Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » kinderprogramme
kinderprogramme [boodskap #33967] |
Fri, 01 September 2000 17:43  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat dink julle deesdae van die kinderprogramme op die TV.
n Mens kry amper nie meer n ordentlike kinderprogram nie. Meeste van die
stories is van monsters. halfmens ,halfdier of ruimtestories met monsters
ens.Stap jy in n winkel in is al die karakters in pop vorm daar en kos dit n
prys van n huis.
Ek wil graag verneem of dit so in ander lande ook gaan siende meeste van ons
programme ingevoer word van Amerika of Europa.
Nog iets wat ek opmerk is dat jy hard moet soek om kinderstories in
Afrikaans te kry in boekwinkels. Dit lyk my daar word nie meer Afrikaanse
kinderboeke gedruk nie.
Reenen van Niekerk
|
|
|
|
|
|
Re: kinderprogramme [boodskap #34029 is 'n antwoord op boodskap #33967] |
Mon, 04 September 2000 05:50  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En die feit dat satanisme menslike offers lewer, en geeste oproep en so aan,
dis nou heeltemal reg.
Weet jy waaroor gaan satanisme? Dis alles presies die teenoorgestelde wat
die bybel ons leer. Hulle glo daaraan dat jy moet doen wat vir jou lekker
is, en dan is dit reg so, maak nie saak wat die bybel sê nie. Gaan lees die
satanis se 10 gebooie, dis die bybel s'n omgekeerd. Waar ons leer "jy mag
nie moord pleeg nie" Leer die satanis "pleeg moord om "revenge" te kry,
pleeg moord as jy voel dis nodig, pleeg moord as jy lus voel om moord te
pleeg" Dis nou rof weg en kras gestel, maar dis waarop dit neerkom.
Moet nooit satanisme probeer goedpraat nie, anders kan jy net sowel jou
"oneway ticket" hel toe solank gaan bespreek.
Satanisme is 'n wrede sadistiese geloof, en almal wat dit navolg, en wat
hulle rituele bywoon, maak hulleself skuldig aan die saddisme (dink aan die
katte wat geslag word om hulle bloed te drink)
En ek het nie die stories wat ek ken (en ek kan jou belowe ek ken baie)
gelees in 'n boek of tydskrif nie, maar gehoor by 'n bekeerde satanis.
Elaine
>> Wat is verkeerd daarmee? Satanisma is nie 'n slegte geloof nie, dis net die
>> media wat daardie indruk skep. Ek ken 'n paar en hulle is goeie mense - nie
>> geweldadig nie. Dis stronk stories die!
>>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 20:39:29 UTC 2025
|