Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die man die hoof of die baas?
Die man die hoof of die baas? [boodskap #33827] Di, 29 Augustus 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag. Mag die man
(aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar besluit.
Wat's die verskil tussen hoof en baas?
Kan 'n vrou haar eie besluite maak of moet sy eers toestemming van haar man
afkry?
En as 'n vrou besluit sy wil kinders hê, wie se besluit is dit nou eindelik.
Want wat kan jy doen as jou man eenvoudig "nee" sê? Hoe oortuig jy hom?

'n Paar vrae. Herkou dit en kom ons bespreek dit. Ek sal graag die mans se
siening hieroor wil hoor?

Elaine
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33828 is 'n antwoord op boodskap #33827] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vollie  is tans af-lyn  Vollie
Boodskappe: 8
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Haai Elaine,

Alweer jy met jou vrae - wat is jou siening hieroor..??

In die "ou" dae was dit miskien so dat 'n vrou "toestemming" vir alles moes
gevra het, maar vandag beslis nie meer nie, alhoewel daar sekerlik sulke
huwelike vandag nog plaasvind.

Deesdae is die huwelik 'n 50/50 saak, of dan 'n verhouding. Alles word deur
beide persone saam beplan en saam besluit. As sy wil/moet werk, sal dit 'n
gesamentlike besluit wees, maar presies watter werk - gaan net haar besluit
wees, afhangende van haar belangstellings en opleiding...

'n Baas gee opdragte - 'n Hoof gebruik gesamentlike besluitneming en stuur
duie hele aksie in 'n seker rigting, wat waarskynlik ook vooraf deur beide
partye bepaal is...

Wie se besluit is dit oor kinders - dieselfde storie, met 'n verskil - dit
kan gesamentlik besluit en beplan word, maar ek vermoed dat die vrou wel
hier op die einde van die dag 'n finale se het - as sy nie wil swanger raak
nie, ten spyte van beplanning en besluite, wie gaan haar keer om op te hou
om haar pilletjies te gebruik, of as die besluit negatief was, wie gaan die
vrou keer om wel swanger te kan raak... Ek dink nie dis regtig binne die man
se magte om dit finaal te kan verhoed nie, tensy hy/hulle dan selibaat begin
lewe...

Elaintjie, hang af waarvoor die man "nee" se - gaan dit oor die werkery of
oor moontlike kinders...???

Groetnis

VOLLIE

Elaine skryf in boodskap news:39ab6c76.0@news1.mweb.co.za...
> Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag. Mag die man
> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar besluit.
> Wat's die verskil tussen hoof en baas?
> Kan 'n vrou haar eie besluite maak of moet sy eers toestemming van haar man
> afkry?
> En as 'n vrou besluit sy wil kinders hê, wie se besluit is dit nou eindelik.
> Want wat kan jy doen as jou man eenvoudig "nee" sê? Hoe oortuig jy hom?
>
> 'n Paar vrae. Herkou dit en kom ons bespreek dit. Ek sal graag die mans se
> siening hieroor wil hoor?
>
> Elaine
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33829 is 'n antwoord op boodskap #33827] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine" wrote:

> Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag. Mag die man
> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar besluit.

Ek wens my vrou wil 'n werk kry waar sy 'n moerse lot geld maak dat ek
by die huis kan bly.
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33830 is 'n antwoord op boodskap #33827] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:39af7de9.5609704@news.is.co.za...
> On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> man
>> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
besluit.
>
> Ek wens my vrou wil 'n werk kry waar sy 'n moerse lot geld maak dat ek
> by die huis kan bly.

Hahaha - hoor ek nou my man wat praat ? :-)))))))))))

Hilda.
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33831 is 'n antwoord op boodskap #33827] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Aug 2000 14:53:43 +0100, "Ladyhawke"
wrote:

> Nou die vraag is, hoekom voel mans so "threatened" as 'n vrou 'n beter
> posisie as hulle beklee?

Nie ek nie.
As sy my ordentlik behandel, great.
As sy nice is, nog greater.

