Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme/Apartheid
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34582 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Wed, 20 September 2000 06:52   |
hotnotsgot
Boodskappe: 59 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Elaine, wat het geword van die werk in Botswana? Jy't baie stil geraak
daaroor, gaan jy nog aansoek doen?
Elaine schreef in berichtnieuws
39c7d083.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina.....dis mos nou in die verlede.....en asseblief tog kom oor dit wat
> het hulle tog aan jou gedoen? Sou jy dit gelike het om in 'n land te bly
> waar iemand wat nie eers weet waar die rekenaar se "power button" sit nie
> oor jou gekies word vir 'n werk eenvoudig omdat haar vel swart is. Sal jy
> dit like as jou man wat 20 jaar vir dieselfde maatskappy werk afgedank word
> sodat 'n swart vrou wat nou net uit matriek gekom het sy job kan oorvat, al
> weet sy nie eers hoe die stapler werk nie? Ag nee Gloudina, hou op skree
> oor apartheidsvarke, die apartheidsvarke vandag is die swartmense en ek hoor
> jou nie skreeu oor die onregte wat ons aangedoen word nie.
> Ek het aan die einde van verlede jaar met blink sterretjies in my oë graad
> gevang, en ook vir 'n paar goeie poste aansoek gedoen. Ek moes keer op keer
> hoor, jammer die pos is slegs vir swart dames gereserveer, al is wit vrouens
> veronderstel om onder HOP te val.
> Ek het boggerall gescore by die vorige government, en tog mag ek nie werk
> nie want my vel is wit.
>
> Kom oor dit, apartheid het gedraai......ou op hammer op die verlede en maak
> jou oë oop. Ons is ALMAL, wit en swart, baie sleg daaraan toe. Dis 20 jaar
> nadat jy hier weg is, die nuus kleur alles baie mooi in. Jy weet nie
> waarvan jy praat nie, en jy weet nie hoe dit regtig hier gaan nie.
>
> Elaine
>
> skryf in boodskap news:39C75B57.6A6AFFC5@home.com...
>> Lou wrote:
> Wel dat ek gesien het
>> wat in SA aangegaan het terwyl ek daar was (deels omdat ek gewerk
>> het tussen daardie 80 persent van die SA burgers wat deur die
>> apartheidsvarke beroof en bedreig was.)
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34634 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> Wil jy sê dat Clinton pas nie in jou definisie van 'n ou wit omie in nie? As
> hy nie sover as die "Universe" gaan nie, gaan hy ten minste sover as
> "Women".
Nee, Clinton is nie 'n ou wit omie nie. 'n Ou witomie dink dat sy wit vel vir
hom spesiale status
in die heelal gee, en dat net mans eintlik weet wat
hulle doen. Clinton het uit sy pad gegaan om sy
kabinet te vul met vroue en nie-wit mans. Hy
respekteer ook die intelligensie en politieke acumen
van sy vrou. Hoekom dink jy Clinton is een van
die mees populere presidente in die geskiedenis
van die VSA volgens die polls? (En dit in 'n periode
wat hy die sogenaamde "lame duck" is.) Dis omdat
ag uit elke tien nie-wit kiesers vir hom gestem het
en hopelik vir Gore ook gaan stem. Dis omdat
vrouens hom ag jaar in die White House ingestem
het (en dit hopelik ook vir Gore gaan doen.)
En moenie met die Monica Lewinsky-storie aankom
nie. Wat presidente in hulle seks-lewe doen, het min
uit te waai met hoe goed 'n administratiewe persoon
hy is. Kennedy het morning noon and night gefornikeer
en hy word beskou as een van die beste presidente
van die VSA (alhoewel ek nie so dink nie - hy het die
Vietnam-probleem help skep, min wette deur Congress
gekry en Kuba probeer aanval.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34639 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> Elaine, NOU het jy haar lekker gesê!! Die Tannie dra haar crimpelene rokkies
> gans en al te kort vir haar onderrokke.
