Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die tyd van die lys
Die tyd van die lys [boodskap #3432] So, 28 Desember 2003 20:56 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis mos nou daardie tyd van die jaar, en een van die lyste in gister
se koerant was slapband boeke wat die beste verkoop het hierdie jaar.
En raai net wat was nommer een hier? Die Atkins diet! Dis reg. Ek
haal sommer daai kettingsaag uit en neem stelling in buite 'n
boekwinkel! :-)

Lorinda (wat hoop dat die Atkins diet die uistluitlike eet van
kasterolie is)
Re: Die tyd van die lys [boodskap #3435 is 'n antwoord op boodskap #3432] So, 28 Desember 2003 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Dis mos nou daardie tyd van die jaar, en een van die lyste in gister
> se koerant was slapband boeke wat die beste verkoop het hierdie jaar.
> En raai net wat was nommer een hier?  Die Atkins diet! Dis reg. Ek
> haal sommer daai kettingsaag uit en neem stelling in buite 'n
> boekwinkel! :-)

LOL!!! Kan jy GLO dat ek netnou juis in die winkel staan met die boek
in my hand.  Ek was nuuskierig oor waarom daar so baie van die boeke
was.  En is dit waar dat Michael Moore se Stupid White Men 2de was?
Of is dit op 'n ander lys?
En wat van Harry Potter?  Ek sou dink dat dit ook 'n best seller was?

> Lorinda (wat hoop dat die Atkins diet die uistluitlike eet van
> kasterolie is)

LOL!  Ek deel jou gevoel oor dieetboeke in die algemeen, en die Atkins
dieet spesifiek.  Maar ek is tog nuuskierig om te probeer uitvind
waarom dit so gewild is.  Hulle praat juis netnou op die radio van
"scale-shock" , en ek dog dis een of ander WMD wat alweer deur die
Bush regime op die arme Irakese getoets was.  So in lyn met die
destydse "shock and awe" jy weet.  Mens weet nooit wat hulle nog daar
kan aanvang nie.   Maar toe verduidelik hulle dit het te doen met die
skok wat ons gaan hê as ons op ons skale klim na die vakansie.  
;-))
Re: Die tyd van die lys [boodskap #3444 is 'n antwoord op boodskap #3435] Ma, 29 Desember 2003 02:10 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn   skryf in boodskap news:...
>  
>  LOL!!! Kan jy GLO dat ek netnou juis in die winkel staan met die boek
>  in my hand.  Ek was nuuskierig oor waarom daar so baie van die boeke
>  was.  En is dit waar dat Michael Moore se Stupid White Men 2de was?
>  Of is dit op 'n ander lys?
>  En wat van Harry Potter?  Ek sou dink dat dit ook 'n best seller was?

Michael Moore se boek was hoog op die lys, ek kan nie presies onthou
waar nie, die skok van die Atkins diet was te groot :-) Die nuutste
Harry Potter is nog in hardeband so dit was nie op hierdie lys nie.

>  
>  LOL!  Ek deel jou gevoel oor dieetboeke in die algemeen, en die Atkins
>  dieet spesifiek.  Maar ek is tog nuuskierig om te probeer uitvind
>  waarom dit so gewild is.  

Laat my asseblief weet as jy uitvind. Ek wonder of dit maar ook een
van daai "fads" is wat elke nou en dan kop uitsteek in die dieet
wereld..


Lorinda
Vorige onderwerp: Welkom Andries
Volgende onderwerp: Van Hase wat pruim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 06:15:41 MGT 2024