Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Selfoon "loop en praat "goeters - Wettig of nie ?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Selfoon "loop en praat "goeters - Wettig of nie ? [boodskap #33156 is 'n antwoord op boodskap #32995] |
Sat, 05 August 2000 00:00   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag skuus man! Kyk na my vorige antwoord, dit geld vir die een ook. En die
meeste doppers wat ek ken (dis eindelik seker die minderheid) is maar aardse
mense.
Ek het 'n stelling gemaak oor die selfone, en dit het inderdaad my lewe
verander, ek kry nie rus vir my siel nie, en sit die ding gereeld af in
plaas daarvan om oor naweke gepla te word. Die enigste probleem is, oor
naweke is ek 24 uur 'n dag op die net (a.g.v my werk) en het ek nie 'n
landlyn nie, so my selfoon red my dan. Ek het nie probeer in wees toe ek
die foon gekoop het nie, ek het dit a.g.v 'n noodsaaklikheid gekoop.
Elaine
skryf in boodskap news:398CC6C2.FEC5E78D@eskom.co.za...
>
> As ek nie 'n selfoon of enige ander tegnologie nodig het nie, wat moet ek daarmee
> maak? Daar is te veel mense wat ook net wil IN wees. As enigiets wat jy gebruik
> werklik jou lewensstandaard verander/verbeter dan is dit gaaf maar om iets aan te
> skaf net om nie "agter te bly nie" is regtig idioties.Laat my dink aan die persoon
> wat jare gelede aan my gesê het 'Ek wil nog 'n Mercedes ry, al sit ek kaalgat
> agter die wiel" Hy het steeds nie 'n Mercedes nie en hy is nie ver van kaalgat af
> nie, want hy wil ook alles hê wat ander het. Baie mense skaf items aan of hulle
> dit kan bekostig of nie.Tot hiertoe het my ossewa my nog altyd gebring waar ek wil
> wees en tensy daar iets drasties verander, gaan ek wragtig nie vir hom 'n enjin
> insit nie.Op hierdie stadium gaan ek steeds met my ossewa by baie verby wat nou
> met die poot loop want die ossewa was nie meer goed genoeg nie en omdat hulle ook
> nie wou "agterbly" nie.
> Catch my drift??
> 'n Laaste gedagte......is die Doppers maar almal so???
> Christo
|
|
|
|
|
Re: Selfoon "loop en praat "goeters - Wettig of nie ? [boodskap #33229 is 'n antwoord op boodskap #32995] |
Mon, 07 August 2000 00:00  |
Likkewaan
Boodskappe: 5 Geregistreer: August 2000
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
What shall we use to fill the empty spaces
Where waves of hunger roar?
Shall we set out across the sea of faces
In search of more and more applause?
Shall we buy a new guitar?
Shall we drive a more powerful car?
Shall we work straight through the night?
Shall we get into fights?
Leave the lights on? Drop bombs?
Do tours of the east? Contract diseases?
Bury bones? Break up homes?
Send flowers by phone?
Take to drink? Go to shrinks?
Give up meat? Rarely sleep?
Keep people as pets?
Train dogs? Race rats?
Fill the attic with cash?
Bury treasure? Store up leisure?
But never relax at all
With our backs to the wall.
Toe Roger Waters bostaande geskryf het, was daar nog geen selfone op die
mark nie... Ons moet mooi dink of ons "vooruitgang" REGTIG nodig het...
Ek het self so 'n vervloekte apparraatjie (spelling?) in my sak, maar ek kan
met trots sê dat hy nie my baas is nie. Ek sit hom lekker af en los hom by
die huis. Sommige mense het egter 'n probleem om dit reg te kry. Maklik...
probeer dit gerus.
Ek het 'n vriendin wat nie eers in die Kerk die ding kan afsit nie (Sê nou
net...)...
Persoonlik is ek gek op tegnologie, maar EK IS DIE BAAS!!! 'n Klein
piepdingetjie gaan nie my lewe beheer nie!!!
Pink (Ek dog ek gee die nuusgroep bietjie kleur!)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 13:02:30 UTC 2025
|