Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Cowboys en Kroeks
Cowboys en Kroeks [boodskap #33403 is 'n antwoord op boodskap #33404] |
Mon, 14 August 2000 00:00  |
Gerard
Boodskappe: 1 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Cowboys en kroeks
Dit reën buite. Hard. En dit behoort hoegenaamd nie te reën nie. Hierdie is
'n somerreënvalstreek. Die streek het al sy reën gehad vir die jaar. Eintlik
meer as genoeg daarvan. Daar was selfs vloede verder oos, wat so erg was dat
'n vrou bo in 'n boom gekraam het, omdat daar nie 'n kolletjie droë grond
vir haar was nie. En nou hierdie harde koue reën. In die winter.
Die vrou sit in die middel van die dubbelbed, met houers foto's oral om
haar. Op so'n dag is daar nie veel meer wat 'n mens kan doen om die tyd te
verwyl nie. Buite reën dit en binne raas die TV.
Die res van die huishouding se aandag word verdeel tussen 'n krieket
skandaal en 'n rugby toets.
"Wat doen jy?" roep iemand uit die woonkamer uit. "Ek werk bietjie aan die
foto's" antwoord sy hard terug. Maar niemand reageer daarop nie. Miskien het
hulle nie gehoor nie, of al klaar weer vergeet dat sy nie daar is nie. Sy
wil in elk geval nie daar wees nie. Dit lawaai te veel. Die blikkerige klank
van 'n TV kon sy nog nooit gewoond raak nie. Sy sal maar wag tot iemand haar
kom soek. En dan sal sy gaan tee maak.
Sy wou jare lank al probeer om een of ander storie te maak uit die gesin se
foto's. 'n Manier kry om daarna te kyk sodat dit sin maak, maar dit is nogal
moeilik. Deur die jare het die formaat van die foto's verander soos wat die
kamera's en die finansiële omstandighede van die gesin verander het. Dit
beperk mens. Nie alle albums is ewe geskik nie, daarom is die enigste
oplossing om maar meer as een storie te vertel. En miskien is dit beter,
want dis tog hoe dit is. Daar is altyd meer as een storie.
Sy sorteer die foto's min of meer volgens 'n nuttige orde. Daar is die
troufoto's uit 'n album wat nie oorleef het nie, baba-foto's, doopfoto's,
verjaarsdagfoto's, kersfees-foto's, vakansiefoto's. En dan 'n paar van haar
eie. 'n Paar uit die dae toe sy nog net haarself gehad het. Sy kyk een vir
een na die foto's. Meestal wit en swart. Sy ken, of is dit herken? haarself
byna nie meer nie. Die foto's skuif sy weg. Dit pas nêrens in die storielyn
in nie. Sy sal later maar probeer om daarmee iets te doen.
So sit sy ure en organiseer aan die albums. En soms wil dit maar net nie 'n
verstaanbare verhaal vorm nie. Hier was haar dogtertjie se doop. Daar die
eerste hond, die een wat doodgery is voor hulle huis. En hier het hulle gaan
kamp drie jaar gelede. Hulle en 'n klomp vriende. Dan-dit is al skemer, en
sy moes eintlik al die lig aangesit het, en sy het die kinders hoor groet,
dus die wedstryd is verby- dan sien sy die foto'tjie, (nog in 'n klein dowwe
formaat) van haar oudste seun met sy speelgoedgeweertjie in sy cowboy-klere.
Dit was min of meer uit die dae toe hulle in hierdie huis ingetrek het.
Hierdie groot, koue huis. Lank gelede. Sy steek haar hand uit om dit op te
tel van die ander foto's waarby dit lê. Iets maak onverwags haar vinger
seer, en toe sy kyk, toe sien sy dat dit bloei. Moet een van die foto's wees
wat so skerp was. Dit gebeur. Sy glimlag wrang. So much vir skerp foto's.
So, met die vinger wat bloei, sit sy lank in die skemer vertrek. Die vinger
bloei baie meer as wat sy ooit sou kon dink. Later is die deken rondom haar
letterlik bloed-bloed rooi, maar sy bly maar so sit, totdat sy, half
onnadenkend, haar hand uitsteek na die kind in sy cowboy-pak. Sy vat sy
geweer by hom en stadig lig sy dit op tot teen haar slape. Lank sit sy weer
so. So stil, met die geweer teen haar kop.
Skielik besef sy hoe donker dit al geword het. Sy laat die geweer sak, staan
stadig op en stap met die gang op woonkamer toe. Toe sy in die woonvertrek
kom, kyk hy dadelik op. Sy sien die angs in haar man se oë. Of sou dit
gewoon verbasing wees? Of dalk sy bekende spottende kyk? Dit moes angs wees,
want asof verlam sit hy daar terwyl sy emosieloos op hom afstap, die geweer
sekuur op hom rig en dan die sneller trek. Sonder om verder te kyk wat
gebeur, gooi sy die geweer by sy voete neer, loop voordeur toe, maak dit oop
en loop met afgematte, afgemete tree weg.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Cowboys en Kroeks [boodskap #33498 is 'n antwoord op boodskap #33404] |
Wed, 16 August 2000 06:36  |
Sandra Nortje
Boodskappe: 23 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dankie Ferdi. Lekker so'n kompliment.
Ja, daar is nog, maar nie 'n langer weergawe nie. Ek skryf kortverhale.
Groete
Sandra
Ferdi Greyling schreef in berichtnieuws
39ac55b0.26008316@news.is.co.za...
> On Mon, 14 Aug 2000 21:23:05 +0200, "Gerard"
> wrote:
>
>
> Dankie.
> Heerlike dwingende logika.
>
> Great stuff.
>
> Is daar nog?
> Is daar langer weergawes
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:59:37 UTC 2025
|