>
> Go girl! E-laine! E-laine! E-laine! (Hierdie begin soos 'n Jerry Springer
> show klink. Maar anyway...) E-laine! E-laine! E-laine!
En op hierdie baie beredeneerde noot, sluit onsnou die gesprek af. Jy ondersteun
alles wat Elaine
kwytraak, sien ek.
Gloudina
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34641 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OHOPOHO!!! Klink vir my al na die liberale black sash anties wat nou
almal in Autralie sit ...
@home.com wrote:
>
> Oitaroh Margoloh wrote:
>
>> Gloudina wat jy vir
>> ons wil sê, is dat jy beweeg (het) in die haaipolfaai kringe van die
>> suutjiespoep tantes, wat hul tienerdogtertjies se brood in die oond in
>> Swaziland gaan laat uitslag het om tog net die skande van die familie af weg
>> te hou, en wat smuk opgemaak is en neerkyk op ander mense omdat hulle mans
>> een of ander professor of dokter is, en wat in Menlyn rondpronk soos 'n pou
>> en by Burgundi's daintily aan 'n stukkie kaaskoek sit en peusel, terwyl
>> hulle die ander suutjiespoep tantes sit en beskinder.
>>
>
> Neewat, die prentjie het heeltemal anders gelyk. Ek was maar'n onopgesmukte
> Christelike tipe wat besluit het dat as ek rus vir
> my siel wil kry, ek moet gaan lewe tussen daardie tagtig persent
> van my landsbewoners wat gebuk gaan onder een van die mees
> gewelddadige regimes in die laaste deel van die twintigste eeu.
> Nou wonder ek, as jy so bekend is met die "haaipolfaai-tannies"
> van Pretoria, of jy nie maar nader aan hulle tipe is as ek nie.
> Ek is meer bekend met die swart vroue wat gedurende apartheid
> ook gearbei het soos die Voortrekkervroue wat voor in die
> wapad 'n lig sien brand het. Ek is meer bekend met begaafde
> swart studente wat uiteindelik hulle regmatige plek in die SA
> samelewing kan inneem. (As jy 'n nuweling op hierdie nuusgroep
> is, laat ek dan weer spog. Een van my oud-studente is 'n Minister
> in die sentrale regering van SA. Een van hulle is lid van die
> Konstitusionele Hof.
> So, kom, hoe gaan jy my nou beswadder? Ek wag asemloos
> vir jou antwoord. Ek toets jou nou die afgelope vier-en-twintig
> uur. Jy sit darem knaend voor die rekenaar. Onthou, ek het
> altyd 'n geheime agenda met omtrent alles wat ek op hierdie
> nuusgroep doen. Daardie agenda is deels om die nuusgroep
> dramaties en "hopping" te hou. Sodat mense dit sal lees.
> Sodat hulle die gedigte wat ek pos, sal lees.
>
> Gloudina
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34642 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote:
>
> DarkMan wrote:
>
>> Snaaks, die voorbeelde wat Elaine oproep hier het ek met my eie oë gesien in
>> Suid-Afrika as wel. Ek het egter ook met ander gewerk wat ek huis toe
>> genooi het vir ete en wat waardevolle kollegas was van my.
>>
>
> Ja, ek het natuurlik ook met my eie oge dieselfde
> gesien onder die witmense. Sommige het nie geweet
> waar die knoppies was nie en sommige van hulle
> was effektief en slim en hardwerkend. So gaan
> dit in Sjina. So gaan dit in Tasmania. So gaan dit in
> Sentraal-Europa. Maar onder 'n sekere gewoonlik-
> lightweight klas mens in SA is al die domgeit nou
> beklee met 'n swart vel. En dis waar die moeilikheid
> begin.
> En ek verklaar weer: onder die apartheidsregime was
> die beter werk omtrent alles in die hande van omtrent
> drie miljoen Afrikaners (en die meer belangrike poste
> in die hande van onder 'n miljoen Broederbonders.)
