Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verpligte weermag
Verpligte weermag [boodskap #35197] Do, 05 Oktober 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder of die regering hulle nuwe idee van verpligte weermag opleiding
sal toepas? Dis nou nadat hulle gesien het hulle army donner uitmekaar en
niemand wil meer vrywillig daarheen gaan nie. Ek wonder of hulle dit
terugwerkend gaan maak, dat sê almal jonger as 25 weermag toe moet gaan.
As hulle weermag weer verpligtend maak, is dit iets wat ek sal teëstaan.
Die weermag is afbrekend, en dit knak baie mense. Almal is nie gemaak vir
die army nie. En dit sluit nou natuurlik die vloot en lugmag in. As ek
eendag 'n seun het, en hy wil nie diensplig doen nie, pos ek hom na 'n ander
land toe, of skiet hom deur die poot as dit moet.
Plaas maak hulle soos die Amerikaners en adverteer hulle weermag en vloot so
intensief, dat jy voel jy moet en wil diensplig doen.

Elaine
Re: Verpligte weermag [boodskap #35198 is 'n antwoord op boodskap #35197] Do, 05 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:39dc6731.0@news1.mweb.co.za...
> Plaas maak hulle soos die Amerikaners en adverteer hulle weermag en vloot so
> intensief, dat jy voel jy moet en wil diensplig doen.

Dit sal so effektief wees soos as die Russe hulle Trabant adverteer.
Re: Verpligte weermag [boodskap #35199 is 'n antwoord op boodskap #35197] Do, 05 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder net wat gaan hulle adverteer..
'n Lee dop waar 'n klomp troepe die "leiers" is wat staak, gee respek vir
rang het
en sommer net slapgat is.
Nee die "army" se dae in SA is getel.

Waar sien jy nou dat 'n soldaat staak. Die enemy gaan nie staak nie.

Die weermag is egter 'n baie goeie wegspringplek vir baie jong mans.
Daar is(was) baie te leer en te doen.

Hulle moet nou maar die Amerikaners invoer om ons weermag te kom bestuur.
Dit is altyd OF reg OF weg.

Elaine wrote in message ...
> Ek wonder of die regering hulle nuwe idee van verpligte weermag opleiding
> sal toepas? Dis nou nadat hulle gesien het hulle army donner uitmekaar en
> niemand wil meer vrywillig daarheen gaan nie. Ek wonder of hulle dit
> terugwerkend gaan maak, dat sê almal jonger as 25 weermag toe moet gaan.
> As hulle weermag weer verpligtend maak, is dit iets wat ek sal teëstaan.
> Die weermag is afbrekend, en dit knak baie mense. Almal is nie gemaak vir
> die army nie. En dit sluit nou natuurlik die vloot en lugmag in. As ek
> eendag 'n seun het, en hy wil nie diensplig doen nie, pos ek hom na 'n ander
> land toe, of skiet hom deur die poot as dit moet.
> Plaas maak hulle soos die Amerikaners en adverteer hulle weermag en vloot so
> intensief, dat jy voel jy moet en wil diensplig doen.
>
> Elaine
>
Re: Verpligte weermag [boodskap #35200 is 'n antwoord op boodskap #35197] Do, 05 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag wat ek weetie....ons is so beïnvloedbaar. Kyk nou maar as 'n website op
tv geadverteer word, of 'n nuwe produk of wat ook al, dan's almal daar om na
die site te kyk of om die nuwe produk uit te try.
Mens weet nooit, met 'n goeie advertensie veldtog kan hulle dit dalk net
regkry.

Elaine

Oitaroh Margoloh skryf in boodskap news:z%ZC5.133$iY1.3207@sodalite.nbnet.nb.ca...
>
> "Elaine" wrote in message
> news:39dc6731.0@news1.mweb.co.za...
>> Plaas maak hulle soos die Amerikaners en adverteer hulle weermag en
vloot
> so
>> intensief, dat jy voel jy moet en wil diensplig doen.
>
> Dit sal so effektief wees soos as die Russe hulle Trabant adverteer.
>
Re: Verpligte weermag [boodskap #35238 is 'n antwoord op boodskap #35197] Vr, 06 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar die twee het darem iets beteken. Hulle was beman deur matrose wat
geweet het wat hulle doen en hulle het dissipliene gehad. Hulle wapentuig
was reg gewees en nie verouderd nie.Die kaptein het darem geweet waar Noord
was, en waar Suid was.

Ek wonder of n mens dit kan se van vandag se vloot of weermag

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:39DDC33C.F419D98C@home.com...
> Lou wrote:
>
>> Volgens 'n gelekte verslag (wie lek die goed :) ), is die SA weermag net
>> 45% gereed. Die vloot het iets soos 12 Torpedos en 16 missiele. Geen
>> wonder hulle wil die bevolking ontwapen nie.
>>
>
> Dit laat my dink aan die storie in die tweede
> wereldoorlog, toe Churchill vir Generaal Smuts
> vra om skepe te stuur vir die geallieerde vloot.
> Toe vra Generaal Smuts: "Een of albei."
>
> Gloudina
>
Re: Verpligte weermag [boodskap #35239 is 'n antwoord op boodskap #35197] Vr, 06 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Volgens 'n gelekte verslag (wie lek die goed :) ), is die SA weermag net
45% gereed. Die vloot het iets soos 12 Torpedos en 16 missiele. Geen
wonder hulle wil die bevolking ontwapen nie.

'n Klomp skoolkinders met ketties en windbukse het meer fire power as
die hele SA weermag. So natuurlik het die gemiddelde gewapende roof
bende om nie van die gemiddelde middelklas voorsatd te vergeet nie.

Of jy sal wil deel vorm van 'n weermag waar die manskappe die offisiere
doodskiet en die minister die manskappe se kant neem is natuurlik 'n ope
vraag.

Elaine wrote:
>
> Ek wonder of die regering hulle nuwe idee van verpligte weermag opleiding
> sal toepas? Dis nou nadat hulle gesien het hulle army donner uitmekaar en
> niemand wil meer vrywillig daarheen gaan nie. Ek wonder of hulle dit
> terugwerkend gaan maak, dat sê almal jonger as 25 weermag toe moet gaan.
> As hulle weermag weer verpligtend maak, is dit iets wat ek sal teëstaan.
> Die weermag is afbrekend, en dit knak baie mense. Almal is nie gemaak vir
> die army nie. En dit sluit nou natuurlik die vloot en lugmag in. As ek
> eendag 'n seun het, en hy wil nie diensplig doen nie, pos ek hom na 'n ander
> land toe, of skiet hom deur die poot as dit moet.
> Plaas maak hulle soos die Amerikaners en adverteer hulle weermag en vloot so
> intensief, dat jy voel jy moet en wil diensplig doen.
>
> Elaine
Re: Verpligte weermag [boodskap #35240 is 'n antwoord op boodskap #35197] Vr, 06 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Volgens 'n gelekte verslag (wie lek die goed :) ), is die SA weermag net
> 45% gereed. Die vloot het iets soos 12 Torpedos en 16 missiele. Geen
> wonder hulle wil die bevolking ontwapen nie.
>

Dit laat my dink aan die storie in die tweede
wereldoorlog, toe Churchill vir Generaal Smuts
vra om skepe te stuur vir die geallieerde vloot.
Toe vra Generaal Smuts: "Een of albei."

Gloudina
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Sangoma-net Inisiatief
Volgende onderwerp: BOEREWORS EXPRESS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 12:52:19 MGT 2024