Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Davie (die turkey ding)
| Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33687] |
Sa., 26 Augustus 2000 00:00  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hello
Okay so ek het op Deja na jou stelling oor die turkye ding gaan kyk.
Ongelukkig staan ek daar op vaste grond. Jy moet bietjie lees jong!! Jy
sal verbaas wees wat jy alles kan leer! Gaan doen ook navorsing oor die
tipe van goed op die net.
'n Mens kan nie so toe oë deur die lewe gaan nie. Ons sit hier in ons
gemaklike huise en moan en groan oor hoe sleg dit met ons gaan. Maar helaas
dis waar. Die arme vrouens daar kan tereggestel word as hulle 'n simpel
ding soos 'n kortbroek en denim dra.
Nadat die nuwe regering (een van daai godsdiensmal goed) turkye met 'n
"coup" oorgevat het, gaan dit maar sleg daar vir die vroue.
Elaine
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33740 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Ek weet die moslems is barbaars
> Ag dankie tog ek's nie 'n moslem nie waar, hoe minder
> jy dra, hoe meer jy waardeer word deur die manlike geslag.
>
Ek wonder of jy weet wat jy praat wanneer jy verklaar
"die moslems is barbaars." Ek wonder of jy weet waarvan
jy praat as jy verklaar die Moslem-vrouens is so verdruk.
Het jy al ooit gewonder hoekom daar so baie vrouens
eerste ministers en presidente van lande word in die
Indiese subkontinent, baie van hulle Moslems.
En as jy nou verklaar hoe minder jy dra, hoe meer word
jy "waardeer" deur die manlike geslag, dan klink dit darem
vir my nou 'n bietjie of jy jouself verneder om aandag van
die "manlike geslag" te kry deur skamel aan te trek.
Die tannie met die kappie met die tuit
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33741 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Nee jy's verkeerd, ek trek gewoonlik so veel as moontlik aan en hou niks
daarvan om my lyf te wys nie, ek dra nie mini's nie, en ook nie kort stywe
toppies nie.
Daar is moslem lande waar vrouens wel toegelaat word om die dinge te doen
wat jy noem, maar hulle is in die minderheid. Gaan kyk gerus na
http://women3rdworld.about.com/newsissues/women3rdworld/ en laat die skille
van jou oë afval, kyk na die "navigation" aan die linkerkant. En gaan kyk
veral na "honor killings". Die wêreld is barbaars, en ek's nog steeds
dankbaar ek is waar ek is
En onthou altyd antie dat 'n vrou se lyf haar een groot (en seker omtrent
enigste) wapen is. Die lelikes onder ons (dis nou ek daai) moet maar op
hulle verstand staat maak. Maar ek gaan my nie laat vertel dat Patricia
Lewis en Pamela Anderson gekom het waar sy is, deur hulle lyfies mooi te
bedek en hulle breinkrag gebruik het om te kry wat hulle wil he nie.
skryf in boodskap news:39AA59AF.DBDEF83A@home.com...
> Elaine wrote:
>
>> Ek weet die moslems is barbaars
>
>> Ag dankie tog ek's nie 'n moslem nie waar, hoe minder
>> jy dra, hoe meer jy waardeer word deur die manlike geslag.
>>
>
> Ek wonder of jy weet wat jy praat wanneer jy verklaar
> "die moslems is barbaars." Ek wonder of jy weet waarvan
> jy praat as jy verklaar die Moslem-vrouens is so verdruk.
> Het jy al ooit gewonder hoekom daar so baie vrouens
> eerste ministers en presidente van lande word in die
> Indiese subkontinent, baie van hulle Moslems.
> En as jy nou verklaar hoe minder jy dra, hoe meer word
> jy "waardeer" deur die manlike geslag, dan klink dit darem
> vir my nou 'n bietjie of jy jouself verneder om aandag van
> die "manlike geslag" te kry deur skamel aan te trek.
>
> Die tannie met die kappie met die tuit
>
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33742 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> En jou arme man. Wil jy jouself nie eers bietjie sexy vir hom
> aantrek nie, en dra jy grimering?
