Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Che 9 Okt
Che 9 Okt [boodskap #35308] Ma, 09 Oktober 2000 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
CHE - 9 OCTOBER

jy het op paaie van klip geloop
onder 'n ysblou lug
jy het deur dae geloop
onder die boog van die son
jy het ons verhale binne geloop
jy het in mense se drome geloop
jy sit nou in hulle gedagtes
jy het woord geword
jy reis nou in taal
sinne neem jou na enige plek op aarde
jy manifesteer in woorde
waar mense kwaad word
waar mense mekaar help
jy stap in 'n straat in Parys
jy drink koffie in Dakar
in Miami is jy die vlam
van 'n argument
jy het alle tale geword
so het jy die onderdrukker
se lewe binnegesypel
waar hy loop
loop jy nou ook
waar hy praat
sit jy in die agtergrond.
Jy kan nooit weer
vermoor word nie.
Re: Che 9 Okt [boodskap #35343 is 'n antwoord op boodskap #35308] Di, 10 Oktober 2000 02:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> CHE - 9 OCTOBER
>
>
> jy het in mense se drome geloop
> jy sit nou in hulle gedagtes
> jy het woord geword
> jy reis nou in taal
>
>

Ja, werklik. Che is 'n unieke verskynsel.
Gelukkig het daardie fotograaf wat die
beroemde foto van hom geneem het,
nou die reg in die howe verower om
dit as sy eiendom te beskerm.

Gloudina
Re: Che 9 Okt [boodskap #35345 is 'n antwoord op boodskap #35308] Di, 10 Oktober 2000 04:47 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - MAO ook? Ook, Stalin, Lenin, Fidel.....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:39e4990a.9950625@news.is.co.za...
>
>
> CHE - 9 OCTOBER
>
> jy het op paaie van klip geloop
> onder 'n ysblou lug
> jy het deur dae geloop
> onder die boog van die son
> jy het ons verhale binne geloop
> jy het in mense se drome geloop
> jy sit nou in hulle gedagtes
> jy het woord geword
> jy reis nou in taal
> sinne neem jou na enige plek op aarde
> jy manifesteer in woorde
> waar mense kwaad word
> waar mense mekaar help
> jy stap in 'n straat in Parys
> jy drink koffie in Dakar
> in Miami is jy die vlam
> van 'n argument
> jy het alle tale geword
> so het jy die onderdrukker
> se lewe binnegesypel
> waar hy loop
> loop jy nou ook
> waar hy praat
> sit jy in die agtergrond.
> Jy kan nooit weer
> vermoor word nie.
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Meer effektiewe Regerings Inisiatief
Volgende onderwerp: Re: Die Hologram: is dit manlik of vroulik?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 23:29:58 MGT 2024