Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toerisme in Suid-Afrika
Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34479 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Tue, 19 September 2000 00:00  |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Toe ek vandag na Telkom skakel en terwyl ek op diens gewag het, het die stem
van Minister Valli Moosa aangekom met 'n versoek dat ons toerisme in ons
mooi land moet aanmoedig. Wat 'n aangename verrassing!? Maar graag wil ek
die Minister net een vragie stel.
Is ons land dan net beperk tot Kaapstad en omgewing? Oor die afgelope jare
is die televisie skaamteloos deur die Kapenaars gebruik om die plek op te
hemel. Daaroor gee ek nie om nie; die Kaap is wel mooi en daar is baie
meriete in 'n besoek aldaar. Maar jaar na jaar moet ander vakansieoorde ten
duurste betaal vir kort half-minuut advertensietjies terwyl die Kaap gratis
publisiteit dwarsdeur die somerseisoen geniet. SA Televisie maak geen
geheim meer daarvan dat hulle die Kaap propageer as 'n vakansie oord nie.
Selfs die weerberigte word nie meer ontsien nie: "Here in the Cape (that's
the place to be) the weather will be . . . "
Hierdie kom nie van 'n suur Gautenger nie - ek is 'n Baaienaar! Wat my wel
suur maak is dat nuus en ander TV uitsendings vanaf Port Elizabeth altyd van
die winderigste plek moontlik uitgesaai word terwyl die wind NIKS minder in
Kaapstad waai as in PE nie. Uitsendings en onderhoude van die Kaap word
altoos van 'n beskutte hoekie gemaak. Volgens die weerberigte is daar
bykans geen berig waar die windsterkte in Kaapstad laer is as in Port
Elizabeth nie (kyk maar self).
Ek is lief vir ons hele land (negatiewe aspekte in ag geneem). Elders in 'n
NG hier kla iemand oor die haglike toestand van die Nasionale Krugerwiltuin.
Waarom?? Ek dink die Laeveld is pragtig, so ook die Oos-Transvaal,
Oos-Vrystaat, Natal en ons ander kus-stede. Die Karoo het 'n bekoring van
sy eie maar volgens ons TV eindig die Republiek net noord van Tafelberg. Ek
wil my verstout om te sê dat met al die gunstige publisiteit wat die Kaap al
in die afgelope jare gehad het, behoort hierdie plek 'n tweede Riviera te
wees. Dit is nie.
Kan ons nie die sg. speelveld vir alle toeriste-aantreklikhede gelyk maak
nie en die mag van die televisie-media inspan om toerisme oral te bevorder
nie?
Dan is dit ook hoogtyd dat die Port Elizabethse stadsvaders 'n skop onder
die sitvlak kry om die plek as 'n toeriste "attraksie" op te gradeer. Al
mense wat sal kom kyk na 'n monument van 'n ou wat sy perd voer, of die
Campanile (die hoogste toilet ter wêreld) is afgetrede Londense
buskondukteurs - en daar is nie baie van hulle nie.
Vergeet daarvan om 'n tweede Kaapstad te wees: Julle "Waterfront" was 'n
totale aborsie. Die Baai het van die mooiste potensiële staptoere,
perdryroetes, skoonste strande, suiwerste see en pragtigste branders. Ek
wil voorstel julle kry Adventura om julle te wys hoe dit gedien word.
ASSEBLIEF!!! Gee my 'n breek!!!!!!
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34482 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Tue, 19 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Grahame wrote:
> Kan ons nie die sg. speelveld vir alle toeriste-aantreklikhede gelyk maak
> nie en die mag van die televisie-media inspan om toerisme oral te bevorder
> nie?
>
Een van die eerste dinge wat natuurlik moet gebeur, is dat
die witmense wat SA so uitmaak as die onveiligste plek ter
wereld 'n skop in die sitvlak moet kry. Ek het vantevore
vertel van die TV-program waar backpackers in 'n jeug-
herberg erens in SA sit en praat oor hoe die Suid-Afrikaners
in hulle ysterhokke-huise sit met hulle vingers op die
diefalarm, terwyl hulle baie vry orals rondbeweeg. Hierdie
jongmense uit Europa en Amerika weet natuurlik dat daar
plekke oor die hele wereld is wat gevaarlik is, en hulle
vermy sulke plekke, ook in hulle eie land.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34526 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Wed, 20 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Dink net wat die impak op die SA toerisme
> beeld is!?