Hierdie soort stelling "jou arme man" is 'n soort seksismewat vroumense beoefen
teenoor ander vroumense. Jy
probeer nou iets as "wapen" teen my gebruik? Wat probeer
jy aanval? En in hierdie gesprek waaroor ons nou van die
vroulike lyf as wapen argumenteer, is klere en grimering nou
"wapens"? Teen wie? Teen mans? Teen ander vroumense?
Ek wil jou ook vertel: as daar enigiemand "barefoot and
pregnant" was, dan was dit ek. Ek het aan vier kinders
geboorte gegee in vyf jaar minus ses dae. En ons loop
amper altyd hier in Kanada barefoot binneshuis, winter
en somer.
Die kaalvoet-tannie.
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33743 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ongelukkig sal daar altyd 'n "war of the sexes" wees. Ek dink jy sal mooi
inpas tussen die feministe. Jy klink soos my suster wat 'n selferekende
feminis is. En mense moan oor my arme man.
Okay skrap die woord wapen dan. Kom ons noem dit ons "voordeel" ons "eer"
en ons "reg"
Hoe's daai? En moenie so letterlik wees nie. Lees tussen die lyne en sien
die humor raak.
Ek het gedink aan swart vrouens wat kaalgat rondloop, en ons vrouens wat
half kaal by die swembad le en die mans wat hulle aangaap. Lag 'n bietjie
ek belowe jou, jou gesig sal nie kraak nie. Ai die lot is reg. 'n
Afrikaner het nie 'n sin vir humor nie.
Op 'n ernstige noot, ek moet myself beskerm teen mans. In die "Corporate
World" dis waar ek myself moet beskerm. Vrouens in hoë posisies kry nie die
respek wat hulle verdien van hul manlike kollegas of ondergeskiktes nie.
Hulle word verneder en geestelik mishandel. Ek weet ek het vir so groot
maatskappy gewerk. En hoewel ek nie in 'n hoë posisie was nie, het ek
gesien hoe my baas wegkwyn ('n vrou) wat wel was en hoe die mans - haar
ondergeskiktes nogal - haar in elk geval soos 'n vloerlap behandel het. En
sy was 'n heel aangename dame. Sy's nog erger behandel toe sy swanger
geword het. Nee man. Moenie vir my sê daar's nie oorlog tussen die
geslagte nie, want daar is.
Ek's mal oor mans, en ek's mal daaroor om met mans te gesels en saam met
hulle te kuier, maar dit maak nie van hulle minder van chauviniste nie,
inteendeel, ek baklei gereeld met my mans vriende oor hulle gedrag.
Ek wil my allermins teen ander vrouens beskerm - vrouens kan tewe word as
hulle kompetisie ruik. Maar ek sien myself bitter min as iemand anders se
meedere. Ek het goeie vroulike vriendinne ook. En ek kan jou belowe, ek
lyk nie naastenby so goed soos die helfte van hulle nie, maar dit pla my
allermins en ek voel nooit dat ek myself teen hulle moet beskerm deur "hoe
kaler, hoe mooier" aan te trek nie.
"Men are from Mars, Women are from Venus" hoe waar.
Elaine
Ns Ek wonder net of jy werk en of jy ooit werk probeer soek het in 'n groot
organisasie, en of jy 'n hoë pos beklee het in sodanige organisasie?
wrote in message
'n "Wapen" teen wie? Teen wie wil jy jou
beskerm? Sekerlik tog nie teen die teen-
oorgestelde geslag wat jou bewonder nie?
Dus teen lede van jou eie geslag? Ek stel
alleen voor dat jy hierdie militante woorde
soos "wapen" uit die gesprek haal, en ophou
om dit te laat klink of daar 'n oorlog tussen
die sekse is. Daar is nie, nie as jy die regte
instelling teenoor die lewe het nie.
Die tante se ore wat tuit
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33744 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Ja ek staan by wat ek sê. Dis ons wapen.
>
'n "Wapen" teen wie? Teen wie wil jy jou
beskerm? Sekerlik tog nie teen die teen-
oorgestelde geslag wat jou bewonder nie?
Dus teen lede van jou eie geslag? Ek stel
alleen voor dat jy hierdie militante woorde
soos "wapen" uit die gesprek haal, en ophou
om dit te laat klink of daar 'n oorlog tussen
die sekse is. Daar is nie, nie as jy die regte
instelling teenoor die lewe het nie.