Is dit nie hulle "image" wat 'n bietjie seerkry
> nie? En as 'n vrou meer geld as hulle verdien? Is jy nie veronderstel om
> gelukkig vir jou sielsgenoot te wees nie? Om hulle besluite te aanvaar en te
> respekteer nie?

Dit sal my niks pla nie.
Dit sal my baie baie bly maak in fact. Want dit sal beteken ek kan 'n
nuwe PC met my geld koop.

> Elke persoon het 'n plek op die aarde - some are leaders and some are being
> led. Why hide the leaders infront of a stove?>

Omdat hulle geneties geprogrameer is om daarvan te hou? (he, he.,...)

Nee serious. Goeie vraag.

Wat wel teen vrouens tel (behalwe dat hulle nie rugby kan speel nie)
is die blote feit dat hulle die kinders kry en dat hulle die kinders
borsvoed. Tough luck.
Dit beteken as hulle wel besluit om kinders te kry gaan hulle 'n tyd
van die werk weg wees en/of baie meer stres he as hulle voortgaan met
werk ook.

Dit breek hulle speod career wise behalwe as hulle uitsonderlik is.

Ek het my vrou deur twee geboortes sien gaan en beny haar dit geensins
nie, al se feministiese sielkundiges wat ookal.
Ek wil dit nie he nie.
Die ongemak, die hel wat hormone voor die geboorte en na die geboorte
speel (daar is mos 'n fase voor geboorte waar die meeste vroue totally
deur die mis raak - my vrou vrertel toe sy so was, dan kyk sy links,
regs, sien 'n kar aankom en ry - amper 'n ongeluk) en die feit dat as
die kind elke 2 uur skreeu moet sy wakker word en borsvoed ens. ens.

Biologies is die dice bietjie gelaai teen vrouens wat 'n loopbaan wil
volhou EN kinders kry.
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33888 is 'n antwoord op boodskap #33827] Wo, 30 Augustus 2000 04:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
...
> Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag. Mag die man
> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar besluit.

'n Vrou kan self besluit of sy wil werk of nie. Maar as sy besluit sy wil
nie werk nie moet haar man dit kan bekostig.

> Wat's die verskil tussen hoof en baas?

'n Hoof is meer die leier of die vvorste linie van die huishouding. 'n Baas
in die huis kan daar nie wees nie.

> Kan 'n vrou haar eie besluite maak of moet sy eers toestemming van haar man
> afkry?

Enige besluite wat mekaar of die huishouding kan beinvloed moet bespreek
word.

> En as 'n vrou besluit sy wil kinders hê, wie se besluit is dit nou eindelik.
>

Dit is 'n gesamentlike besluit. Die vrou wil gewoonlik gouer kinders he as
die man maar die man is nie so gou "ryp" vir kinders as die vrou nie. Veral
as jy nog korter as 3 jaar getroud is. Mens trou nie net en die volgende
dag bly julle gelukkig saam nie. Julle moet eers aanpas by mekaar in die
huisverband, opset. As kinders van die begin of gou daar is sien ek baie dat
paartjies nooit regtig geleer het om goed aan te pas nie.

Want wat kan jy doen as jou man eenvoudig "nee" sê? Hoe oortuig jy hom?

Dit hang maar altyd af waaroor hy nee se. Is dit jy wil 'n Z3 koop maar hy
moet dit betaal ? Wat is die vrou begin nee se vir wat ook al ? Nee elke
saak moet ondersoek word en ek glo dit uitkoms moet regverdig vir albei
partye wees. Baie vrouens wil net HE HE. Waar trek die man die lyn. Om nee
te se is nie te se hy is jou baas nie,

Krokkie

>
> 'n Paar vrae. Herkou dit en kom ons bespreek dit. Ek sal graag die mans se
> siening hieroor wil hoor?
>
> Elaine
>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33889 is 'n antwoord op boodskap #33827] Wo, 30 Augustus 2000 04:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit is 'n bargain as die vrou 'n goeie pos beklee en goeie bucks huistoe
bring. My vrou werk nie en ek sou nogal kon byt om bietjie van my
verantwoordelikhede te skuif.

