Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Konferensie op rassisme
Konferensie op rassisme [boodskap #33868] |
Wed, 30 August 2000 00:00  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wonder wat die konferensie op rassisme die belastingbetaler gaan kos en
wat hulle nou eintlik daardeur wil bereik.
Van die begin is dit duidelik wat die boodskap is. Die blankes is rassiste.
Alles is ons skuld. Ons wil nie saamwerk nie.
Nou wonder ek net, en dit bleik so uit ons geagte Staatspresident se
toespraak dat daar geen rassisme aan die kant van die swartman is nie
Dit raak darem nou n klug.
Reenen van Niekerk
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #34014 is 'n antwoord op boodskap #34012] |
Sun, 03 September 2000 14:26   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
dot wrote:
> op die konferensie is wit vs swart as rassisme gedefinieer... die omgekeerde
> kom ook voor en net so 'n ernstig ... rassisme is ewe erg maak nie saak wie
> aan wie nie.... hoe harder die slimme manne raas en skree oor rassisme
> hoe minder word bereik..
Die konferensie oor rassisme in Suid-Afrika is natuurlik 'nfase van die
Verenigde Volke se konferensie oor rassisme.
Ek neem aan sulke aanvanklike nasionale konferensies oor
rassisme word ook in ander lande gehou wat lede van die
VVO is. Hier in Kanada wys die Eerste Nasies lankal uit
dat daar teen hulle gediskrimeer word op die basis van hulle
velkleur.
Veral in die VSA is die kwessie van rassisme op die
voorgrond. Die nie-wit groepe word baie meer militant
in hulle aandui van hoe baie rassisme daar bedryf word
teen hulle. Sien byvoorbeeld die kwessie van "racial
profiling" (as jy swart is in New York City is die kanse
byvoorbeeld hoog dat jy verdink sal word van 'n
kriminele daad selfs al is jy net 'n onskuldige bystander.)
Meer en meer swart filmsterre en beroemde mense begin
nou kla hoe hulle byvoorbeeld nie opgelaai word in New
York deur huurmotors nie omdat hulle swart is.Laasgenoemde
is nou iets waarvoor taxibestuurders aangekla kan word.
Hier in Kanada is dit veral mense wat oorspronklik van
die Indiese subkontinent af kom, wat die regering aanvat
oor promosies wat nie verkry is nie omdat hulle nie die
"regte kleur" gehad het nie. Daar was ook al gevalle van
mense wat net Engels kon praat, wat gekla het dat daar
teen hulle gediskrimeer word omdat hulle nie Frans
magtig is nie en dus nie promosies kon kry nie. So die
spotlig is op rassisme oor die hele wereld. En dis goedso.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Konferensie op rassisme [boodskap #34026 is 'n antwoord op boodskap #33868] |
Sun, 03 September 2000 20:36  |
dot
Boodskappe: 20 Geregistreer: October 1999
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
stry nie vir een oomblik daaroor nie... die laerskool is genoem omdat ek op
daardie jong ouderdom nie veel in politiek belanggestel het nie... en ook
nie in 'n posisie was om vir of teen dr verwoerd se tuisland idee kon stem
of 'n opinie vorm nie.... en gesien in daardie lig wil ek weet of ek dan
moet om verskoning vra vir dit wat toe bietjie minder as 40 gelede gebeur
het... kan ek nie nou maar sonder om askies te sê, net anti-rassisties
uitreik na my mede suid-afrikaner nie.... wat gaan al die askies vra ons in
die sak bring.... ons moet ophou praat en askies vra en almal wys wat in
ons steek en almal wys dat almal voor die oë van God gelyk is! en dat ons
mekaar as sulks respekteer...so my argument gaan nie om wie die moordenaar
is of wie die moordenaar gehuur het nie, .... ek is meer bekommerd oor hoe
suid-afrika se inwoners vandag hanteer.....
dottie
Davie Davis skryf in boodskap news:39b28d4c.13224565@news.intekom.co.za...
>
>
> Nie nodig om die laerskool as alibi te gebruik nie, Dottie
> Demitrious Tsafendas wás die skuldige.
>
> DD
>
>
> Op Son, 3 Sep 2000 16:01:52 +0200, "dot" se Dot:
>
> ek was
> byvoorbeeld in die laerskool toe dr verwoerd vermoor is.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 05:00:47 UTC 2025
|