Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die man die hoof van die gesin, maar ....
Re: Die man die hoof van die gesin, maar .... [boodskap #33905] Wo, 30 Augustus 2000 22:07
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote in message

: Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag.
Mag die man
: (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is
dit haar besluit.

Die antwoord op die vraag moes jy gekry het voordat jy
getrou het.

: Wat's die verskil tussen hoof en baas?

Hoof = van die huis
Baas = in die werksplek

: Kan 'n vrou haar eie besluite maak of moet sy eers
toestemming van haar man
: afkry?

Om wat te doen?
Toestemming om R1000 op skoene te blaas, definitief ja.
Toestemming om na 'n 'babyshower' te gaan of by
Bybelstudiegroep aktief te wees of in 'n koor te sing, nee,
maar noem dit net dat hy weet waar jy is ingeval .... hy
behoort jou ook te sê waar hy is of gaan.

: En as 'n vrou besluit sy wil kinders hê, wie se besluit is
dit nou eindelik.

Altwee se besluit wat voor die troue al bespreek moes gewees
het.

: Want wat kan jy doen as jou man eenvoudig "nee" sê? Hoe
oortuig jy hom?

Los die PIL en gaan dat die dokter vir jou 'n 'copper-t'
insit, of wat hulle ookal deesdae insit wanneer die vrou 'n
breek het na die gebruik van die PIL oor 'n tydperk van 'n
jaar, 'VERLOOR' dit deur stonde wanneer die serviksmond
vergroot en raak verwagtend. Hy sal so bietjie knor, maar
dan 'huil' jy sulke laaang trane, net soos 'n vrou dit kan
doen, dan kyk jy hoe hy jou daarna begin vetvoer met alles
wat jy begin 'crave' na oggendnaarheid nie meer te sprake is
nie, SweetyPies, slap
chips, tjoklits, en alle ander dinge wat 'goed' is vir die
baba se groei, jy sien party jong getroude mans is onnosel
en bang wanneer dit by babadinge kom, dit is hoekom hulle
altyd eers later 'n baba wil hê ....... heheheheh, nou gaan
die manne my 'flame' Toemaar, ek kan dit vat, want sien ek
het al die dinge self deurgemaak as mansmens en is nog
steeds gelukkig getroud na 27 jaar. Aan die eenkant ook maar
bly dat sy nie 'n arm en 'n been gekos het nie, slegs 'n
ribbebeen.
Groete
Vorige onderwerp: afrikaanse recepten
Volgende onderwerp: Die Kompanjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 04:48:26 MGT 2024