Die tante se ore wat tuit
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33746 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
Barrie
Boodskappe: 40 Geregistreer: Oktober 1999
|
Volle Lid |
|
|
Vir die tannie met die kappie met 'n tuit,
Tannie, Tannie se brief is vir Davie bedoel, maar tannie val vir Elaine aan,
want Tannie
se skrywe begin met "Elaine wrote". Ek verstaan nie mooi nie, want ek is
maar dom.
Weet Tannie waar kom die woord barbaar vandaan? Die ou Grieke het die
barbare gehoor praat
en vir die Griekse ore het dit so bar-bar geklink. Soos hot en tot vir die
eerste
pioniers wat met die Koi en San in aanraking gekom het. Ai tog, maar die
sondes van die vaders sal aan
die kinders bestel word, tot in die duisendste geslag. Hoeveelste geslag is
jy, Antie?
Daar is dalk 'n beter skuilnaam vir jou, Antie. Met al die verkragtings in
SA het die blikbroek
weer mode geword. Wat van: die tannie met die blikbroek aan?
skryf in boodskap news:39AA59AF.DBDEF83A@home.com...
> Elaine wrote:
>
>> Ek weet die moslems is barbaars
>
>> Ag dankie tog ek's nie 'n moslem nie waar, hoe minder
>> jy dra, hoe meer jy waardeer word deur die manlike geslag.
>>
>
> Ek wonder of jy weet wat jy praat wanneer jy verklaar
> "die moslems is barbaars." Ek wonder of jy weet waarvan
> jy praat as jy verklaar die Moslem-vrouens is so verdruk.
> Het jy al ooit gewonder hoekom daar so baie vrouens
> eerste ministers en presidente van lande word in die
> Indiese subkontinent, baie van hulle Moslems.
> En as jy nou verklaar hoe minder jy dra, hoe meer word
> jy "waardeer" deur die manlike geslag, dan klink dit darem
> vir my nou 'n bietjie of jy jouself verneder om aandag van
> die "manlike geslag" te kry deur skamel aan te trek.
>
> Die tannie met die kappie met die tuit
>
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33747 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
In die eerste plek antie met die kappie het ek die stelling tong in die kies
gesê. En jou arme man. Wil jy jouself nie eers bietjie sexy vir hom
aantrek nie, en dra jy grimering? Ja ek staan by wat ek sê. Dis ons wapen.
En dis vir my lekker as ek mooi lyk en mans kyk vir my. Dis hoe dit bedoel
is om te wees. Ek's nie 'n tert of slet nie, ek trek nie soos een aan nie,
maar dis tog wonderlik om waardeer te word. En net daar kry al wat 'n
feminis is 'n driedubelle hartaanval, want 'n feminis glo daaraan dat jy
gelyk is aan 'n man (ons is nie, en ons sal nooit wees nie) Dat ons net so
sterk is soos hulle en soos hulle moet aantrek. Ek sê nie dat vrouens moet
terugstaan vir mans nie, en kaalvoet en swanger in die kombuis moet rondhang
nie, maar dis so bestem dat die man ons HOOF sal wees (let wel mans nie ons
baas nie, daar's 'n groot verskil)
Ek sê ook nie dat ek 'n man as bedreiging sien of dat ek teen hom moet
beskerm nie, maar dink bietjie, tot Charlize Theron het erken dat sy haar
lyf gebruik het om te kom waar sy wil kom. Die woord wapen is figuurlik en
nie letterlik bedoel nie.
Die feit bly staan dat as jy in 'n groot maatskappy inloop en jy ding mee
met 'n man, sal hulle sonder om twee keer te dink die man aanstel. Want hy
verontrief nie die wereld deur "kleintjies te kry" en kraamverlof af te
smeek nie.
Elaine
skryf in boodskap news:39AA793E.8AEEEC3F@home.com...
Miskien moet jy gaan sit en die bostaande stellingvan jou diep oordink.
