Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkeerd, Grahame
Verkeerd, Grahame [boodskap #33347] Sa, 12 Augustus 2000 00:00
Kangakid  is tans af-lyn  Kangakid
Boodskappe: 17
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Grahame skryf elders: "Daar is die Amerikaanse opsie. Het die
Amerikaanse setlaars nie die inheemse Rooihuide afgemaai soos
wat hulle dit gedoen het nie, is dit statisties bewys dat
Amerika vandag ten minste 80 miljoen Rooihuide sou gehad het."

Die immigrante uit Europa het ongetwyfeld groot getalle Indiane
afgemaai - by dosyne doodgeskiet en na "bounty hunters" gebring
vir betaling. Maar dis nie hulle wat die inheemse bevolking
feitlik uitgewis het nie. Die "Native Americans" is afgemaai
deur siektes wat saam met die Europese immigrante na Amerika
gebring is. Iewers lees ek onlangs dat ongeveer 100 miljoen
Indiane dood is aan siektes soos masels, waarteen hulle geen
weerstand gehad het nie.

Netsoos die groot griep, of "Spanish Lady" van 1918, wat die
eintlike oorwinnaar was in die Eerste Wêreldoorlog. Meer mense
(insluitend soldate) is daaraan dood as op al die slagvelde van
Europa saam. Dit het die einde van die oorlog verhaas. Dit was
die mees vernietigende griepvirus ooit. Indien dit vandag sou
uitbreek, sal die dodetal astronomies wees. As biologiese wapen
sou dit meer as die helfte van die planeet se bevolking uitwis.
Gelukkig is die griepvirus egter baie onstabiel en onselektief;
dit muteer voortdurend - daarom dat ons elke jaar 'n ander
griepvirus het en elke jaar opnuut ingeënt moet word.
Wetenskaplikes veg 'n nimmereindigende stryd daarteen, want
Virusse kan nie vernietig word nie; hulle loop hulle pad en
sterf naderhand self. Antibiotika is nutteloos teen
virusinfeksies. Ons kan slegs daarteen ingeënt word, en die
vaksiene kan slegs gemaak word nadat die virus geïdentifiseer is.

Nogal skrikwekkend.

-----------------------------------------------------------

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com
Vorige onderwerp: WAV Files
Volgende onderwerp: Pennevriendin,penpals
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 11:33:24 MGT 2024