Dit sluit nou poste in die privaat sektor in? He He He. BSB! Wat is die
beter werk? Het die ander 'blanke'nasies soos engelse, grieke, portugese
etc etc dan geen poste beklee nie?
> Op die oomblik is daar 'n groter poel van mense
> omdat wit en swart nou in ag geneem word. Dus kan
> mens verwag dat daar nie soveel baantjies vir boeties
> geskep word deur 'n baie klein groepie, soos dit
> gebeur het in die tyd van die Broederbonders nie.
> Ek dui ook weer aan: mens sien nie 'n groot
> uitvaart uit SA na die buiteland van mense in die ho"er
> ekonomiese sirkels nie.
'n Mens praat al weer poefies! Dit is die mense wat ekonomies en tegnies
belangrike poste beklee wat emmigreer buiteland toe - want duidelik is
die VSA, Australie en NZ nie dom nie, en sal hulel verseker dat filters
in plek is om ongewenste immigrante so ver moontlik uit te hou. Hulle
sal slegs die beste toelaat. Soos gewoonlik is jou redenasie vermoee
maar eina.
> Dis gewoonlik mannetjies
> wat skielik hulle drome van 'n free ride sien verdwyn,
> wat skielik hulle goed vat en na die "groener weivelde"
> emigreer. Ek bekyk hulle maar so hier in Kanada.
> Sommige kom met groot fanfare aan en binne 'n jaar
> of wat trek hulle unemployment.
>
Wel jy is toegelaat in Kanada :). As jy iets meer geweet het van SA sal
jy weet dat die hoofsaaklik goed bestuurders (dis nou nie bus of taxi),
doktors, ingenieurs, rekenaar kundiges, verpleeg personeel, vakmanne,
fisioterapete ens. Daar mag een of twee loafers wees wat Kanada toe gaan
maar dan weet almal dat dit die maklikste plek is om in te kom. Al wat
jy moet doen is om jou deposito by die Gesondheid en Welsyns dienste in
te betaal ...
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34648 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Ag hel Gloudina, word groot! Hier op Stellenbosch (jou alma mater?!) VANG
> studente graad.
Wel, ou Thys, kom ons maak nou'n toets. En ek verwag 'n eerlike
antwoord. Die oggend na die
gradeplegtigheid stap jy in jou huis
in en wil vir jou vrou vertel dat een
van julle vriende se dogter ook daardie
dag graad gekry het. Vertel jy dan aan
jou vrou: "Maria het ook vandag graad
gevang." Of vra jou vrou vir jou vir
inligting: "Het Maria ook vandag haar
graad gevang?" Ek verwag 'n eerlike
absoluut eerlike antwoord. Is dit goeie
Afrikaans of is dit net terloopse slang.
Gloudina
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34649 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
>
>
> Maar die vraag was: 'Het jy en jou gesin by apartheid gebaat?'.
>
> En die antwoord is: Ja of nee. Nie 'n Jakkalsdrrai nie!
Ja, ou Lou, my gesin het apartheid gebaat.Omdat my vel wit was.
Gloudina.
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34650 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
Saix
Boodskappe: 119 Geregistreer: April 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OOO Bliksem, hier skiet Gloudina haar tampon uit soos 'n kurkprop
En so van "ek streel my eie ego" het ek lanklaas gesien. Sipho se kind wat
'n minister is. WOW ek ken een met net 'n standerd 5. Vir wie het jy klas
gegee die graat 2 kindertjies ?.
Die Konstitusionele Hof is volgens my maar net die departement van Justisie
se "gravy train". Die regters daar is amper net die helfte van die jaar
besig met ietsie en die res van die tyd in reses.
Ek stem egter saam dat jy 'n hidded agenda met 99% van jou aksies het. Het
jy al vir jou man laat weet dat jy slegs met hom getrou het sodat jy ook kan
saamgaan Kanada toe ?