Krokkie

Ladyhawke wrote in message
...
> Nogal 'n jammerte dat jy getroud is. Ek sal wat wil gee vir 'n man met 'n
> siening soos jy. Ek glo dat 'n vrou het 'n reg om te werk. Volgens geloof is
> die man die baas. Maar volgens menseregte is hulle gelyk.
> Ek voel dat 'n man geen reg het om te weier dat sy vrou werk nie. Sy is haar
> eie persoon. Ek sal nooit my werk opgee vir 'n man nie. Al beteken dit dat
> ek nooit trou nie. Op watter basis sal 'n man weier dat sy vrou werk? Om sy
> huis op te pas? Vir hom kos te maak? Dit is selfsugtige redes. En kinders -
> hoekom moet die vrou na die kinders kyk? 'n Pa kan net so goed na die
> kinders kyk, as 'n ma. Dit is 'n instinkt. Word nie aangeleer nie.
>
> Nou die vraag is, hoekom voel mans so "threatened" as 'n vrou 'n beter
> posisie as hulle beklee? Is dit nie hulle "image" wat 'n bietjie seerkry
> nie? En as 'n vrou meer geld as hulle verdien? Is jy nie veronderstel om
> gelukkig vir jou sielsgenoot te wees nie? Om hulle besluite te aanvaar en te
> respekteer nie?
> Elke persoon het 'n plek op die aarde - some are leaders and some are being
> led. Why hide the leaders infront of a stove?
>
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:39af7de9.5609704@news.is.co.za...
>> On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine"
>> wrote:

>> > man
>>> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
> besluit.

>> Ek wens my vrou wil 'n werk kry waar sy 'n moerse lot geld maak dat ek
>> by die huis kan bly.


>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33909 is 'n antwoord op boodskap #33888] Do, 31 Augustus 2000 04:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
ek glo die man is die hoof in die gesin en ek is die nek wat hom dra....of
is dit draai

dottie

Krokkie skryf in boodskap news:39ac9292$0$234@helios.is.co.za...
> ...
>> Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag. Mag die man
>> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
besluit.
>
>
> 'n Vrou kan self besluit of sy wil werk of nie. Maar as sy besluit sy wil
> nie werk nie moet haar man dit kan bekostig.
>
>> Wat's die verskil tussen hoof en baas?
>
> 'n Hoof is meer die leier of die vvorste linie van die huishouding. 'n Baas
> in die huis kan daar nie wees nie.
>
>
>
>
>> Kan 'n vrou haar eie besluite maak of moet sy eers toestemming van haar man
>> afkry?
>
>
> Enige besluite wat mekaar of die huishouding kan beinvloed moet bespreek
> word.
>
>
>
>> En as 'n vrou besluit sy wil kinders hê, wie se besluit is dit nou
> eindelik.
>>
>
> Dit is 'n gesamentlike besluit. Die vrou wil gewoonlik gouer kinders he as
> die man maar die man is nie so gou "ryp" vir kinders as die vrou nie. Veral
> as jy nog korter as 3 jaar getroud is. Mens trou nie net en die volgende
> dag bly julle gelukkig saam nie. Julle moet eers aanpas by mekaar in die
> huisverband, opset. As kinders van die begin of gou daar is sien ek baie dat
> paartjies nooit regtig geleer het om goed aan te pas nie.
>
> Want wat kan jy doen as jou man eenvoudig "nee" sê? Hoe oortuig jy hom?
>
>
> Dit hang maar altyd af waaroor hy nee se. Is dit jy wil 'n Z3 koop maar hy
> moet dit betaal ? Wat is die vrou begin nee se vir wat ook al ? Nee elke
> saak moet ondersoek word en ek glo dit uitkoms moet regverdig vir albei
> partye wees. Baie vrouens wil net HE HE. Waar trek die man die lyn. Om nee
> te se is nie te se hy is jou baas nie,
>
> Krokkie
>
>
>>
>> 'n Paar vrae. Herkou dit en kom ons bespreek dit. Ek sal graag die mans
> se
>> siening hieroor wil hoor?
>>
>> Elaine
>>
>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33976 is 'n antwoord op boodskap #33889] Vr, 01 September 2000 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MARIA PILLEMER  is tans af-lyn  MARIA PILLEMER
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Krokkie, ek is 'n baie beroepsvrou met 'n goeie inkomste. My man het sewe
jaar gelede 'n paket geneem en afgetree. Hy maak ons seun van nege groot.
Hy sorg dat hy soggens by die skool kom en hou toesig dat hy sy huiswerk
smiddags doen. Verder sorg hy elke aand vir 'n heerlike bord gekookte kos
as ek tuiskom. Hy doen ook die gewone aan die kant maak van die huis.
Gelukkig het ek 'n huishulp twee maal per week vir die was en stryk en
behoorlike huisskoonmaak. My man is goud werd, ek ruil hom vir niks op
aarde nie. Hy het glad nie 'n ego probleem nie en verstaan dat in hierdie
deurmekaar land het ek 'n beter kans op 'n lonende beroep as 'n middeljarige
blanke man. Hy is nog steeds die Hoof van die huis maar ek is die
broodwinner. So 'n reeling kan werk as elkeen hulle kant bring en die ander
een waardeer. In ons huis is daar geen baas en geen klaas ons is gelyke
vennote en dit werk.