>
> Maar dan is jy maar nog altyd bietjie stadig ne? Lee vat maak toe jou
> kraan ...
>
Wel, ou Lou, die nuus reis dan maar stadig.
Daar is 'n stroom Kanadese toeriste na SA
hier van Kanada af. Ek sal vir hulle moet
waarsku.
Gloudina
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34527 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Wed, 20 September 2000 00:00   |
Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:39C9097F.7E6C5984@home.com...
> Elaine wrote:
>> En einste twee van daai "backpacker" meisiekinders is verkrag in hulle
>> hostel.
>> Maar ons land is nie gevaarlik nie, kom on moedig die toeriste aan om hulle
>> dood (of verkragting) hierso tegemoet te stap.
> Ek herinner jou net daaraan dat omtrent
> 'n jaar gelede 'n Suid-Afrikaanse vrou
> in Alberta verkrag en vermoor is. SA
> het nie die alleenreg op verkragtings en
> moorde nie. Hulle gebeur deurentyd
> in Ottawa en Toronto.
Maar my maggies, Gloudina, het jy ooit jou rok aangetrek? Mens kan jou hele
onderrok sien.
Die Medical Research Council beweer dat verkragtings in SA soveel as 240 per
100,000 vroue kan wees.
Dit is rofweg 500,000 tot 600,000 vrouens wat jaarliks verkrag word. Dit is
1,643 per dag. Dit is 68 per uur, 24x7 365 dae 'n jaar.
En jy kom gooi een geval in Alberta hier op die vloer neer, en sê "kyk!".
Bah! Get real!
SA het die HOOGSTE aangemelde verkragtingstatistiek van al die Interpol
lande. Die MRC sê verder dat aangemelde verkragtings net die punt van die
ysberg is.
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34528 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Wed, 20 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> En einste twee van daai "backpacker" meisiekinders is verkrag in hulle
> hostel.
> Maar ons land is nie gevaarlik nie, kom on moedig die toeriste aan om hulle
> dood (of verkragting) hierso tegemoet te stap.
>
Ek herinner jou net daaraan dat omtrent
'n jaar gelede 'n Suid-Afrikaanse vrou
in Alberta verkrag en vermoor is. SA
het nie die alleenreg op verkragtings en
moorde nie. Hulle gebeur deurentyd
in Ottawa en Toronto.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34531 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Wed, 20 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> In die tyd wat jy rustig 'n draai loop, word daar ongeveer 6 vrouens in SA
> verkrag. Dink daaraan as jy so rustig op jou troon hier in Kanada sit.
Ondertussen word dus geen vroumense inKanada verkrag nie? Jy lyk dit vir my is
ook
een van die pas-geemigreerde Suid-Afrikaners
wat daarvoor lewe om Suid-Afrika te beswadder
en dit alles voor die deur van die nie-blankes in
SA te l^e. Ek het nou genoeg van jou binnewerk
gesien om te weet dat ons hier 'n tannie het wat
ook haaipolfaais in SA gedra het, maar toe geskoert
het toe haar groep nou nie meer koning van die
mishoop is nie. Neem nou maar jou fokus van my
af. I am franklik bored.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34534 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Wed, 20 September 2000 00:00   |
Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, vandat ek daardie post oor verkragtingstatistiek gesend het tot
nou wat ek hierdie een send, is daar 34 vrouens in SA verkrag. En die klok
tiek...
"Elaine" skryf in boodskap news:39c9128d.0@news1.mweb.co.za...
> Dankie tog.....een ou wat weet hoe om Gloudina te handle. Dankie ek's nou
> nie so wiskundig om alles te gaan staan en uitwerk nie.
>
> Elaine
>
> Oitaroh Margoloh wrote in message
> news:288y5.3794$gK3.63797@sodalite.nbnet.nb.ca...
>
>> Maar my maggies, Gloudina, het jy ooit jou rok aangetrek? Mens kan jou
> hele
>> onderrok sien.
>>
>> Die Medical Research Council beweer dat verkragtings in SA soveel as 240
> per
>> 100,000 vroue kan wees.
>>
>> Dit is rofweg 500,000 tot 600,000 vrouens wat jaarliks verkrag word. Dit
> is
>> 1,643 per dag. Dit is 68 per uur, 24x7 365 dae 'n jaar.
