Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Engels - Amerikaans
Engels - Amerikaans [boodskap #3471] Ma, 29 Desember 2003 19:39 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek voel nou ietwat sleg dat ek weer in Engels gaan pos, maar ek het netnou
iets op die radio gehoor wat my vreeslik laat lag het. Op die program "I'm
sorry I haven't a clue" word Humprey Lyttleton uitgevra oor sy skooldae (nou
moet ek darem noem die man is 80 jaar oud) en hy sê "During my first year at
Eton I was a fag. In fact, I was Lord Carrington's fag..." (Stilte, en toe)
"I mentioned that on American television once and they had hundreds of calls
before I even left the studio..)

Gie gie gie

Het julle ook die "skivvy" sisteem op skool gehad (in standerd 6)?

Lorinda
Re: Engels - Amerikaans [boodskap #3472 is 'n antwoord op boodskap #3471] Ma, 29 Desember 2003 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 29 Dec 2003 19:39:29 -0000, "Lorinda" wrote:


> Het julle ook die "skivvy" sisteem op skool gehad (in standerd 6)?
>
> Lorinda
>

Nou gaan ons iets byleer...

Norbert
Re: Engels - Amerikaans [boodskap #3476 is 'n antwoord op boodskap #3471] Di, 30 Desember 2003 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ek voel nou ietwat sleg dat ek weer in Engels gaan pos, maar ek het netnou
> iets op die radio gehoor wat my vreeslik laat lag het.

Nee, dankie dat jy dit gepos het. Dit was VREESLIK snaaks!! ;-))

> Op die program "I'm
> sorry I haven't a clue" word Humprey Lyttleton uitgevra oor sy skooldae (nou
> moet ek darem noem die man is 80 jaar oud) en hy sê "During my first year at
> Eton I was a fag. In fact, I was Lord Carrington's fag..." (Stilte, en toe)
> "I mentioned that on American television once and they had hundreds of calls
> before I even left the studio..)

ROTFL!! Ja nee, dit sou definitief 'n paar wenkbroue laat lig, hier!!
;-))

> Het julle ook die "skivvy" sisteem op skool gehad (in standerd 6)?

Jy het my hier laat regop sit en dink oor dié woord in die konteks wat
jy dit gebruik het. Want alhoewel ek weet wat julle Britte bedoel met
die woord , dog ek altyd dis is mans onderbroeke. ;-))
Standerd 6 was darem BAAAAIE jare gelede vir my, maar weet jy, ek dink
amper ons het daardie woord in SA so gebruik vir die "slawe" gedurende
die "hazing" periode.
Royleen sal seker ook weet, maar op Stellenbosch was ons die plebs
gedurende ons eerstejaar!! ;-)))
Ja nee - jy was definitief in 'n meisieskool!! ;-)))
Re: Engels - Amerikaans [boodskap #3479 is 'n antwoord op boodskap #3476] Di, 30 Desember 2003 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:1i43vvcpeghradugpdqhdlej4p3m1utvfj@4ax.com...

>> Het julle ook die "skivvy" sisteem op skool gehad (in standerd 6)?
>
> Want alhoewel ek weet wat julle Britte bedoel met
> die woord , dog ek altyd dis is mans onderbroeke. ;-))

LOL Nie hier nie! O die eindelose moontlikhede vir verwarring :-)

> Standerd 6 was darem BAAAAIE jare gelede vir my, maar weet jy, ek dink
> amper ons het daardie woord in SA so gebruik vir die "slawe" gedurende
> die "hazing" periode.
> Royleen sal seker ook weet, maar op Stellenbosch was ons die plebs
> gedurende ons eerstejaar!! ;-)))

Ontgroening! Dis die woord wat ek om die dood nie gister kon onthou nie! In
standerd 6 en in die eerste jaar op universiteit was daar een of ander vorm
daarvan, maar baie minder op universiteit (waar dit by ons "orientation"
genoem was)
Ek sal my "skivvy" ondervinding in standerd 6 nie maklik vergeet nie, ek
het my half dood gedra aan die boeke, tasse, sportsakke van die seniors.