Jy kan maar jou gedigte pos soos jy wil ek is seker daarvan ek kan my delete
knoppie vinniger druk as wat jy die kak kan tik, Ek sal dit NIE lees nie.
skryf in boodskap news:39C90DA6.2E94CFC5@home.com...
Oitaroh Margoloh wrote:
Neewat, die prentjie het heeltemal anders gelyk. Ek was maar'n onopgesmukte
Christelike tipe wat besluit het dat as ek rus vir
my siel wil kry, ek moet gaan lewe tussen daardie tagtig persent
van my landsbewoners wat gebuk gaan onder een van die mees
gewelddadige regimes in die laaste deel van die twintigste eeu.
Nou wonder ek, as jy so bekend is met die "haaipolfaai-tannies"
van Pretoria, of jy nie maar nader aan hulle tipe is as ek nie.
Ek is meer bekend met die swart vroue wat gedurende apartheid
ook gearbei het soos die Voortrekkervroue wat voor in die
wapad 'n lig sien brand het. Ek is meer bekend met begaafde
swart studente wat uiteindelik hulle regmatige plek in die SA
samelewing kan inneem. (As jy 'n nuweling op hierdie nuusgroep
is, laat ek dan weer spog. Een van my oud-studente is 'n Minister
in die sentrale regering van SA. Een van hulle is lid van die
Konstitusionele Hof.
So, kom, hoe gaan jy my nou beswadder? Ek wag asemloos
vir jou antwoord. Ek toets jou nou die afgelope vier-en-twintig
uur. Jy sit darem knaend voor die rekenaar. Onthou, ek het
altyd 'n geheime agenda met omtrent alles wat ek op hierdie
nuusgroep doen. Daardie agenda is deels om die nuusgroep
dramaties en "hopping" te hou. Sodat mense dit sal lees.
Sodat hulle die gedigte wat ek pos, sal lees.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34652 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> "Riaan" wrote in message
>
>> OOO Bliksem, hier skiet Gloudina haar tampon uit soos 'n kurkprop
>
> Riaan, jou ou wetter. Jy't gemaak dat ek my koffie hier oor my screen
> uitspoeg van die lag! Waarsku mens tog voor jy sulke goed gaan sê. :-)
Wel, dit voltooi nou die prentjie wat ek die afgelopeweek van jou in my
kop opgebou het. Nou sit jy en
gee applous vir iemand soos Riaan se absoluut-seksistiese
opmerkings. As jy enigsins 'n vrou gewees het, sou jy hom
betig het vir sy seksisme. Ek kan nie verstaan hoekom
daar vroumense is wat so slaafs ou wit omies se baie
seksistiese opmerkings snaaks vind nie. Ek kan nie dink
dat jy dit snaaks kan vind nie. Ek dink jy lewe nog in
die dwaal dat mans die leisels in hulle hande het en dat
jy maar vir hulle moet laat lekker voel. Dis 'n vreeslike
vernederende posisie waarin jy vir jouself as vrou inbou.
Onthou, die Voortrekkervroue wat gedreig het dat hulle
die waens self oor die Drakensberge sou neem, het nie
hierdie soort filosofie gehad nie.
En omdat ek sien dat jy applous gee vir sulke seksistiese
opmerkings, weet ek dat jy jou opmerkings gister oor
die verkragtings-getalle ook maar net vir applous en effek
gebruik het. Jy respekteer nie vroue nie, al is jyself een.
Jy is 'n ou wit omie-gatkruiper.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34656 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Want dan sal jy moet ophou om ander mense as ou wit omies
> uit te kryt wat nou die werk waarvoor hulle meestal hard gewerk het net
> so te verloor ter wille van AA.
Nee, Lou. 'n Ou Wit Omie is iemand wat 'n witvel het en dink hy is God's Gift to
the Universe.