Hoekom
> sien jy die wereld
> as 'n bedreigende plek waar jy jou lyf as wapen
> moet gebruik? Teen wie wil jy jou verdedig?. Wat
> wil jy bereik met jou lyf as "wapen"? Ek voel dat
> jy 'n soort apartheid van mans en vrouens voorstaan,
> waar vroumense hulle gedurig as bedreig sien deur
> mans en hulle dus moet "verdedig." So speel jy
> reg in die "feministe" se hande. Mans is nie almal
> dieselfde nie. Vroumense is nie almal dieselfde nie.
> Daar is mans wat op die jag is, en waarteen verdedig
> moet word. Daar is ook talle vroumense wat uit is
> op die jag vir wat hulle kan kry uit mans, en mans moet
> maar versigtig wees vir hulle.
>
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33748 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 441 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Elaine
Dit help tog nie jy stry met haar nie. As sy haar kop iets gesit het kry jy
haar nie af nie.
Ek stem volkome saam met jou. n Vriend werk baie in die lande en die stories
wat hy vertel het laat jou hare regop staan.
Nou wonder ek hoekom jy n eeu te laat lewe. Sal graag wil sien wat sy bedoel
by die stelling.
Reenen van Niekerk
Elaine skryf in boodskap news:39aaae59.0@news1.mweb.co.za...
> Ongelukkig sal daar altyd 'n "war of the sexes" wees. Ek dink jy sal mooi
> inpas tussen die feministe. Jy klink soos my suster wat 'n selferekende
> feminis is. En mense moan oor my arme man.
> Okay skrap die woord wapen dan. Kom ons noem dit ons "voordeel" ons "eer"
> en ons "reg"
> Hoe's daai? En moenie so letterlik wees nie. Lees tussen die lyne en sien
> die humor raak.
> Ek het gedink aan swart vrouens wat kaalgat rondloop, en ons vrouens wat
> half kaal by die swembad le en die mans wat hulle aangaap. Lag 'n bietjie
> ek belowe jou, jou gesig sal nie kraak nie. Ai die lot is reg. 'n
> Afrikaner het nie 'n sin vir humor nie.
> Op 'n ernstige noot, ek moet myself beskerm teen mans. In die "Corporate
> World" dis waar ek myself moet beskerm. Vrouens in hoë posisies kry nie die
> respek wat hulle verdien van hul manlike kollegas of ondergeskiktes nie.
> Hulle word verneder en geestelik mishandel. Ek weet ek het vir so groot
> maatskappy gewerk. En hoewel ek nie in 'n hoë posisie was nie, het ek
> gesien hoe my baas wegkwyn ('n vrou) wat wel was en hoe die mans - haar
> ondergeskiktes nogal - haar in elk geval soos 'n vloerlap behandel het. En
> sy was 'n heel aangename dame. Sy's nog erger behandel toe sy swanger
> geword het. Nee man. Moenie vir my sê daar's nie oorlog tussen die
> geslagte nie, want daar is.
> Ek's mal oor mans, en ek's mal daaroor om met mans te gesels en saam met
> hulle te kuier, maar dit maak nie van hulle minder van chauviniste nie,
> inteendeel, ek baklei gereeld met my mans vriende oor hulle gedrag.
> Ek wil my allermins teen ander vrouens beskerm - vrouens kan tewe word as
> hulle kompetisie ruik. Maar ek sien myself bitter min as iemand anders se
> meedere. Ek het goeie vroulike vriendinne ook. En ek kan jou belowe, ek
> lyk nie naastenby so goed soos die helfte van hulle nie, maar dit pla my
> allermins en ek voel nooit dat ek myself teen hulle moet beskerm deur "hoe
> kaler, hoe mooier" aan te trek nie.
>
> "Men are from Mars, Women are from Venus" hoe waar.
> Elaine
>
> Ns Ek wonder net of jy werk en of jy ooit werk probeer soek het in 'n groot
> organisasie, en of jy 'n hoë pos beklee het in sodanige organisasie?
>
> wrote in message
>
> 'n "Wapen" teen wie? Teen wie wil jy jou
> beskerm? Sekerlik tog nie teen die teen-
> oorgestelde geslag wat jou bewonder nie?
