Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "die ander ek" deur CHARL DURAND
Re: "die ander ek" deur CHARL DURAND [boodskap #34723] So, 24 September 2000 00:00 na volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Pragtig.
Is Charl Durand getroud???? *smile*

skryf in boodskap news:39CEC409.13AECD30@home.com...

die ander ek
Charl Durand

dis 'n ander stad
wat voor die venster verbyleef
waar ek vandaan kom
dra posmanne ander kleure

en die weer is altyd mooi

ek leef 'n ander stad, 'n soort karakter
in 'n play wat nie ek is nie
soms pas dit my fyn
andermale lê ek wakker snags

en wonder of ek syne is

in die ander stad is als te kope
maar as jy iets laat val moet jy betaal
ek sukkel met die kleingeld
en winters is die bome blaarloos

in my hart soek ek na 'n platteland

die water in die krane is te soet
soos goedkoop koeldrank sleg vir die siel
ek hou fotos van nirvana in my binnesak
ek spaar om te kan teruggaan

om skulpe op te tel wat sal luister

as jy 'n droom het
kom ons skryf vir mekaar
jy in jou stad, ek 'n posadres ver weg
ons maak daardie afspraak in shambala

waar ons rus vind
op die plaaspad van ons harte.
Re: "die ander ek" deur CHARL DURAND [boodskap #34724 is 'n antwoord op boodskap #34723] So, 24 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die navrae hou direk verband met sy digkuns.
'n Man wat SO kan dig, moet baie ander talente ook besit!

Steeds by 'n ander see... weggevlug van werk!
Bly om weer op te vang met al die NG se bedrywighede.

skryf in boodskap news:39CF9C9E.4B8033C3@home.com...
> KaapseKind wrote:
>
>> Pragtig.
>> Is Charl Durand getroud???? *smile*
>>
>> wrote in message
>
>> die ander ek
>> Charl Durand
>>
>
> Ek dink nie op die oomblik nie.
> Maar ek gaan hou vertel daar is
> "navrae."
>
> Gloudina
>
Re: "die ander ek" deur CHARL DURAND [boodskap #34725 is 'n antwoord op boodskap #34723] So, 24 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ja Gloudina...ek skryf ook soms, maar snaaks genoeg - deesdae skryf ek ook
meestal in Engels! Ek het sopas 'n gedig begin met die titel: "die ander
see". Dankie vir die inspirasie!

skryf in boodskap news:39CFA71A.7E67805@home.com...
> KaapseKind wrote:
>
>> 'n Man wat SO kan dig, moet baie ander talente ook besit!
>>
>> Steeds by 'n ander see... weggevlug van werk!
>> Bly om weer op te vang met al die NG se bedrywighede.
>>
>
> Wanneer jy praat van "'n ander see" klink dit ook asof
> jy dit die titel van 'n gedig kan maak. "Die ander see."
> Skryf jy ook gedigte?
>
> Gloudina
>
Re: "die ander ek" deur CHARL DURAND [boodskap #34747 is 'n antwoord op boodskap #34723] Ma, 25 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> Ja Gloudina...ek skryf ook soms, maar snaaks genoeg - deesdae skryf ek ook
> meestal in Engels! Ek het sopas 'n gedig begin met die titel: "die ander
> see". Dankie vir die inspirasie!
>

Hoekom pos jy dit nie hier nie?

Gloudina
Re: "die ander ek" deur CHARL DURAND [boodskap #34748 is 'n antwoord op boodskap #34723] Ma, 25 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> Pragtig.
> Is Charl Durand getroud???? *smile*
>
> wrote in message

> die ander ek
> Charl Durand
>

Ek dink nie op die oomblik nie.
Maar ek gaan hou vertel daar is
"navrae."

Gloudina
Re: "die ander ek" deur CHARL DURAND [boodskap #34749 is 'n antwoord op boodskap #34723] Ma, 25 September 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> 'n Man wat SO kan dig, moet baie ander talente ook besit!
>
> Steeds by 'n ander see... weggevlug van werk!
> Bly om weer op te vang met al die NG se bedrywighede.
>

Wanneer jy praat van "'n ander see" klink dit ook asof
jy dit die titel van 'n gedig kan maak. "Die ander see."
Skryf jy ook gedigte?

Gloudina
Vorige onderwerp: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "sondagoggend na 'n moerse fight" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 10:28:44 MGT 2024