MJPillemer
Krokkie skryf in boodskap news:39ac9381$0$226@hades.is.co.za...
> Dit is 'n bargain as die vrou 'n goeie pos beklee en goeie bucks huistoe
> bring. My vrou werk nie en ek sou nogal kon byt om bietjie van my
> verantwoordelikhede te skuif.
>
> Krokkie
>
>
>
>
> Ladyhawke wrote in message
> ...
>> Nogal 'n jammerte dat jy getroud is. Ek sal wat wil gee vir 'n man met 'n
>> siening soos jy. Ek glo dat 'n vrou het 'n reg om te werk. Volgens geloof
> is
>> die man die baas. Maar volgens menseregte is hulle gelyk.
>> Ek voel dat 'n man geen reg het om te weier dat sy vrou werk nie. Sy is
> haar
>> eie persoon. Ek sal nooit my werk opgee vir 'n man nie. Al beteken dit dat
>> ek nooit trou nie. Op watter basis sal 'n man weier dat sy vrou werk? Om sy
>> huis op te pas? Vir hom kos te maak? Dit is selfsugtige redes. En kinders -
>> hoekom moet die vrou na die kinders kyk? 'n Pa kan net so goed na die
>> kinders kyk, as 'n ma. Dit is 'n instinkt. Word nie aangeleer nie.
>>
>> Nou die vraag is, hoekom voel mans so "threatened" as 'n vrou 'n beter
>> posisie as hulle beklee? Is dit nie hulle "image" wat 'n bietjie seerkry
>> nie? En as 'n vrou meer geld as hulle verdien? Is jy nie veronderstel om
>> gelukkig vir jou sielsgenoot te wees nie? Om hulle besluite te aanvaar en
> te
>> respekteer nie?
>> Elke persoon het 'n plek op die aarde - some are leaders and some are being
>> led. Why hide the leaders infront of a stove?
>>
>> Ferdi Greyling wrote in message
>> news:39af7de9.5609704@news.is.co.za...
>>> On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine"
>>> wrote:
>
>>> >> man
>>>> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
>> besluit.
>
>>> Ek wens my vrou wil 'n werk kry waar sy 'n moerse lot geld maak dat ek
>>> by die huis kan bly.
>
>
>>
>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #33978 is 'n antwoord op boodskap #33976] Vr, 01 September 2000 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inge  is tans af-lyn  Inge
Boodskappe: 177
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Senior Lid
Is die huishulp ook een man? Makkelijk om huisman te zijn als alle werk nog
door een vrouw ( ik neem aan dat die huishulp een vrouw is) wordt gedaan.
Hij heeft gewoon een luize leven en jij werkt.
Emancipatie met een groot vraagteken......