> Dus teen lede van jou eie geslag? Ek stel
> alleen voor dat jy hierdie militante woorde
> soos "wapen" uit die gesprek haal, en ophou
> om dit te laat klink of daar 'n oorlog tussen
> die sekse is. Daar is nie, nie as jy die regte
> instelling teenoor die lewe het nie.
>
> Die tante se ore wat tuit
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33750 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Elaine, Is jy seker jy lewe nie 'n eeu te laat nie :-)))))))))))) Haha - ek
het darem lekker gelag.
Hilda.
"Elaine" skryf in boodskap news:39aa8ce0.0@news1.mweb.co.za...
> In die eerste plek antie met die kappie het ek die stelling tong in die kies
> gesê. En jou arme man. Wil jy jouself nie eers bietjie sexy vir hom
> aantrek nie, en dra jy grimering? Ja ek staan by wat ek sê. Dis ons wapen.
> En dis vir my lekker as ek mooi lyk en mans kyk vir my. Dis hoe dit bedoel
> is om te wees. Ek's nie 'n tert of slet nie, ek trek nie soos een aan nie,
> maar dis tog wonderlik om waardeer te word. En net daar kry al wat 'n
> feminis is 'n driedubelle hartaanval, want 'n feminis glo daaraan dat jy
> gelyk is aan 'n man (ons is nie, en ons sal nooit wees nie) Dat ons net so
> sterk is soos hulle en soos hulle moet aantrek. Ek sê nie dat vrouens moet
> terugstaan vir mans nie, en kaalvoet en swanger in die kombuis moet rondhang
> nie, maar dis so bestem dat die man ons HOOF sal wees (let wel mans nie ons
> baas nie, daar's 'n groot verskil)
> Ek sê ook nie dat ek 'n man as bedreiging sien of dat ek teen hom moet
> beskerm nie, maar dink bietjie, tot Charlize Theron het erken dat sy haar
> lyf gebruik het om te kom waar sy wil kom. Die woord wapen is figuurlik en
> nie letterlik bedoel nie.
> Die feit bly staan dat as jy in 'n groot maatskappy inloop en jy ding mee
> met 'n man, sal hulle sonder om twee keer te dink die man aanstel. Want hy
> verontrief nie die wereld deur "kleintjies te kry" en kraamverlof af te
> smeek nie.
>
> Elaine
>
> skryf in boodskap news:39AA793E.8AEEEC3F@home.com...
> Miskien moet jy gaan sit en die bostaande stellingvan jou diep oordink.
> Hoekom
>> sien jy die wereld
>> as 'n bedreigende plek waar jy jou lyf as wapen
>> moet gebruik? Teen wie wil jy jou verdedig?. Wat
>> wil jy bereik met jou lyf as "wapen"? Ek voel dat
>> jy 'n soort apartheid van mans en vrouens voorstaan,
>> waar vroumense hulle gedurig as bedreig sien deur
>> mans en hulle dus moet "verdedig." So speel jy
>> reg in die "feministe" se hande. Mans is nie almal
>> dieselfde nie. Vroumense is nie almal dieselfde nie.
>> Daar is mans wat op die jag is, en waarteen verdedig
>> moet word. Daar is ook talle vroumense wat uit is
>> op die jag vir wat hulle kan kry uit mans, en mans moet
>> maar versigtig wees vir hulle.
>>
>
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33751 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> Elaine
>
>
> Nou wonder ek hoekom jy n eeu te laat lewe. Sal graag wil sien wat sy bedoel
> by die stelling.
>
Dis nou natuurlik Hilda daar in Belgie wat die
observasie gemaak het, Reenen.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33752 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Ma., 28 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> En onthou altyd antie dat 'n vrou se lyf haar een groot (en seker omtrent
> enigste) wapen is.
Miskien moet jy gaan sit en die bostaande stellingvan jou diep oordink. Hoekom
sien jy die wereld
as 'n bedreigende plek waar jy jou lyf as wapen
moet gebruik? Teen wie wil jy jou verdedig?. Wat
wil jy bereik met jou lyf as "wapen"? Ek voel dat
jy 'n soort apartheid van mans en vrouens voorstaan,
waar vroumense hulle gedurig as bedreig sien deur
mans en hulle dus moet "verdedig." So speel jy
reg in die "feministe" se hande. Mans is nie almal
dieselfde nie. Vroumense is nie almal dieselfde nie.
