Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Julle behoort die een te geniet
Re: Julle behoort die een te geniet [boodskap #34305] Wo, 13 September 2000 00:00
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Ek kommunikeer seker met 20 mense van regoor die wêreld 17 van hulle kom uit
die VSA, ek gaan "chat" gereeld op internasionale chatrooms. 90% van almal
met wie ek chat wil my nie glo as ek sê dat ek wit is nie. Van daai 90% glo
sowat 80% dat ons lughawens se landingstroke eers "skoongeskiet" moet word
om van al die wilde diere wat dit so toepak ontslae te raak. Seker omtrent
50% van almal met wie ek chat het nog nie eers geweet Apartheid is afgeskaf
nie, en dat almal nou in "vrede en harmonie" saamleef nie. En as die wat ek
gereeld mee chat enige aanduiding van Amerikaners is, kan jy maar seker weet
omtrent 80% van Amerikaners dink die wêreld bestaan net uit hulle kontinent
uit.
Ek het juis gister so by myself gedink. Vir 'n sogenaamde westerse wêreld
is die lot maar redelik stupid.
As julle my vra is Amerika "over-rated" en gaan dit daar enige dag net so
sleg soos hier, indien nie slegter nie.

Elaine

skryf in boodskap news:39C04671.15E9BC06@home.com...
> Dirk Vermaak wrote:
>
>> Meeste
>> Amerikaners is in elk geval so eng in hulle wereldkennis dat hulle dink
>> jy besoek 'n ander planeet as jy oor die grens van die VSA gaan.
>
> Laat ons tog maar versigtig wees met
> al hierdie sweeping statements. Daar
> is 270 miljoen van hulle, en baie van
> hulle is baie kundig oor wat in die
> wereld aangaan. So ook hier in
> Kanada. Weet jy dat een van ons
> beste fotograwe hier in Kanada
> spioene het wat vir hom vertel
> wanneer die blomme in Namakwaland
> op die mooiste is. Dan gaan hy hulle
> afneem as hulle op hulle hoogtepunt is.
> (Een van sy boeke daaroor: "The
> Garden of the Gods.")
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: mooi skilderye
Volgende onderwerp: Re: Die tuislande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 19:23:04 MGT 2024