>>
>> En jy kom gooi een geval in Alberta hier op die vloer neer, en sê "kyk!".
>> Bah! Get real!
>>
>> SA het die HOOGSTE aangemelde verkragtingstatistiek van al die Interpol
>> lande. Die MRC sê verder dat aangemelde verkragtings net die punt van die
>> ysberg is.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34596 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"KaapseKind" skryf in boodskap news:39c9ec35.0@news1.mweb.co.za...
>
> Mense wat in hokke bly, bly daar omdat hulle nie 'n keuse het nie:
> Vir sommiges is dit pondokhokke in Khayelitsha en vir ander
> sekurititeitshokke in Sandton.
Die afwesigheid van sekuriteitshokke is iets wat mens onmiddellik opval
buite SA, ongeag van of mens in die VSA, Kanada, Engeland, Holland,
Duitsland, of waar ookal reis. Na 'n ruk raak mens gewoond daaraan. En dan
staan die sekuriteitshokke soos 'n seer vinger uit wanneer mens weer SA toe
gaan. Dit is soos een groot bloeiende vinger wat wys na die misdaadprobleem.
Mense van SA wat hier kom kuier vra gereeld, "Haai, maar is hier nie misdaad
nie?" Dan krap mens die kop en sê, "Ja, laas jaar het stout kinders 'n tang
uit die omie se garage gesteel hier langsaan. Maar hy maak nooit sy
garagedeur toe nie."
Ek weet egter dit gaan nie orals so misdaadvry nie. Dit hang af van die area
waar mens bly. Maar nêrens anders as in SA sien 'n mens soveel
sekuriteitshekke, -heinings, en ander sekuriteitsmaatreëls nie.
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34597 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"KaapseKind" skryf in boodskap news:39ca286e.0@news1.mweb.co.za...
>
> Maar één ding is waar vir ons almal: Ons mis vryheid. 'n Tyd sonder
misdaad.
Ek probeer terugdink aan 'n tyd sonder misdaad, en ek moet regtig doer agter
in die solder gaan krap om so 'n tyd op te diep. As mense nie werk het nie,
dan steel hulle om aan die lewe te bly. Daardie situasie het selfs onder 'n
wit regering bestaan. Die bevolking het vinniger as die ekonomie gegroei. En
die ekonomie het stadig gegroei weens staatsbeleid en internasionale reaksie
daarop.
En vryheid. Kan die swartman regtig sê dat hy vry is? Ek meen, wat is
vryheid? As dit beteken dat mens kan stem en soos 'n lid van die homo
sapiens spesie behandel te word, dan is die antwoord ja. Maar sluit vryheid
nie ook vry van vrees en vry van bande van die verlede nie? Met ander
woorde, vryheid van gees. Baie swartes gaan net so gebuk onder die misdaad
epidemie, en baie leef nog in die verlede en blameer hedendaagse probleme op
die verlede. Wat se tipe van vryheid is dit?
Vryheid. Is dit nie ook vryheid van diskriminasie nie? Witmense loop hulself
tromp-op vas teen offisiële diskriminasie, en swartes wys nog steeds na
hedendaagse gevalle van diskriminasie teen hulle. En diskriminasie kweek
diskriminasie. Die swartman sê, "Jy't teen my gediskrimineer, so ek gaan dit
nou regstel deur teen jou te diskrimineer met die wet." Die witman sê, "As
jy teen my gaan diskrimineer, dan gaan ek teen jou diskrimineer met my
ekonomiese mag." Die swartman sê, "Dan gaan ek meer teen jou diskrimineer."
En die witman sê, "Dan gaan ek meer teen jou diskrimineer."
Intussen praat die politici van 'n nie-rassistiese SA. Bah! 'n
Nie-rassistiese land word NIE gedefinieer deur 'n land waar daar oor tyd ewe
veel diskriminasie oor en weer geslinger is nie. Dit is 'n land waar daar
geen diskriminasie is nie, nie teen swart nie en ook nie teen wit nie.
> Dit is hoekom ek nog hier bly en hier werk en hier leef. Ni� oor ek hier vry
> kan wees nie, maar omdat ek nog die son sien aan die anderkant van die
> tralies. En ek ken mense wat soos ek dink, glo en werk...