Kanada is ook vol van hulle. George W. Bush
is 'n ou wit omie. George Bush se pa was 'n
ou wit omie. Clinton is nie 'n ou wit omie nie.
Mandela is nie 'n ou wit omie nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34685 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Fri, 22 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
MWeb wrote:
> wrote
>
> "Ek dui ook weer aan: mens sien nie 'n groot
> uitvaart uit SA na die buiteland van mense in die ho"er
> ekonomiese sirkels nie. Dis gewoonlik mannetjies
> wat skielik hulle drome van 'n free ride sien verdwyn,
> wat skielik hulle goed vat en na die "groener weivelde"
> emigreer."
>
> Gloudina
>
> Praat jy dalk van jou self?
Wel, Lou, gedurende die apartheidsjare wasdaar 'n GROOT uittog van baie
bevoegde
mense uit SA.. Onthou die "chicken run"
waarvan die apartheidsvarke so smalend
gepraat het. Ottawa het byvoorbeeld baie
mediese dokters wat oorspronklik van SA
af kom. Een van hulle het nou die dag my
galblaas uitgehaal. Hy is 'n Jood, maar toe
hy my man na die operasie bel, praat hy
met my man Afrikaans. Daar was ook 'n
groot uittog van bruin Suid-Afrikaners uit
SA in Kanada in. Mens kan hulle invloed
oral sien. (Onder andere in die Globe en
Mail se baie intense aandag aan things
South African. Die "chicken run" wat
deesdae plaasvind, lyk vir my bestaan nou
uit meestal liggewig-computer programmers
en dies meer wat nie meer 'n free ride in SA
vir hulleself sien nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34688 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Fri, 22 September 2000 00:00   |
Mweb[1]
Boodskappe: 6 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:39CB70EB.BB43BED5@home.com...
>
>
> MWeb wrote:
>
>> wrote
>>
>> "Ek dui ook weer aan: mens sien nie 'n groot
>> uitvaart uit SA na die buiteland van mense in die ho"er
>> ekonomiese sirkels nie. Dis gewoonlik mannetjies
>> wat skielik hulle drome van 'n free ride sien verdwyn,
>> wat skielik hulle goed vat en na die "groener weivelde"
>> emigreer."
>>
>> Gloudina
>>
>> Praat jy dalk van jou self?
>
> Wel, Lou, gedurende die apartheidsjare wasdaar 'n GROOT uittog van baie
> bevoegde
> mense uit SA.. Onthou die "chicken run"
> waarvan die apartheidsvarke so smalend
> gepraat het. Ottawa het byvoorbeeld baie
> mediese dokters wat oorspronklik van SA
> af kom. Een van hulle het nou die dag my
> galblaas uitgehaal. Hy is 'n Jood, maar toe
> hy my man na die operasie bel, praat hy
> met my man Afrikaans. Daar was ook 'n
> groot uittog van bruin Suid-Afrikaners uit
> SA in Kanada in. Mens kan hulle invloed
> oral sien. (Onder andere in die Globe en
> Mail se baie intense aandag aan things
> South African. Die "chicken run" wat
> deesdae plaasvind, lyk vir my bestaan nou
> uit meestal liggewig-computer programmers
> en dies meer wat nie meer 'n free ride in SA
> vir hulleself sien nie.
>
> Gloudina
>
>
Sê net vir my wat moet 'n mens doen doen om bevoeg te raak, want soos dit
vir my lyk is dit net julle bevoegte mense wat die reg gehad het om te waai.