Grt
Emmy

MARIA PILLEMER heeft geschreven in bericht
...
> Krokkie, ek is 'n baie beroepsvrou met 'n goeie inkomste. My man het sewe
> jaar gelede 'n paket geneem en afgetree. Hy maak ons seun van nege groot.
> Hy sorg dat hy soggens by die skool kom en hou toesig dat hy sy huiswerk
> smiddags doen. Verder sorg hy elke aand vir 'n heerlike bord gekookte kos
> as ek tuiskom. Hy doen ook die gewone aan die kant maak van die huis.
> Gelukkig het ek 'n huishulp twee maal per week vir die was en stryk en
> behoorlike huisskoonmaak. My man is goud werd, ek ruil hom vir niks op
> aarde nie. Hy het glad nie 'n ego probleem nie en verstaan dat in hierdie
> deurmekaar land het ek 'n beter kans op 'n lonende beroep as 'n middeljarige
> blanke man. Hy is nog steeds die Hoof van die huis maar ek is die
> broodwinner. So 'n reeling kan werk as elkeen hulle kant bring en die ander
> een waardeer. In ons huis is daar geen baas en geen klaas ons is gelyke
> vennote en dit werk.
>
> MJPillemer
> Krokkie skryf in boodskap news:39ac9381$0$226@hades.is.co.za...
>> Dit is 'n bargain as die vrou 'n goeie pos beklee en goeie bucks huistoe
>> bring. My vrou werk nie en ek sou nogal kon byt om bietjie van my
>> verantwoordelikhede te skuif.

>> Krokkie




>> Ladyhawke wrote in message
>> ...
>>> Nogal 'n jammerte dat jy getroud is. Ek sal wat wil gee vir 'n man met 'n
>>> siening soos jy. Ek glo dat 'n vrou het 'n reg om te werk. Volgens
geloof
>> is
>>> die man die baas. Maar volgens menseregte is hulle gelyk.
>>> Ek voel dat 'n man geen reg het om te weier dat sy vrou werk nie. Sy is
>> haar
>>> eie persoon. Ek sal nooit my werk opgee vir 'n man nie. Al beteken dit
> dat
>>> ek nooit trou nie. Op watter basis sal 'n man weier dat sy vrou werk? Om
> sy
>>> huis op te pas? Vir hom kos te maak? Dit is selfsugtige redes. En
> kinders -
>>> hoekom moet die vrou na die kinders kyk? 'n Pa kan net so goed na die
>>> kinders kyk, as 'n ma. Dit is 'n instinkt. Word nie aangeleer nie.
>>>
>>> Nou die vraag is, hoekom voel mans so "threatened" as 'n vrou 'n beter
>>> posisie as hulle beklee? Is dit nie hulle "image" wat 'n bietjie seerkry
>>> nie? En as 'n vrou meer geld as hulle verdien? Is jy nie veronderstel om
>>> gelukkig vir jou sielsgenoot te wees nie? Om hulle besluite te aanvaar
en
>> te
>>> respekteer nie?
>>> Elke persoon het 'n plek op die aarde - some are leaders and some are
> being
>>> led. Why hide the leaders infront of a stove?
>>>
>>> Ferdi Greyling wrote in message
>>> news:39af7de9.5609704@news.is.co.za...
>>>> On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine"
>>>> wrote:
>>
>>>> >>> man
>>>> >(aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
>>> besluit.
>>
>>>> Ek wens my vrou wil 'n werk kry waar sy 'n moerse lot geld maak dat ek
>>>> by die huis kan bly.
>>
>>
>>>
>>>


>
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #34039 is 'n antwoord op boodskap #33827] Di, 05 September 2000 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Jan skryf in boodskap news:01c01674$914af500$80d3f09b@hvanzyl.agric.za...
> Ek is die hoof EN die baas in my huis.
> My vrou het gesê ek mag maar so sê...
>
> Jan
>

En jy mag dit sê daaronder jou EIE tafel........:-)
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #34059 is 'n antwoord op boodskap #34039] Di, 05 September 2000 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik voel ek sterk oor die dinge. Ek luister vir julle spul geel
manne en ek lag daaroor.