Daar is mans wat op die jag is, en waarteen verdedig
moet word. Daar is ook talle vroumense wat uit is
op die jag vir wat hulle kan kry uit mans, en mans moet
maar versigtig wees vir hulle.
Tant Hessie van die agterste Van Helsdingens.
As sy haar respek verloor, soek sy weer daarna.
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33791 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Di., 29 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Krokkie wrote:
> Het julle nie 'n TV gehad nie ?
>
Mens doen dit voor die TV, agter die TV,
in elke kamer van die huis en in die
basement ook. Dis nou as daar 'n warm-
bloedige man in die mix is en nie 'n
vet wit ou omie met 'n remote in die
hand nie.
Die kaalvoet-tannie.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33796 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Di., 29 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Ag Gloudina.
>
> Jy klink vir my soos 'n vrou wat diep teleurgestel is in haar (enige) man.
> En hy kyk tien teen een rond. Die dat jy so heftig reageer.
> Wat se plesier het jy anyway in jou huwelik as jou man rondkyk omdat jy hom
> nie kan of WIL gelukkig of tevrede hou nie. Nee wat as jy so redeneer is
> dit net hartseer en pyn.
>
Ag, hier kom die ou diagnosetjie nou weer.
Soos ek vantevore vir jou vertel het: hierdie
soort gepraat, is 'n soort seksisme wat vrouens
teenoor ander vrouens beoefen. Hierdie soort
gepraat word gebore in die harte van vroumense
wat dink hulle roeping in die lewe is om "mans'
se aandag op hulle te vestig, en hulle kry
tegnieke om ander vroumense neer te skiet,
sodat daar minder kompetisie is.
Die kaalvoet-tannie
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33799 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Di., 29 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Protus wrote:
> Seker teen jou ou wit omies.
>
Ja, ou wit omies (sommige van hulle is nog
jonk) dink mos hulle is god's gift to the
universe, en kan ogies maak vir ander
vroumense, al staan hulle mae ook daar,
en loop so macho rond. Hulle vergeet
dat daar nou meer vroumense is wat
hulle mans verlaat as mans wat hulle
vrouens verlaat (veral in Noord-Amerika.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33801 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Di., 29 Augustus 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Elaine wrote:
> Ek hou my man
> tevrede hy't nie nodig om rond te kyk nie.
Nouja, ek hoop jou man hou jouook tevrede sodat jy ook nie
"nodig het om rond te kyk nie."
Dit klink my nog teveel asof jy
dink mans moet "tevrede gehou"
word. Word wakker. Word wakker
uit 'n patriargale wereld waar mans
"tevrede gehou moet word."
Tannie Glouds
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33839 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Di., 29 Augustus 2000 04:55   |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
'n Mooi vrou bly 'n mooi vrou om na te kyk en basta daarmee.
Dit is ook nie altyd goed in 'n maatskapy dat die sexy vrouens kort mienies
ens dra nie. Dit doen ons goed maar kan die ander "minder half-gemonteerdes"
bietjie skade doen en gevolglik lei dit tot konflik en kantoor poletiek
onder die vrouens. 'n Vrou kan net so sexy wees as sy deftig aantrek werk
toe, indien nie meer nie. Help in ieder geval dat die mans nie na haar bors
kyk as hulle met haar praat nie. Dus albei partye minder ongemaklik.
Krokkie
Elaine wrote in message ...
> In die eerste plek antie met die kappie het ek die stelling tong in die kies
> gesê. En jou arme man. Wil jy jouself nie eers bietjie sexy vir hom
> aantrek nie, en dra jy grimering? Ja ek staan by wat ek sê. Dis ons wapen.