> Ja nee - jy was definitief in 'n meisieskool!! ;-)))
>

Behalwe nou vir die woord, is dit my gebrekkige kennis aan rugby wat my
weggee? :-)


Lorinda
Re: Engels - Amerikaans [boodskap #3481 is 'n antwoord op boodskap #3479] Di, 30 Desember 2003 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

>>> Het julle ook die "skivvy" sisteem op skool gehad (in standerd 6)?
>>
>> Want alhoewel ek weet wat julle Britte bedoel met
>> die woord , dog ek altyd dis is mans onderbroeke. ;-))
>
> LOL Nie hier nie! O die eindelose moontlikhede vir verwarring :-)

Inderdaad!! ;-)

> Ontgroening! Dis die woord wat ek om die dood nie gister kon onthou nie! In
> standerd 6 en in die eerste jaar op universiteit was daar een of ander vorm
> daarvan, maar baie minder op universiteit (waar dit by ons "orientation"
> genoem was)

Jaaa....jy is reg!! Nou onthou ek ook daardie woord. Ek kon
eenvoudig nie dink wat "hazing" was nie. Sommige skole hier praat ook
van "orientation". Ja, die reëls en regulasies daarteen het al BAIE
strenger geraak, maar daar gebeur nogsteeds elke nou en dan 'n frats
ongeluk wat tragiese gevolge het.
In my dae was dit eintlik heel onskuldig en baie pret...wel NA die
tyd!! ;-))

> Ek sal my "skivvy" ondervinding in standerd 6 nie maklik vergeet nie, ek
> het my half dood gedra aan die boeke, tasse, sportsakke van die seniors.

Haai foeitog, Lorinda!! Ek wonder of it dalk 'n sielkundige letstel
gelaat het op jou? Reis jy dalk deesdae met net 'n ligte rugsak? ;-))

>> Ja nee - jy was definitief in 'n meisieskool!! ;-)))
>>
>
> Behalwe nou vir die woord, is dit my gebrekkige kennis aan rugby wat my
> weggee? :-)

LOL! Nee, jou baie goeie en geronde akademiese agtergrondskennis .
En dan die feit dat ek dink meisies baie wreder as mans kan wees
wanneer dit by ontgroening kom. ;-)

Daarvan gepraat, ek het nou die dag 'n heel mediocre fliek van Julia
Roberts gaan kyk, Mona Lisa Smile. Dit het afgespeel in 1953, by die
Wellesley College, toe die vrou se rol nog baie minderwaardig en
ondersgeskik was.
Jy het seker al van die Wellesley College in Massachusetts gehoor?
Soos ek gesê het was dit gladnie 'n goeie fliek nie, maar dit was baie
interessant, en laat mens darem so bietjie dink. Praat van die donker
eeue in Amerika, en om te dink dit was nie eens so lank gelede nie!
Re: Engels - Amerikaans [boodskap #3484 is 'n antwoord op boodskap #3481] Di, 30 Desember 2003 23:01 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:rlp3vv439tcab2dbdsqoj51ffin0c5gcka@4ax.com...


> Haai foeitog, Lorinda!! Ek wonder of it dalk 'n sielkundige letstel
> gelaat het op jou? Reis jy dalk deesdae met net 'n ligte rugsak? ;-))

Beslis! Nou dat ek daaraan dink... :-) Ek haat dit om met 'n spul tasse te
sukkel, ek neem gewoonlik net 'n paar goed saam wat maklik is om te was :-)


> Jy het seker al van die Wellesley College in Massachusetts gehoor?

Ja, daar was baie onlangs 'n artikel oor Madeleine Albright in die Guardian
:-), ek dink ek behoort dit om 'n ander rede te onthou, maar ek kan glad nie
dink waarom nie.
Van Madeleine gepraat, het jy ooit Mad Elaine deur Helen Stevenson gelees?
Dis nie 'n besonder goeie boek nie, maar dit het haar oomblikke :-)) Dis 'n
storie oor 'n librarian met die naam Madeleine wat besonder eksentriek is en
deel is van 'n baie dysfunctional familie. In elk geval, die naam het my
daaraan herhinner, dis al.

> Soos ek gesê het was dit gladnie 'n goeie fliek nie, maar dit was baie
> interessant, en laat mens darem so bietjie dink. Praat van die donker
> eeue in Amerika, en om te dink dit was nie eens so lank gelede nie!
>

Ek het nie die fliek gesien nie, maar ek kan my indink wat dit uitbeeld. As
mens oor die studente jare van iemand soos Sylvia Plath lees is dit duidelik
hoe dit was.
Ek is maar bly ek is eers later gebore!

Lorinda
Vorige onderwerp: Maniere van bedel
Volgende onderwerp: " Dankgabet van die Skollie " deur ADAM SMALL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 11:34:49 MGT 2024