Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN
Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #34342] Do, 14 September 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi’s en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
‘t amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
maar verdeë of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van die “karos” -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine 'n egte “tonteldoos”! dalk
kan jy die watsenaam - gat, né? - gat-
skuur vir 'n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe
Re: Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #34418 is 'n antwoord op boodskap #34342] So, 17 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Oitaroh Margoloh wrote:

> Tannie, dankie vir die mooi gediggie. Felina was skoon aangedaan toe ek by
> die "waai maar alles moerland toe" kom. En dit vat baie om Felina aangedaan
> te maak. Tannie ken mos katte.
>
>
> BLOMMEKYKERS
> George Weideman

Ek is bly jy het dit geniet. Ek dink George Weidemankom ook uit die Noord-kaap,
net soos ek oorspronklik
(en jy miskien?) Anderdag pos ek vir jou weer 'n
George Weideman.

Tannie
Re: Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #34427 is 'n antwoord op boodskap #34342] So, 17 September 2000 02:27 Na vorige boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tannie, dankie vir die mooi gediggie. Felina was skoon aangedaan toe ek by
die "waai maar alles moerland toe" kom. En dit vat baie om Felina aangedaan
te maak. Tannie ken mos katte.

skryf in boodskap news:39C14E5D.6FA30BBF@home.com...
BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi’s en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
‘t amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
maar verdeë of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van die “karos” -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine ‘n egte “tonteldoos”! dalk
kan jy die watsenaam - gat, né? - gat-
skuur vir ‘n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe
Vorige onderwerp: Re: "Die Beiteltjie" deur N.P. van WYK LOUW <<< Dankie. Die engelse vertaling was nie nodig nie
Volgende onderwerp: Gedigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 11:24:32 MGT 2024