|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34036 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Di., 05 September 2000 06:13   |
Rosie
Boodskappe: 94 Geregistreer: Maart 2000
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina, jy bespreek hier jou eie tegnieke baie haarfyn.
As ek die ding reg lees, doen jy baie moeite om ander vrouens van hierdie
nuusgroep af te jaag. Ou tegniek van jou.
Ek het nou onlangs hierdie groep begin lees - so 'n jaar of wat, en bietjie
na die argiewe ook gegaan. Jy hou van die aandag op jou, en jou tegnieke om
alle gesprekke te kaap en in 'n Apartheidsvark-tipe van retoriek te laat
vashaak. Of jy nou van miere in 'n pot konfyt praat, jy sal altyd probeer om
die politiek daarin te werk en die gesprek dan 'n 'n bitter geveg te laat
ontaard. Baie jammer
Ek dink ek gaan nou maar ook van jou 'n "killfile" kandidaat maak, op
aanbeveling van die ander mense op die groep. Jammer. Eintlik hou ek van jou
ander bydraes waarin jy kennis uitruil.
Die gedigte laai ek nie af nie - uit beginsel. Dis outeursregskending en
daar is genoeg ander plekke op die internet waar mense aan sulke besprekings
kan deelneem. Jy behoort daar te gaan deelneem. Kyk by die Knoop.
Eintlik hou ek van jou as mens, maar nie van jou taktieke nie.
Protus skryf in boodskap news:39ac33f6.1366460567@news.citilink.com...
> Jy is reg, Gloudina, ek kan nie dink dat 'n ou droë gus ooi soos jy
> nog rondkyk nie.
>
>
> Tue, 29 Aug 2000 12:24:47 GMT:: @home.com skrywe:
>
>> Ag, hier kom die ou diagnosetjie nou weer.
>> Soos ek vantevore vir jou vertel het: hierdie
>> soort gepraat, is 'n soort seksisme wat vrouens
>> teenoor ander vrouens beoefen. Hierdie soort
>> gepraat word gebore in die harte van vroumense
>> wat dink hulle roeping in die lewe is om "mans'
>> se aandag op hulle te vestig, en hulle kry
>> tegnieke om ander vroumense neer te skiet,
>> sodat daar minder kompetisie is.
>>
>> Die kaalvoet-tannie
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34077 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Wo., 06 September 2000 00:47   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Rosie wrote:
> As ek die ding reg lees, doen jy baie moeite om ander vrouens van hierdie
> nuusgroep af te jaag. Ou tegniek van jou.
>
> Eintlik hou ek van jou as mens, maar nie van jou taktieke nie.
>
Sedert wanneer het ek vir jou van hierdie nuusgroep
probeer afjaag? Watter ander vroumens het ek probeer
afjaag in die afgelope jaar? Miskien dink jy Davie Davis
is 'n vroumens? Miskien dink jy Leendert was 'n vroumens?
Ek sou graag wil weet hoekom jy dink dat ek "vroumense
van hierdie nuusgroep afjaag." Staaf bietjie jou stelling.
Hoe kan jy van my "as mens" hou. Jy ken my nie. Jy ken my
as kuberposter op hierdie nuusgroep. As laasgenoemde het
ek 'n baie komplekse persoonlikheid. Ek probeer die pot
roer sodat die nuusgroep ten alle tye interessant en dramaties
bly. Ek gebruik die nuusgroep om my daaglikse taaloefening
met Afrikaans te kry. En as jy nie die gedigte lees nie, het
ek daar vrede mee. Ek dink die beswaar wat jy teen hulle
teenwoordigheid maak, is 'n vals argument.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34087 is 'n antwoord op boodskap #34054] |
Wo., 06 September 2000 07:24  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Elaine is in baie gevalle nog reg. Wat op die wetboeke staan en wat altyd
gebeur loop nie aldag hand aan hand nie.
Party maatskappye verkies om eerder mans te gebruik omrede hulle meer
buigbaar is as vrouens.
Lou wrote in message ...
> Nie in die nuwe polities korrekte AA SA nie!
>
> Elaine wrote:
>> Die feit bly staan dat as jy in 'n groot maatskappy inloop en jy ding mee
>> met 'n man, sal hulle sonder om twee keer te dink die man aanstel. Want hy
>> verontrief nie die wereld deur "kleintjies te kry" en kraamverlof af te
>> smeek nie.
|
|
|
|