Jy praat uit twee monde uit want eers sê jy en ek haal aan " Ek dui ook weer
aan: mens sien nie 'n groot uitvaart uit SA na die buiteland van mense in
die hoër ekonomiese sirkels nie ", dan sê jy net in die volgende sin en ek
haal aan "Wel, Lou, gedurende die apartheidsjare wasdaar 'n GROOT uittog van
baie bevoegde mense uit SA - Ottawa het byvoorbeeld baie mediese dokters wat
oorspronklik van SA af kom.". Klasifiseer jy dan nie Dokters as mense in
hoër ekonomiese sirkels nie ? Wat kos dit om te gaan swot vir vyf en 'n half
jaar vir 'n gewone GP? Volgens die statistieke is die gemiddelde inkomste
in Suid Afrika R150.00 in die rural gebied en R350.00 in die
metropolitaanse gebied. Gaan kyk by www.jobmail.co.za wat se salarise 'n
liggewig-computer programmers aangebied word om dat die IT bedryf een van
die eenigste bedrywe is wat se werksgeleenthede meer word by die dag.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34739 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Sun, 24 September 2000 00:06   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> My siening van Clinton is nie baie goed nie, ek's beslis nog nie reg om die
> man se tone te soen oor al die goeie dinge wat hy gedoen het nie.
Jy is nie veronderstel om sy tone te soen nie. Hy is diepresident van 'n ander
land. Dit is wel 'n superpower,
en dus beinvloed dinge wat die VSA, Sjina, Rusland
en Europa doen jou miskien 'n bietjie op die ekonomiese
vlak. Maar hoekom het elke Jan Rap en sy Maar in die
wereld 'n opinie oor Clinton. Hoe voel jy oor Bush
of Reagan?
> Onthou in sy "campiagn" het hy gepreek oor "family values" en hoe nodig dit
> is om getrou te bly en blah, blah, blah. Amerika het 'n herlewing van
> seksuele moraliteit en hulle president het dit blykbaar ondersteun.
Waar kry jy hierdie informasie vandaan?
> Hy is
> veronderstel om 'n voorbeeld te wees van "een vrou seks" toe gaan hy en doen
> presies die teenoorgestelde van dit wat hy loop en verkondig het, en dan
> gaan LIEG hy ook daaroor, wat vir my sê die man het absoluut geen
> integriteit nie.
Van wanneer af is hy veronderstel om 'n "voorbeeld" te wees.Was P.W, Botha 'n
"voorbeeld" vir SA op morele gebied?
> Amerikaners gee my net 'n kramp in die gat want hulle dink mos hulle is net
> die kat se gat.
Dit is 'n beeld in jou kop. "Amerikaners" is 'n diverse lot. Beskryf
vir my die "tipiese" Amerikaner.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #34818 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Tue, 26 September 2000 04:48   |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: July 1999
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@home.com wrote in message ...
Oitaroh Margoloh wrote:
> Gloudina wat jy vir
> ons wil sê, is dat jy beweeg (het) in die haaipolfaai kringe van die
> suutjiespoep tantes, wat hul tienerdogtertjies se brood in die oond in
> Swaziland gaan laat uitslag het om tog net die skande van die familie af weg
> te hou, en wat smuk opgemaak is en neerkyk op ander mense omdat hulle mans
> een of ander professor of dokter is, en wat in Menlyn rondpronk soos 'n pou
> en by Burgundi's daintily aan 'n stukkie kaaskoek sit en peusel, terwyl
> hulle die ander suutjiespoep tantes sit en beskinder.
>
>
Neewat, die prentjie het heeltemal anders gelyk. Ek was maar'n onopgesmukte
Christelike tipe wat besluit het dat as ek rus vir
my siel wil kry, ek moet gaan lewe tussen daardie tagtig persent
van my landsbewoners wat gebuk gaan onder een van die mees
gewelddadige regimes in die laaste deel van die twintigste eeu.
Nou wonder ek, as jy so bekend is met die "haaipolfaai-tannies"
van Pretoria, of jy nie maar nader aan hulle tipe is as ek nie.
Ek is meer bekend met die swart vroue wat gedurende apartheid
ook gearbei het soos die Voortrekkervroue wat voor in die
wapad 'n lig sien brand het. Ek is meer bekend met begaafde
swart studente wat uiteindelik hulle regmatige plek in die SA
samelewing kan inneem. (As jy 'n nuweling op hierdie nuusgroep
is, laat ek dan weer spog. Een van my oud-studente is 'n Minister
in die sentrale regering van SA. Een van hulle is lid van die
Konstitusionele Hof.