> En dis vir my lekker as ek mooi lyk en mans kyk vir my. Dis hoe dit bedoel
> is om te wees. Ek's nie 'n tert of slet nie, ek trek nie soos een aan nie,
> maar dis tog wonderlik om waardeer te word. En net daar kry al wat 'n
> feminis is 'n driedubelle hartaanval, want 'n feminis glo daaraan dat jy
> gelyk is aan 'n man (ons is nie, en ons sal nooit wees nie) Dat ons net so
> sterk is soos hulle en soos hulle moet aantrek. Ek sê nie dat vrouens moet
> terugstaan vir mans nie, en kaalvoet en swanger in die kombuis moet rondhang
> nie, maar dis so bestem dat die man ons HOOF sal wees (let wel mans nie ons
> baas nie, daar's 'n groot verskil)
> Ek sê ook nie dat ek 'n man as bedreiging sien of dat ek teen hom moet
> beskerm nie, maar dink bietjie, tot Charlize Theron het erken dat sy haar
> lyf gebruik het om te kom waar sy wil kom. Die woord wapen is figuurlik en
> nie letterlik bedoel nie.
> Die feit bly staan dat as jy in 'n groot maatskappy inloop en jy ding mee
> met 'n man, sal hulle sonder om twee keer te dink die man aanstel. Want hy
> verontrief nie die wereld deur "kleintjies te kry" en kraamverlof af te
> smeek nie.
>
> Elaine
>
> skryf in boodskap news:39AA793E.8AEEEC3F@home.com...
> Miskien moet jy gaan sit en die bostaande stellingvan jou diep oordink.
> Hoekom
>> sien jy die wereld
>> as 'n bedreigende plek waar jy jou lyf as wapen
>> moet gebruik? Teen wie wil jy jou verdedig?. Wat
>> wil jy bereik met jou lyf as "wapen"? Ek voel dat
>> jy 'n soort apartheid van mans en vrouens voorstaan,
>> waar vroumense hulle gedurig as bedreig sien deur
>> mans en hulle dus moet "verdedig." So speel jy
>> reg in die "feministe" se hande. Mans is nie almal
>> dieselfde nie. Vroumense is nie almal dieselfde nie.
>> Daar is mans wat op die jag is, en waarteen verdedig
>> moet word. Daar is ook talle vroumense wat uit is
>> op die jag vir wat hulle kan kry uit mans, en mans moet
>> maar versigtig wees vir hulle.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #33865 is 'n antwoord op boodskap #33687] |
Wo., 30 Augustus 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Nee Hilda dis 'n ander ding, want dan word sy liefde getoets. Ek praat nie
van siekte nie. Ek praat hier van gesonde vrouens. Ek was ook al siek en
het al sleg gelyk a.g.v die siekte. Ek praat van normale gesonde mense. Ek
het al vrouens gesien wat op die aarde niks makeer nie, maar wat hulleself
nie versorg nie.
So ook het ek 'n tannie geken wat 3 maande terug aan kanker dood is. En
sy't tot die einde haarself goed versorg en netjies aan getrek. Sy't altyd
vir my gesê die feit dat sy siek is en besig is om dood te gaan gee nie aan
haar die reg om soos 'n slons te lyk nie. Inderdaad, sy't altyd vir my
vertel om myself mooi te versorg.
Ek dink jou stelling is dalk idealisties, want dis die eerste ding wat mans
mos trek is jou "looks". Maar baie leer om verby dit te kyk soos hulle ouer
word. Nie ek of my man is "God's gifts" nie, maar ons bad elke dag, was ons
hare, borsel ons tande, en trek netjies aan - en vir my is hy die mooiste
man op aarde.
Toe ek gesê het "sexy" het ek dalk oordryf, om mooi te LYK, is goed soos
netjiese klere, 'n skoon gesiggie en 'n lekker ruik, ek dink dis wat ek
eindelik probeer sê het.
Elaine
Hilda en Gervaas skryf in boodskap news:SaKq5.142701$Ee.1224017@afrodite.telenet-ops.be...
> En wat as jy siek word en bv. kanker kry - en bles word - opgeswel deur[/color]
> medisyne - dit kan jare aanhou ? Gaan jou man ook na ander vrouens begin kyk
> ?
> Ek stem saam dat 'n vrou "versorg" moet wees. Maar as die uiterlike sê
> belangrik is, dan sal alleen jong en mooi vrouens hul man kan hou.
> As jy regtig vir iemand lief is, dan is die uiterlike slegs 'n bysaak.
> Maar, dalk is hierdie stelling 'n bietjie té idealisties ?
>
> Groete,
>
> Hilda.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 22:14:51 UTC 2026
|