Almal maak hul eie besluite, en die een kan nie die ander slegsê oor
besluite van persoonlike aard nie. Vir party mense is die tralies so dik dat
hulle nie meer die son kan sien nie. Of hulle het 'n smakie gehad van 'n
plek waar daar net so hier en daar 'n tralie is en die son op die rug bak,
en hulle dink, "Dis mos die manier hoe mens veronderstel is om te lewe."
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34598 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> Die afwesigheid van sekuriteitshokke is iets wat mens onmiddellik opval
> buite SA, ongeag van of mens in die VSA, Kanada, Engeland, Holland,
> Duitsland, of waar ookal reis.
>
> Ek weet egter dit gaan nie orals so misdaadvry nie. Dit hang af van die area
> waar mens bly. Maar nêrens anders as in SA sien 'n mens soveel
> sekuriteitshekke, -heinings, en ander sekuriteitsmaatreëls nie.
Jy was natuurlik dan seker nog nie in groot dele vanLos Angeles en Florida en so
voorts en so voorts nie.
Jy was seker dan nog nie in Rio de Janeiro nie. En hier
in die gebou waarin ek bly in Ottawa het ons kort gelede
ons sekuriteits-sisteem opgedateer. Orals is kameras.
Hoekom, omdat hulle ten spyte van die vorige sisteem
karre onder uit die gebou gesteel het.
Ek het ook in Fredericton gebly. Ons het 'n rower in
ons huis gehad. Moet tog nie die mite dat daar net in
SA roof en misdaad is voortplant nie. Anders moedig
jy mense om te emigreer na New Zealand, waar 'n
Afrikaanse gesin rot en kaal besteel is kort na hulle
daar aangekom het.
Gloudina
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34600 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
KaapseKind
Boodskappe: 82 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek stem saam met baie wat jy sê.
Dit is baie moeilik (indien nie onmoontlik nie!) om gewoond te raak aan die
doringdraad waar ek parkeer of erger, aan die glasstukke op die muur rondom
my gunsteling koffiewinkel. Dit is inderdaad seer vingers wat die misdaad
uitwys en beklemtoon. Dan gaan loop ek maar langs die see in Muizenberg en
geniet die vryheid van die oomblik. En selfs hier is ek nie veilig nie, maar
die vryheid is 'n verkwikking. Die realiteit van armoede is rondom my - elke
dag. Ek besoek weekliks skole op die Vlakte. Ons luister na skote in die nag
waar ek bly en dan weer empaties na moedelose bleek onderwysers deur die
dag - deel van 'n eens voortvarende leliewit gemeenskappe wat hoop soek in
'n land waar jou velkleur jou vir sommiges 'n rassis maak. Ons doen
hand-aan-hand opleiding in die hartjie van Khayelitsha en op die platteland
in plaaskole wat eens (letterlik) varkhokke was. My wêreld vergroot met elke
hulpkreet, elke telefoonoproep na ons organisasie...en soms, as dit 'n goeie
dag was, ontmoet my - en my span se waarheid dié van ander Suid-Afrikaners.
Maar één ding is waar vir ons almal: Ons mis vryheid. 'n Tyd sonder misdaad.
Vir sommiges was dit nog nooit daar nie en vir ander is dit verlore. Wie is
gelukkiger? Hy wat eens gesien het en toe blind geword het, of sy wat blind
gebore is? Hoe ons hier gekom het, maak nie saak nie. Hoe lank ons hier was,
maak nie saak nie. Wat ons verenig, is ons wens om weer gelukkig te wees, om
weer vry te wees en om sonder misdaad te leef. Intussen is ons in 'n
oorgangsperiode waar ons mekaar moet HOOP gee, want as 'n mens hoop verloor,
het jy alles verloor.
Dit is hoekom ek nog hier bly en hier werk en hier leef. Ni� oor ek hier vry
kan wees nie, maar omdat ek nog die son sien aan die anderkant van die
tralies. En ek ken mense wat soos ek dink, glo en werk...
Vanuit die Kaap van Goeie Hoop
Oitaroh Margoloh skryf in boodskap news:rRoy5.3940$gK3.67735@sodalite.nbnet.nb.ca...
>
> "KaapseKind" wrote in message
> news:39c9ec35.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> Mense wat in hokke bly, bly daar omdat hulle nie 'n keuse het nie:
>> Vir sommiges is dit pondokhokke in Khayelitsha en vir ander
>> sekurititeitshokke in Sandton.
