Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ASSEBLIEF . . .!
ASSEBLIEF . . .! [boodskap #34770] Di, 26 September 2000 00:00 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
"WEES GEDULDIG MET MEKAAR EN VERGEWE MEKAAR AS DIE EEN IETS TEEN DIE ANDER HET. SOOS DIE HERE JULLE VERGEWE HET, MOET JULLE MEKAAR OOK VERGEWE."

Kol.3:13
Re: ASSEBLIEF . . .! [boodskap #34824 is 'n antwoord op boodskap #34770] Wo, 27 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Grahame

Sonder om jou te beledig: Wie is die "mekaar" waarna die Bybelteks wat jy aanhaal, verwys? Geld jou Bybelverwysing nie net vir Christene (onderling) nie? As Christen is ek versigtig om my eie waardes en Christelike rigtingwysers (vanuit die Bybel) aan ander op te dring. Wat in die teks staan, is 'n geloofswaarheid vir my, maar moontlik net 'n mooi versie uit 'n historiese boek vir iemand anders of dalk is dit eerder 'n onvanpaste teregwysing?? Die konteks waarin Paulus die vers gebruik is ook belangrik, of wat dink jy? Die jong Christene aan wie die Pauliniese brief gerig is, het onderling bepaalde probleme gehad, maar dieselfde geloofsraamwerk. Dink jy dieselfde geld op hierdie Nuusgroep? Ek is geïnteresseerd om te weet waarom jy juis hierdie teksvers hier plaas - moontlik omdat jy aanneem Afrikaanssprekendes is Christene? Dis 'n algemene "misverband" en van alle waarheid ontbloot.

Glo jy ook dat "vergewe mekaar" verwys na alle mense, of net na dié wat in Christelike broederskap en susterskap lewe? Of neem jy aan dat alle persone op hierdie NG die Bybel as Handboek vir morele optrede gebruik en Christus as rolmodel neem?

Vriendelike groete

'n Christen Kaapse meisiekind wat hou van vrae vra wanneer dit saak maak!
Grahame skryf in boodskap news:8qrnka$2ikm$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
"WEES GEDULDIG MET MEKAAR EN VERGEWE MEKAAR AS DIE EEN IETS TEEN DIE ANDER HET. SOOS DIE HERE JULLE VERGEWE HET, MOET JULLE MEKAAR OOK VERGEWE."

Kol.3:13
Vorige onderwerp: Die ydel-emigrant se pornografiese opgepoftheid.
Volgende onderwerp: Nuus vanaf die Vlaamse Blok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:00:48 MGT 2024