In die laaste baklei wat my vrou en ek gehad het het sy op haar knieë
gestaan terwyl sy my aangespreek het.

Kan nie presies haar woorde onthou nie, maar dit was iets soos: "Kom
uit onder die bed jou lafaard!"

DD

On Tue, 5 Sep 2000 08:30:45 +0200, "Rosie" wrote:

>
> Jan wrote in message
> news:01c01674$914af500$80d3f09b@hvanzyl.agric.za...
>> Ek is die hoof EN die baas in my huis.
>> My vrou het gesê ek mag maar so sê...

>> Jan

>
> En jy mag dit sê daaronder jou EIE tafel........:-)
>
Re: Die man die hoof of die baas? ( Software problems ) [boodskap #34113 is 'n antwoord op boodskap #34039] Wo, 06 September 2000 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein Paul  is tans af-lyn  Hein Paul
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gekry uit 'n koerant - geniet dit

Hein
------------------------------------------------------------ ----------------
------------------------------------------------------------ -----

Dear Tech Support:

Recently I upgraded from Boyfriend 5.0 to Husband 1.0 and noticed that the
new programme began making unexpected changes to the accounting software,
severely limiting access to wardrobe, flowers and jewellery applications
that operated flawlessly under Boyfriend 5.0 . No mention of this phenomenon
was included in the product brochure.

In addition, Husband 1.0 uninstalls many other valuable programs such as
DinnerDancing 7.5 and MovieNight 6.1 and installs new , undesirable programs
such as BoysNightOut 1.3 , SaterdayRugby 5.0, AllDayGolf 2.4 and
ClutterEverywhere 4.5.

Conversation 8.0 no longer runs, and invariably crashes the system. I've
tried running Nagging 5.3 to fix Husband1.0, but this all - purpose utility
is of only limited effectiveness, Can you help, please?

Dear User

This is a very common problem that women complain about, but it is mostly
due to primary misconception.

Many people upgrade from Boyfriend 5.0 to husband 1.0 with no idea that
Boyfriend 5.0 is merely an Entertianment package. However, Husband 1.0 is an
Operating System and was designed by its creator to run as few applications
as possible.

Futher, you cannot purge Husband 1.0 and return to Boyfriend 5.0, because
Husband 1.0 is not disigned to do this. Hidden operating files within your
system would cause Boyfriend 5.0 to emulate Husband 1.0, so nothing is
gained.

It is impossible to uninstall, delete, or purge the program files from the
system once installed. Any new program files can only be installed once a
year, as Husband 1.0 has severly limited memory.

In desperation to get new applications to work, some women have tried to
install Boyfriend 6.0, or Hasband 2.0. However, these women end up with more
problems than encountered with Hasband 1.0

Looking in your manual under " Warnings: Divorce/Child Support". You will
notice that this program runs very poorly, and comes bundled with HeartBreak
1.3. I recommend you keep Husband 1.0 , and just learn the quirks of this
strange and illogical system.

Having Husband 1.0 installed myself, I might also suggest you read the
entire section regarding General Partnership Faults ( GPFs ). This is a
wonderful feature of Husband 1.0 , secretly installed by parent company. We
trust you will learn to fully enjoy this product ! - Tech Support.
Re: Die man die hoof of die baas? [boodskap #34115 is 'n antwoord op boodskap #33827] Wo, 06 September 2000 18:48 Na vorige boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Aug 2000 03:36:41 +0200, "Elaine" wrote:

> Okay so ek sal 'n nuwe gesprekkie begin. Hier's my vraag. Mag die man
> (aangesien hy die hoof is) weier dat sy vrou werk? Of is dit haar
besluit.

Indien hy mt 'n marrionet getroud is, mag hy vir haar besluit, beslis
ja ! Want dan dans sy mos wanneer hy die toutjis trek.

Ek weet dat my menig ongevraagd is Elaine, want ek was vroeër reeds
heel uitgesproke hieroor.

DD
Vorige onderwerp: Re: Het iemand raad?
Volgende onderwerp: Re: reistips Z. Afrika?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 10:06:23 MGT 2024