>
> Die afwesigheid van sekuriteitshokke is iets wat mens onmiddellik opval
> buite SA, ongeag van of mens in die VSA, Kanada, Engeland, Holland,
> Duitsland, of waar ookal reis. Na 'n ruk raak mens gewoond daaraan. En dan
> staan die sekuriteitshokke soos 'n seer vinger uit wanneer mens weer SA toe
> gaan. Dit is soos een groot bloeiende vinger wat wys na die misdaadprobleem.
>
> Mense van SA wat hier kom kuier vra gereeld, "Haai, maar is hier nie misdaad
> nie?" Dan krap mens die kop en sê, "Ja, laas jaar het stout kinders 'n tang
> uit die omie se garage gesteel hier langsaan. Maar hy maak nooit sy
> garagedeur toe nie."
>
> Ek weet egter dit gaan nie orals so misdaadvry nie. Dit hang af van die area
> waar mens bly. Maar nêrens anders as in SA sien 'n mens soveel
> sekuriteitshekke, -heinings, en ander sekuriteitsmaatreëls nie.
>
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34601 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
KaapseKind wrote:
> Net vir die rekord:
>
> Daar is (wêreldwyd) 'n verband tussen armoede en misdaad.
> Daar is nie 'n bewese en direkte verband tussen velkleur en misdaad nie.
> Daar is wel 'n verband tussen rassehaat en rasgekleurde woordeskat.
>
> Mense wat in hokke bly, bly daar omdat hulle nie 'n keuse het nie:
> Vir sommiges is dit pondokhokke in Khayelitsha en vir ander
> sekurititeitshokke in Sandton.
> In albei gevalle is vryheid 'n luukse wat verlore geraak het in die rommel
> van derdewêreld realiteite.
>
> Sommer moelik in die Kaapse wind...
> KaapseKind
>
Dankie, Kaapse Kind. Dis hierdiesoort gepraat wat alles in perspektief
stel.
Gloudina
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34603 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Thu, 21 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> Is jou blerrie kontaklense opgewasem of wat? Lees wat ek geskryf het.
Wat het jy nou weer geskryf? Oor die minmisdaad wat daar in die res van die
wereld
is?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34669 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Fri, 22 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> skryf in boodskap news:39CB6FAA.F68A9043@home.com...
>>
>> Wel, begin jou kind nou Frans laat leeras jy Kanada toe wil kom. Anders
> gaan
>> jy weer kla dat daar hier teen jou
>> gediskrimineer word.
>
> Waarvan praat jy? In Quebec, ja. Hier in New Brunswick, wat die enigste
> amptelike tweetalige (Engels en Frans) provinsie is, word daar nie
> gediskrimineer as mens nie Frans kan praat nie. Die ander provinsies,
> uitgesluit Quebec, is almal Engels.
>
> Jy gorrel al weer stront, sien ek. Weet al weer nie waarvan jy praat nie.
Mens kan nie in die staatsdiens verby 'n sekere kerfgaan sonder om 'n
taamlik-strenge Franse toets deur
te kom nie. Ek weet. Een van my kinders het dit nou
net met die derde probeerslag deurgekom Amper
alle Engels-sprekendes druip die mondelinge toets
op die telefoon een of tweekeer. Maar sonder hierdie
Franse kwalifikasie kan geen federale staatsdiens-
amptenaar in administratiewe poste aangestel word
nie. Onderwysers kan nie hulle kwalifikasies kry
sonder om ook in die ander offisiele landstaal te
slaag nie. Ek neem aan kinders kan nie hulle Graad
12 kry sonder 'n sekere hoeveelheid Franse vakke
nie. As daar nie van jou verwag word om Frans
te praat in New Brunswick nie, is dit omdat jy
nie in 'n posisie is waar enigsins iets van jou verwag
word nie. En om te se dat die ander provinsies van
Kanada almal "Engels" is, wys net hoe onkundig jy
is. Weet jy hoe groot die Franse populasie van
Ontario is. En van Manitoba? Hoe lank is jy al in
Kanada, wonder ek. Hoeveel weet jy van die res
van Kanada?
En terloops, hoekom praat jy so baie van ekskrement?
Soos in die aanhaling hierbo, en jou white-trash humor
oor die gewoontes van die Parlement in Kaapstad.
