Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Padreëls.
Padreëls. [boodskap #34183] |
Fri, 08 September 2000 17:44  |
Hein Paul
Boodskappe: 21 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek was vandag gou op Gauteng (Jhb) toe, lyk my daars ander reëls op die pad
van toepasing . Of is die mense maar net te bang om by 'n rooilig te stop ?
Ook sien ek dat truspieëltjies word nie gebruik nie " die kar agter jou het
remme ". Ja, dit is seker nie nét daar so nie, maar ek sal nooit in so plek
kan bly nie. "My meegevoel vir die wat daar bly". Dit gaan my weer weke vat
om naels te groei.
Definisie van 'n verkeerslig in Gauteng: 'n Toestel om voetgangers net
halfpad oor 'n pad help, daarna is jy op jou eie.
chow for now
Hein.
|
|
|
|
|
|
Re: Padreëls. [boodskap #34281 is 'n antwoord op boodskap #34247] |
Mon, 11 September 2000 17:50  |
Dawie Olivier
Boodskappe: 2 Geregistreer: September 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dirk ons is darem nie soooo agter die klip daar nie man.
"Dirk Vermaak" skryf in boodskap news:8pg90f$j8a$1@nnrp1.deja.com...
> Voor jy gaan kuier op Groblershoop, bel tog net eers die Vroue
> Federasie dat hulle voor die tyd met kruiwaens om die ouetehuis kan
> hardloop sodat die ou mense kan gewoond raak aan die verkeer.
>
>
> In article ,
> "Dawie Olivier" wrote:
>> Ek kom van die Noordkaap af (Groblershoop) - net grondpaaie en stopstrate
>> daar. Bly nou in Jo'burg en glo my as ek sê dat dit vir my ook een helse
>> aanpassing was! Ek kon nie glo dat mense teen 140km/h 'n volgafstand van 1
>> meter behou nie?!
>>
>> Anyways, ek is nou al 2 jaar daar en wys ook nou al middelvinger, ry soos 'n
>> vark, hou 'n kort volgafstand en al die ander dinge wat GP mense doen! So
>> almal raak maar later gewoond daaraan. Ek wonder net wat my pelle op
>> Groblershoop gaan sê as ek weer daar gaan kuier en so ry! - en jy praat van
>> "jy wonder wanneer jou naels weer gaan terug groei" - ek wag nog vir my
>> vingers om terug te groei!
>>
>> Groete
>>
>> Ekke
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:54:05 UTC 2025
|