is die HQ. Die ander
munisipaliteite maak toe en die mense wat daar werk, sit sonder werk. Dit
is seker nou van die stadsklerk tot die tuinjonges. Al hierdie mense het
families om voor te sorg en werk is uiters skaars. Die regering bly skreeu
oor werkskepping, maar terselfdertyd, druk hulle hier aan die agterkant 'n
trokvrag vol dood.

Jy sê jou pa het ook sy werk verloor a.g.v. HOP. Jy stel dit nog mooi. Dit
was pleinweg diskriminasie. Die ouens wat goeie werk gelewer het en goeie
poste gehad het, sit vandag sonder werk omdat die swartes hul eie mense in
daardie posisies wou hê, al kan hulle nie die werk doen nie.

Miskien is daar 'n doel met hierdie hele oefening en ons outjies wat dit nie
kan bekostig om te waai nie, moet seker maar elke dag dankie sê vir die
seëninge wat nog oor is (en ons weet nie hoe lank dit gaan hou nie).
Ma nou ja, hoe hou 'n mens kop as jy jou geliefde land so sien agteruitgaan?
Ek het lankal ál die vloekwoorde wat bestaan opgebruik en al lang trane
gehuil as die trots (op iets Suid-Afrikaans oppie Tiewie miskien) oorloop en
nie weet waarheen om te loop nie. Ek het gedink dit was al dood, maar toe
die SA Olimpiese span nou die dag op die veld loop, het ek besef, dit is
nie.

Maggie

Elaine wrote in message ...
> En dan kry jy mense soos ek wat kies om hier te bly. So 6 jaar terug wou my
> pa ook sy goed pak en loop. Hy wou ons uit die land vat en hy's klaar
> goedgekeur en het 'n werk gehad wat vir hom gesit en wag het in Australia.
> Anyway om 'n lang storie kort te maak. Ek en my susters het my pa gesmeek,
> ons wou nie gaan nie. Ons is gelukkig hier, ons het vriende en wat van ons
> familie? My ouers het besluit om te bly, en hoewel ek nou jammer is vir my
> pa wat sy werk verloor het a.g.v HOP, en nou te oud is om die regte punte te
> kry, was ek nog nie een dag spyt dat ons gekies het om in SA te bly nie.
> Miskien as ek eendag kinders het sal ek van plan verander, maar ek sal my
> mooi, warm land te veel mis.
> Vir my is dit nie net 'n lappie aarde nie, maar iets wat in my bloed is, 'n
> gevoel wat jy nerens anders in die wereld sal beleef nie. Bruisend en warm.
> Ek sal dalk na 'n ander Afrika land toe trek (soos Botswana) maar Afrika
> self sal ek nooit kan verlaat nie. Ek dink nie enigiemand kan dit ontken
> nie. Ek het al te veel stories gehoor van mense wat sak en pak terug gekom
> het, omdat hulle nie in 'n ander land kon aanpas nie. Dit sal ek wees daai.
>
> Elaine
>
> Reenen van Niekerk wrote in message
> news:39e99fa6.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy moet net onthou dat almal nie kan emigreer nie. Hier sit mense wat nie
>> die geld het nie of nie die kwalifikasies het nie.So hier is van ons wat
> sal
>> moet bly en die beste van n kak saak moet maak.Almal dink dit gaan beter
>> oorsee maar gaan dit wel beter

>> Reenen van Niekerk

>
Vorige onderwerp: Re: web adres
Volgende onderwerp: Re: You humble yet?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 20 11:55:31 MGT 2024