Dis mos wat die sielkundiges
anal retentief noem. Gaan lees op waarop dit dui in jou
psige.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34673 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Fri, 22 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Lou wrote:
> Soos ek tans voel sal ek nie die einde daarvan sien nie en moet ek maar
> begin regmaak dat my kind sy toekoms in 'n land waar daar nie teen hom
> gediskrimineer word nie net omdat sy vel kleur verkeerd is nie?
>
> Enigiemand vir my 'n werkie daar oorsee?
Wel, begin jou kind nou Frans laat leeras jy Kanada toe wil kom. Anders gaan
jy weer kla dat daar hier teen jou
gediskrimineer word.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34728 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Sun, 24 September 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Okay kom ek vertel jou van drie Suid Afrikaners wat hul werk a.g.v
affirmative action verloor het,
My pa het sy werk (wat wildbewaar insluit) verloor en moes nog twee maande
lank sukkel om 'n SWART seun wat die vorige jaar gematrikuleer het, op te
lei, omdat hy nie eers geweet het hoe om 'n winter voer program vir die
diere uit te werk nie. My pa werk dit nou maar elke winter vir hulle uit.
My skoonpa het sy werk verloor, en 'n swart man is in sy plek aangestel. Hy
het die maatskappy gedagvaar en hy het gewen, want volgens die hof is hy nie
op behoorlike gronde gefire nie.
My vriendin se pa is na 25 jaar by dieselfde maatskappy laat gaan, nadat
hulle 'n onbevoegde swart man in sy plek aangestel het. Ook hy moes die man
wat hom vervang het "leer" hoe om met 'n rekenaar te werk.
Ek ken nog 'n paar. Ek's regtig bly jou susterskinders het nie gesukkel om
werk te kry nie, maar dis maar 'n druppel in die emmer, die meeste van ons
hoop maar om by 'n klein maatskappy in te kom, waar RDP nog nie afgedwing
word nie.
Elaine
wrote
Sover ek kan agterkom uit my
> kontak met Afrikaners, lyk dit vir my werk is nogal volop
> vir witmense. Ek kan eerlik nie sê dat ek van een geval
> gehoor het waar mense hulle werk verloor het nie. (In
> een geval kon die vroumens, wat in die poskantoor gewerk
> het, nie pashou toe hulle alle rasse-reservering afgeskaf het
> en mens net gemeet het aan die snelheid waarmee hulle werk
> nie. Sy moes toe bedank, want haar senuwees kon dit nie
> hou nie.)
> Nee, ek moet eerlik se: dit verbaas my elke dag hoe
> maklik die kinders van ons broers en susters in SA werk
> kry. Veral as ek nou luister na al die stories op hierdie
> nuusgroep. So, my private opinie is: die mense wat nou na
> die buiteland emigreer, hou maar net nie van 'n regerings-
> en mags-struktuur wat nie meer lelieblank is nie.
>
> Gloudina
>
>
>>
>
|
|
|
Re: Toerisme in Suid-Afrika [boodskap #34750 is 'n antwoord op boodskap #34480] |
Mon, 25 September 2000 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Oitaroh Margoloh wrote:
> 'n Doodgewone witmens wat 'n werk gehad het, en nou nie meer werk kan kry
> onder affirmative action nie, en besluit om in die buiteland 'n heenkome te
> vind in plaas van om te steel, is dus nie 'n apartheidsvark nie, reg?
Natuurlik. Maar die mense wat in die afgelope paar jaarna die buiteland gegaan
het "omdat hulle nie meer 'n werk
kon kry onder affirmative action" nie, moet darem maar
eieaardige mense wees. Sover ek kan agterkom uit my
kontak met Afrikaners, lyk dit vir my werk is nogal volop
vir witmense. Ek kan eerlik nie sê dat ek van een geval
gehoor het waar mense hulle werk verloor het nie. (In
een geval kon die vroumens, wat in die poskantoor gewerk
het, nie pashou toe hulle alle rasse-reservering afgeskaf het
en mens net gemeet het aan die snelheid waarmee hulle werk
nie. Sy moes toe bedank, want haar senuwees kon dit nie
hou nie.)
Nee, ek moet eerlik se: dit verbaas my elke dag hoe
maklik die kinders van ons broers en susters in SA werk
kry. Veral as ek nou luister na al die stories op hierdie
nuusgroep. So, my private opinie is: die mense wat nou na
die buiteland emigreer, hou maar net nie van 'n regerings-
en mags-struktuur wat nie meer lelieblank is nie.
Gloudina
>
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 22:23:47 UTC 2025
|