Noem jy dit spog. M.a.w 'n paar van die mense wat jy ken is patete
So, kom, hoe gaan jy my nou beswadder? Ek wag asemloos
vir jou antwoord. Ek toets jou nou die afgelope vier-en-twintig
uur. Jy sit darem knaend voor die rekenaar. Onthou, ek het
altyd 'n geheime agenda met omtrent alles wat ek op hierdie
nuusgroep doen. Daardie agenda is deels om die nuusgroep
dramaties en "hopping" te hou. Sodat mense dit sal lees.
Sodat hulle die gedigte wat ek pos, sal lees.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Rassisme/Apartheid [boodskap #35274 is 'n antwoord op boodskap #34141] |
Sat, 07 October 2000 00:00   |
Nasty Quaker
Boodskappe: 72 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Julle besef blykbaar nie wat in die VSA aan die gang is nie.
Clinton sou nooit herverkies geword het nie, meeste Amerikaners verag hom
vir die leuens oor Lewinsky ens ens. Die interessante ding tov die VSA, is
dat die Christene, meesal nie-blankes is. Blankes in die VSA word al-hoe
meer Goddeloos. In die VSA, is daar nie die S.A. kultuur dat jy saam met
een-of-ander Godsdiens grootword nie. Amerikaners word op skool, en tuis,
geleer dat God nie bestaan nie, en dat Evolusie en Big Bang die waarheid is.
Nasty
"Elaine" skryf in boodskap news:39ccfc89.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
>
> My siening van Clinton is nie baie goed nie, ek's beslis nog nie reg om die
> man se tone te soen oor al die goeie dinge wat hy gedoen het nie.
> Onthou in sy "campiagn" het hy gepreek oor "family values" en hoe nodig dit
> is om getrou te bly en blah, blah, blah. Amerika het 'n herlewing van
> seksuele moraliteit en hulle president het dit blykbaar ondersteun. Hy is
> veronderstel om 'n voorbeeld te wees van "een vrou seks" toe gaan hy en doen
> presies die teenoorgestelde van dit wat hy loop en verkondig het, en dan
> gaan LIEG hy ook daaroor, wat vir my sê die man het absoluut geen
> integriteit nie.
> Ek het absoluut geen respek vir Clinton nie (maar wel vir sy vrou) en
> Amerikaners gee my net 'n kramp in die gat want hulle dink mos hulle is net
> die kat se gat.
> So ver ek weet wou Kennedy 'n einde bring aan Viëtnam, een van die teorieë
> spekuleer dat dit die rede is hoekom hy vermoor is.
>
> Elaine
>
> skryf in boodskap news:39CA19C3.131B64E@home.com...
> Oitaroh Margoloh wrote:
>
> Hoekom dink jy Clinton is een van
> die mees populere presidente in die geskiedenis
> van die VSA volgens die polls? (En dit in 'n periode
> wat hy die sogenaamde "lame duck" is.) Dis omdat
> ag uit elke tien nie-wit kiesers vir hom gestem het
> en hopelik vir Gore ook gaan stem. Dis omdat
> vrouens hom ag jaar in die White House ingestem
> het (en dit hopelik ook vir Gore gaan doen.)
> En moenie met die Monica Lewinsky-storie aankom
> nie. Wat presidente in hulle seks-lewe doen, het min
> uit te waai met hoe goed 'n administratiewe persoon
> hy is. Kennedy het morning noon and night gefornikeer
> en hy word beskou as een van die beste presidente
> van die VSA (alhoewel ek nie so dink nie - hy het die
> Vietnam-probleem help skep, min wette deur Congress
> gekry en Kuba probeer aanval.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Bladsye (4): [ 3 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 22:23:47 UTC 2025
|